|
HOOR-HIER! KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS Augustus 1998: 11 Redaktrise: Susan Alexander
|
|
DAGSÊ VRIENDE |
|||||||||
|
Fred Fisagie skryf: Ek stuur vir jou ’n ou pennevruggie. Miskien kan jy dit in Hoor-Hier! gebruik. Die blaadjie loop mooi en ek stuur dit gereeld vir my dogter in "Transvaal". (Dankie vir die briefie en die pennevruggie. Ek plaas dit graag. As jy vir my jou dogter in "Transvaal" se posbus gee, plaas ek haar op my verspreidingslys! Red.)
Manda Lang skryf ’n lekker briefie vir my daar uit Omaruru:
(Ekke loop en wonder mos nou self! Kan iemand help?! Red.) Ek ontvang die volgende heerlik inspirerende brief van Pieter Pieterse daar uit Stompneusbaai. Hy skryf:
(Pieter – ek gee nie om of jy in die "side tent" of in die "voortent" sit nie... dit sal my dag maak as jy nog sulke lekker briefies skryf! Ek plaas in die volgende uitgawe jou "mooie storietjie" Red.) IN DIE KAMER LANGSAAN... deur Anna-Marie Steenkamp Klik hier om Anna-Marie Steenkamp se bydrae te lees: In die Kamer langsaan... |
|
KRIT |
|
Op Dinsdag, 4 Augustus gesels ons oor Pieter Cilliers se outobiografiese werk: ’n Kas is vir klere. Lizanne Kruger van Omaruru werk al geruime tyd aan ’n studie oor die homoseksuele persoon in Namibië. Sy sal die gesprek oor hierdie boek inlei. In die twee Kritbesprekings wat daar nog vir 1998 oor is, bespreek ons: Op 22 September In drie riviere deur Jaco Botha en Hierdie besprekings vind telkens op ’n Dinsdagaand, om 19:30 by die kantore van Windhoek Consulting Engineers in Bismarckstraat plaas. Navrae kan aan Susan Alexander gerig word. WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT |
|
Ek lees onlangs in Solly Ozrovech se boek, Van dag tot dag deur God gedra, die volgende gebed van ’n bejaarde: "Goeie Meester, leer my die kosbare les dat dit van tyd tot tyd moontlik is dat ek verkeerd kan wees. Hou my redelik aangenaam. Ek wil nie ’n heilige wees nie, sommige van hulle is so moeilik om mee saam te leef – maar: ’n suur oumens is een van die bekroonde werke van die Satan. Maak my bedagsaam, maar nie buierig nie; hulpvaardig, maar nie baasspelerig nie. Met my onbeperkte voorraad van wysyheid lyk dit na ’n ramp om dit nie te gebruik nie, maar U weet, o Here, dat ek aan die einde ’n paar goeie vriende wil behou." LAAT ONS VAN JOU HOOR! |
|
Ek sal graag wil weet wat julle dink van die "nuwe" voorkoms van ons blaadjie! Met die eerste verjaarsdag van Hoor-Hier! om die draai, het ek gedink ons kan gerus ’n bietjie werk aan die uiterlike! Groete tot volgende keer.
|
|
In die Kamer langsaan...
|
|
Volgende Uitgawe |
|
Vorige Uitgawe |
|
Tuisblad |
|
Gasteboek |
|
|
|
|