HOOR-HIER!

Januarie 2000: 28

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Op Oujaarsaand stap ek en my man, ons twee kinders (nog wonderbaarlik wakker vir tien voor twaalf!) en vriende van ons na die hoogste punt op hulle ongerepte plot - net buite Mosselbaai. Ons hou in stilte die vuurwerke dop - die skouspel onhoorbaar ver ... net soos ek daarvan hou. Om twaalfuur maak ons die spesiale botteltjie oop en skink ses glasies.

Ons drink op
  • die draai van 'n eeu;
  • op gesondheid;
  • geluk en energie om ons drome te verwesenlik.
Ons drink op
  • nuwe geleenthede en vriendskap;
  • genoeg moed om die slegte dinge wat voorlÍ te kan hanteer;
  • liefde en waardering vir mekaar.

Ons staan nog 'n lang ruk daar totdat die miere (wat nogal nie tot rus kom in die donker nie!) teen ons bene begin opklim en ons dwing om huis toe gaan. Ons drink nog koffie en gesels. Die kinders besluit darem dat hulle nou genoeg gehad het en hulle gaan slaap.

Ons gaan slaap. Daar is geen klappers en geen toeters nie. Ons hoor die wind wat waai en nou en dan 'n verlore diertjie se naggeluidjie. Dit is presies soos ek gehoop het dit sal wees. Dit is goed as ander mense die viering van die nuwe jaar anders gereŽl het. Ek hoop almal het gekry wat hulle verlang het. Ek wens die Hoor-Hier lesers al die mooi wense toe wat ek en my geliefdes teenoor mekaar uitgespreek het.

LESERSBRIEWE

Maggie de Klerk naby Ladismith in die Kaap het van die Hoor-Hier! gehoor toe sy 'n skryfskool by die universiteit van Bloemfontein onder die leiding van George Weideman bygewoon het. Sy het toe geskryf en ek het die blaadjie aan haar beskikbaar gestel. Maggie het dadelik ingeteken op die Hoor-Hier! en sommer 'n klompie gedigte ook gestuur:
Oom Floors ...
was 'n voŽltjiemens
Sonder kind
was hy met voŽls
verbind
kon hy met hulle gesels
Sy liefde op hul
stort
Nou's hy fort ...
En menigkeer
in voŽlgesang
kan ek  hom
vind!
(Baie dankie vir die brief en gedigte, Maggie! Red.)

VERANDERENDE VERHOUDINGSVORME NOODSAAK NUWE WOORDE OM PARTYE TE BESKRYF

Die soeke na woorde wat die partye in hedendaagse verhoudingsvorme beskryf hou nůķ verband daarmee dat die kerngesin in 'n proses van aanpassing verkeer wat nie bloot van verbygaande aard is nie, skryf adv. Jens Friis wat besig is met 'n doktersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch oor die regserkenning van gay verhoudings in Suider-Afrika. Hy skryf sů oor hierdie sensitiewe saak:

Die e-pos by die werk bring gister die volgende uitnodiging:

"U en u gade word word vriendelik uitgenooi na die Departement se afsluitingsfunksie ... Kan u asseblief vir my laat weet of u en u gade dit gaan bywoon?"

"Gade" in die uitnodiging is uiteraard vir my as 'n vrygesel 'n tammeletjie.

"Jammer, dit het vinnig gegaan vandag en in die haas het 'n polities meer korrekte term nie by my opgekom nie," verduidelik die sekretaresse. "Maar ek is oortuig Baas sal wil hÍ dat jy enigiemand kan saambring sodat elkeen die aand kan geniet."

'n Klinkklare term om "gade" te vervang kan ook ek nie aan dink nie, maar ek doen "metgesel of vriend" aan die hand.

Sů oorweeg ons toe die geskiktheid van woorde soos maat ("partner"), deelgenoot, eggenoot ("spouse"), "(longtime) companion" en lewensmaat. Wat sou die geskikste naam wees vir hierdie "gade" in ons veranderende samelewing? Selfs 'n neologisme soos "liewer" na aanleiding van "lover" (soos in minnaar) word geopper, maar te lig in die broek bevind.

Woorde is immers nie onskuldig nie. Woordkeuses is morele, politieke en doel-dienende handeling wat persoonlike en sosiale implikasies inhou.

'n Taal maak kommunikasie moontlik, maar meteens is dit ook 'n weerkaatsing van die werklikheid. Die afwesigheid van beskikbare terme om 'n bepaalde saak te benoem ontken die bestaan daarvan en verleen onkommunikeerbare status daaraan.

Die gevolge is verreikend, want die nie-erkenning van verhoudings raak die mens se identiteit: self-identifikasie, die interpretering van gesamentlike ervarings, sosiale en emosionele binding, handelinge, leefstyle ...

Feitlik niemand (ook nie gays of straight pare wat saamwoon) is bedag op die ontkennende wyse waarop hul verhoudings in Afrikaans vergestalt word nie. Die gevolg is dat die relatiewe onsigbaarheid van hulle in gebruikstaal neerkom op 'n implisiete kondonering van talige diskriminasie.

'n Feministiese kernbegrip is dat taal nie net 'n afspieŽling is van die sosiale werklikheid nie, maar ook 'n bydrae lewer tot die behoud van 'n denkklimaat en toestande. Hul meen dus dat seksistiese taalgebruik 'n doeltreffende metode is om 'n bepaalde geslagshiŽrargie in stand te hou.

By anologie skryf Richard Rive in sy werk Writing Black:

"But gradually, as I learnt to understand my own position better, I realized that when the Scarlet Pimpernel confounded the poor of the French Revolution, he confounded me; when Tarzan subdued savage Black tribesmen he was subduing me... that because the literature I read was a glorifying of the White image, I was denied empathy with it as effectively as if it were done by decree..."

As dit nie net vir ras nie, maar ook vir seksuele oriŽntasie geld, kan gelukkig gesÍ word dat waardesisteme en statusreŽlings gunstig verander teenoor gays.

Daar is 'n soeke na woorde wat diť verhoudings beskryf en dit hou nou verband daarmee dat die kerngesin in 'n proses van aanpassing verkeer wat nie bloot van verbygaande aard is nie.

Voorstelle vir hierdie "woordprobleem" kan gestuur word aan jejofr@hotmail.com

KRIT: AFRIKAANSE BOEKE ONDER DIE LOEP

Vir meer as twintig jaar word daar in Windhoek boeke bespreek. 'n Klompie entoesiastiese boekliefhebbers kom ses keer 'n jaar bymekaar en praat oor resente Afrikaanse publikasies. Hierdie gespreks-groep staan bekend as Krit.

Hierdie jaar gaan ons voort met ons gesprekke op:

7 Maart
18 April
20 Junie
8 Augustus
26 September en
31 Oktober.
In die volgende Hoor-Hier! sal daar bietjie meer inligting wees oor die roman, Boendoe deur Chris Barnard. Dit is die eerste boek wat ons gaan bespreek. Indien enigiemand wil inskakel by Krit, kan u skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

HOOR-HIER! GALORE

Baie dankie aan al die lesers wat reeds bydraes vir die Hoor-Hier! Galore gestuur het. Ek moet egter nog baie meer kry om 'n interessante en omvattende versameling uit te gee.

Stuur sketse, gediggies, rympies, kinderverhale, ware vertellings, stukkies geskiedenis, fabels, resepte, selfs pen- of potloodsketse na die Hoor-Hier-adres. Die enigste voorwaarde is dat die bydraes eg-Namibies moet wees. Ek sal die versorging, tikwerk, redigering en drukwerk hanteer.

Ek doen 'n beroep op alle aspirant ťn gesoute skrywers en kunstenaars. Laat ons kragte en talente saamsnoer en 'n mooi produk saamstel.

Maak seker dat u kopieŽ hou van elke item wat u vir my stuur. Ek kan ongelukkig nie onderneem om die bydraes terug te stuur nie. Ek sal 'n lys maak van alle bydraers en u laat weet wanneer die boekie gereed is sodat u daarvan kan bestel. Ek kan ongelukkig nie 'n kwotasie kry van die onkoste voordat ek nie genoeg bydraes ontvang het nie. Stuur asseblief die bydraes so gou as moontlik. Baie dankie by voorbaat!

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

As daar een ding is wat ek opnuut besef aan die begin van hierdie besondere nuwe jaar, is dit: daar is baie om voor dankbaar te wees. Toe ek hoor van oor die 900 mense wat dood is in ongelukke op die paaie - en ek en my gesin het oor die 6000 kilometers afgelÍ en sonder 'n skrapie tuisgekom, toe weet ek: daar is baie om voor dankbaar te wees.

Laat ons in die jaar 2000 met nuwe oŽ kyk na ons omgewing, na die skoonheid wat ons omring, na die lieflike gesigte van ons kinders en geliefdes en weet: daar is baie om voor dankbaar te wees!

VINEGAR VIR DIE KAKIES

Gedurende my vakansie in die Kaap, besoek ek vir Piet van As van Soetanys. Piet het al 'n paar bydraes vir ons blaadjie gelewer. Hy vertel my toe 'n mooi storie wat dateer uit die dae van die Anglo-Boere-oorlog. Ek geniet toe die storie geweldig, veral omdat daar die afgelope paar jaar weer diep gedelf is om stories uit hierdie tyd oor te vertel. Sy storie lui sů:

"My oupa Jan se broer Stoffel skryf daar uit die Wakkerstroom omgewing (dis nou einde 1899) 'n briefie aan Oupa. Hy skryf: 'Is Jan Taljaard nog van plan om af te komen? Vraagt dan aan hom of hy myn brief ontvangin het en zegt hom dat hy 200 lb thee/honey, 20 lb boegoe, 200 goede zoute harders voor my moet mee brengen. Tom Bell woont hier digt by en boer vluks.. Ik heb hem zelf nog niet gezien. Uw brief heb ik naar Oom Danie gezenden naar Middelburg. Ik zien maar min van de Swarts. Nazareth is goed 20 uur te paard van Wakkerstroom.'

Tot sover die brief. Die einste Jan Taljaard - transportryer uit die Suid-Kaap - laai toe sy wa met die nodige. Behalwe die 'goede zoute harders' en wat nog, ook tien erdekanne witblits vir 'n dorstige mens daar in die Transvaal of miskien vir die lang koue nagte by 'n uitspanning. Wie sal ooit weet?

Op pad na Wakkerstroom, naby Colesberg, word Jan deur 'n klompie Engelse soldate by 'n padblokkade voorgekeer. Wa, perde en vrag is na die naaste Engelse kamp afgekeer. Daar is begin om kiste, balies en pakkies oop te maak. Die erdekanne 'vinegar' is eenkant toe gepak terwyl daar lustig aan al die ander eetgoed geplunder is. Seker was daar ook droŽvrugte en soutvis. Miskien ook 'n vat wyn of wat saam met die materiale, ysterware en medisyne.

Toe die kampkok vir die aand se maal van die 'asyn' wil gebruik, begin dinge skeefloop. Hy proe aan die vloeistof, spoeg gou sy eerste proe in die vuur uit en veroorsaak 'n klein ontploffing onder die potte. Oom Jan sien toe skielik lig waar daar nie voorheen lig was nie. Hy beduie toe dat die vloeistoffies eintlik gedrink moet word.

Of die Kakies ooit by die eet uitgekom het, sal ons nou nie weet nie. Maar drink het hulle wel...

Voor middernag nog span oom Jan sy perde in. Hy laai sy wa met heelwat meer as wat afgelaai is en toe dit die oggend lig word, begin hy die nuwe Engelse gewere en patrone, boeliebief, tente en 'boots' by die Vrystaters anderkant die rivier uitdeel ... ook die paar mooi perde wat so lekker die laaste klompie myle agter die wa aangetou is.

Wat die amen van die storie is, weet ek regtig nie. Daar word egter vertel dat oom Jan Taljaard nog vir baie jare transport gery het en ek sal my wil voorstel dat daar maar altyd 'n kan of wat drinkgoed saamgery is want dit kan jou van tyd tot tyd uit 'n moeilike hoek help!

(Dankie vir die mooi storie, Piet. Red)

NUNIB WERKSKOLE

Nunib - in die suidooste van NamibiŽ - is die historiese plaas van vier geslagte Maritze. Omdat dit nie meer 'n woonplaas is nie, maar oor 'n pragtige tuin en geskikte geboue beskik, het die idee ontstaan om dit in stand te hou en vir wegvlug-werkskole aan te wend.

Subartesiese water en vloedbesproeiing is verantwoordelik vir die welige druiwe-priŽle, turksvylanings, lemoene, vye, selonsrose, palms en hoŽ sipresse wat geboue oorskadu - onder andere die oorspronklike kalksteenhuis gebou net na die eerste wÍreldoorlog deur die weduwee Ester Maritz. Die tuin vorm 'n groen oasis in 'n landskap van rooi sandduine met meestal droŽ gras, doringbosse en kameeldoring en nunibome. Die idee is om dit so ver moontlik outentiek te behou, om besoekers 'n kans te gee om 'n eg Namibiese Kalahari-plaas te kan beleef.

'n Hele reeks werkskole word vir die jaar 2000 beplan. Die eerste een word aangebied deur Dorian Haarhoff en Sarie Maritz. Die tema is Ancestors and Families - a clay and writing workshop: working in clay, in word and symbol.

In Julie of Augustus word 'n Afrikaanse werkskool in die vooruitsig gestel.

Navrae kan gerig word aan:
Sarie Maritz, Posbus 11944, Windhoek
Telefoon: +264-(0)61-235809
Telefoon/Faks: +264-(0)61-220752
E-pos: nina@mweb.com.na

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Ek weet nie of daar van ons lesers is wat nuwejaarsvoornemens vir hierdie jaar het nie... indien wel, voeg by die lysie: ek sal my Hoor-Hier! met ander deel en aan die arme Redaktrise 'n bydrae stuur!

Groete tot volgende keer!


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!      Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop