HOOR-HIER!

November 1999: 26

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Met die vorige uitgawe van Hoor-Hier! het ek eintlik besluit ek sal 'n reeks van staaltjies uit my jeug met die lesers deel Ö en ek sal dit steeds doen; maar vandag wil ek eers 'n pragtige storie vertel wat een van my studente vir my vertel het. Ek en my kollega hou aan die einde van elke jaar 'n klein afskeidsfunksie vir ons finalejaarstudente. Hierdie jaar het ons dit by my huis gehou. Ons het heerlik buite gesit terwyl ons skaapskenkelpotjie saggies op die vuur geprut het. Die studente het gejil en mekaar getreiter soos hulle maar gewoonlik doen. Die een student wat veral teiken van hul treitering was, was Antonius Bapello. Hy moet dan nou 'n storie vertel, ag toe man Antonius. Antonius het maar net op sy rustige manier gesit. Sy hande netjies inmekaar gevou.

"Gee kans," het hy gesÍ, "daar is 'n regisseur in my kop wat besig is om 'n storie vir julle agtermekaar te kry. Ek vertel dit later as julle almal rustig en kalm is."

Persoonlik het ek nie gedink dat daar iets van die storie sal kom nie.

Na almal klaar geŽet het en nog onder die sterre los praatjies maak, maak Antonius keel skoon: "Is julle nou almal rustig?" In 'n koor word daar beaam: ja, ons is baie rustig! Toe kom die storie:

Toe ek in standerd ses was - daar by Khorixas - het ek besluit dat ek baie graag wil sien hoe lyk Windhoek. Ek het egter geweet dat daar geen manier is waarop ek in Windhoek sal uitkom as ek vir ander mense moet wag nie. Toe besluit ek maar ek gaan 'n paar dae by die skool afvat en Windhoek toe stap. So gemaak. Ek val een Woensdagoggend in die pad - net ek met 'n waterbotteltjie.

Nadat ek lank gestap het, het ek gerus. Ek het probeer om 'n 'lift' te kry - maar die karre op daardie pad is maar skaars. Ek het maar gestap en gestap en so nou en dan net my keel met die water natgemaak. Die eerste aand het ek langs die pad geslaap. Die volgende oggend het ek gestap. My water het nou min geraak en ek was maar bekommerd. Wat sal gebeur as ek vandag ook nie 'n geleentheid Windhoek toe kry nie!

Toe ek by 'n brug kom - so 'n geboude konstruksie oor 'n droŽ rivierloop - het ek bo-op die brug gaan lÍ; lank uitgestrek en met toe oŽ.

Terwyl ek nog so lÍ, hoor ek 'n motor aankom. Ek het net my kop opgelig om te kyk wat dit is. Toe ek sien dit is 'n Mercedes Benz, het ek maar net verder gerus. Ek het nie daarop staatgemaak om in 'n 'toe' kar 'n geleentheid te kry nie. Maar - toe gebeur daar die onverwagte: die kar ry stadiger, hou langs my stil. Die venster word oopgemaak. "Soek jy 'n geleentheid?"

Ek het my kop in die rigting van die sagte stem gedraai. Maar mense! Watter skok kry ek: 'n lid van die swakkere vat, een van die teenoorgestelde geslag, 'n skoonheid - 'n beeldskone vrou!

Ek het my darem net so effens afgestof en toe langs haar in die Benz geklim. En ons ry. En gesels. Ons kliek onmiddellik. Ons praat so baie dat ons nie praat oor my eindbestemming nie. Eers toe ons naderkom aan Outjo, vra die vrou vir my: "Waarheen is jy eintlik op pad?" Ek vertel haar toe van my begeerte om Windhoek te sien. Op haar sagte manier vertel sy toe vir my dat sy hier in Outjo woon en ongelukkig nie verder vir my aan 'n geleentheid kan help nie - maar wat gaan ek nou doen want dit is byna aand en ek kan nie nou langs die pad gaan staan nie; nee, ek kan ook nie buite slaap nie - selfs 'n plekkie soos Outjo is nie meer veilig in die nag nie. Ek kan maar by haar huis oornag, sy het ekstra slaapplek.

