|
HOOR-HIER! KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS Desember 1998: 15
|
|
DAGSÊ VRIENDE |
||||
|
Ek wens julle almal hier van Hoor-Hier! se kant af n Geseënde Kersfees en baie Voorspoedige Nuwe jaar toe!
|
||||
|
WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT |
||||
|
Ek lees die volgende gedig oor Kersfees dink toe ek wil dit graag met julle deel in hierdie Kerstyd:
(Uit: Die skaduwee van die son, deur Lina Spies)
|
||||
|
LESERSBRIEWE |
||||
|
Nadat ons blaadjie op Internet beskikbaar is, het ek baie opwindende reaksie uit verskeie oorde gekry: Ali Bezuidenhout: Dit is altevol lekker om so Afrikaans te kan lees hier in die verre Kanada. Hou so aan. Dit maak darem die verlange ligter. Groete van huis tot huis. Alwin de Jong: Erg leuk en interesssant om te lezen! Als Nederlander vind ik Afrikaans een geweldige taal! Rudolf en Louise Steyn: Dit is heerlik om Afrikaans te lees hier in die verre noorde van Kanada. Ons het in Oakville naby Toronto in Kanada gebly en sommer baie Afrikaans gepraat. Ons het toe twee weke gelede na Fort McMurray in die noorde van Alberta verhuis. Hier is net so 10 Suid-Afrikaanse gesinne en net so die helfte is Afrikaanssprekend. Ons en ons kinders mis al die Afrikaans van Toronto en gaan die blaadjie geniet! Hans Burger: Een prachtig blad om te lezen. Louis Franssens: een prachtig thuisblad. Ik heb het onmiddellijk bij mijn favorieten geplaatst. Hartelijke gelukwensen uit Hasselt/Vlaanderen. (Daar is nog vele reaksie gewees baie dankie! My besoeke aan die Hoor-Hier se "gasteboek" op die Internet het my ure se prettigheid verskaf! Red.) Tannie Marie DAlton het getrou aan haar aard n hele paar briefies intussen geskryf. Ek deel graag met die lesers een van haar staaltjies van so 70 jaar gelede: My oorlede vader n plaasboer wat altyd sowat 5 perde had, het so n halfwas hingsie in n kamp naby die huis aangehou. In daardie tyd het Vader n pynlike knie gehad en het hy maar hinkepink sy gang gegaan. Op dié sekere dag kom Vader van die stalle af en loop my "Monty" se kampie verby. Die perdjie staan Vader so aandagtig te beskou en begin langs die lyndraad te stap, die kop na "Oubaas" gedraai en sowaar, tree vir tree loop die perdjie ewe hinkepink langs sy oubaas! "Die klein boef!" sê my vader, "hoe durf hy my na-aap!" (Kan jy nou meer! Red.) Ralda Goosen-Jacobs van Okahandja vertel van twee vriende van haar wat uit die groene Kaap op Rosh Pinah beland het. Die Kapenaars is besig om heel te verdroog maar verkies om in ons mooi land te bly woon, dis net dat die myndorpie nie Hoor-Hiertjies het om bietjie kleur aan hulle lewens te verskaf nie. (Dankie vir die verdroogde vriendjies se adres. Ons doen onmiddellik iets aan die situasie! Red.) Tannie Ellis stuur daar uit Maltahohe die Griekwa digter Adam se weergawe van 1 Kor. 13: Al sal ek die tale van mense en Ingelse praat maar ek het die liefde geloop ruil vir haat, dan het ek net n raaslike paraffienblik gekom raak. Al was ek so slim dat ek nuwe goeters kon maak maar ek het die Vader se liefde buite in die son gelos, dan is ek niks hoor wat ek hierdie vedag vir jou sê. Al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te hê, dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie, as ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop haal het nie. Die regte liefde, die se bek, is nooit nie dik nie. Jy sien hom nie skinder nie en jy hoor hom nie klik nie. Hy skrywe die kwaad nie in n boeketjie op nie. (Dankie Tannie Ellis en Adam vir die bydrae! Laat dit nou vir elkeen van ons n les wees!)
|
||||
|
'N BYDRAE UIT NEDERLAND: |
||||
|
Nederlanders maken hun eigen land! Nederland ligt aan de Delta van de Europese rivieren; de Rijn, Maas en de Schelde en is in het westen en noorden omgeven door de Noordzee. Een vijfde deel van het grondgebied ligt onder de zeespiegel en wordt door middel van machines dag en nacht droog gehouden. Als de duinen en dijken zouden bezwijken, zal het land voor 38% onder water lopen, deze voorsieningen zijn dus van levensbelang. De grootste afstand van het noorden naar het zuiden in ongeveer 300 km. En het is maar 200 km breed. De lengte van het land is vergelijkbaar met de Krugerwildtuin maar in vergelijk met Namibie waar de noord-zuid afstand 1300 km is, is ons land bijzonder klein. Op dat kleine stukje grond wonen en werken meer dan 14 miljoen mensen wat wil zeggen dat er per vierkante kilometer 350 mensen leven. In jullie land leven 1,6 mensen per vierkante kilometer. In de Tweede Wereldoorlog werden in het zuid-westelijk deel van Nederland dijken doorgestoken om de vijand te weren en in 1953 stroomde dat gebied onder door een grote watervloed die in enkele dagen 200.000 hectare onder water zette waarbij veel mensen verdronken. Vanaf dat moment heeft de overheid een plan gemaakt om alle waterstromen die in rechtstreekse verbinding staan met de zee, af te sluiten, men noemt dat het "Deltaplan". De aanpak en uitvoering, die nagenoeg afgerond is, heeft verwondering in de wereld doen ontstaan waardoor veel bedrijven die daaraan meegewerk hebben elders in de wereld hun diensten aanbieden en in waterrijke gebieden projecten uitvoeren om land te winnen en mensen te beschermen, ze noemen dat de "baggeraars van Nederland". In de 16e eeu wat het westelijk deel nog grootendeels watervlakten die in de lop van de eeuwen drooggemalen zijn, eerst door windmolens, in de vorige eeuw door stoommachines en daarna door electromotoren. In die drooggemaakte gebieden, polders genoemd, wonen en werken die meeste nederlanders omdat de economie heel sterk in het westen geconcentreerd is. In de afgelopen 50 jaar is een groot deel van het Ijsselmeer, gelegen in het centrum van ons land, leeggepompt en zijn er steden en dorpen gebouwd en grote gebieden als landbouwgrond ontwikkeld. De volgende keer weer wat meer over ons land. Groete Hans P. Burger (Hans skryf: "Water is door alle eeuwen heen de grootste vijand van de bevolking geweest". Hier is Namibië veroorsaak n tekort aan water juis die grootste bedreiging vir sy bevolking! Red.)
|
||||
|
SEE-GEDIGTE |
||||
|
Ek plaas graag twee gedigte deur vriend en kollega Freddie Bester op Swakopmund. Het gedink dit sal heel gepas wees om met die vakansie in gedagte see-gedigte te plaas! Strandlopertjie Vinnig skarrel Sonreën
Soos n vroeë reën
|
||||
|
LAAT ONS VAN JOU HOOR! |
||||
|
Groete tot 1999!
|
|
Vorige Uitgawe |
|
Volgende Uitgawe | |
|
Tuisblad |
|
Gasteboek |
|
|
|
|