HOOR-HIER!

Julie 2000: 34

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Omdat Pa en Ma in 'n slaghuis gewerk het, het ek as kind 'n fyn smaak vir goeie vleis ontwikkel. Daar was gedurig 'n spesiale snit van een of ander aard in ons yskas.

'n Treffer, was 'n gebakte skaapkop. Ek het toe nie geweet daar is mense wat hulle neuse daarvoor optrek nie. Vir ons was dit koningskos. Pa het die vorige aand die hele kop, met vel en al in 'n oondskottel in die oond gesit en die kop die hele nag teen lae hitte laat bak.

As ons dan die volgende oggend wakkerword, was die malse geur van die skaapkop deur die huis.

Ek onthou een winterse Sondagoggend. Pa het met vatlappies die warm oondskottel in die middel van die mat, in die sonkol in die sitkamer kom neersit. Ma het 'n ou koerant en groot mes en vurk gebring. Met ontsag is die skaapkoppie met sy slap ogies uit die oondskottel op die koerant geplaas. Die wollerige vel is versigtig met die mes en vurk afgetrek. Die vleisies was so sag, sappig en deurgaar dat dit omtrent van die skedeltjie afgeval het. Daar is nie veel gepraat nie. Daar is net so effens fynsout gestrooi en daarna is stukkies wang of 'n ogie of 'n sappige stukkie tong uitgedeel en met smakkende lippe geŽet - op die Sondagoggend, op die sitkamermat, in ons slaapklere - met die stralende son deur die venster.

LESERSBRIEWE

Marijke Henrichsen van Windhoek skryf die volgende briefie vir my:

Nou die dag het ek vir 'n tweede keer by 'n nuwe vriendin gaan kuier. Ons het in haar gesellige kombuis gesit en gesels, en ek bedoel GESELS! Onder andere het ons die kwessie van uitbranding aangeraak. Ek het toe vir haar die woordprentjie geskets van hoe ek die saak sou wou benader. Sien, die mens is soos 'n trekker en ploeg. Die trekker is die brein en die ploeg is jou dag. Die vore wat die skare maak is jou roetine. As jou trekker by 'n moddergat kom, moet jy stop en 'n plan maak, anders gaan jy vassit. Voor jy dit oorweeg om deur te gaan, moet jy sorg dat jy wel anderkant sal uitkom.

Die logiese oplossing is om 'n skaar af te haal sodat die gewig minder is. Wat ek eintlik wil sÍ is dit: bel 'n vriendin en gaan drink Írens 'n ietsie. Vra of sy sal help om 'n skaar af te haal sodat jou vrag minder is en jy makliker deur jou moddergat kan kom.

Probeer dit. Dit werk!

(Sterkte met die trekker, ploeg en moddergate, Marijke. Skryf gerus weer. Red.)

KRIT

Die datums vir die res van die jaar se gesprekke is:

8 Augustus
26 September en
31 Oktober.
Op 8 Augustus word die bloemlesing, Sy sien webbe roer, 'n Keuse uit die werk van Afrikaanse digteresse, saamgestel deur Lina Spies, bespreek.
Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Die waarheid omtrent die Lewe en die Dood is nog so diep van ons verberg omdat ons in ons vrees daarvoor maar altyd sluiers van skyn trek voor die Lewe en voor die Dood; ons wil nie van aangesig tot aangesig kyk nie. Deels is dit dan ook onse onwilligheid om hierdie omset van die liggaam in die gesig te kyk wat ons so die vrees vir die Dood inboesem. Vrees behoort tog nie by so 'n natuurlike ding as die Dood te wees nie - pyn, ja; skerp skeidingspyn, waarvoor ons dikwels terugdeins; maar nie vrees nie. Ek begryp nie die afkeer wat bestaan in die begrawe van die dooie nie, in die teraardebestelling van 'n werktuig waaraan aarde sy vormingsdeel gehad het. Die grond is sy tuiste. Onbegrawe sou die werktuig op veel afstootliker wyse (tensy deur verbranding) die verandering na die moederstof moes ondergaan het; in die aarde is hy meteens by sy bestemming. Is daar nie iets van hierdie begrip by die gevoel waarmee ons, nŠ die begrafnis, die kerkhofspoort gesluit sien en huiswaarts keer nie? Klaar; afgehandel opgelos; tuis.
M.E.R.

GENESING DEUR ONS NATUURLIKE VOEDING EN VAS

Deur die Hoor-Hier wat ook besigtig kan word op Internet, het Basie en Elizabeth Haasbroek op my spoor gekom en gevra of ek Elizabeth se boek Genesing deur ons natuurlike voeding en vas in ons blaadjie bekend sal stel. Ek doen dit graag.

Elizabeth het 'n baie moeilike kindertyd gehad. Ek haal gedeeltes uit haar boek aan: Ek kan onthou dat ek spysverterings- en kolonprobleme gehad het so ver terug as vierjarige ouderdom. Op die ouderdom van ongeveer sewe jaar was ek gediagnoseer as ondervoed, moontlik deels as gevolg van wanabsorbsie en swak assimilasie. Die spyskaart in my kinderjare het grootliks uit gaar voedselsoorte, brood en koffie bestaan - min of meer die voeding destyds van die deursnee Afrikanergesin. Vrugte en rou slaaie het toe nog nie so prominent soos vandag op die voorgrond getree nie. Min lewende voedsel het dus ons sisteme bereik.

Elizabeth se gesondheidstoestand het nie verbeter nie. As tiener was sy 'n lustelose bleek kind. Vir die grootste deel van my lewe het ek ook aan ernstige lae bloedsuiker gely, wat eers toe ek 36 jaar oud was, gediagnoseer is.

In die geheel gesien, het my algemene gesondheid deur die jare net bly verswak. Kort voordat ek my lewenstyl geheel en al sou verander, het ek reeds met die volgende gesondheidsprobleme te kampe gehad: Sy lys onder meer die volgende:
   Geelsug
   Spastiese kolon
   Osteo-artritis
   Depressie
   M.E. (Jappie-griep)
   Skeelhoofpyn (Migraine)

Behalwe voortdurende pyn en ongemak, was my rug, nek en ledemate styf en onbuigsaam. Op hierdie stadium het ek begin lees oor die voordele van 'n skoon kolon, en, oortuig oor die voordele daarvan, het ek begin soek na iemand wat my koloniese irrigasies kon gee.

Elizabeth het na 'n reinigingsdieet - wat hoofsaaklik uit groente, vis, eiers en joghurt bestaan het, baie siek geword.

Uit pure desperaatheid het ek my tot natuurlike, rou voedsel gewend. Baie jare vantevore reeds het ek oor die voordele van diť eetwyse nagelees. Ek het egter nog geen beduidende kennis gedra van wat so 'n eetpatroon behels en hoe dit werklik werk nie. NÍrens kon ek riglyne vind om so 'n eetwyse korrek te benader nie. Ek het sommer alles wat rou is deurmekaar begin eet.

Omdat sy nog nie die volle waarheid beetgehad het nie, het Elizabeth van vooraf siek geword.

Dit was net mooi op hierdie desperate tydstip in my lewe dat artikels oor Life Science-Natural Hygiene in die dagblaaie en tydskrifte begin verskyn het. HIER was die ontbrekende stukkies van die legkaart waarna ek onbewustelik al jare lank op soek was. In my gesondheidsregime het nog twee belangrike komponente ontbreek: voedselkombinering ... en vas. Absoluut alles waarvan ek oor 'n tydperk oortuig begin raak het, is bevestig. Ek het uitgevind dat siekte veroorsaak word deur opgehoopte gifstowwe in die liggaam, en dat vas hierdie gifstowwe kan verwyder. Ook dat vas aanpaksels in die kolon laat loskom wat dan met een of meer sagte uitspoelings van die kolon verwyder kan word. Om gesond te bly, moet 'n mens net 'n eetpatroon van hoofsaaklik natuurlike, rou voedsels soos vrugte, groente, neute en sade volg. Dit was so simplisties soos alles wat volmaak is, gewoonlik is.

Wat my nou wťrklik tot Life Science/Natural hygiene aangetrokke laat voel het, was die feit dat die beweging reeds 150 jaar lank bestaan, met klinieke oral in die wÍreld. Die stigterslede van die beweging was meestal almal bekeerde mediese dokters wat in teenstelling met ortodokse medisyne nie siektes nie, maar gesondheid bestudeer het.

In hierdie boek wat die leser gevange hou van die begin tot die einde, kan die pad van 'n baie siek vrou tot by haar uiteindelike genesing gevolg word.

Elizabeth Haasbroek skryf hoe sy in Life Science Klinieke opgeneem is en onder streng toesig op 'n behandeling van vas en natuurlike voeding gegaan het. Haar seun het saam met haar die dieet gevolg en haar man het - na twee hartaanvalle - ook op haar dieet gegaan. Hy het nog nooit teruggekyk na sy ou leefstyl nie - daarvoor voel hy nou te goed.

Lesers wat belangstel om meer van hierdie uiters interessante boek te wete te kom, kan Elizabeth se tuisblad op die Internet besoek by:

Die boek: Genesing deur Ons Natuurlike Voedig en Vas kan direk van die skrywer bestel word by tel./faks: (035)753 1619 of per e-pos: elizabethhaasbroek@intekom.co.za

DIE AFRIKAANSE BOEK

'n Vriend en kollega van my bring na die Desembervakansie 'n geskenk uit die Kaap. Hy vertel my dat hy en sy vrou in 'n stowwerige antieke winkel rondgesnuffel het en toe op diť boek afkom: Die eerste Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring! Voor in die jaarboek is 'n Boodskap van die Vlaamse Vereniging van Letterkundiges en die Vlaamse P.E.N.-klub:

 


Gelukkiglijk beseffen de schrijvers steeds duidelijker, dat ze, als dienaars van den geest, een sending in de gemeenschap te vervullen hebben, en dat ze zich daartoe nauwer bij elkaar moeten scharen. En tot wie zouden de Vlamingen dan met meer hartelijkheid de handen reiken dan tot hun Zuid-Afrikaansche genooten, die denselfden strijd als zij voor taal en vrijheid hebben gestreden, en wier letterkunde, in het volksgemoed geworteld, zooveel gelijkenis met de hunne vertoont? Het is ons dan ook een vreugde aan "Die Afrikaanse Skrywerskring" den broedergroet en de vriendelijke gelukwenschen te zenden van de "Vereeniging van Letterkundigen" (Vlaamsche afdeling van den Bond van Noord- en Zuid-Nederlandsche Letterkundigen) en van de Vlaamschen P.E.N.Club.

Brussel, 31 Oktober 1936

Voor de Vlaamsche P.E.N.-Club.
       F.V. TOUSSAINT VAN BOELAERE,
             De Voorsitter.

Voor de Vereeniging van Letterkundigen,
       A. VERMEYLEN
             De Voorsitter.

 

Om hierdie boodskap te lees, het my besonder opgewonde gemaak, omdat dieselfde positiwiteit ten opsigte van Afrikaans die afgelope paar jaar weer uit die Nederlande ervaar word. In die Voorwoord van die jaarboek, skryf die voorsitter, C.M. van den Heever:

Die Afrikaanse Skrywerskring bied u hiermee sy eerste Jaarboek aan, waarin u bydraes sal vind van skrywers oor die hele land en waarin u verder 'n beeld gegee word van ons letterkundige groei in die afgelope jare. Die Skrywerskring het reeds daarin geslaag om 'n hartlike samewerking tussen letterkundiges van Vlaandere en ons eie land daar te stel, om 'n groep skrywers byeen te bring wat saam hul moeilikhede kan bespreek om so tot helderheid oor hul ideale en strewe te kom en om mee te werk aan die verskerping van ons skoonheidsgevoel. By al die pogings wat die Skrywerskring daarstel om die invloedsfeer van ons taal uit te brei wil ons hierdie Jaarboek voeg, wat toon hoe verskillend die werkplan en uitdrukkingswyse van ons skrywers is, oor watter wye vlak van motiewe hulle beweeg, maar ook hoe eensgesind hulle dit is in die verdiepte besef dat hulle al hul geestelike vermoŽns moet inspan om die Afrikaanse letterkunde in suiwerheid en in skoonheid te laat toeneem.

Aan mnr. S. Ignatius Mocke kom veel dank toe vir die ywerige wyse waarop hy hom van die redaksie-taak gekwyt het; so ook aan mnr. Uys Krige en mnr Kootjie van den Heever wat hom gehelp het. Aan mnr. A.J. Coetzee, ons sekretaris, dank vir tydrowende arbeid aan die blad bestee! Verder is daar veel belangstellendes wat ons hul seŽn toegewens het o.a. professor August Vermeylen en sir Thomas Holland. Aan almal ons innige dank. Wat wel die vernaamste is: ons hoop dat die leser met hierdie poging tevrede sal wees.

Ek koester hierdie Jaarboek soos 'n kleinnood. Ek sal graag in die volgende uitgawes hier en daar aanhaal uit die tekste wat opgeneem is - meer as sestig jaar gelede! As 'n voorsmakie, deel ek graag met ons lesers die volgende gedig (en 'n advertensie!) uit die boek:

  Herfs
    deur Elisabeth Eybers
Heeldag, terwyl die sonlig, yl-verward
in lower-rag my eensaam tuin vervul,
het die nabye gedagte aan jou my hart
met warme, sagte sekerheid omhul;

Maar noudat skadu's oor die kluite rek,
geen skrille voŽl meer fluit, en skemer-kil
die bome in blare-newel staan, voel ek
'n vreemde matheid deur my liggaam ril.

Ek sien die swaar, swart druiwe wasig gloei
en roerloos teen die groen 'n roesgeel peer;
in swoele somerkrag het hul gegroei
die geile weelde wat geen mens begeer:

Jy was die somer ům my ... Moeisaam dra
my hart die oorryp vrug wat jy nie vra.

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Groetnis!

 

HOËR-JONGENSKOOL,
STELLENBOSCH

Een van die oudste maar tegelyk een van die nuutste wat betref geboue, toerusting en metodes.

Nog steeds pragtige prestasies by eksamens en in sport.

Parallel-klasse deur hele skool met Afrikaans of Engels as medium na keuse. Gulde kanse om deeglik tweetalig te word.

Onderrig in elokusie (beide Afrikaans en Engels), Sang en liggaams-oefeninge word deur spesialiste gegee.

Losieshuise in groot en pragtige gronde, stil geleŽ buite die dorp, onder persoonlike toesig van die Rektor (mnr. Paul Roos) en 5 Assistente. Mooi gees in skool en koshuise.

 

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek