HOOR-HIER!

Augustus 2000: 35

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Appendix virmi vormes

Voor ek sewe jaar oud is, sterf ek byna ... 'n paar keer, kort na mekaar.

Ma vertel dat ek 'n koors ontwikkel en 'n pyn op my maag. Die dokter maak geleerde geluide en gee pille. Hy mompel iets van my niere. "Is dit nie blindederm nie, Dokter?" vra Ma bekommerd.

Dokter (effe vererg): "Mevrou, 'n blindederm veroorsaak nie die koors waarmee jou kind nou sit nie."

Ma dokter by die huis maar sy en Pa jaag later in die nag met 'n ylende kind hospitaal toe. Soos die Liewe Vader dit wou h (sou Ma later vertel), is daar 'n besoekende kinderspesialis wat my ondersoek as ons by ongevalle aanmeld.

Ek l op 'n drup en binne-aarse antibiotika en na 'n week probeer hulle weer die ontsteekte dermpie uithaal. Weer eens hou my asemhaling op. Nou is my toestand bedenklik en eers na 'n maand word die operasie suksesvol uitgevoer. Ek bly nog weke in die hospitaal - te swak om te loop. Ek word van die kindersaal af geskuif na 'n privaatkamer met 'n reuse-kot. Ek word op 'n doek gesit. Later leer ek van voor af om te loop - tussen twee kloekende verpleegsters wat my arms vashou. "Die blindederm is klaar gebars," verklaar hy en ek word sonder meer by die operasieteater ingestoot. Onder operasie hou ek op met asemhaal. Die buik word skoongemaak en my asemhaling weer aan die gang gekry.

Een aand, tydens besoektyd, steek Pa 'n sigaret aan. "Dis 'n hospitaal!" protesteer Ma. Pa glimlag net skelm en maak die deur toe. Hy tik-tik die as in 'n le vuurhoutjiedosie. Nog later druk hy die halfgerookte sigaret tussen my groottoon en volgende toontjie in. "Pa!" skree ek benoud en begin dan giggel. Onthou dan van die operasiesny. Gryp my maag en probeer die lag insluk. Ons aldrie proes van die ingehoue plesierigheid.

As Ma-hulle huis toe gaan, is my maag seerder as gewoonlik; maar ek slaap vir die eerste keer in 'n lang tyd die hele nag rustig.

LESERSBRIEWE

Ek ontvang die volgende briewe die afgelope maand by die gasteboek van die Hoor-Hier! op Internet:

  

Beste Susan, Jij doet goed en erg leuk werk met je Hoor-Hier! Zoiets geeft mensen weer moed, hoor. Ik ben, zoals jy zien kunt, Nederlander en vind het Afrikaans fantastisch; de geschiedenis en positie van Die Afrikanervolk lyk vir my baie interessant. Frits Vrij

 
  

Hallo, zijn berichtjes uit Holland ook goed? Frans Wegman
(Berigte van enige plek in die wreld is welkom. Ek het al baie berigte uit Holland gekry. Red.)

 
  

Heerlik om deel te wees van 'n Afrikaanse ontploffing. Ons is nuwe Ozzies, maar praat heeldag Afrikaans met al die ander immigrante. Ons is besig om die wreld oor te neem. Eureka Coetzee

 
  

Hallo Susan, wat 'n pragtige webblad. Ek is in die koue Vancouver, Kanada vir drie maande nou en verlang vreeslik huis toe. En vandag was my gelukkige dag want ek sien toe die webadres vanaf my eie Namibi. Dit is so wonderlik om te weet Afrikaans sterf nie heeltemal uit in Namibi nie, en dat mense nog moeite doen om dit te praat. Deesdae is dit mos net Engels. Mooi so, Susan, en gaan voort met die bladsy. Groete vanaf Vancouver. Liza Kanji

 
  

Kook voort! Julle laat my Afrikaner-hart met trots bons! Groete vanuit 'n koue, nat Engeland. Anton Faul

 

Ek kry toe ook 'n pragtig bemoedigende briefie van Joey Schoeman. Sy skryf die volgende:

  

Dis my voorreg om vanaf die eerste uitgawe tot vandag toe nog, te deel in jou flinke handhawing van ons taal, oorspronklike inslag en skeppende gedagtewisseling. Dankie, baie dankie vir jou grootse en onbaatsugtige bydrae tot ons taal, ons mense en ja - ons menswees. My moeder was 'n Nederlander, van Greunen, my pa 'n volbloed boer, Erasmus. My doopnaam Johanna was by moeder Jo, uitgespreek Joo, by Pappie sonder afwyking Johanna en by vriende en familie het dit onverklaarbaar Joey geword. Al die verbuigings bly vir my ewe kosbaar.
(Baie dankie vir die mooi woorde, mev. Schoeman. Dit is vir my ook interessant hoe mense jou naam verander om hulle siening van jou te pas. Ek word enige van die volgende genoem: Susan, Suzie, Sue, Sus-Anna! Red.)

