HOOR-HIER!

Maart 2000: 30

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Ek gaan groet nou die dag 'n liewe ou tante van my. Sy kuier by haar dogter hier in Windhoek. Ek verwonder my toe aan hoe baie dinge verander het. As kind het ek dikwels by hierdie tante in Boksburg gaan kuier. Ek en my een niggie was altyd groot vriende. Ons het die wonderlikste speletjies op hulle erf gespeel. Wegkruipertjie tussen die groot bome was 'n groot treffer. Ek was redelik klein en rats en kon goed wegkruip. Na aandete het die donker 'n ekstra dimensie aan die wegkruipery verleen. Jy was onsigbaar en die taak van die ongelukkige soeker soveel moeiliker. Sodra sy of haar rug op jou in jou wegkruipposisie gedraai is, het jy sluip-sluip die blok-boom genader en met jou skril stemmetjie geskree: Een! Twee! Drie! Blok myself! Die skok en ongeloof op die soeker se gesig was altyd die moeite werd. As die spelery op sy lekkerste was, moes die grootmense natuurlik altyd die pret staan en bederf met 'n: Bedtoetyd! Kom nou - tande borsel en hande en voete was! Ten spyte van die onwilligheid om op te hou met die spelery, het die slaap gewoonlik heeltemal te vinnig gekom. Ek en my niggie het nog begin om spookstories of skoolstories te vertel en dan het die listige Klaasvakie reeds sy sandjies gestrooi.

Salige dae - eintlik vergete al verby. My ou tante is nou reeds 80 jaar oud en baie op en wakker - maar die tyd waarmee ek haar assossieer sal nooit weer wees nie - nie eens vir my eie kinders nie. Hulle speel gewoon nie meer dieselfde speletjies nie. Hulle leef en dink anders. Maar dalk sal hulle ook as ek 80 jaar oud is met heimweë terugdink aan 'n kindertyd toe hulle soort speel lekker was.

KRIT: AFRIKAANSE BOEKE ONDER DIE LOEP

Die Literêre gespreksgroep, Krit, kom op 18 April bymekaar om Anoeschka von Meck se debuut, Anderkant die Longdrop te bespreek.

Die datums vir die res van die jaar se gesprekke is:

20 Junie
8 Augustus
26 September en
31 Oktober.
Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

AANKONDIGING EN OPROEP
EERSTE EUROPESE WORKSHOP
AFRIKAANS EXTRA MUROS

(Die volgende inligting oor 'n Afrikaans/Nederlandse werkswinkel in Leipzig is deur Annatjie Louw aan die Hoor-Hier! gestuur)

Universität Leipzig
22 en 23 september 2000

De EUROPESE WORKSHOP AFRIKAANS EXTRA MUROS is opgezet als geregeld plaatsvindende, meerdaagse samenkomst ten behoeve van de gedachtenwisseling van allen die zich uit hoofde van beroep of studie bezig houden met enigerlei onderdeel van de taal- en/of letterkunde van het Afrikaans in heden en verleden.

Het plan is gemaakt door Jerzy Koch (Universiteit Wroclaw) en Christine Foerster (Universiteit Leipzig) op de Comeniusconferentie in Bratislava in de zomer van 1999, en verder ontwikkeld door Hans den Besten (Universiteit van Amsterdam), Hans Ester (Katholieke Universiteit Nijmegen, Suid-Afrikaanse Instituut, Amsterdam), Christine Foerster, Frans Hinskens (eveneens Universiteit Leipzig) en Jerzy Koch.

Volgens de plannen zal de EUROPESE WORKSHOP AFRIKAANS EXTRA MUROS elke twee jaar gehouden worden, waarbij de organisatie rouleert tussen de diverse universiteiten in Europa waar Afrikaans (cultuur, literatuur en taal) onderzocht en gedoceerd wordt. EWAfrEM wordt opgezet als 'low budget' workshop.

Wat de inhoud van de workshop betreft, voorzien de plannen in een programma met zowel een of enkele lezingen door een Zuidafrikaanse gastspreker als lezingen die door de organisatoren geselecteerd worden op basis van schriftelijke samenvattingen. De lezingen van de tweede categorie vallen uiteen in lezingen over door de organisatoren gekozen thema's en andere lezingen.

