HOOR-HIER!

Februarie 2000: 29

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Hoe gaan dit?

Is dit nie maar die tradisionele manier van groet waarmee ons grootgeword het nie? Waarom steeds die woorde: Hoe gaan dit met jou? Wil ons rťgtig altyd weet hoe dit met die ander persoon gaan? Verwag ons verder dat daardie persoon die waarheid gaan praat? Ek het 'n paar vriende wat altyd dwars antwoord: Dit gaan sleg, dankie! Of 'n ander bekende alternatief deesdae is: Nie vars klagtes nie, dankie!

Die interessante maniere van groet oor die hele wÍreld is natuurlik 'n studie op sy eie. In NamibiŽ vra van die inheemse groepe: Het jy goed opgestaan? Hiermee word natuurlik geÔmpliseer dat die manier van opstaan die res van die dag se verloop kan bepaal. Miskien kaats ons uitdrukking: Hy het met die verkeerde voet uit die bed opgestaan, iets hiervan.

Hoe dit ookal sy: ek sal graag wil hoor hoe dit met die Hoor-Hier-lesers gaan. Het julle goed opgestaan na die spesiale nuwe jaar? Vertel ons daarvan!

DIE BESTUDERING VAN AFRIKATALE IN DIE VSA

Amerikaanse studente het gestroom na 'n vakansieskool by Yale Universiteit in Connecticut om Afrikatale te bestudeer. Toekomstige argitekte, antropoloŽ en selfs medici het die kursus bygewoon wat gereŽl is deur die Instituut vir Afrika-tale in die VSA (SCALI). Wat is die rede(s) hiervoor en wat is die stand van Afrikaans aan Amerikaanse universiteite?

Een van die dryfkragte waarom studente selfs hul vakansie opoffer om 'n Afrika-taal aan te leer is dat die Amerikaanse kurrikulum neig om al hoe meer te fokus op spesifieke lande en dat dit dikwels ook 'n vreemde landstaal insluit." So sal 'n student wat fokus op NigeriŽ, Hausa en Yoruba (twee Nigeriese tale) bestudeer en indien Suid-Afrika die fokuspunt van die studie is, sal 'n basiese kursus in byvoorbeeld Xhosa of Sotho gevolg word," sÍ Audrey Nonhlanhla Mbeje van Durban, 'n dosent by diť somerskool en besig met 'n doktersgraad in Taalanalise en -Opvoedkunde.

Die bestudering van Afrikatale gee nuwe invalshoeke aan vertroude studieterreine deurdat kennis uit vreemde wÍrelddele toeganklik word.

"Antropologie studente wat ook die mediese wetenskap bestudeer, volg dalk 'n kursus in Zoeloe. Sodoende kan hulle geneeskunde in die Zoeloe-kultuur bestudeer of 'n vergelyking tref tussen die Westerse en inheemse Suid-Afrikaanse geneeskunde". Dit is reg in lyn met pres. Thabo Mbeki se Afrika Renaissance.

Volgens haar maak die bestudering van Afrikatale deure oop, want 'n persoon wat internasionale verhoudinge en Afrika-geskiedenis kombineer met 'n Afrika-taal sal verkies word bo 'n werksaansoeker sonder hierdie taalkennis.

"Nie-akademiese redes sluit in 'n aangetrokkenheid of belang by die kontinent, hetsy weens oorsprong, 'n besoek of betrokkenheid deur vrywillige projekte soos Peace Corps. Die meeste studente het egter nog nie hier te lande voet aan wal gesit nie en dit maak hul belangstelling soveel merkwaardiger. Vir min gaan dit daaroor dat hul bloot 'n eksotiese taal wil aanleer van 'n misterieuse "Donker Afrika"-land", sÍ Mbeje.

Talle universiteite bied kursusse aan vir gegradueerde studente wat navorsing wil doen in Afrika in die amptelike Suid-Afrikaanse tale, sÍ David Dwyer van die Michigan State University. 'n Doktersgraad in Afrikastudies kan hier verwerf word as die fokus val op spesifieke gebiede, soos Afrikatale en -literatuur of Politieke Wetenskap en Afrika-politiek, sÍ Jessica Piombo van Cambridge, Massachusetts. Sy doen navorsing in Kaapstad by Idasa vir 'n doktorsgraad in Politieke Wetenskap.

Tswana, Sotho, Xhosa en Zoeloe word bestudeer by veral die universiteite van Boston, Harvard, Yale, Columbia, Pennsylvania, Berkeley en Stanford, en Afrikaans by KaliforniŽ (Los Angeles en Berkley), North Carolina en Brigham Young.