 

KRIT

Die datums vir die res van die jaar se gesprekke is:

8 Augustus
26 September en
31 Oktober.
Op 8 Augustus word die bloemlesing, Sy sien webbe roer, 'n Keuse uit die werk van Afrikaanse digteresse, saamgestel deur Lina Spies, bespreek.
Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

WAT HET 'N KOETS, JEANS EN 'N FRANKFURTER IN GEMEEN?

Die wortels van tale strek terug na die uithoeke van die aarde. Stede die wreld oor het reeds leksiografiese erkenning ontvang deurdat produkte vernoem is na hul plek van herkoms.

Vele kleremateriale kom van Franse stede - denim van Nimes en tulle van 'n stad met 'n gelyksoortige naam. Jeans is 'n vervorming van Janne, die ou Franse naam van die Italiaanse stad Genoa. Satyn is zaituni genoem deur Arabiese handelaars as klere van Zaitun, 'n Chinese hawe wat nou Chuanzhou genoem word.

'n Klein myndorpie in die 16de-eeuse Bohemia, genaamd Sankt Joachimstal, is die ouer van een van die moderne wreld se mees gebruikte woorde. Sedert 1519 is munte by die silwermyne in Joachimsvallei gemaak. Di geld is Joachimstalers genoem. Dit is verkort tot thaler. In Nederlands het dit daler geword en sedert die 1600's heet dit in Engels dollar.

Frankfurters het hul naam te danke aan di Duitse stad waar daar sommer so in die verbygaan van hierdie worsies gekoop kan word om 'n honger maag te vul. Bolognaise is van die Italiaanse stad Bologna en daar is etimolo wat glo dat hamburger sy oorsprong het in Hamburg in Noord-Duitsland.

'n Fez, 'n soort hoed, kry sy naam van die gelyknamige stad in Marokko. Balaklava (noupassende gebreide bedekking vir die kop en nek soos rowers soms gebruik) is van die Krimse dorpie Balaklava naby Sebastopol.

Sedert 1709 word eau de cologne reukwater in die Duitse stad Cologne gemaak en van daar cologne.

Die vervoerwese het soortgelyke stads-genspireerde woorde gevorm. Die woord koets het ontstaan in die dorpie Kocs in Noordwes-Hongarye. 'n Wa-maker het hier in die 15de eeu 'n gemakliker perdetrektuig gemaak. Dit het bekend gestaan as 'n Kocsi szeker, "wa van Kocs" wat verkort is tot kocsi. Spoedig het dit bekend gestaan as 'n kocz in Pools, Kutsche in Duits, cochio in Italiaans, en koets in Nederlands van waar dit oorgeneem is in Afrikaans. Dit het eers bekend gestaan as 'n coche in Portugees, Frans en Engels, maar sedert die 16de eeu word dit as coach gespel in Engels.

   Jens Friis

BACCHUS SE TERUGKEER NA DIE SANDLAND

in vino veritas

Eers het ek ewe pligsgetrou onthou wat ek in die vrouetydskrif gelees het: dames wat 'n vroe menopouse wil vermy, moet wegbly van alkohol af. Ek het my onttrekkingsimptome probeer besweer deur my daaraan te troos dat ek op di manier gloedloos sou bly. Maar my tong het op my (nugter) tone gehang van die lus na wyn en my plebse brandewyn-en-Tab (dit hoef ook nie eens Karel Wye Voete te wees nie!).

Tot op 'n dag. Toe besluit ek genoeg is genoeg. Vrouetydskrif, jeau mour! (as Pieter-Dirk Uys so kan praat, kan ek ook, wat). Maar my gewete het aan my bly knaag. "Gloed, gloed!" het die klokkies in my brein bly tril elke keer as ek wyn drink. "Ouvrou, gloedvrou!" het die tromme bly uitbasuin as ek my brandewynbrousel drink. Maar die mens is 'n wonderlike ding: hy is aanpasbaar. Nog wonderliker is sy gewete: di lastige ding raak maklik gestil. In elke geval, oorreed ek laasgenoemde pretbederwer verder, ons domineevriend is dan gek na rooi wyn; dan mag ek ook mos van akbol (hik!) hou. (Jitte sus, jy't nog nie eens begin drink nie en jy's al klaar getrek!) Ewentwel, as Jaco dit goedkeur dat 'n mens rooi wyn drink, kan ek mos wit wyn ook drink. En brandewyn, en ... en ..., voeg my rebelse innerlike stemmetjie by. Maar my innerlikste binneste (lees: gewete) laat die stryd nie so maklik vaar nie. "Jy sal miskien nie in die hel beland oor jou lawaaiwater-drinkery nie, suster-van-die gemeente, maar jy moet onthou gloede is nie Christelik nie. Di gaat vir jou ry!" "Sjarrap!" snou ek. "As ek begloed raak, moet Danie vir my pille gee. Hy het ges hy kan."