By haar huis gekom, wag ek dat sy moet vra dat ek die hek oopmaak, maar nee - sy druk net 'n knoppie en die hek gaan oop. Ons stap na die voordeur toe en sy druk weer 'n knoppie en die voordeur gaan oop.

Sy stap voor my uit na 'n kamer waar ek kan slaap, wys my waar die badkamer is. Sy verskoon haarself want sy wil gou vir ons gaan aandete maak.

Ek trek my stowwerige klere uit en gaan staan onder daardie warm stort. Ek stort die stof en die moeg van die afgelope twee dae uit my uit.

Toe ek terugkom in die kamer, is daar 'n splinternuwe pak manspajamas op die bed. Die sagte stem praat weer van die deur se kant af: "Dit is nog slaapklere van my oorlede man - ek dink dit sal vir jou pas; jy is so mooi groot gebou." O ja - en as ek klaar aangetrek is, kan ek maar kom aandete eet.

Ek het aandete geŽet, my gasvrou bedank en nag gesÍ. In die kamer het ek in die bed geklim en my gelÍ en verwonder aan al die wonderlike dinge van die afgelope dag.

Toe word ek bewus van haar teenwoordigheid - by my kamerdeur. Daar het sy gestaan: vars gebad en in haar nagklere. Sy het niks gesÍ nie, net na my gestaan en kyk.

Toe stap sy na my bed toe. My hart het byna gaan staan. Langs die bed het sy tot stilstand gekom; net 'n klein handbeweging gemaak en: "Skuif op."

En toe skuif ek op. En ek val van daardie brug se kant af - binne-in die droŽ rivierloop!

(Storie deur Susan Alexander, soos aan haar vertel deur Antonius Bapello. En net vir die lesers se inligting: ek weet ook nie of Antonius toe ooit in Windhoek uitgekom het nie. Ek het vergeet om hom te vra!)

LESERSBRIEWE

Baie dankie aan ouma Elsie wat weer eens 'n pragtige storie ingestuur het:

Baie jare gelede op 'n klein dorpie, Strydenburg, was daar 'n man wat ons in later jare baie goed leer ken het. Oom Pieter was 'n dierbare goeie man, maar van een ding het hy weggeskram. Hoe ds. Roux - destyds leraar op Strydenburg - ookal mooigepraat het, oom Pieter het geweier om as ouderling voorgestel te word in die kerk.

Na die hoeveelste probeerslag vra ds. Roux eendag: "Broer Pieter, hoekom wil jy nie aanneem as ouderling nie?" Toe kom hy met die waarheid voor die dag: "Dominee - ek kan nie hardop voor ander mense bid nie." Ds. Roux sÍ toe: "En as ek belowe ek sal jou nooit vra om te bid nie?" "Dan sal ek aanneem, Dominee."

Alles het goed verloop tot op 'n sekere Sondag toe 'n leraar van die buurdorp die kinderdiens in Strydenburg se kerk kom waarneem het. Om vir die kinders te verduidelik hoe om jou te beskerm teen die aanslae van Satan, het hy 'n boog en 'n klompie pyle by hom gehad. Elke pyl het 'n afweermiddel in die hand van die kind van die Here verteenwoordig. Groot en klein het baie mooi geluister na die preek.

Na die diens het die leraars en kerkraadslede in die konsistorie bymekaar gekom. Toe vra die gaspredikant (wat natuurlik nie geweet het van die ooreenkoms tussen ds. Roux en ouderling Pieter nie): "Broer Pieter, sal jy asseblief afsluit met gebed?"

Daar was 'n klein geskokte stilte. Toe kom dit hortend en stotterend uit broer Pieter se mond: "Ag Here, gee my tog 'n pyl en boog! Amen."

(Soms is 'n pyl en 'n boog in elk geval al wat mens nodig het, nie waar nie ouma Elsie? Red.)

*******

Ek ontvang die volgende brief van Manus Hanekom - 'n getroue Hoor-Hier-leser:

Die gediggie van die jonge dogter oor die Kunenerivier en wat in jou Oktober-uitgawe verskyn het, het my hartsnare geroer. Ek het dikwels langs sy stilvloeiende blink waters by Swartbooisdrif gesit wanneer dit die strale van die laat namiddagson met goud en silwer glans weerkaats. 'n Kampvuur, 'n driebeenpot wat stadig prut, 'n fisant wat in die aanskemering na sy verlore maat roep en digby: die kalm waters van die Kunene Ö Waar sal jy groter rustigheid en vrede vind? Dit is dan wanneer die klingel van 'n potdeksel soos 'n soete melodie van 'n lied jou gedagtes voer na ver weg plekke.

Ek wens en hoop daar is nog baie van ons jeug wat so diep kan teug uit die wondermooi van die natuur en dit bring na jou beker sodat ons saam daaruit mag drink by Hoor-Hier.

(Haai Manus - raak ek toe skoon bewoŽ by die lees van jou mooi briefie. Ek het dadelik die "jonge dogter" laat weet van die pragtige kommentaar op haar gedig - dit het haar dag (en die res van die jaar) gemaak! Baie dankie. Red.)

*******

Ek kry 'n briefie (deels in versvorm) van vriend en kollega, Freddie Bester. Ter verduideliking van die betekenis van die versie, moet ek tog net vir die lesers vertel dat arme Freddie onlangs sy stuitjie gebreek het!

DagsÍ!

       Steeds eenboud-hangend
       aan my harde 'yster'stoel
       kerm my stuitfraktuurtjie
       dat ek moet ophou woel

Ö nou ja, dit wat betref my sensitiewe agterste kant!

Susan, eers moet ek bieg. Elke keer as ek Hoor-Hier! lees (en dit telkemaal baie geniet) besluit ek om onmiddellik te skryf. En dan verskadu alles weer in die spoed van tyd wat mos maar universeel die sondebok genoem word. (Ook maar goed so, anders het ons mos nie 'n ander verskoning kon aanbied nie).

Toe ek in die Oktober-uitgawe van jou voorgenoeme Kersfeesbundel lees, het dit my genoop om onmiddellik my naam op jou bestellingslys te kry. Wil graag so een hÍ.

Sterkte met die Hoor-Hier! Mag dit verswangerend groei!

(Dankie vir jou entoesiasme, Freddie. Lyk my die Hoor-Hier Galore sal dalk eers volgende jaar gebore kan word Ömaar later meer daaroor in hierdie uitgawe. Red.)

'N RESENSIE UIT NEDERLAND - OOR 'N AFRIKAANSE DIGBUNDEL

Ek ontvang die volgende resensie van Hans Burger:

Er is een nieuw boek uitgegeven van de Nederlandse schrijver Gerrit Komriu met als titel: De Afrikaanse poezie in 1000 en enige gedigten. Uitgegeven bij Uitgeverij Bert Bakker te Amsterdam.

Lange tijd heeft de politiek een slagschaduw over de Zuid-Afrikaanse literatuur geworpen. Het Afrikaans was bij voorbaat verdacht, omdat het onlosmakelijk met de apartheid verbonden zou zijn. Maar niets is minder waar: het is een taal die van oudsher door alle sociale en geografische grenzen breekt en die gesproken en geschreven wordt door blanken en zwarten. Het zijn juist de dichters en de verhalenvertellers die de taal levend hebben gehouden. Nu pas wordt duidelijk welke prachtige poezie al die tijd verborgen is gebleven. Iedereen kent Breyten Breytenbach, Elizabeth Eybers en Etienne van Heerden, maar wie leest de schalkse satire van Adam Small en Boerneef, de klassieke verzen van Leipoldt en Langenhoven, de schrijnende poezie van S.J. Pretorius en Eugene N. Marais? Wie kent de intieme lyriek van Sheila Cussons, Olga Kirsch en Ina Rousseau? Wie kent jongeren als Johann Johl, Loit Sols en Gert Vlok Nel?

In dit boek maakt de lezer kennis met de beste poezie uit een van de meest exotische windstreken van het Nederlandse taalgebied.

Het boek heeft 1178 pagina's en ik kan het je van harte aanbevelen!

MON AMOUR MUSICAL
deur Anna-Marie Steenkamp

'n Mens kan nie sÍ hy is my skelmpie nie. Ek het nie 'n skelmpie nie. Ek is 'n getroue getroude vrou. My ou engel weet dit. Buitendien, hy weet van die ander man. En hy gee nie om nie. Altans, hy gee tot op sekere hoogte nie om nie. Buitendien, ek het die ander man nog nooit in lewende lywe gesien nie. Nie dat ek nie wens ek het al nie. Dis nou, soos my ouma altyd gesÍ het, 'n mooi man. Lank. Pikswart hare. En die mense wat wel van aangesig tot aangesig met hom te doen het, sÍ hy is baie vriendelik ook. Ek het dit in sy outobiografie en biografie gelees. Dis vreeslik jammer dat hy amper 60 is. Dit beteken dat hy oor nie meer so vreeslik lank nie gaan ophou sing. Die tenoor der tenore. PlŠcido Domingo.

Dit was in die tyd wat ek in Johannesburg gewerk het. Eendag sit ons om die teetafel. Ons praat oor musiek. Ek is 'n musieksnob en ek is grootbek daaroor. Is 'n mens nog 'n snob as jy dit erken? Ek verkondig luidkeels dat PlŠcido Domingo nie net mooi sing nie, maar ook 'n pragtige man is. "So", sÍ my een kollega "jy sÍ hy kan maar sy skoene onder jou bed kom instoot?"

"Ag, hy kan meer as net sy skoene onder my bed kom instoot!" Toe ek dit klaar gesÍ het, besef ek wat ek gesÍ het. Nie al my kollegas waardeer my skerp en stout sin vir humor nie.

Een naweek by die huis bring ek 'n groot gekleurde prent van PlŠcido Domingo vir Pappa en vra dat hy dit moet raam. "Hoekom?" wil hy stout weet. "Sommer," sÍ ek. "Ek wil hom teen my muur hang." Voordat hy iets van optrede soos 'n adolessent kan sÍ, spring ek hom voor: "As ander ouens prente van N.P. van Wyk Louw teen hulle muur kan hang, kan ek prente van PlŠcido Domingo teen my muur hang. Buitendien, PlŠcido is baie mooier as Van Wyk Louw. En N.P. kon nie naastenby so mooi sing nie. Ek wonder of hy ooit die stem gehad het om in sy bad te sing!"

En toe ontmoet ek 'n sekere meneer. Op 'n ander dorp en 'n ruk daarna. Maar PlŠcido hang steeds teen my mure. Die meneer kuier naderhand knaend by my en hy skimp-skimp so oor PlŠcido teen my muur. Maar ek hou my doof. Dis my huis, besluit ek, en PlŠcido bly. Hy sing buitendien mooier as die meneer hoewel hy nie mooier lyk as die meneer nie.

Dinge begin lol toe ek en die meneer besluit om te trou en 'n gesamentlike blyplek begin soek. Want die meneer in my lewe stel vir my 'n ultimatum: "As ons getroud is en jy kom bly saam met my in diť huis, hang ons nie daai tenoor teen die muur nie. Veral nie die slaapkamermuur nie!" "Hoekom nie?" vra ek op my perdjie.

"Sommer nie. Ons slaapkamer is privaat. Ek wil nie hÍ die vent moet vir my loer nie!"

Ek het geen ander keuse gehad as om PlŠcido teen die muur af te haal nie. En toe hy eers af is, is hy permanent af. Maar ek versamel sy CD's. Ek wonder tog of ek hom nie darem in my kantoor mag ophang nie. 'n Mens vry mos nie in jou kantoor nie. Of miskien wel?

"Engel!" roep ek op 'n dag. "Kan ek nie maar vir PlŠcido hier in my kantoor ophang nie?"

"NottendÍm! Dis genoeg dat hy alewig in my ore jil!"

Ag ja, PlŠcido. Dein ist mein ganzes Herz.

HOOR-HIER! GALORE
(Kyk in nr. 25 vir meer inligting)

Dit lyk my die energievlak van ons skrywers is maar laag: ons hou hierdie spesiale Hoor-Hier! tot die begin van 2000. Intussen wag ek vir bydraes!

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

'n Goeie wetenskaplike wat nie erns maak met die Bybel en met die geestelke sy van die werklikheid nie, is omtrent net so dom soos 'n teoloog wat nie die prestasies en bevindinge van die moderne wetenskap ernstig opneem nie.

(Wernher von Braun, ontwerper van die eerste maanvuurpyl.)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Ons spoed nou so vinnig na die einde van die eeu Ö laat ek van julle hoor voor einde 1999!


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!      Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop