HOOR-HIER!

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

Maart 1999: 18

 

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
Posbus 9677 WINDHOEK
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Web-adres:
http://www.pro.co.za/hoorhier

 

 



DAGSÊ VRIENDE

Ek het die formaat van ons blaadjie verander toe die Hoor-Hier! verjaar het; ek gaan probeer om weer so te maak met die tweede verjaarsdagviering in September. Enige voorstelle, wenke of raad is welkom. Ek wil in elk geval my Hoor-Hier!-adreslys opdateer, daarom sal ek dit geweldig waardeer as al my getroue lesers wat steeds die blaadjie na Augustus 1999 wil ontvang, van hulle sal laat hoor. Die blaadjie sal egter steeds op Internet beskikbaar wees.

KRIT

Die literÍre gespreksgroep, Krit, bestaan reeds ongeveer 18 jaar in Windhoek. Hulle bespreek jaarliks by ses geleenthede Afrikaanse boeke. Die Kritprogram vir 1999 het op 2 Maart afgeskop met Kus van die Winterskerpioen deur Johnita le Roux. Die volgende literÍre gesprek vind plaas op 13 April. Gordel van Smarag deur Elsa Joubert word bespreek. Ingrid van Graan wat die bespreking gaan lei, het die volgende bydrae oor die teks ingestuur:

Elsa Joubert, wat van jongs af 'n buitengewone emosionele band met die digter Leipoldt aanvoel, pak in 1995 'n reis na IndonesiŽ aan op die spore van Leipoldt toe hy in 1912 as skeepsdokter soontoe is. Haar reisgenoot is haar man, Klaas Steytler; haar mentor en geestelike gids: Leipoldt.

Gordel van Smarag met subtitel Reis met Leipoldt, is 'n ontdekkingsreis, 'n speurtog na die hart van een van Afrikaans se mees geliefde digters. Die kernvraag in die boek is uiteindelik: Waarom het Leipoldt geswyg oor iets wat Suid-Afrikaners se rasseopvattings dalk ingrypend kon gewysig het?

Dit is 'n reisverslag wat die verwantskap tussen die Kaap, Nederland en die magiese Ooste uitbeeld. Die verkenning van die vreemde word terselfdertyd 'n verkenning van die self. Die belangrikste ontdekkingsreis in haarself in, is Joubert se ondersoek na haar eie posisie as wit Afrikaan, 'n "tussenlander".

Die Kritgeleenthede vind telkens om 19:30 plaas by die kantore van Windhoek Consulting Engineers, Bismarckstraat 44. Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander vir meer inligting.

ONS MAAK 'N NAMIBIES-AFRIKAANSE WOORDELYS

Die volgende bydrae deur Annatjie Louw in Windhoek:

Daar is nog kort-kort nuwelinge aan NamibiŽ wat vra: Asseblief, leer vir ons 'n bietjie Afrikaans. Nou is daar ongelukkig nie 'n kitsklaar boekie beskikbaar om vir beginners aan die hand te neem nie. Soms is dit buitelandse besoekers wat net vir die aardigheid 'n paar woorde Afrikaans wil leer -- want hulle hoor dan die taal so oral rond.

Laas jaar is 'n projek aangepak met die hulp van Selma de Waal van Walvisbaai. Sy het verbete teruggeveg nadat 'n ongeluk buite Swakopmund haar aan die bed gekluister gehad het. Deesdae stap Selma al 'n bietjie. Sy het vir 'n lys opgestel van meer as tweeduisend van die mees basiese woorde in Afrikaans, Engels en Duits.

Hierdie lys gaan ons nou gebruik om eers net van die heel basiese Afrikaanse woorde en sinne 'n boekie te maak vir beginners en toeriste wat wil loer na Afrikaans. Daarin sal byvoorbeeld wees die Afrikaanse beleefdheidsvorme, woorde in die natuur wat tipies is van die land soos sandduine, ooswind, droogte, sonskyn. Wie wil help met raad en daad? Ons wil ook graag agterin die boekie 'n lys van minstens honderd Afrikaanse woorde hÍ wat uniek is aan NamibiŽ. 'n Woord soos "oumakind" (ek is 'n oumakind - met ander woorde my ouma het my grootgemaak).

Asseblief, stuur vir ons sulke Namibiese woorde! Die adres is Annatjie Louw, Bus 9188, Eros, Windhoek. E-pos: annatjie@iafrica.com.na

Oor die boekie se vordering (of gebrek aan vordering as die lesers nie help nie!) sal 'n volgende keer berig word. Die mikpunt is om die boekie hierdie winter op die winkelrakke te hÍ as die besoekers die land binnestroom vir ons wonderlike mense, klimaat en natuurskoon!

Afrikaans was die enigste nuwe taal die afgelope duisend jaar, volgens G. H. Calpin (in: At last we have got our country back; geen jaartal). Hy sÍ op bl. 41: "Modern languages are very old. Afrikaans is the only new one in a thousand years." Hier in NamibiŽ gaan ons Afrikaans vashou!

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT


          Die wandeling
En toe dit al donker was
het Hy opgestaan uit die slaap van die sinne
en afgedaal van die berg
en die verbaasde see gaan bewandel
En die wind het jaloers met die water gestoei
en sy hare en klere verwaai
om te wys dat wind ook in tel is by Hom,
en Hy het gelag en hulle laat woed.
Tot Hy die skuit gesien het en hoe dit sukkel,
en dadelik was Hy
Christus: Jesus: hulp, hande, hawe -
En die see en die wind en die bang menseharte
het oombliklik bedaar,
en Hy het by hulle ingeklim, net een
donker liggaam meer,
en met plas van spane land toe gevaar.
          Sheila Cussons in 'n Engel deur my kop


Ek ontvang die volgende gedigte deur die digter Toon Hermans via Hans Burger in Nederland. Baie dankie, Hans!

OUD
Oud zijn is geen zaak van jaren
als ik 't even zeggen mag
meerd're malen heb ik mensen
oud zien worden in een dag.

Leven is nog zoiets anders
dan alleen een rikketik
'k heb ook mensen jong zien worden
in een enkel ogenblik.


GELUK
Geluk is een handje
in de jouwe
Geluk is iemand hebben
die je kunt vertrouwen
Geluk is niet kijken naar
wat een ander meer heeft
Geluk is beseffen wat elke
dag je voor moois geeft
Geluk zit in een klein gebaar,
dingen om je heen
Sta open voor dat geluk,
dan voel je je nooit alleen.


 

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Ek groet ons lesers met 'n paar gedagtes uit die boek Kwinksinnig deur die bekende taalkundige, Johan Combrink. Hy skryf op die flapteks van hierdie boek (geÔllustreer deur Piet Grobler): Ek stel intens belang in die verskynsel taal, in alle tale en veral in Afrikaans... Uit my hartstog vir taal kom my belangstelling in die 'mindere'-taal-kunsvorme: grafitti, taalgrappe, werklike definisies, spreekwoorde, spreuke asook dubbelsinnige en ironiese stellings.
Ek deel enkele van die Geheime van sukses uit Johan Combrink se boek met julle:
Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses?
En die Almanak het geantwoord: Bly op datum.
En die Bergspits het geantwoord: Sorg dat jy uitstyg.
En die Besem het geantwoord: Vee weg alles wat in jou pad kom.
En die Duimspyker het geantwoord: Hou kop.
(Wat sal ek sÍ? Beproef alle dinge en behou die goeie? Red.)

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop
 
Die Knoop: Honderde Afrikaanse Bestemmings!