HOOR-HIER!

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

Julie 1999: 22

 

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
Posbus 9677 WINDHOEK
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Web-adres:
http://www.pro.co.za/hoorhier

 

 



DAGSÊ VRIENDE

Ek het 'n vriendin wat altyd in die oggend op 'n baie vrolike manier sal groet: "MŰre-sÍ!" Later in die dag is dit natuurlik, "DagsÍ!" Sy weet dit net nie, maar dit is na aanleiding van haar vrolike manier van groet dat ek hierdie klein rubriek in die Hoor-Hier! betitel het. Is dit nie waar dat die manier waarop jy mense groet 'n groot verskil kan maak nie? Ek het jare gelede een van hierdie geÔnspireerde Amerikaanse sprekers gehoor wat vertel het hoe hy elke oggend as hy in die oorvol hysbak inklim, vrolik gegroet het. Sy vriendelikheid is gewoonlik met 'n styfgeskokte stilte beantwoord. Waarom? Omdat mense verleŽ voel om oŽnskynlik ongemotiveerde vriendelikheid te beantwoord? Ek het nie 'n antwoord nie, ek weet net dat my vriendin se "MŰre-sÍ!" altyd 'n klein bietjie sonskyn in 'n droewe dag bring.

My Hoor-Hier-vriende wat my op die gasteboek van ons blaadjie se webblad besoek, is 'n verdere bron van vreugde. Ek kry onlangs die volgende briefie van Irma McDonald: Liewe Susan - As 'n oud-werknemer van Die Windhoekse Onderwyskollege, is dit lekker om gou Afrikaans op die Net te gaan soek. Synde tegnologies so 'n ietwat agtergeblewe, het dit net 'n rukkie geneem om die opset mooi te ontrafel. Wikkel-op-die-web is nie altyd so maklik as 'n ou dit op 'n meer gevorderde leeftyd moes baasraak nie. Aan Rika Nel se broer: hier is nou nog 'n boerkind in Kanada. Jy mag maar E-pos kontak maak as jy jou Afrikaans wil oefen. As daar enige ander Suid-Afrikaners/NamibiŽrs in Kanada of die VSA is wat die taal van die hart wil lewendig hou; ek gesels graag saam. Ek is met 'n Kanadees getroud en is ampertjies twee maande in my nuwe tuisland.
(Dankie vir die briefie Irma - hou die taal van die hart maar warm in daardie koue land! Red.)

'n Baie interessante brief kom van 'n sekere Takehiro uit die Ooste: Ek is bly om te sien dat daar nog soveel mense is wat vir Afrikaans omgee. Ek het Afrikaans in die Kaap (1994 - 1997) gestudeer en was toe teleurgesteld om te sien dat alhoemeer mense onverskillig raak oor Afrikaans. Terloops, ek is 'n Oosterling en is van plan om binnekort na Suid-Afrika te immigreer - hoop Afrikaans bestaan nog wanneer ek weer terugkom!
(Ek kan jou verseker dat hierdie taal nie van plan is om pad te gee nie! Red.)

'n Laaste briefie wat ek graag wil plaas, is van Basie Haasbroek. Hy skryf: Dit was 'n baie aangename verrassing om met Hoor-Hier! kennis te maak. Ek geniet die bydraes van oraloor. As 'n persoon wat met tussenposes sedert 1966 tot 1988 in Suidwes-Afrika/NamibiŽ gewoon en gewerk het (onder andere in Walvisbaai, Otjiwarongo en Windhoek), kan ek my volkome vereenselwig met sy mense en hul taal en spreekwyses. Sterkte met die blaadjie. Ek sal nou gereeld inskakel.
(Baie dankie vir die mooi positiewe briefie, Basie. Red.)

HOU AFRIKAANS LEWENDIG MET JOERNAALSKRYF IN DIE VREEMDE!

Ek ontvang 'n brief van vriendin Jean Lombard uit Berkeley in Amerika. Sy en haar gesin het met studieverlof vir agt maande daar gebly. Met die aankoms is die twee seuns, Gideon en James (onderskeidelik dertien en tien jaar oud) in 'n skool gesit, die buitemuurs is ingepas en na 'n paar weke was almal verbasend goed ingeskakel by die nuwe omstandighede. Sy skryf:

Ter wille van die byhou van die Afrikaanse taal te midde van die Amerikaanse Engels, het ons Afrikaanse leesboeke saam gebring en ook nog twee Spore-boeke om mooi formeel die Afrikaans-onderrig by te hou. Maar vir 'n ma wat reeds al wat wysheid nodig het om net die basiese huiswerk met geduld en toewyding by te hou, val dit nie maklik om ook nog onderwyseres te speel nie.

Toe die kinders van 'n "ambreel", 'n "janwors" en 'n "handel" (in plaas van handvatsel) begin praat, het ek besef dat die praat van Afrikaans by die huis nie genoeg is nie. As hulle nŠ agt maande al snaaks begin praat, hoe sal dit nou met die skryf gaan. In diť tyd ontdek ek toe 'n boek The Creative Journal for Teens. Making Friends with Yourself geskryf deur Lucia Capacchione. Ek noem toe vir die seuns die moontlikheid van "joernaal"-skryf (dit klink half beter as "dagboek" skryf), en groot is my verbasing as hulle nie onmiddellik met een, groot protes reageer nie. In 'n boekwinkel soek hulle toe twee lekker skryfboeke uit. Cappacchione beveel een sonder lyne aan, sodat tekeninge en illustrasies ook gemaklik gedoen kan word.

