|
HOOR-HIER! KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS November 1998: 14 Redaktrise: Susan Alexander
|
|
BELANGRIKE AANKONDIGING! Die volgende opwindende nuus het op 30 Oktober 1998 in die Afrikaanse dagblad, Republikein, in Namibië verskyn: Geskiedenis is Woensdagaand op die gebied van die Afrikaanse taal in Namibië gemaak toe die Windhoekse Gesinstak van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereninging (ATKV) sy eerste ATKV Pluimpie (veer)-toekennings gemaak het. Die spog-geleentheid in n hotel in Windhoek is deur sowat 155 mense bygewoon onder wie mnr. John Mutorwa, Minister van Basiese Onderwys en Kultuur, as een van die eregaste. (Wat kan ek sê? Baie dankie vir elke Hoor-Hier!-leser wat so getrou ons blaadjie ondersteun het met bydraes en positiewe kommentaar. Baie dankie vir Gerrie de Beer wat n webruimte vir my geskep het en al die blaadjies op Internet beskikbaar stel. Red.) |
|
DAGSÊ VRIENDE (Uiteindelik!) |
|
Ek kry via Pieter Pieterse wat lekker daar onder sy voortent op Stompneusbaai sit, die naam en adres van Piet van As van Kraaifontein. Ek stuur toe vir Piet n Hoor-Hier en kry n briefie in heerlik sappige Afrikaans. Ek deel graag n stukkie van die briefie met julle: Dankie vir die geselsblaadjie oor mense wat daar in Namibië nog hul ding in Afrikaans doen Ek het jare terug mooi tye in daardie wonderlike land van julle gehad en baie goeie mense leer ken en ervaar, maar met my jare op see het my spore daar so te sê toegewaai. Tog kan ek nie anders as om vir n ordentlike vuur, kameeldoring te gebruik nie en sal ek vér loop vir die regte bier. Ry ons nou een dag nog die hele pad op Stompneusbaai toe om by Pieter-hulle n Hentiesbaaigaljoen te gaan verslind. Dit het darem nie net oor die galjoen gegaan nie, want by Pieter sal ek n kraai ook eet. Skilpad ook. Jammer dat ek nie n bydrae tot julle Hoor-Hier kan maak nie. Daarvoor is hierdie tikding van my te oud en lamlendig en is ek te streekgebonde. My hele groot verlang en denke is vir die Strandveld. Daardie wonderlike stuk kuswêreld tussen Gansbaai en die Breederivier waar elke tweede mens familie kan wees en waar strepe vóórmense elkeen onder sy eie hopie begrawe lê. Kla my Marie as ek vier ure of meer Struisbaai toe ry, maar hoe kan dit dan anders as daar by elke plaasafdraai ingery moet word? Kan n mens ook nie net groet en weer jou ry kry nie, want daar moet oor die hele klomp familiemense verslag gedoen word en is dit oor etenstyd, kan so n afdraai langerig word. Mis jy in jou haastigheid n iemand se hek, kan jy vir n paar maande kwalik geneem word Daar vergeet ek myself al weer n ander koers in (Dankie vir die brief Piet. Ons gee nie om vir ou tikmasjiene en streekgebonde mense nie solank daardie mense net hierdie lekker taal van ons praat. Ek kry briewe uit Kanada, Amsterdam en Loeriesfontein. Skryf gerus weer eendag as jy jouself so in n ander koers in vergeet! O ja ons vertel later die storie van die skilpadetery! Red.) |
|
KRIT 1998 |
|
By die laaste Krit van 1998 is Landskap met Vroue en n slang deur Lettie Viljoen bespreek. Daar is ook tentatief op n klompie tekste vir 1999 besluit. Dit sluit onder meer in: Die Groot Vyf deur Johann Botha; Die gordel van Smarag deur Elsa Joubert; Op soek na Generaal Mannetjies Mentz deur Chris Coetzee; Die Sagte Vlees deur Vincent Oliphant; Ek stamel ek sterwe deur Eben Venter; Duiwelskloof deur André P. Brink. Enige persoon wat belangstel om te deel in hierdie literêre gesprek, kan skakel met Susan Alexander (inligting op voorblad). |
|
WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT |
|
Here van die dag, Here van die nag, LIEFDE
Dig, my meisie, dig SO 'N WILLE RAAD
Haai! my vriend, watch up (Albei verse deur Petrus Haakskeen in n ongepubliseerde bundel: Sommer so n bietjie van Alles) LAAT ONS VAN JOU HOOR! |
|
Groete tot Kersfeesmaand.
|
|
Volgende Uitgawe |
|
Vorige Uitgawe |
|
Tuisblad |
|
Gasteboek |
|
|
|
|