HOOR-HIER!

September 1999: 24

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Hier in NamibiŽ is dit Lente en dis Vakansie. Die lug is vol met die belofte van lang lui-lekker dae, koue witwyn onder die boom saam met vriende, braaivleis in die soel aande. Paradys? Nie baie ver van daar af nie!

Hoor-Hier! is hierdie maand twee jaar oud en staan op stewige beentjies. Ek is baie dankbaar vir almal wat gehelp het met die geboortepyne, voedings en winde uitklop. Dankie vir die goeie raad en natuurlik die dŠŠd waarmee julle my bygestaan het. Ek sien uit na die volgende twaalf uitgawes.

LESERSBRIEWE

Ek kry die volgende brief van Manus Hanekom:

Ek het met genot jou Junie- uitgawe van Hoor-Hier gelees en toe besluit ek moet 'n paar woorde met jou breek. Sien ek was verlede maand vir so tien dae tussen die savanna Kalahari oos van Mariental en in die Namib byna reg wes van MaltahŲhe. Laasgenoemde omgewing, wes van Vrugteplaas, en in die rotswoestyn-gebied, is werklik fassinerend en vol verassings. Twee jaar gelede toe ek in dieselfde omgewing gaan jag het, het ek vir die eerste maal sneeu in die Namib gesien en nie net 'n bietjie sneeu nie, maar op plekke verneem ek was dit tot 40 centimeters dik. Hierdie keer het ek in die sogenaamde vloeregebied suidwes van MaltahŲhe meer water gesien as in baie jare. Dit was werklik asof die water nÍrens koers kon kry nie en in plekke was ons pad vir byna 'n halwe kilometer totaal onder water en dit in plekke wat ek by 'n vorige besoek gedink het dat dit selde of ooit daar reŽn. NamibiŽ is werklik 'n land met baie kontraste.

Ek was nes vorige kere aangenaam verras met die goeie Afrikaans wat deur sommige amptenare by die doeane-kantore gebruik word en altoos gepaard met 'n wittand-glimlag. So jammer ek kan dit nie sÍ van daardie amptenare wat so hard probeer om Engels te praat nie en wat verseg om Afrikaans te praat hoewel hulle kan.

Ek hoor in 'n geselskap 'n interessante uitdrukking. Vra jy 'n besoeker of jy hom of haar iets kan aanbied, kom die antwoord: "Nee dankie, net 'n bietjie kou (sonder die "e" aan die einde) water asseblief". Ek het die uitdrukking ook al in die Noordwes-Kaap se Boesmanland-gebied gehoor maar nog nie in ander dele van die Republiek nie. Sou dit kenmerkend wees van die droŽ streke van die RSA en in NamibiŽ? Hou die vlam hoog. Groetnis uit die Suid-Kaap.

(Dankie vir die lekker geselsbrief! Red.)

Piet van As daar van Soetanys in die Kaap skryf toe weer 'n heerlike briefie. Hy vertel onder meer:

Soos julle koppie daar in Windhoek, het ek 'n hoge plek waar ek (soos oorlede ou Moses) opvoeter as dinge begin druk. Soms sommer vir die lekker ook want die Soetanys dra die meeste fynbossoorte denkbaar en as die klompe proteas en heide eers teen die hange aan die blom is, is dit die mooste plek op aarde. Staan jy daar, sien jy die kus vanaf Potberg (daar duskant die Breederivier se monding) tot verby Gansbaai, al die Strandveld se ou-ou plase, die panne en vleie, die duineveld en Swellendam se berge. Van vlak onder die berg se seekant strek die grote oseaan tot waar dit na die suidpool se kant toe met die lug een raak. Salig mooi!

Na Katy Renosterkop se afsterwe 'n week of wat gelede, sit ek daar op die Soetanys om iets oor 'n wonderlike vrou te skryf, maar 'n vol gemoed kon maar net nie woorde kry nie en raak ek heel simpel toe iets anders sy sit in my kom kry:

         Staan jy op die Soetanys
         en die dag is mooi en skoon;
         sien jy die hele Strandveld
         waar die Strandveldmense woon...

In een van sy Psalms kon doerie tyd se Dawid soveel beter doen:

         "Hoe talryk is u werke, o Here!
         U het hulle almal met wysheid gemaak!"

Ek is seker dat Katy ook met wysheid gemaak is en weet ek regtig nie of ek ooit 'n huldeblyk op papier sal kan kry nie...

(Ek weet nie van die huldeblyk nie, Piet. Sit jy maar net nou en dan vir my sulke pragtig menslike gedagtes op papier neer. Dit is op sigself 'n huldeblyk aan die lewe. Red.)

KRIT

Daar loop gerugte van twee honde en 'n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorlÍ en wreedaardig straf - maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere.

Drie Boere loop aan die spits van diť geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg.

En in spelonke hoog teen die berg leef Boervroue en -kinders die Anglo-Boere-oorlog deur. Ma, die onverbiddelike. Aunt Soph, die roekelose. Ounooi met die groot ore. En aunt Anne, die ontluikende. Hulle plaas het hulle self laat afbrand, en 'n onderlinge verdrag laat gedy hulle daar saam met Jan Witsie en sy half-Basoeto, half-Griekwa mense. Botsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier Ö Die mengsel is ryk en kragtig in hierdie verhaal wat diep en ver loop deur Afrika; tot onder sy skoonste berg, Kilimandjaro, en tot in die skadu van die grootste oorlog, in die middel van diť eeu.

(Uittreksel uit die flapteks tot die roman: Op soek na generaal Mannetjies Mentz deur Christoffel Coetzee)

Christoffel Coetzee het die De Kat/Sanlam Romanwedstryd met sy debuutroman gewen en hy het ook later die gesogte Mnet-prys losgeslaan.

Chrisna Beuke-Muir (Afdeling Afrikaans, UNAM) het die voorreg gehad om 'n onderhoud te voer met Christoffel Coetzee oor sy roman, twee dae voordat die skrywer tragies aan 'n hartaanval gesterf het. Sy gaan dan ook die inleiding tot 'n literÍre gesprek oor die roman gee tydens 'n Kritgeleentheid in Windhoek. Hierdie gesprek sal op Dinsdag, 21 September om 19:30 by die kantore van Windhoek Consulting Engineers, Bismarck-straat 44 plaasvind. Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander (na-ure telefoon-nommer in Windhoek: 235757) vir meer inligting.

VAN GOGH IN NAMIBIň

Die Afdeling Afrikaans van UNAM bied aan: "Vincent van Gogh" deur die ervare Vlaamse akteur, Jo Decaluwe van Gent, BelgiŽ.

"Vincent van Gogh" is 'n toneelkonsep gebaseer op die vele briewe wat Van Gogh aan sy broer, Theo, sy moeder, Paul Gauguin, Camille Pissaro en vele ander geskryf het.

Die akteur loop in "Vincent van Gogh" op die voetspore van die groot kunstenaar se volwasse lewe. Die opvoering plaas die soeklig op die briewe - persoonlike getuienisse oor die lewe van 'n geweldig emosionele kunstenaar en mens. Van Gogh se kort lewe was vol drama, met teenslae, onbegrip en onoorkombare probleme, maar met 'n sterk wil om sukses te behaal, te volhard met ťťn sekerheid, nl. sy werk, sy lewensdroom.

Die Nederlandse pers het soos volg oor Decaluwe se vertolking geskryf:

"... zeer integer en intens solo-theater, een bijzonder krachtige monoloog. Jo Decaluwe weet zonder geforceerde mimieken of overdadige bewegingen het getormenteerde korps van Van Gogh op te roepen." (Het Volk).

" ....Pas wanneer zijn stem definitief zwijgt verschijnt er kleur op het palet, alsof pas dan de ogen open gaan... Vincent van Gogh verbaal ingekleurd ... " (De Standaard).

Die opvoering is deel van 'n Nederlandse werkswinkel (geborg deur die Nederlandse Ambassade) wat deur die Afdeling Afrikaans aangebied word van 9 tot 13 September. Vir die geleentheid is ons bekende letterkundiges van die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad genooi, asook die bekende Nederlandse skryfster, Manon Uphoff van Utrecht.

Die Afrikaner het 'n neiging om simboolblind te wees.
En 'n voorliefde om die verlede voort te sit.
Willem de Klerk
Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Maselspoort, 1978



DIE BLOU DROOMKETEL

'n Ware gebeurtenis, oorvertel deur Janeke Kirchner

Jare gelede toe my ma en pa net-net getroud is, het hulle besluit om hulle in Windhoek te vestig. Nadat hulle 'n gerieflike huisie, 'n swart Dobermann teef en 'n afgeleefde silwer Passat gekoop het, het hulle besluit dat dit nou tyd was om hulle kamptoerusting aan te vul.

Eendag, oppad huis toe, ry Pa verby 'n groot rooi en wit plakkaat. In swart letters staan daar:

Veiling
Gewaarborgde waarde vir geld

En in kleiner, dowwer letters: Groot verskeidenheid van matrasse, plate, braaivurke en kampketels. Dit is laasgenoemde wat Pa soos 'n stukkie aas aan 'n hoek na die veiling gelok het.

Die Saterdagmiddag is Pa met plakgekamde, effense klam hare na die groot agterplaas in Erospark. Vroeg die oggend het hy vir Ma gesÍ: "Meer as vyf rand gaan ek nie betaal nie." En hy het daarby gehou.

By die veiling aangekom het hy die motor parkeer en gesluit en dadelik tussen die ou plaasimplemente en motorsitplekke deurgestap en gesorg dat hy 'n goeie staanplek kry vanwaar hy die kampketels met 'n arendsoog kon dophou.

Die ketels - sommer 'n hele paar - het eenkant op 'n houttafeltjie gepryk. Maar een groot, blou enemmel ketel het dadelik Pa se aandag getrek.

Dit het tweeuur geword en die veiling het in alle erns begin.

Alles is in volgorde opgeveil. Pa het afgetrokke geluister, sy blik op die blou keteltjie.

'n Klomp ou kussings; 'n outydse bad met goue pote; drie ou motorbande.

Een vir een word die goed verkoop.

Oplaas is dit die ketels se beurt.

'n Klomp gretige hande skiet die lug in en pryse word uitgeskree:

"Een rand!"

"Nee! Nee! Drie rand!"

Pa besluit dis nou of nooit: "Vyf rand!" bulder hy uit. Die sweet slaan op sy bolip uit.

Hy můťt die blou keteltjie hÍ!

Dan roep iemand: "Tien rand!"

Die koppe draai na agter. 'n KÍrel met 'n silwer kuif kyk selfversekerd rond.

"Enigiemand wat meer sal aanbied?" vra die afslaer op die platformpie.

Niemand sÍ iets nie.

Pa byt op sy onderlip; maar vyf rand het hy hom voorgeneem, en vyf rand sal dit bly!

"Verkoop!" beklink die man die kopie en slaan met die houthammertjie voor hom op die tafel,, "Die volgende artikel is Ö"

Maar Pa luister nie meer nie. Hy grawe die Passat se sleutels uit sy sak en slof motor toe. Net toe hy die deur oopsluit, sien hy die silwerkuifkÍrel met die bondel ketels.

Die blou ketel roep hom.

Pa stap nader.

"Middag, Meneer," groet hy.

"O, hallo." Meneer Silwerkuif vraend.

"Kyk, ek kom dadelik tot die punt. Jy het hierdie hele spul ketels vir tien rand gekry. Kan ek jou nie vyf rand aanbied vir die bloue nie?" Pa kyk hoopvol na die keteltjie.

"Sekerlik, ek gaan hulle tog net weer verkoop," antwoord die man en gee vir Pa die ketel.

"Baie dankie!" Pa oorhandig die vyf rand.

"Dit was 'n plesier!" Die man draai om.

Pa huppel omtrent terug motor by die gedagte aan wat Ma sal sÍ.

En dit is ook so.

Ma koer en piep om die keteltjie, klop aan sy sy en vat hom aan die handvatsel vas.

"Kom ons probeer hom uit." sÍ sy.

Hulle stap kombuis toe en Ma draai die kraan oop.

Pa staan ook by.

"Ons eerste ketel!" sÍ hy trots.

"Genade, maar hy moet groter wees as wat hy lyk. Hy kom net nie vol nie." Ma se wange is pienk van plesier, "Dink net aan die koffie in die middel van die veld.

Om water aan te dra van Ö

Maar Pa onderbreek haar:

"Genugtig, Emma, kyk net hier!"

"Ag nee!"

Die water stroom onder die ketel uit.

Agterdogtig draai Ma hom om, en uiter 'n kreet van ontsteltenis.

Onder, in die boom van die pragtige blou, droomketel, sit 'n yslike groot swart gat!

(Janeke Kirchner is 'n vyftienjarige skooldogter van WHS. Baie dankie vir hierdie pragtige, prettige storie! Ek hoop daar is nog waar hierdie een vandaan kom! Red.)

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

'n Dagboek vol afsprake en 'n gejaag van een vergadering na die ander? Stap veld toe. Lewensmoeg en vasgevang in 'n eie benouende wÍreldjie van oordrewe of nuttelose dinge? Stap veld toe. Dit is lente. Stap veld toe. Daar staan die bome vir jou en wag. Die wonderlike bome wat swygend geniet van die stilte en van die sap wat met die lente styg tot in die punte van hulle takke. Daar is die voŽls besig om vir jou te sing.

Stap veld toe. Gaan lÍ aan die voet van 'n boom met 'n grasspriet tussen jou tande en geniet van 'n salige niksdoen. Dan kom die beste gedagtes in jou op, sommer net so, en die mooiste drome. Dan verdwyn die probleme wat jy tussen mure gehad het.

Daar is 'n onbeskryflike liefde ingebou in die natuur. Neem gerus tyd om 'n slag rustig en aandagtig en met liefde na 'n blom en 'n boom te kyk.

(Uittreksel uit Sommer vir jou:'n Bietjie vreugde, 'n Handvol geluk deur Phil Bosmans)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Groete tot 'n volgende keer. Deel jou leesgenot uit Hoor-Hier! met 'n vriend of vriendin.


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop
 
Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!