Hoewel daar nou geensins elke dag of selfs elke week reŽlmatig geskryf word nie, verbaas dit my steeds as hulle elke nou en dan 'n bevlieging kry en die skryfboeke nader trek. Hulle hou ook daarvan om plakkers, toegangskaartjies en soms tekeninge deel te maak van die skryfwerk.

Omdat ek weet dat baie leerlinge in Windhoek (in die hele NamibiŽ?) deesdae in verhouding tot Engels ook nie so baie Afrikaans skryf nie, het ek gedink om die wenke uit Capacchione se boek saam te vat. 'n Mens kan improviseer met haar voorstelle en 'n manier probeer vind wat die individuele kind pas.

  • Die joernaal is jou eie, private skryfwerk. Jy kan dit dan later gebruik vir 'n skryfstuk in Afrikaans (vir ander om te lees, vir briewe aan vriende, ens.);
  • Skryf ten minste 15 - 20 minute op 'n slag. Probeer om in die gewoonte te kom om elke dag te skryf, as deel van jou "stiltetyd", verkieslik op dieselfde tyd elke dag. (Soggens voor skool of saans voor jy gaan slaap is goeie tye.) Dateer jou skryfwerk.
  • Wissel die skryfwerk af met tekeninge, prentjies, kaartjies;
  • Skryf verskillende soorte tekste (gedigte, dialoog, beskrywende stukkies);
  • Kies verskillende onderwerpe om oor te skryf... dalk onderwerpe wat jy nie andersins oor sal skryf nie - bv.
    a) Gevoelens oorÖ;
    b) VandagÖ;
    c) Uitdagings;
    d) Tydlyn (die belangrikste gebeure van 'n bepaalde tyd);
    e) Ek onthouÖ;
    f) Veranderinge (skool, blyplek, reise, vriendeÖ);
    g) My lyf;
    h) Ek gloÖ (nuwe standpunte, ou standpunte);
    i) As ek my ma en/of pa wasÖ (bv. dialoog tussen jou en jou ouers);
    j) My ideale meisie/ou;
    k) Die natuur (wat ek ruik, sien, hoor as ek buite is).

    Jean sluit haar skrywe af met 'n aanhaling deur Anne Frank uit Anne Frank, Diary of a Young Girl: "I really ought not to write thisÖ but still, whatever you think of me, I can't keep everything to myselfÖ"

    WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

    Liefdevolle ouers in Pretoria het besluit dat hulle hul daggaverslaafde kind, Jean Loots, uit die huis gaan skop as hy nie ophou dagga rook nie. Aanvanklik het hy uitgetrek maar na 'n geweldig traumatiese ervaring waar hy op die punt was om selfmoord te pleeg, het hy teruggetrek en nog nooit weer aan enige verdowingsmiddels geraak nie. Hy het intussen by Youth with a Mission aangesluit en doen voltyds sendingwerk. Sy ouers vertel:
    Ons dominee het die boek, Dit gebeur nie met my nie vir ons geleen, en daarin het ons van tough love gelees. Dis 'n tegniek om 'n kind die gevolge van die keuses wat hy maak te laat beleef. Jean was aan dagga verslaaf en pleks daarvan om sy gedrag te aanvaar, het ons hom voor 'n ultimatum gestel. Terwyl ons hom liefdevol versorg het - 'n dak, kos en klere gegee het - kon hy maklik aanhou dagga rook. In 'n briefie wat ons vir hom by sy tas klere gelos het, het ons gesÍ hy is net welkom in ons huis as hy ophou dagga gebruik. Hy moes self daardie keuse maak - ons kon hom nie dwing nie. Jean het die regte keuse gemaak. Sy boodskap aan jongmense wat dagga wil rook: Moet liewer nie eens begin nie!
    (Uittreksel uit 'n artikel in die Huisgenoot van 17 Junie 1999.)

    Ek kry 'n bydrae van Attie Lacock, skrywer en samesteller van Die Deelgenoot. Daar was 'n paar uitgawes gelede 'n kort bydrae oor mnr. Lacock en sy werk.

           Die Lewenspad
    Op die lewenspad kom
    kruisings wat
    ons by mekaar laat
    aansluit met
    arbeidsaamheid, regverdigheid
    en vertroue in die
           liefde.
    Uit die fontein van
    God se genade
    wat die genade,
           wat die
    gebrokenheid
    van almal van ons,
    in ons swakhede
           helpÖ
    pyn verduur,
           verwerk.
    En ons leer om
    die blommetjies langs
    die lewenspad te pluk!
             Skoonlief
    Dis mos oor jou
           dat
    die hartsnare sing,
    die oŽ skitter
           en
    die bloed so bruis!
    Dis mos oor jou
           dat
    daar veerkrag in my
    voetstappe kom
                   want
           my hele hart is
           jouneÖ
    Altyd, altyd net maar
                   joune
    Jy's mos myne, myne,
           myne;
    My skoonste, liefste, soetste
                   Moedertaal!

    Indien enige van ons lesers belangstel om meer van die bydraes in Die Deelgenoot te hoor, kan hulle skakel met mnr. Lacock by telefoon 231004 of Posbus 160 in Windhoek.

    LAAT ONS VAN JOU HOOR!

    Groete tot 'n volgende keer.


  •          
    Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
    Tuisblad   Gasteboek

    Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop
     
    Die Knoop: Honderde Afrikaanse Bestemmings!