HOOR-HIER!

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

Augustus 1999: 23

 

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
Posbus 9677 WINDHOEK
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Web-adres:
http://www.pro.co.za/hoorhier

 

 



DAGSÊ VRIENDE

Dit is die laaste keer dat hierdie blaadjie gaan lyk soos hy nou lyk Ö van September af word die Hoor-Hier! gedruk en gaan hy bietjie meer om die lyf dra. Ons hoop julle sal nog steeds die bydraes geniet en self ook bydraes stuur. Lesers wat nog nie laat blyk het dat hulle die blaadjie wil ontvang van September 1999 af nie, kan op enige stadium dit doen. Die koste beloop N$60,00 per jaar. U kan tjeks aan my persoonlik uitmaak. Lekker lees aan ons Augustus-uitgawe!

EERSTE KUNSTEFEES IN OKTOBER IN WINDHOEK

Let wel:  Die Kunstefees waaroor hieronder berig word is ongelukkig later gekanselleer.

Die heel eerste //Ae-gams Internasionale Kunstefees vind vanjaar van 2 tot 9 Oktober in Windhoek plaas. Die fees het sy ontstaan gehad deur drie persone wat ten nouste by die kunste betrokke is. Prof. Aldo Behrens en Danie Strydom is albei verbonde aan die Drama Departement van die Universiteit van NamibiŽ en Neville Neveling is 'n omroeper by die NBC en voorsitter van die ATKV van Windhoek. Terwyl hierdie drie met 'n voordragprogram na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op reis was, het hulle die moontlikheid bespreek om ook in Windhoek - op kleiner skaal - 'n soortgelyke fees aan te bied. Verskeie kunstenaars en moontlike borge is genader en nou - na slegs 'n paar maande, lyk die situasie baie rooskleurig Kunstenaars wat reeds laat blyk het dat hulle graag sal wil deelneem aan hierdie fees, is onder meer: Cutt Glass; Stoepstories se kalante; die Bel Canto sangers; Mathys Roets. Daar is ook talle plaaslike groepe wat belangstel om deel te neem, onder meer: Freddie Philander; UNAM-studente van die Drama Departement; Jeanette Harris en Ina de Michele.

Hierdie Eerste fees begin as deel van die Windhoek Skou omdat die skou reeds oor die infrastruktuur beskik om al die randgebeure te huisves, byvoorbeeld die restaurante, die vlooimark, straatkunstenaars. Die Kunstefees-komitee kan dus konsentreer op produksies.

Vir enige navrae kan die volgende nommers geskakel word:

Telefoon: 23-4706, 23-3297 of 22-4748 in Windhoek
E-pos: artworks@iafrica.com.na
Posbus11610 Windhoek

Daar sal gereeld in die pers inligting verskyn oor die //Ae-Gams Internasionale Kunstefees.

KRIT

Die volgende Kritgeleentheid vind plaas op Dinsdag, 3 Augustus 1999. Die teks, Groot Vyf deur Johan Botha word bespreek deur Piet van Rooyen - bekroonde skrywer en dosent by Unam. Hy skryf self sů oor hierdie besondere werk:

Groot Vyf is al beskryf as 'n post-modernistiese werk. Die post-modernisme is juis daarop uit om verbande, te ontken; om slegs op die onmiddellike teks gefokus te bly. Myns insiens het Groot Vyf egter juis ten doel om verbande te lÍ, verklarings te bied vir die mens en sy skuld/hoop in die Nuwe Suid-Afrika, daarom die subtitel: "Spoor van 'n Dekade."

Die boek skakel mens (na aanleiding van die paradyslike opdrag) met die heersers in die diereryk, die roofdiere en die dominantes: leeu, luiperd, buffel, renoster, olifant. Die Boesmans glo dat die mense en diere aanvanklik een ras was (vgl. p.88 "Kaggen het die mens uit springbokke gemaak."). Ook God (Kaggen) kan kom in verskeie dieregedaantes.

Die natuur is 'n wrede plek, gereguleer deur die drang om voort te plant en die drang om te oorleef, dikwels deur ander diere dood te maak.

Die mens erken aanvanklik sy verbondenheid met die natuur en met die wette daarin, maar verloor dit deur 'beskawing'. Slegs in die kollektiewe onderbewuste bly nog die staat van natuurlikheid bestaan. Die 'natuur' kom egter na vore in krisissituasies of wanneer drange oorneem.

In die kollektiewe onbewuste word die dade van diere en van swart en wit mense vanuit die verlede saamgesnoer ("Olifante vergeet nie" om 'n eie Afrika-bestaan tot stand te bring, waar die partye aan mekaar gebind word as een 'reŽnboognasie'), maar dan moet die beskawingsvernis eers verloor word. Uiteindelik is die geheel se standhoudenheid belangrik, eerder as individuele dood en persoonlike wreedheid.

Die Kritgeleenthede vind telkens om 19:30 (in die wintermaande 'n halfuur vroeŽr) plaas by die kantore van Windhoek Consulting Engineers, Bismarckstraat 44. Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander (na-ure telefoonnommer in Windhoek: 235757) vir meer inligting.

'N BAIE LANG PAASNAWEEK...

Petrus Haakskeen wat voorheen al genoeglike bydraes tot die Hoor-Hier gelewer het, vertel van 'n "noue ontkoming" wat 'n Hoor-Hier in die Windhoekse Staatshospitaal belewe het toe Heer Haakskeen die Paasnaweek daar moes deurbring:

... die langnaweek was toe waarskynlik tť lank vir die hospitaal self want teen Sondag het sekere noodsaaklike voorrade opgeraak. Die skaarsste item daardie dag was sekerlik toiletpapier want dit het voorgekom asof die hele hospitaal daarsonder was. Al wat 'n pasiŽnt is (insluitende die verpleegster en skoonmakers) het die hospitaalgange ge-op en ge-af - almal op soek na net een ding: toiletpapier.

Nadat al die half-geleesde ou koerante en tydskrifte wat ek gehad het opgevra was vir kamstige lees, het ek net die twee Hoor-Hier's en my Bybel oorgehad. Ek was besig om die Februarie-uitgawe te lees toe die ander een (sonder my wete) van die bed afgeval het. Na 'n kort rukkie kom daar 'n ouerige dame my kamer binne en vra toe half skaam of ek nie dalk 'n stukkie toiletpapier of koerant of enige iets het nie. Ek het haar reguit laat weet dat ek niks het vir die toilet nie en dat al wat 'n papier is wat ek gehad het deur die ander pasiŽnte, verpleegsters en skoonmakers gevat is. Daarop het sy net skamerig geglimlag en op die bankie langs die bed gesit - moontlik omdat sy die papiertjie op die vloer gewaar het. Na 'n rukkie het sy opgestaan, gegroet en uitgeloop. Sy was byna by die deur uit toe ek na haar kyk en sien dat sy 'n wit papiertjie in haar hand het. "Antie! Antie!" roep ek hard. Sy wou aanhou loop maar ek het baie dringend weer geroep: "Antie! Antie!" Sy het omgedraai en ingekom met die Hoor-Hier in haar hand. Nadat ek moes soebat en verduidelik tot watter nut die blaadjie vir my en spesifiek vir die Afrikaanse taal is en hoe die Redaktrise vir my hof toe sal vat en in die tronk sal laat gooi as sy hoor watter onheil haar geliefde nuusblad oorgekom het, is my Hoor-Hier weer aan my teruggegee.

Sjoe! so amper was die Hoor-Hier daardie dag af deur die rioolpype en uitgespoel by die Gammams Watersuiwering. Wel, Hoor-Hier is gered. So wens ek hom (haar?) alle voorspoed toe.
(Dankie Petrus! Red.)

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Ek deel graag 'n uittreksel uit 'n gedig wat Hendriehet Young van die Vista Mamelodi Kampus gestuur het:

               Sien my raak
       Sien my raak O God, sien my raak
       Moenie my so alleen laat staan -
       Neem my hand en sien my raak.

       Here - u sien my val
       U sien my trane en my seer
       Waar het ek gefaal my Heer?

       Hoor my Heer as ek smeek
       Help my weer 'n keerÖ

(In Psalm 126: 5 en 6 skryf die digter: Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Groete tot 'n volgende keer. Ek wag angstig vir bydraes Ūn en ůůr ons taal!


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop
 
Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!