HOOR-HIER!

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

Julie 1998: 10

Redaktrise: Susan Alexander

 

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Posbus 9677 WINDHOEK

 

 

 

DAGSÊ VRIEND

Tannie J.M. Ellis van Maltahöhe skryf onlangs weer vir my: Hallo Susan, Ek wil baie graag vir jou baie dankie sê vir my gereelde ontvangs van Hoor-Hier! Die een van April het ek terdeë geniet veral die gediggie van mev. Mari D但lton en die een van Johan Bollen uit Vlaandere. Toe besluit ek om 地 raat aan die koerantjie te stuur wat ek uit Oupa en Ouma se Boere Rate opgediep het. Ek het dit geniet hoor! Dis vir spinnekopbyt:

Een Fan my broers was uitermatig sick fan die buit. Een kant van sy lyf het met blaase uitgeslaan fan die gif. My ma het alle rad probeer, maar niks wou help nie. Ten laste kry sy die Rad fan gebrande pampoen en kalbas pitte gebrand sis koffie en gemaal sis koffie. Drink zo feel mal as jy kan.
(Baie dankie vir die goeie "rad", Tannie Ellis. Ek sal maar sorg dat 地 spinnekop my nie "buit" nie! Red.)

Tannie Ellis sluit by haar briefie ook 地 paar wyshede in:

  • 創 Verstandige mens bou 地 vaste fondament met die klippe wat ander na hom gooi!
  • Wil jy 地 ding goed gedoen hê, kies dan 地 besige mens, die ander het nie tyd nie!
  • Dis beter om saam te trek as om altyd die sweep te klap.

    TWEE SKRYFSKOLE DEUR DORIAN HAARHOFF

    Die bekroonde skrywer, digter, gesoute skryfskoolaanbieder en oud-Namibiër, Dorian Haarhoff, besoek eersdaags Windhoek en bied die volgende twee skryfskole aan:

    1. Op 17 en 18 Julie, van 08:00 tot 17:00, vind die skryfskool plaas in die Lanbou-Unie se Raadsaal in Robert Mugabestraat (Langs die Britse konsul en oorkant die kliniek). Die deelnemers sal help bepaal aan die inhoud daarvan. Dr Haarhoff nooi die deelnemers om vooraf 地 skryfstuk vir hom te gee. Die skryfskool word deur SAAIE Namibia aangebied en kos N$350,00 as dit 地 maatskappy is wat 地 persoon stuur en N$250,00 as dit in persoonlike hoedanigheid bygewoon word. Belangstellendes kan die volgende persone in Windhoek kontak vir meer inligting: Jonathan Sam 292-27111 of Annatjie Louw 232373.

    2. Die Namibiese Kinderboekforum reël die tweede skryfskool op Sondag, 19 Julie vanaf 09:30 16:00. Die tema van hierdie skryfskool is: Ancestors and Families: Writing the Family Tree. Alhoewel die NKBF die skryfskool reël, gaan dit nie hier oor kinderletterkunde nie. Die onkoste verbonde is N$70,00 en dit vind plaas by die Taalskuur op die kampus van Die Windhoekse Onderwyskollege, Andrew Klopperstraat in Khomasdal. Vir verdere inligting kan belangstellendes skakel met Susan Alexander (alle kontakpunte op die voorblad aangedui)

    KRIT

    Op die flapteks van die outobiografie van Pieter Cilliers staan die volgende: 地 Kas is vir klere is 地 onverskrokke verhaal waarin Pieter Cilliers homself vierkant in die oë kyk. Hy verwoord die eensaamheid en frustrasie van 地 talentvolle, godvresende mens wat noodwendig buitestander word, die slagoffer van vrees en diskriminasie. Hy vertel van die moeilike proses van aanvaarding veral van die self vir 地 gay persoon in die Suid-Afrikaanse samelewing. As Christen neem hy veral die Kerk se rigiede en irrasionele hantering van homoseksualiteit onder die loep.

    創 Kas is vir klere is 地 baanbrekerswerk wat die debat oor gay-regte in die Kerk en in die gemeenskap gaan aanblaas, en wat vir baie mense die deure gaan oopmaak na 地 eerliker, meer sinvolle bestaan. Terselfdertyd is dit 地 ontroerende, menslike verhaal wat enduit boei en geen leser onaangeraak laat nie.

    Oor die skrywer self staan die volgende:
    Pieter Cilliers is een van Suid-Afrika se voorste TV-regisseurs en 没ervaardigers, met programme soos Potpourri, Carte Blanche, Evita痴 Funigalore en SigNature op sy kerfstok.

    Hy het sy loopbaan in 1976 as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika begin. Terwyl hy in die bediening gestaan het, het hy tussen 1980 en 1981 Kommunikasiekunde deur Unisa studeer en in 1982 het hy in diens van die SAUK getree. Sy werk is bekroon met verskeie gesogte benoemings en toekennings, waaronder die Rosholt Fellowship vir ondernemende joernalistiek.

    Krit bespreek 地 Kas is vir klere deur Pieter Cilliers op 4 Augustus om 19:30 by die kantore van Windhoek Consulting Engineers.

    Die program vir die res van 1998, lyk soos volg:
    22 September: In drie riviere deur Jaco Botha
    27 Oktober: Landskap met vroue en slang deur Lettie Viljoen
    Enige navrae oor hierdie gespreksgroep, kan gerig word aan Susan Alexander.

    KATUTURA!

    Ek ontvang van ene Petrus Haakskeen van Windhoek 地 bundel "Lig Afrikaanse diggies", getitel: Sommer van Alles. Ek deel graag een van sy "diggies" met ons lesers.

    Klik hier om Petrus se bydrae te lees: Katutura!.

    LAAT ONS VAN JOU HOOR!

    Oor twee maande is die Hoor-Hier! een jaartjie oud! Ek sal dit baie waardeer as die getroue lesers met voorstelle wil kom van hoe die blaadjie aangepas en verander kan word om almal gelukkig (gelukkiger) te maak! Baie dankie vir die briefies en ondersteuning.

    Groete tot 地 volgende keer.

     


  • Katutura!
    deur Petrus Haakskeen

    Volgende Uitgawe
    Vorige Uitgawe
    Tuisblad
    Gasteboek

     

    Die Knoop: Honderde Afrikaanse Bestemmings! Afrikaans oppie Net Afriklub