HOOR-HIER!

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

Junie 1999: 21

 

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
Posbus 9677 WINDHOEK
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Web-adres:
http://www.pro.co.za/hoorhier

 

 



DAGSÊ VRIENDE

Ek en drie van my vriendinne het middel Mei met sommige van ons kinders (agt stuks tussen ons) die driedagstaproete by die Augrabies Waterval, anderkant Upington gaan stap. Klipspringer Wandelpad is die roete se naam en nie verniet nie! Nie alleen het ons oral tekens van die pikante bokkies gesien nie, maar ons moes self letterlik dikwels van klip tot klip spring. Mooi is egter ltyd mooi. Die roete is die beste deel van die eerste twee dae langs groter en kleiner takke van die Oranjerivier. Die watervalle op die roete het ons telkens in verwondering na ons kameras laat gryp... nie dat 'n foto ooit werklik reg kan laat geskied aan grootse natuurtonele nie! Dit help egter tog om na die tyd mens se geheue van die wonderlike ervaringe te verfris.

Maar - nou is die wonderlike vakansie verby en nog 'n termyn wag vir kinders en werkende volwassenes. Laat ons dit met entoesiasme (en baie hulp van bo!) aanpak.

In die vorige blaadjie het ons 'n geselsbriefie van Ronlle van Rensburg geplaas. Sy het intussen 'n storie wat haar pa, Pieter Kirsten vertel het, vir my gestuur: Soos jy weet, is dit vandag diefstal wanneer kinders vrugte steel. In die ou dae was die kinders mos net besig met kattekwaad. Nou ja, my pa-hulle was 13 kinders, so oupa Johnnie-hulle moes seker maar hulle hande vol gehad het met die baie kinders. My oupa het heelwat druiwe aangeplant vir eie gebruik soos wat hy geken het toe hulle nog daar in Vredenburg se wêreld gebly het. Jong, maar dit was nou 'n lekker prieel wat daar op die plaas was. Ons kinders het ook lekker onder die prieel gespeel, want my pa het maar met die boerdery aangegaan na my oupa se dood en alles mooi in stand gehou. Nou, Oupa was baie erg oor sy druiwe en het in die seisoentyd elke dag na sy druiwe gegaan en elke trossie bestudeer om te sien watter trossies al ryp genoeg is om af te pluk. Moes hulle maar mooi oppas, want die voëls (en kinders) kon net nie die druiwe uitlos nie. Nou ja, so moes almal wegbly van die druiwe, met die gevolg, dis net Oupa se voetspore wat daar lê en hy het presies geweet waar elke trossie sit. My pa se een suster is een van 'n tweeling en 'n regte platjie (sy lewe nog en vertel tog alte graag hoe stuitig sy was). Smiddae wanneer dit so onhebbelik warm was, moes almal rus. Dan het tannie Hilda soetjies gegaan, my oupa se skoene aangetrek en deur die venster geklouter en druiwe in die prieel gegaps. Oupa kon natuurlik nooit verstaan wat word van die druiwe nie en dit terwyl nt sy eie voetspore daar lê! Of oupa Johnnie ooit later die ware storie gehoor het, sal ek nou nie kan sê nie!
(Dankie vir die heerlike storie... is daar nog waar hierdie een vandaan kom? Red.)

Ek kry 'n brief met heeltemal 'n ander trant van Jana Roux. Sy skryf:

Ek het Hoor-Hier via Die Knoop gelees en was verras met die bestaan van die geselsbrief. Die ontstaan en bestaan daarvan is werklik prysenswaardig, maar ek vind tog dat daar bietjie min om die lyf is. Dit sê: kom ons skryf n Afrikaans r Afrikaans, maar ek het min oor Afrikaans teëgekom - tog wel stories, opmerkings en gedigte in Afrikaans. Ek sou graag wou sien dat daar ook gesels word r Afrikaans, die manier hoe ons hom hier gebruik, sy voortbestaan, hoeveel daar hier te lande in ons taal geskryf word en baie meer. Of is ons "uitgedebat" oor Afrikaans, en wil ons hom bloot nog praat - natuurlik ook wonderlik!

Om daarby aan te sluit - sien onlangs 'n hooggeleerde in Suid-Afrika spreek hom uit oor die manier waarop die vak Afrikaans aangebied word, en hy skryf die feit dat dit sogenaamd swak gaan met die taal, daaraan toe dat dit swak gaan met die vak. Vra hy: "wie wil nog weet van die teoretiese sintaksis of die literêre semantiek? Die twintig wat aangemeld het vir die akademiese vak, ja, maar hulle is nou die minderheid. ...So mis jy die ander duisend wat Afrikaans wil leer praat,..." Ek wil hiermee saamstem, en glo dat ons ook hier in Namibië moet waak om nie met die strengheid van 'n vak die prater van ons taal af te skrik nie. Daar is baie wat Afrikaans praat en sal voortgaan om hom te praat. Ek wil sê ons taal is gelief in Namibië.
(Baie dankie vir die kritiek n positiewe gedagtes. Ek probeer om juis die Afrikaanssprekendes wat lief is vir die taal te bereik. Hoor-Hier probeer nie 'n akademiese gehoor aanspreek nie - gelukkig is daar vaktydskrifte daarvoor. Maar ek stem saam dat ons kan gesels r hierdie harttaal. Red.)

WOORDE WAARVOOR ONS MOEILIK AFRIKAANSE EKWIVALENTE VIND
deur Anna-Marie Steenkamp

Vir party Engelse woorde, so voel baie mense, vind ons moeilik Afrikaanse woorde met dieselfde uitdrukkingskrag. So 'n woord is common. Die Afrikaans-Engelse woordeboek gee vulgêr en platvoers as vertaling hiervan aan, maar dit het net nie dieselfde nuanses as common nie. As oplossing kan ons miskien 'n woord munt. Dit is goeie Afrikaans om van 'n pleb te praat - dis iemand wat onopgevoed is. Dit kom uit die tyd van die Romeine toe jy twee stande mense gekry het: die adelstand en die 'gewone' mense. Die adelstand was die patrisiërs en die alledaagse ouens was die plebejers. Mettertyd het ons van plebs begin praat as ons onopgevoede, ru mense bedoel, met ander woorde, die common ouens. Nou wat is daarmee verkeerd as 'n mens 'n bywoord daarvan maak en byvoorbeeld sê "dis sommer plebs om rooi sykouse by swart hofskoene te dra"?

Hier is 'n paar Engelse woorde met hulle deur verskillende mense voorgestelde Afrikaanse ekwivalente: jolly jumper - huppeltuig; doggybag - woefkardoes; tantrum - vloermoer(!); facelift - hysbakkies; nerd - bleeksiel; kinky - bejoeks (amptelike woordeboekvertaling); commit - die Afrikaans daarvoor is verbind tot, maar dit sê vir baie mense nie lekker nie, hoewel ek nie kan sien wat daarmee verkeerd is nie. Soms sê ons die Afrikaans sê nie so lekker soos die Engels nie bloot omdat ons nie aan die Afrikaans gewoond is nie!

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Solly Ozrovech skryf in sy boek, Van dag tot dag deur God gedra: 'n Steeds sinvoller gebedslewe moet gekoppel wees aan alle Christelike diens. Die twee moet mekaar sinvol aanvul: gebed n diens; diens n gebed! Daar kan geen Christelike diens wees sonder die stewige onderbou van gebed nie. En gebed wat nie uitmond in praktiese diens aan Christus en die medemens nie, is leeg en ondoeltreffend.

BEGRAFNIS

       BEGRAFNIS I
As die westewind van ver af waai
as die westewind so triestig waai
die stowwe uit die grond uit waai
as dit begrafnis is op Rehoboth
die mens se laaste lot

dan sit die dikke tantes op die stoep
so driekwart oor die stoel
elk in swart kant gerok
die ver gebeier van die klok

waar hulle na die son sit loer
en peusel aan die brokke brood
dan klop hulle die voete so op die vloer
en sing: 'O brose mens, bedink die dood.'

       BEGRAFNIS II
In die mre sal hulle jou begrawe
die skaduwees nog uitgerek
van die vars son
soos jy gevra het:
knieë teen die bors opgetrek
soos jy die dag gebore is
die dralende dominee en die sang
sodat jy na jou ma toe kan gaan
goeie baarmoeder wat uit haar hemel
so lankal reeds na jou verlang

dis ek wat agterbly
wie gaan is jy
'n tafel staan gedek
wie agterbly is ek

'n donker gat en orgideë
ek druk my ore toe teen alle geluid
want ek hoor die dreuning van vlieë
tussen die blindings en die ruit

       Piet van Rooyen

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Groete tot 'n volgende keer.


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop
 
Die Knoop: Honderde Afrikaanse Bestemmings!