De eerste EWAfrEM vindt op 22 en 23 september 2000 plaats in Leipzig en wordt georganiseerd door Christine Foerster en Frans Hinskens, in nauw overleg met en met steun van Hans den Besten, Hans Ester en Jerzy Koch. Zij allen vormen het Organiserend Comité.

Het ligt in de bedoeling op deze eerste EWAfrEM een dagdeel te wijden aan lezingen over het thema 'Het spanningsveld van culturele identiteit en globalisering', een ander dagdeel wordt gewijd aan lezingen waarin didactische problemen in verband met het Afrikaans centraal staan.

Gastspreker: Braam de Vries, de bekende Zuid-Afrikaanse letterkundige.

Oproep: Het Organiserend Comité nodigt geinteresseerden uit een samenvatting op te sturen voor een lezing. De lezingen duren maximaal 30 minuten en worden gevolgd door 10 minuten vragen en discussie. Bij een onverwacht groot lezingenaanbod zal de presentatietijd mogelijk teruggebracht worden tot maximaal 20 minuten.

Aan het begin van de samenvatting dient duidelijk aangegeven te worden of de beoogde lezing een taalkundig dan wel een letterkundig onderwerp betreft. Ook moet aangegeven worden of de lezing aansluit bij een van de twee bovengenoemde bijzondere thema's of daarentegen valt binnen de categorie 'vrij thema'.

Bij voldoende belangstelling zal tijdens de workshop ook gezorgd worden voor een ruimte waar boeken, tijdschriften en wellicht ook leermiddelen tentoongesteld kunnen worden.

De samenvattingen zullen voor 15 mei 2000 anoniem beoordeeld worden door de leden van het Organiserend Comité.

Vanzelfsprekend kan men ook uitsluitend als toehoorder aan de workshop deelnemen.

Kosten: EWAfrEM is opgezet als 'low budget' workshop. De inschrijvingskosten, waarvan de hoogte nog niet bepaald is, betreffen porti en dergelijke en, afhankelijk van zowel het aantal deelnemers als financiele steun van derden, een klein deel van de kosten van de gastspreker.

De taal van de workshop: De workshop wordt gehouden in het Afrikaans en het Nederlands, maar Engels- en Duitstalige lezingen worden ook geaccepteerd.

Het indienen van samenvattingen en aanmelding in het algemeen: Deelnemers die een lezing wensen te houden, dienen per reguliere post de volgende zaken te zenden naar de lokale organisatoren:

  • een 'camera-klare' kopie van hun samenvatting, niet langer dan 200 woorden, duidelijk voorzien van de titel van de lezing, de volledige naam van de spreker(s), alsmede naam, de instelling waaraan hij of zij verbonden is/zijn, post- en e-mailadres, waarop hij of zij te bereiken is/zijn.
  • vijf copieen van de samenvatting, uitsluitend voorzien van de titel van de lezing. Dit met het oog op de anonieme beoordeling.

Uiterste datum van ontvangst en aanmelding: 15 april 2000.

Lokale organisatoren:
EWAfrEM 1
Abteilung Niederlandistik - Institut für Germanistik
Universität Leipzig
Bruehl 34-50
D-04109 Leipzig
BR Duitsland

Tel: +49-341-9737370
Fax: +49-341-9737389
e-mail: wir93baq@studserv.uni-leipzig.de

HOOR-HIER! GALORE

Stuur sketse, gediggies, rympies, kinderverhale, ware vertellings, stukkies geskiedenis, fabels, resepte, selfs pen- of potloodsketse na die Hoor-Hier-adres. Die enigste voorwaarde is dat die bydraes eg-Namibies moet wees. Ek sal die versorging, tikwerk, redigering en drukwerk hanteer.

Baie dankie vir die pragtige bydraes wat ek reeds ontvang het. Dit is die laaste uitgawe waarin bydraes gevra sal word.

Susan Alexander

ONTMOET WINDOWS 98...
EN DIT IN AFRIKAANS!

Uit Bloemfontein:
Vir Afrikaanssprekendes wat nog viervoet vassteek en anderkant toe kyk as die woord rekenaar genoem word, is daar nou goeie nuus - iemand het uiteindelik iets gedoen om die naar uit rekenaar te haal.

'n Rekenaarprogram in Afrikaans - Ontmoet Windows 98 - het pas hier die lig gesien. Hierdie program help die beginner om die grondbeginsels van Windows 95 en 98 vinnig en pynloos onder die knie te kry. Volgens die ontwikkelaars van die programmetjie koop baie mense ten duurste 'n rekenaar aan en weet dan eenvoudig nie wat om daarmee te doen nie. Die gebruiker (en sy beursie) is dikwels nie lus vir opleiding by 'n rekenaarskool nie - want die vooruitsig van ure se swoeg deur lywige Engelse boeke is nie juis aangenaam nie.

Uiteindelik word hierdie duur stuk toerusting 'n speelding vir die kinders. Die nuwe program, wat self begin speel sodra die CD in die aandrywer geplaas word, vat nuweling-gebruikers aan die hand en lei hulle deur die grondbeginsels van Windows 98. Daar is feitlik voortdurend 'n pyltjie of 'n vinger wat wys waar geklik, getik of gedubbelklik moet word en 'n stem wat hom en haar in gemaklike Afrikaans vertel van die watte en die waaroms.

Die program begin met 'n afdeling wat die gebruiker oefening gee met die muis - en wanneer hy of sy dit eers onder die knie het, gaan hulle deur die program draf. Die program konsentreer op daardie aspekte van Windows 98 wat die tuisgebruiker die meeste gaan gebruik en bly weg van die ingewikkelde en onnodige.

Die prys van die CD is N$350. Indien u belangstel om met die verskaffer kontak te maak, kan u skakel met Susan Alexander (al die kontakadresse is op die voorblad van hierdie blaadjie).

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Hierdie maand wil ek graag met ons lesers 'n gedagte oor vriendskap deel. Ek kry dit in die bundel wat Audrey Blignault saamgestel het uit al die leesgenot wat sy oor jare gesmaak het: Die goue vreugde:
Die geteisterde siel, Vincent van Gogh skryf in 'n brief aan sy broer, Theo:

Soos alle ander mense voel ek die behoefte aan familie en vriendskap, die behoefte aan toegeneentheid en gesellige verkeer. Ek is nie van klip en yster gemaak nie, daarom kan ek nie hierdie dinge ontbeer sonder om soos enige ander intelligente mens, 'n leegheid en 'n diep verlange te ervaar nie. Ek sê dit vir jou om jou te laat weet hoe goed dit vir my was dat jy my besoek het.

WILDE WOORDEBOEK

Ek verwonder my telkens aan die oorspronklikheid en humor van vertalings. Hier is 'n paar wat ek onlangs gehoor het. Lesers kan gerus nog stuur!

longdrop: plonsput; doefpoef
toi-toi: vakbond-vastrap; williewerkie-wals
tantrum: spin-jou-driewiel; baba-boogie
doggie bag: woefkardoes
backseat driver: skouervlieg

LESERSBRIEWE

Ek kry 'n lekker briefie van Hetty Rose-Junius en sy stuur ook 'n gediggie wat 'n vriendin, Retha vir haar laat kry het. Ek plaas 'n uittreksel:

    Berese?
Twee berese plastiese vuilgoedsakke
volg oral op ons liewe Hetty se hakke.

Eers word hulle neergesit by die voordeur -
Gelukkig was dit dag nommer een; dus nog geen vreemde geur!

Goeie aarde, moet die twee berese sakke
sowaar weer saamgaan in die vliegtuig se bagasiebakke?

Met tyd kom raad -
Lig gaan op as mens met iemand oor jou probleem praat.

Uiteindelik kry die wêreld se twee mees berese sakke 'n stilhouplek -
Genadiglik was dit darem nie by Greenways se heel voorste hek!

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Groete hier uit Windhoek. Laat hoor van julle!

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!      Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop