KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

Die tweede uitgawe van (help my kies!):
 a)Sommerso
 b)Polfyntjie
 c)Afri-kans
 d)Hoor-Hier!
 (Skryf, bel, E-pos, faks en vertel vir my watter naam in bogenoemde kortlys spreek jou die meeste aan... dan kan ons derde uitgawe al daarmee spog!) 

Oktober 1997

Susan Alexander

 

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Posbus 9677 WINDHOEK

 

 

 

Dagsê Vriend

Die reaksie op die eerste uitgawe van hierdie brief het my totaal oorweldig. Buiten die telefoonoproepe en ander in-die-verbygaan-gelukwensings, raad en beloftes(!), het ek briewe, bydraes en E-posboodskappe ontvang. Baie dankie!

Lesersbriewe

As gevolg van die beperkte ruimte plaas ek slegs uittreksels uit sommige briewe. Die standpunte van die briefskrywers weerspiel nie noodwendig die standpunt van die redaksie van hierdie blaadjie nie:

           Mnr. J.A. van den Berg
Dit gaan soms so goed dat dit eintlik sleg gaan: Toe Afrikaans beskerming en voorkeur geniet het, het ons min gedoen om dit uit te brei. Deesdae gaan dit so sleg dat dit eintlik goed gaan met Afrikaans: selfs anderstaliges beywer hulle vir die voortbestaan van die mees algemene omgangstaal in Suidelike Afrika.
'n Paar jaar gelede het ek 'n blink gedagte gekry: in baie huise l stapels Afrikaanse tydskrifte; te kosbaar om weg te gooi, te min tyd om weer te lees. Ek het daarvan na die Sentrale hospitaal geneem en die susters aan diens op elke vloer het dit met 'n groot glimlag ontvang en onder pasinte uitgedeel!
('n Baie goeie en nuttige idee, mnr Van den Berg. Red.)

           Ia van Zyl
Hartlik geluk met jou inisiatief en met die gehalte van jou blaadjie. Ek is veral bendruk met die nie-aggressiewe aard daarvan. Laat ons aanhou om Afrikaans s te bevorder - mt geesdrif, maar snder aggressie en boikotte.

           Marie Becker van Okahandja
Ek dink Namibiese Afrikaans is baie besonders met sy eie woorde en wyshede wat jy nie elders kry nie. Die kinders in die skool s byvoorbeeld: "Ons het vir Maria gehalfpad" bedoelende hulle het die helfte van die pad saam met haar huis toe gestap. Is dit nou nie uniek nie? Daar is baie sulke voorbeelde - dinge wat ek nog net hier gehoor het.
(Stuur gerus nog sulke pragtige s-goed! Red.)

           Ds Clem Marais
Dit was goeie nuus om van jou Afrikaanse blad te lees! Van die kant van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool sal ons graag met jou wil saamwerk!

           Maretha Erasmus van Keetmanshoop
Liewe mevrou Susan Alexander
ek dink jy is werklik skrander
om na vore te tree
en 'n Afrikaans blaadjie uit te gee!
(Dankie vir u lekker lang brief in rymvorm! Die Suide is tog nie so droog as wat ons dikwels dink nie! Red.)

           Annatjie Louw
Ek hou van die informele aard van die blaadjie, want dis tog bedoel vir onse mense dis 'n lekker blaadjie!

           Corina Becker
Oral lees en beleef ons dat Afrikaans in troebel waters is en almal is bekommerd en besorgd. Met goeie reg ook - maar is dit nie al byna 'n eeu gelede dat ons taal juis gegroei het onder druk nie? Ten spyte van l die bohaai hoor ek elke dag mense van baie ander taalgroepe wat juis Afrikns praat!
My ma het vir ons vertel dat toe Oupa in die skool was, ms almal ook Engels (!) praat. As jy 'n Afrikaanse woord laat uitglip, moes jy die "DONKIE"-bord om jou nek dra - en dt was 'n groot skande! Toe een seun weer skuldig was en die "bord" moet kry, s hy:"I pit, I pat, I vat him not!" en hardloop weg! Nouja, dis natuurlik nie die oplossing nie, maar ons ht 'n keuse: ons mag Afrikaans gelukkig nog praat! Ons moet maar net aanhou praat en skryf. Ons kan mos maar meer tale ook praat 'n wyse man het juis ges: "Hoe meer tale ek kan, hoe meer male is ek 'n man!"

Wildewoordeboek

'n Prys (van 10 gratis uitgawes van ons blaadjie) vir die beste op-en-wakker Afrikaanse vertaling van die volgende paragraaf (wat ek 'n week gelede met my eie o gelees het):

Vriend - jy is baie cool as jy saam met ons gaan kamp. Tuis sal dit tog net boring wees. Kom nou, moenie 'n square wees nie - laat ons die spirits hoog hou!

Krit

Hierdie literre gespreksgroep se laaste gesprek van 1997 vind plaas op 28 Oktober. Vatmaar en Vyf Vertellings, albei deur AHM Scholtz word bespreek deur Jean Lombard. Alhoewel ons gewoonlik om 19:30 vergader, gaan hierdie laaste geleentheid om 18:30 begin. Plek: Die kantore van Windhoek Consulting Engineers (WCE), Bismarckstraat 44. Enige navrae kan aan Susan Alexander gerig word. (Telefoonnommer op die voorkant).

By die see

Die net-opmerklike verwisseling van eb op vloed
had bloot toevallige betrekking:
Verwarrende omweg van die baai na bekken.
Maar op hoog- en laaggety
was ons bedag soos snaar op hars
en is dienooreenkomstiglik herhaal in bloed.

En hoor ons nou skaars
die branders snags langsamerhand
h stiller raas

verkeer ons oplaas op drooggelegde land?
                     bevry?

In 'n stad waar hy nou verdwaal
word die ekstensionele idioom
verhef tot voorwaarde van begrip:
die verwyste wraak van die woestyn
waar woorde min en snedig man-af is
spreek oor jeug en somerlower
en hul weet na soveel jaar uiteindelik
dat hul net getrou kon bly
deur siekte en verworde gesondheid,
gebroke huwelike, probeerslae,
in daardie buite-egtelike bed.

In hierdie liefdelose, lentelose land
was dit vanoggend skielik somer
en die proefblad verwyt:
Jy't weer 'n hele winter lank
aan haar gedink, solipsisties.
           Chris Coetzee
(In die volgende uitgawe bietjie meer oor hierdie Namibiese skrywer en digter)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Ek wag angstig op jou reaksie op hierdie tweede blaadjie. Onthou om 'n naam vir hierdie geskriffie in Afrikaans uit die kortlys te kies en te stuur. Verder wag ons vir bydraes wat ons kan plaas - bydraes n en r Afrikaans. Groetnis!

 


Volgende Uitgawe
Vorige Uitgawe
Tuisblad
Gasteboek

 

Die Knoop: Honderde Afrikaanse Bestemmings! Afrikaans oppie Net Afriklub