HOOR-HIER!

Mei 2000: 32

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Terwyl ek vir julle 'n briefie skryf, loop my gedagtes op ver paaie; die eerste geskriffies wat ons as kinders geskryf het; die eerste boekies wat ons gelees het. Ek weet nie presies wanneer ek begin skryf het vir die lekker nie; maar ek kan onthou toe ek met 'n verwoede ywer begin lees het! Ek het in standerd twee weekliks met die bus vanaf Rietfontein na die openbare biblioteek in Pretoria gery - die twee boekies ingegee en twee ander boekies uitgeneem. Toe ons later jare Luderitz toe trek, moes ek die klasonderwyser baie frustreer het, want ek het die klaskamerversameling boeke binne 'n termyn deurgelees. Ek het die rondreisende biblioteek toe probeer - maar hulle het slegs een keer 'n maand 'n draai op die afgele kusdorpie gemaak. Vakansies as ons by familie - waar ook al - gaan kuier het, het ek hulle boekrakke gefynkam vir boeke om te lees. En ek het wonderlike boeke gekry. Dit was dikwels vertaalde kinderboeke - maar my leeslustigheid is bevredig. Ek weet dat daar baie boeke is wat ek as kind gemis het. Ek lees hulle nou. Ek lees hulle ook vir my kinders. 'n Goeie kinderverhaal is en bly goed - of 'n kind of 'n volwassene dit lees. Die wonder van stories!

LESERSBRIEWE

Ek deel graag met ons lesers 'n paar van die briewe wat die afgelope tyd by die Internet Gasteboek aangekom het:

Liewe Susan
Ek E-pos jou van die mees Suidelike punt van Afrika, Bredasdorp. Ek het Hoor-Hier! op Internet besoek en wil net s: In geen ander taal behalwe Afrikaans is lekker s lekker nie! Ek deel graag van my gedigte met jou:

      ek s
      April 1999
      (aan sindi)

dat jy met vuur speel is so
die brand is nie erg nie,
maar die seer -
dis waaroor ek wakker l

ek s niks meer
ook nie minder
van dinge
wat jy doen waaroor ek wakker l

voors
kan ek nie
jy sal nie luister nie
dit maak my seerbrand
my ...
die dinge
waaroor ek so wakker l
        Aletta Burger

Leuk om op deze manier weer eens kontakt te krijgen met Zuid-Afrika. Ik het in 1993 - 1994 als waarnemer in uw land gewerkt bij ECOMSA, de European Commission Observer Mission in South Africa, en woonde daarbij onder meer in Johannesburg (Linden) en Umhlanga bij Durban. Wat woont u in een prachtig land!
Met heel veel groeten
        Pieter van Puffelen

Ek weet nie wie hierdie boodskap almal gaan lees nie, maar ek wil net vir almal, ja, almal wat in die totstandkoming van hierdie www aandeel gehad het s: BRAVO! JULLE IS CHAMPIONS UIT DIE BOONSTE RAKKE! Die toevallige ontdekking van hierdie werf vanmiddag (Sondag 12/3/2000) was BAIE lekker!
Ons het nog nie 'n tuisblad nie, maar dit kom binnekort. Ons het 2 gastehuise in en en net buite Wakkerstroom waar die land se volkykers ons deesdae behoorlik oor naweke toesak.
Wakkerstroom groete
        Lou en Hettie Bornman

Afrikaans - DIE taal om te praat en dis vet pret daarby! Hoor-Hier - dis 'n blad soos di wat Afrikaans lewendig hou.
        Adele Stander

Baie dankie vir al die positiewe briewe en briefies. Dit maak dit die moeite werd om aan te gaan met ons blaadjie!

Verder is daar 'n hele paar baie getroue korrespondente wat per slakkepos gereeld van hulle laat hoor:

Tannie Ellis van Maltahhe skryf dat sy 'n ou Huisgenoot van 18 Augustus 1969 opgediep het. Sy haal 'n skrywer uit die spesifieke tydskrif aan wat sou s: "Die vrou is die glimlag van Christus wat op die aarde agtergebly het. Dit sal 'n droewe dag wees wanneer hierdie glimlag verdwyn omdat die vrou respek vir haar liggaam verloor het. Jong dames kan hierdie glimlag ophelder deur te weier om 'n gekke mode na te volg. Hulle weet goed wanneer hulle die perke van welvoeglikheid oorskry!"

(Tannie Ellis - dankie vir die aanhaling. Ek dink die Huisgenoot-redaksie van die jaar 2000 gee nie eintlik nou meer sulke raad vir jonge dames nie! Red.)

'n Ander getroue leser is Petrus Haakskeen. Hy skryf in November 1999 (in die vorige eeu!) vir my en al die lesers die volgende brief:

Susan en al die Hoor-Hier dames en here: die lewe met my gaan maar nog sy gang. Dis maar net dat die ewige euwel en die grootste bedreiging en vrees van 'n rolstoel-sittende - naamlik bedsere - my nou sterk in 'n greep het. Sedert Februarie vanjaar swoeg en sweet ek hard om 'n dreigende bedseer aan my regterboud te genees, met die gevolg dat ek tot dusver vanjaar meer afwesig as aanwesig by die werk was.

Wel, ek is hoopvol dat k nog voor die koms van die jaar 2000 J2K gaan wees - want hierdie Jaar 2000-praatjies raak nou net te erg. Sommige mense s dit gaan die einde van die wreld wees. Ander s weer dat die swartmense gaan wit word en witmense, swart! En dan die ergste van alles is daar nog sgoed dat manne ook sal swanger raak en babas dra en die vroumense aan die spits van alles sal wees - dis nou van Presidente tot Mafia-leiers, van predikante tot straatverkragters! Sjoe!

Wel, hoe dit ook al sy, die millenniumkoors loop hoog. Nou die dag voeg my ouma ook haar stem by en s dat alle oumense gaan weer jonk word. Toe ek wil weet hoekom sy so s, kry ek die antwoord: Die Peps-siekte (dis nou Vigs) gaan alle jongmense vroeg in die jaar 2000 uitwis. Dus sal die oumense maar weer jonk moet word sodat hulle geslag kan bly voortbestaan. Sy voeg toe nog by en s dat as oumense dan nie jonk word nie, moet hulle ten minste so gemaak word dat hulle weer jongmens-"goeters" kan doen! Wel, iemand moet my ouma laat verstaan dat die oumense dan op die ou end ook met die jongmens-probleme sal worstel - en dit sal die Peps-siekte insluit!

Nou ja, Susan, en die res van die Hoor-Hier-gemeenskap, laat ek eers baai s. Alles van die beste met die Afrikaanse taal in die jaar 2000.

(Dankie Petrus - s ook dankie vir jou ouma. Ek hoop darem dat sy nie t teleurgesteld is dat sy nie jonger geword het nie! Red.)

KRIT

Die Literre gespreksgroep, Krit, kom op 20 Junie bymekaar om Anna M. Louw se roman Vos te bespreek. Soos belowe, 'n kort bespreking van die teks. Ek het deur 'n paar resensies geblaai en die volgende uitgehaal:

Vir Vos maak Louw, soos in haar vorige werk, van argetipes gebruik - in Die groot gryse het sy 'n Hindoe-argetipe gebruik en in Kroniek van Perdepoort die sewe doodsondes. In Vos is dit die eeue-oue verhaal van Faust - verplaas na die dorre landstreek van die Noordweste van Suid-Afrika. 'n Gebied wat geknel word deur droogte en die hoofkarakter Vos dwing om sy siel te verkoop.
Die tussenganger is 'n ou San-man, Hans Bokpoot (vanwe die twee tone aan sy een voet ) - 'n leidraad oor die verbintenis met die bose.

Dit begin dadelik op sy plaas ren - maar net op syne. Uiteindelik word die duiwel deur 'n predikant uit Vos gedryf, en hy word 'n eensame, puriteinse sendeling wat die omgewing per voet deurreis om sy Boodskap te bring. Hy vind uiteindelik weer vrede en liefde, maar sterf voordat hy dit in sy lewe kon ervaar.


(Max du Preez in De Kat van Oktober 1999; Stephanie Nieuwoudt in die Beeld van 5 Oktober 1999)

Die datums vir die res van die jaar se gesprekke is:

8 Augustus
26 September en
31 Oktober.
Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

BACCHUS IN DIE SANDLAND

Ek het nooit van wyn gehou nie. Ek s ht, want die situasie het intussen grootliks verander. Dis nie hieroor of daaroor dat ek nie wyn gedrink het nie; dit het net vir my afskuwelik sleg gesmaak. Ek bedoel, mens het jou standaarde.

Hoe nou ook al, toe Geliefde (nie sy regte naam nie) my gekry het, het ek nie wyn gedrink nie. Hy het dit aanvaar. Langtand en -gesig, veral langkeel omdat laasgenoemde droog moes bly - wil mos nie alleen drink nie, sien? Ek het vere gevoel. Hy kon drink as hy wou, maar ek wou nie en basta.

Toe kom ons een Kersfees by die see (ons is lief vir die see, en dan is hy nog so gerieflik naby ook). Ons gaan eet in die duur sleepboot-restaurant waar die kelners presies weet wat hulle doen. Dis raakvat en vinnig vat. Spoed plus akkuraatheid is vaardigheid.

Om een of ander rede vermurwe my hart di Kersaand teenoor my ou allerbeste wat f alleen moet drink, f glad nie moet drink nie, en iets soos 'n bier of vrugtesap by die duur elitistiese restaurant se manjifieke disse moet drink.

Ek (ook nie my regte naam nie) besluit om die groot stap te doen: "Liefie," vra ek, "is daar een of ander soort vuurwater wat nou regtig lekker is? Die goed smaak mos aljimmers vir my soos 'n klap voor die bek, soos Mamma s, maar is daar nie tog rens iets wat vir my dalk nie so vreeslik sleg sal wees nie?"

My geliefde se gesig verhelder sodat dit lyk of iemand 'n sterk elektriese lig in sy kop aangeskakel het: "Hoekom vra jy?" Hy hou asem op.

"Wel, as daar iets is wat regtig lekker is, sal ek vanaand saam met jou drink," s ek die woorde wat my hele lewe sou verander, sommer nog daardie aand. Geliefde se gesig blink soos 'n kersboom vol liggies. "Ek sal vir jou die lekkerste sjampanje koop waarvan ek weet!" Hy wink die garon (dis 'n deftige restaurant) nader.

"Bring vir my 'n bottel Cinzano Spumante," bestel Geliefde vrolik.

Toe dit kom, skink hy my glas ruim vol. Ek proe versigtig. Geliefde hou my gespanne dop. "Dit sal ek darem kan drink," verklaar ek en slaat die dop in een asem weg.

My geliefde lag. "Jy moet stadig jong. Moenie die goed so in een teug afsluk nie. Jy moet versigtig en fyntjies proe-proe. Dis nie koeldrank wat jy drink nie."

Maar watwou. Ek is dors, want dis deksels warm by die see, dis Kersaand en ek is gelukkig om di tyd saam met die man van my drome deur te bring. Wat meer is, met elke hap (ek teug lankal nie meer fyntjies nie) wat ek vat, raak die goed vir my al lekkerder, en as iets lekker is, vat jy GROOT happe. Ek eet en drink. Ek drink net soveel glase sjampanje as wat die geliefde drink. Drie kaalkoppe se moses.

"Nog 'n bottel?" vra Geliefde toe ons die bottel soet sjampanje uitgedrink het. Eintlik meer uitgesuip het - dis nou k.

Nou is ek baie dapper en gewyntiveerd. "Ja, wat. Dis erg lekker."

Ek en my geliefde drink die tweede bottel soet sjampanje om die helfte uit.

Ek raak al hoe vriendeliker; alles raak mooier, daar is nie een mens in die restaurant wat vir my lelik is nie, selfs nie die kort vet mannetjie met sy olierige bokstert nie.

"Is die higgies .. leggies ... LIGGIES," slaag ek uiteindelik daarin om die regte woord beet te kry, "da dour oppie see nie vi' jy ... vir jou k mooi nie?" vra ek en hik.

"Sant!" s ek soos Asterix toe ek die laaste druppel uit die tweede boddel in my dronk slukderm laat afglip.

"Jy's so liggies geswaai," merk die geliefde met 'n vonkel in sy linkeroog op.

"Ja," sug ek vrolik, "ek dink ons twietjies ...teweekies moet nou liewer hys toe gaan."

My geliefde kry my darem uit die restaurant sonder dat ek 'n spektakel van my (en van hom) maak.

Hierna het ek heerlik wyn en brandewyn en wat nog leer drink. Tot op 'n dag. Toe lees ek mos in 'n vrouetydskrif dat vroue wat gereeld wyn drink, 'n goeie kans het om 'n vroe menopouse te beleef.

Ag ja. Bacchus WAS in die sandland. Nou is nog net ek in die sandland. Maar ek sal altyd jonk en sonder gloede bly!

Baie dankie aan Anna-Marie Steenkamp vir die heerlike storie. Mag ek tog nooit so 'n sterk wil ontwikkel om jonk (en so aan) te wil bly nie! Red.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Ek deel van die wyse gedagtes van Aloysius Ryan van Mariental met ons lesers:

       'n Gevaarlike wapen

Die woorde wat uit jou mond kom, en die manier waarop jy dit s, bepaal watter tipe persoon jy is. Dink dus maar gerus voor jy iets kwytraak en voorkom sodoende dat jy 'n gek van jouself maak f iemand kwets.
Les: Die tong is 'n klein, maar gedugte wapen. Met sy skerp venyn kan dit jou n ander rondom jou verpletter, laat krepeer of heeltemal ten gronde laat gaan.
Gebed: Vader, laat ek nie met my skerp tong ander geestelik breek nie. Laat ek nie met my woorde verkleineer, vloek of skel nie. Laat my woorde waar en eg wees en U tot eer strek!

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Aangesien dit nou vakansie is, werk ek ook aan die Hoor-Hier Galore! Enige van ons lesers wat belangstel om hierdie bundel sketse, stories, gedigte, resepte en eg Namibiese illustrasies in die hande te kry, kan gerus van hulle laat hoor. Ongelukkig kan ek nog nie 'n kwotasie kry van wat dit sal kos nie - hopelik sal di inligting in die volgende Hoor-Hier! verskyn. Groete!

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!      Internet-tuiste geborg deur  Die Knoop