Geleidelik raak die stem van my gewete stil. Ek versuip die ding doodeenvoudig. Wie nie wil hoor nie, moet voel. My geliefde vind dit natuurlik hl plesierig dat ek weer tot die brigade van die bottelbabas toegetree het.

Toe laat doen ek 'n oogoperasie. Om beter te kan sien my kind, sien? Maar ek sien als duiweld! Ek kla by Hermann. "Man, ek sien als dubbeld, veral as ek gewyn is." "Ek sien ook alles dubbel as ek te veel wyn gedrink het," troos hy.

En 'n grt troos is dit wel. Want nou gorrel ek lekker! Ek leer toe mos ook 'n nuwe sonde aan: spritzers. Di drink ek sommer aldag, ek los dit nie net vir Sondae nie - Sondae was mos altyd my akboliese dag. Geliefde hoef net n keer in my rigting te kyk as hy naby die yskas staan, dan fluister die duiweltjie op my skouer: spritzer, spritzer!!!

Lekker! Bacchus is terug in die sandland. Lekker! Maar ek sien als steeds duiweld. "Lekker." (En ek dog dan di vent is dood!) "Sjarrap!" Ek versuip my gewete di slag behoorlik. Permanent.

   Anna-Marie Steenkamp

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Ek deel graag met ons lesers 'n uittreksel uit 'n werk van Fjodor Dostojewski. Die teks is opgeneem in Audrey Blignault se boek, Die goue vreugde: 'n Keur uit jare se leesgenot. Die uittreksel is getitel: 'n Nuwe gedagte en 'n nuwe liefde.

Toe skielik hoor Shatow 'n skreegeluid, 'n nuwe geluid wat hom laat skrik en van sy knie opspring. Dis 'n baba wat huil, swak en wanluidend huil. Hy slaan 'n kruis en hardloop na die slaapkamer. Arina Prohorowna hou dit in haar hande, 'n klein, rooi, gerimpelde wesentjie wat al skreeuend sy klein armpies en beentjies roer, verskriklik hulpeloos asof 'n windstoot hom kan wegwaai. Maar hy skree asof hy sy volle reg om te leef, wil bevestig. Marie l asof sy bewusteloos is, maar 'n oomblik later maak sy haar o oop en kyk Shatow so vreemd, s vreemd aan: sy kyk hom aan soos sy hom nog nooit tevore aangekyk het nie. Wat presies dit beduie, kan hy nog nie begryp nie, maar hy het nog nooit s 'n uitdrukking op haar gesig gesien nie.

"Is dit 'n seun? Is dit 'n seun?" vra sy vir Arina Prohorowna in 'n vermoeide stem.

"Ja, dis 'n seun," skree-antwoord laasgenoemde terwyl sy die kind klee. Toe sy hom klaar aangetrek het en hom op die bed tussen die twee kussings wil neerl, gee sy hom eers vir Shatow om 'n oomblik vas te hou. Marie reik agter Arina Prohorowna se rug om na hom. Hy verstaan dadelik en bring die baba om hom vir haar te wys.

"Ag hoe ... mi is hy," fluister sy swak, met 'n glimlag.

"Hete tog, waarna sal hy nou so danig lyk," lag Arina Prohorowna vrolik, oorwinnend terwyl sy na Shatow se gesig kyk. "Wat 'n aardige ou gevreetjie!"

"Jy kan maar lag, Arina Prohorowna ... Dis 'n grt vreugde," stamel Shatow, stralend van dwase blydskap oor wat Marie oor die kind ges het.

"Nou, vanwaar nou di groot vreugde?" skeer Arina Prohorowna gemoedelik die gek terwyl sy in die kamer ronddraf, opruim en soos 'n dwangarbeider werk.

"Die geheimnisvolle koms van 'n nuwe wese, 'n groot, onverklaarbare misterie; en hoe jammer, Arina Prohorowna, dat jy dit nie begryp nie." Shatow praat onsamehangend, heeltemal oorweldig deur sy vervoering. Dis asof iets in sy kop tril, iets wat heeltemal buite sy wil om uit sy siel verrys.

"Daar was twee en nou is daar 'n derde menslike wese, 'n nuwe gees, klaar en volledig, glad nie soos die handewerk van 'n mens nie; 'n nuwe gedagte en 'n nuwe liefde ... dis eintlik om van bang te word ... en daar's niks wonderlikers in die wreld nie."

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Ek wil graag vir ons lesers baie dankie s vir die morele steun in die vorm van briefies en ander bydraes. Ek is steeds besig om te werk aan die Hoor-Hier! Galore. Sodra dit gedruk is, sal ek s.

Groetnis!

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek