|
HOOR-HIER! KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS 3 November 1997 Redaktrise: Susan Alexander
|
|
Dagsê Vriend |
|
Soos julle sien het ons 'n naam gekry. Vir die wat nou vra: "Hoe sê?" is my antwoord: "Hoor-Hier! Kry vir jou 'n gehoorapparaat én 'n nuwe bril!" Baie geluk aan Fred Visagie vir die lekker-op-die-tong-naam. Soos belowe, kry Fred 10 gratis kopieë van hierdie blaadjie. Lesersbriewe
Het u gehoor dat die Kahalari nie Engels kan praat nie? Só vertel mnr. J.A. van den Berg die storie: Weet julle wie en wat is CLAVIS? Op die briefhoof van dr Anna-Marie Steenkamp se praktyk staan die volgende: Taalpraktisyn: Geakkrediteerde/Gewore Vertaler. Sy skryf vir my: CLAVIS hou hom besig met gespesialiseerde taaldienste soos vertaling, taalredigering, trouens enigiets wat met Afrikaans en Engels te doen het. Sy het onlangs begin om weekliks 'n kort, pittige taalrubriek oor Kanaal 7 te hanteer. Ek plaas 'n kort uittreksel uit een van hierdie rubrieke met die opskrif: My sonbrille is al weer weg!Ek het pas vir die vierde keer binne vier jaar vir my 'n sonbril gekoop - of soos my ma se destydse vriendin gesê het, my vierde sonbrille. Op 'n dag het 'n ander vriendin vir my ma se vriendin gesê: dis nie 'n sonbrille nie, maar 'n sonbril - sy soek na een bril, nie twee nie. Die tannie was so verontwaardig hieroor dat sy by my ma gekla het oor die ander grootmondvriendin. Sê vir haar jy soek na meer as een bril, het my ma probeer troos. Die feit is dat my ma se vriendin verkeerd het, en dat sy inderdaad na haar bril gesoek het, en dat ek my sonbrille weggegooi het - ek het mos nou al drie van die goed verloor. Die meervoud in Afrikaans haal 'n paar truuks uit, en 'n mens moet kophou as jy reg wil praat en skryf. Kyk byvoorbeeld na die volgende kalant in die meervoud: 'n Mens kan 'n woord in die enkelvoud gebruik al verwys hy na 'n saak in die meervoud. Kyk na die volgende voorbeelde: "Mense is hulle lewe deesdae op die pad nie seker nie"; "Die mense wat in die gruwelike ongeluk was, se toestand is stabiel." 'n Mens gebruik hier die selfstandige naamwoord in die enkelvoud, al verwys dit na iets anders in die meervoud. As jy meer van hierdie wyshede oor Afrikaans wil hoor, luister gerus op Vrydae omstreeks 12:20 of Saterdagaande om 17:50 na Kanaal 7. Dit word voorgelees deur Andre Henning. As jy gespesialiseerde taaldienste soos vertaal- en redigeerwerk verlang, skakel met dr Anna-Marie Steenkamp van CLAVIS. Haar telefoonnommer in Windhoek is 242210; die faksnommer: 220608. Krit Alhoewel die laaste literêre gesprek vir 1997 reeds plaasgevind het, kan belanstellende lesers dalk al begin proe aan 'n paar tekste wat moontlik volgende jaar aan die beurt kan kom: DIE OOG VAN DIE KAT
I LAAT ONS VAN JOU HOOR! Ek besef my Novemberuitgawe is effe laat! Ek begin onmiddellik met die Kersblad. Intussen hou ek die posbus, faksmasjien en E-pos dop vir bydraes!
|
|
Volgende Uitgawe |
|
Vorige Uitgawe |
|
Tuisblad |
|
Gasteboek |
|
|
|
|