Jacques du Plessis, Afrikaans-dosent aan laasgenoemde universiteit, sÍ die eerstejaar Afrikaansklas bestaan uit tussen vyftien en dertig studente. Op tweedejaarsvlak word reeds 'n inleiding tot Afrikaanse letterkunde aangebied, asook gespreksklasse.

Robert Kirsner, professor van Nederlands en Afrikaans, aan die Universiteit van KaliforniŽ (Los Angeles), sÍ probleme wat die groei van Afrikaans as universiteitsvak in die VSA strem is 'n negatiewe politieke beeld van Afrikaans en dat dit beskou word as "'n taal wat op pad uit is".

"In Suid-Afrika is baie Afrikaanssprekendes deesdae skugter om Afrikaans te praat. Ironies genoeg het die verandering in mentaliteit ons nie geraak nie. Die belangstelling is beter as ooit. Ek voorsien geen getal-probleme, want in 'n toenemende mate gaan van die studente na Afrikalande, insluitende NamibiŽ en Suid-Afrika, vir praktiese ondervinding in hul spesifieke studierigtings, veral `Third World Development'", sÍ Du Plessis.

"Prof. Wannie Carstens (eers van Ikeys en nou van die Pukke) het ons baie ondersteun, maar ek het vroeg besef dat as ek gaan sit en wag vir "hulp" uit Suid-Afrika sal ek moet regmaak vir 'n lang sit. Daarom het ek my hele raamwerk gewysig. So speel elektroniese hulpmiddels 'n groot rol. Studente gebruik skermpos om met Suid-Afrikaners te kommunikeer en navorsing te doen oor onderwerpe waarop in die klas ooreengekom word. Hulle luister ook na Radio Hoogland op die internet."

Hy werk tans aan die plasing van 'n Afrikaanse handboek vir universiteitsvlak op die web. Sagteware van Macintosh en Windows word reeds gebruik om Afrikaanse grammatika en woordeskat aan te leer.

"Daar bestaan 'n toekoms vir Afrikaans gemeet uit die belangstelling van die afgelope veertien jaar. My hoop: Dat ons 'n meer formele netwerk vir Afrikaanse onderrig in die buiteland kan skep. Die internet kan gebruik word om al die Afrikaanse-aanleerders internasionaal met mekaar in verbinding te bring onder die sambreel van 'n Suid-Afrikaanse instansie. Samewerking tussen Afrikaanssprekendes en Nederlanders sal ook 'n positiewe gevolg hÍ. Amerikaanse studente sal besef dat die studie van Afrikaans, ook toegang gee tot Nederlands en dat diť tale se trefkrag beide Europe, Suid-Afrika en NamibiŽ insluit."

* Adv. Jens Friis het pas teruggekeer vanaf 'n studiebesoek aan die VSA.

KRIT: AFRIKAANSE BOEKE ONDER DIE LOEP

Eersdaags gaan die eerste literÍre gesprek oor resente Afrikaanse boeke in Windhoek plaasvind. Die datums dan vir hierdie gesprekke in 2000 is:

7 Maart
18 April
20 Junie
8 Augustus
26 September en
31 Oktober.
Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

Soos in die vorige uitgawe belowe, plaas ons 'n bespreking van Chris Barnard se jongste roman. Piet van Rooyen gee sy mening oor die boek. Hy sal ook die bespreking lei.

As Piet se standpunt in ag geneem word, kan dit 'n redelik lewendige bespreking wees!

Ek het Chris Barnard se Boendoe onbevooroordeeld begin lees. Ek onthou nog die slepende broeiendheid van Mahala; die manier waarop hy die wese van Afrika weergegee het in Moerland; die manier waarop hy in staat is om atmosfeer gestalte te gee in die teks. Boendoe is myns insiens egter een groot stuk naÔtiwiteit. Die held van die verhaal, Brand de la Rey, met die heldhaftig-klinkende naam soos diť van 'n Boeregeneraal (vgl. p. 10), is juis 'n patetiese anti-held. Hy is veronderstel om wetenskaplik-betrokke te wees by onder andere die studie van bobbejane, maar hy raak gou meegesleur deur 'n gekke plan om 'n groep honger Mosambiekers van 'n verlate sendingstasie in die Noorde van Natal met 'n half-stukkende ou Dakota en 'n alkoholis vir 'n loods af te vlieg na Durban.

Sy optrede word nÍrens behoorlik gemotiveer nie. Daar is 'n vrou, Julia, met wie hy 'n eienaardige liefde-haat verhouding het, maar diť liefde is definitief nie edel of sterk genoeg om hom van al sy wetenskaplike werk te laat afstand doen om die sterwende Mosambiekers te laat red nie. NÍrens is daar sprake van die opbou af afbreek van verhoudings nie, of van 'n ontgogeling wat die karakters iewers tot insig bring nie.

Die rol van die bobbejane (in die teks en op die buiteblad) is onduidelik. Daar is deur middel van 'n soort argeoloog, Strydom, wat hier en daar met sy dik bril in die teks 'n opwagting maak, wel 'n sinspeling op die wegbreek van primitiwiteit, 'n ontwikkelingsgang van die primate tot menslikheid, maar uiteindelik bly daar min verskil tussen die bobbejane se dierlikheid en die mens se pogings om homself gesond te dokter. Net soos die bobbejaanwyfie die geraamte van haar kleintjie soos 'n ratel saamsleep (p. 165), gebruik die bygelowige Afrikane beentjies en wortels om die kwade te besweer, met net so min sukses as die moderne medisyne wat die verdag-gekwalifiseerde dokter, Vukile, in sy hospitaal aanwend. ("Ons lyk presies soos hulle, ons steek dit net weg." (p. 173))

Uiteindelik bring die verhaal mens nÍrens nie, is dit dalk juis wat aangetoon wil word, dat dinge nie is soos hulle van die buitekant af lyk nie, dat daar noit 'n finale oplossing is nie ("Sy was op pad nÍrens heen nie. Sy sou my laat weet wanneer sy daar aankom.." p. 208), dat die mens in onvermoŽ bly om die probleme waarmee die heelal hom konfronteer ("die Groot Proses, die Groot Onsigbare Hand" (p. 216)) na behore te ontsluit.( "Aan die begin het ek altyd gedink hy kyk in daardie laaste bietjie lig na my asof hy iets van my verwag, iets wil weet waarvan net ek die antwoord ken. Ek is nie meer so seker nie.")

Ek sou net graag 'n bietjie dapperder probeerslag wou sien.

HOOR-HIER! GALORE

Ek is baie opgewonde oor die bydraes wat ek reeds ontvang het. Baie dankie! Ek gaan nog 'n rukkie grasie gee vir kunstenaars (of kunstenaars in wording!) om bydraes te stuur.

Stuur sketse, gediggies, rympies, kinderverhale, ware vertellings, stukkies geskiedenis, fabels, resepte, selfs pen- of potloodsketse na die Hoor-Hier-adres. Die enigste voorwaarde is dat die bydraes eg-Namibies moet wees. Ek sal die versorging, tikwerk, redigering en drukwerk hanteer.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Die volgende gedeelte het ek gekry by 'n oud-predikantevriend van 'n tannie van my in Pretoria, ds. Jac. J.S. Botha:

'n Swaar beproefde persoon het eenkeer 'n besondere geskenk van sy vriend ontvang: 'n klein skilderytjie op GLAS, van JESUS op sy knieŽ in Getsemanť - besig om sy worstelstryd te stry. In 'n meegaande briefie het die vriend geskryf: "Neem jou tyd en kyk baie goed na hierdie glasprentjie in daglig. As jy sťker is dat jy dit goed bekyk het, hou dit dan regop teen die lig van die uitspansel en besigtig dit weer."

By die ťťrste oogopslag het die beproefde net die SOMBERHEID van die Getsemanť-toneel raakgesien. Toe hy egter die glasprentjie teen die helderder HEMELLIG bekyk, het alles meteens verander: Asof met 'n towerslag was die somberheid daarvan weg ... en oor die plek van die lydenstoneel gewaar hy die aanswewende gedaante van 'n ENGEL om CHRISTUS in sy worstelstryd te versterk! En op daardie oomblik het die swaar beproefde vriend moed geskep en begin jubel oor die wonderlike Godsversekering in Jesaja 41:10: "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou. Kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou - ook help Ek jou - ook ondersteun Ek jou met my reddende Regterhand!"
(Ou vertaling).

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Dit is Februarie. Tydsgewys staan ons wydsbeen tussen somer en herfs. Lekker. Ek was nog altyd mal oor die herfs. Ek lees weer vir Alba Bouwer oor die herfs:

"In die herfs is die populierbos geel, nie geel-geel soos die son nie, ou-Melitie, ook nie rooi-geel soos die vuur nie, maar sommerso, sommerso ..."

"Polierbos se gel," sÍ ou-Melitie en sy rol vir Sanna nog 'n papbolletjie.

"Ja, populierbosgeel", sÍ Alie.

Groete hier uit Windhoek. Laat hoor van julle!


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!      Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop