HOOR-HIER!

September 2000: 36

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Warm brood uit die oggendmis: 'n Herinnering aan LŁderitz

Soggens voor skool is ek vroeg aangetrek, my skooltas by die voordeur. Dan kry ek by Ma die 10 sent.

As ek die deur agter my toemaak, vou die oggendmis gemoedelik om my. Die klank van my skoolskoene op die sypaadjie is gedemp. Dis asof ek alleen is op aarde - die huisies soos skimme weerskante van die pad.

Na 'n ruk dring 'n ander sensasie hom aan my op: die reuk van varsgebakte brood. Ek stap haastiger. Die trappies by die klein bakkery op. Die deur is nog toe, maar nie gesluit nie. As ek dit oopstoot, is ek weer deel van hierdie wÍreld - 'n geurige, warm, lewendige wÍreld. Agter die toonbank, die vrolike bakker met sy wit voorskoot, rooi wangetjies en ronderaambrilletjie. "MŰre! MŰre! My eerste customer vir die dag!" Sonder om te vra, draai hy die warm witbrood in dun waspapier toe. Ek gee die muntstuk en kry die brood.

As die bakkery se deur sag agter my toeswiep, is dit weer die ondeurdringbare wit mis om my. Ek stap stadig en wikkel met my voorvinger 'n klein stukkie warm korsie op die een punt van die brood af. Ek kou stadig, sluk en woel nog 'n stukkie korsie af. Teen die tyd dat ek by die huis kom, is die hele punt van die brood korsloos. Ma sÍ niks. Glimlag net. Sy pak die brood weg vir middagete.

Ek en Boetie groet en stap uit, skool toe. Die son het deur die mis gekom. Die gesellige gedemptheid is vervang met die geraas van motors deur die strate, kinders wat roep na mekaar, die lui van die skoolklok.

Net vaagweg nog die reuk van warm brood in die lug.

KRIT

Die datums vir die laaste twee Krit- gesprekke van die jaar is:

26 September en
31 Oktober.
Op 26 September word die bekroonde roman van George Weideman, Draaijakkals, bespreek.
Enige belangstellende kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757.

LESERSBRIEWE

Tannie Ellis van MaltahŲhe skryf:

Hallo Susan, Verskoon my handskrif. Ek is vandag vol stronke en voel sleg. Ek kry toe uit Oupa en Ouma se rate-boek 'n resep vir rugpyn: Neem van jou vinger- en toonnaels en 'n bossie van jou kroontjie se hare. Bind alles toe in 'n sakkie van lap gemaak. Begrawe dit onder 'n boom wat geen vrugte dra nie. VerseŽl die plek deeglik. Die rug sal dadelik beter voel; die pyn sal wyk! Ek het dit probeer en ek glo dis die rede waarom ek nog steeds die lewe bekruip met 'n erg gepynigde rug!

Ek geniet die Hoor-Hier baie.

(Siestog tannie Ellis, ek is seker as mens daardie toonnaels en kroontjie-hare saam met 'n doppie brandewyn en 'n disprin wegslaan, sal dit beter help! Sterkte. Red.)

S” WORD AFRIKAANSE BOEKE IN NEDERLAND EN BELGIň BEMARK

HASSELT (BelgiŽ)

Verskeie verenigings in Nederland en BelgiŽ werk nou saam om Afrikaanse boeke daar beskikbaar te stel. Die Egoli Werkgroep versprei twee keer per jaar 'n brosjure met Suid-Afrikaanse werke.

Egoli bestaan uit die Nederland Zuid-Afrika Vereniging (NZAV), Kairos, Nederlands Instituut voor Zuidelijk-Afrika (NIZA) en Gramadoelas. Die eerste drie verenigings is reeds jare aktief betrokke by Suid-Afrika. Gramadoelas is 'n boekwebblad wat verlede Oktober die lig gesien het.

Van die gewildste verkopers is Annerkant die longdrop van Anoeschka van Meck en Johann de Lange se bloemlesing oor lyflike verse, Die dye trek die dye aan, sÍ Vera Renders. Sy is die vrou agter die invoerdery van die boeke. Die Renders familie het vir ongeveer 10 jaar in Suid-Afrika gewoon. Al drie hul kinders is daar gebore. Haar man, Luc, was verbonde aan die departement Afrikaans-Nederlands in Port Elizabeth en later aan Unisa in Pretoria. Deesdae woon hulle in Hasselt, BelgiŽ. Diť dorpie is sowat 70 km van Antwerpen en 40 km van Maastricht in Nederland. Weens diť Europese ligging, koop talle EuropeŽrs eerder hul boeke by Gramadoelas omdat hulle dit goedkoop en vinnig kan aflewer.

Renders sÍ sy is die enigste invoerder van Afrikaanse boeke in die Lae Lande. Boekwinkels soos die grote Athenaeum in Spui Straat, Amsterdam, en Boekhandel Koen De Meester in Brugge, kry almal hul boeke deur haar.

"Die boekkopers is studente van die Nederlandse Departemente aan universiteite, diegene wat familie in Suid-Afrika het of reeds deur die land getoer het." sÍ sy.

Sy glo dat die aanvraag na Afrikaanse boeke besig is om te styg in die Lae Lande. Haar man, Luc, skryf jaarliks 'n Afrikaanse literÍre oorsig vir Snoecks, 'n glanstydskrif waarvan 200 000 eksemplare versprei word. Dan trek Renders ook met haar karretjie vol boeke na allerlei saamtrekke soos die herdenking van die Anglo-Boere Oorlog in Breda, die Winternachten in Den Haag en die poŽzienacht in Utrecht.

   Jens Friis

OOMPIE NEELSIE

Fred Visagie

Toe ek daar kom, was hy al daar. So 'n klein kort buksie en die liefling van almal. Skraal en tengerig en die breedste wat hy ooit gehad het was die alomteenwoordige laggie wat die smal fluoor-verbleikte tandjies dadelik ten toon gestel het. Hy was al oud, presies hoe oud kon nůg hy nůg iemand anders jou vertel. 'n Rehoboth Basterman so opreg as wat 'n mens maar kan kry. Kort krulhaartjies het al begin verskimmel, en as 'n Baster eers so begin lyk, moet jy weet daar is al 'n hele klomp tientalle winters agter die ou krom ruggie verby. Maar hy was die blymoedigheid vanself, nooit in al die jare wat ons saamgewerk het, het hy 'n enkele klagte oor gesondheid gelug nie.

Op die betaalstaat het sy rang agter sy naam gestaan: Skoonmaker

Wat oompie Neelsie ooit skoongemaak het, weet nugter alleen, want jy het hom nooit met 'n besem of 'n stoflap gesien nie, maar altyd diensvaardig en behulpsaam. Jy kon hom oral in die dorp heen stuur vir 'n pakkie sigarette, 'n lekkernytjie of wat ookal. Al Engels wat hy ooit verstaan het was: Keep the change!

Tussen my en oompie Neelsie was daar 'n besondere verhouding. Ek het 'n melkkoei, Blommetjie, op die meent aangehou en die dierasie het die slegte gewoonte gehad om eers hier teen elf- of twaalfuur by die kraal aan te kom, dan was dit nou te laat vir my om eers die pak klere uit te trek, melkklere aan te trek en die koei te gaan melk. Toe het ek en Oompie Neelsie 'n ooreenkoms aangegaan. As Blommetjie in die kraal is, moet hy gaan melk. Daarvoor het ek hom een pond per maand betaal. Nogal nie te sleg nie, gereken teen toentertyd se geldwaardes. Wintertyd het hy teen die sonkant van die kantoor se muur gesit net om te kyk wanneer Blommetjie by die kraal aankom. Somertyd het hy onder die groot Prisopisboom gesit op so 'n stategiese plekkie dat my kraal ook altyd in sig was. Getrou was hy ten dode toe.

Toe kom die Groot Hofsaak mos. 'n Drankhandelaar het met 'n hele vragmotor vol drank afgesit na die stil paaie in die distrik en op 'n Saterdagmiddag, as die week se kwotas al opgeraak het, het hy sommer hier voor jou deur vir jou afgelewer net wat jou hart begeer. Kontantgeld was ook nie nodig nie ingeval diť ook al aan die opdroog was. Nee wat, so een of twee karakoelpelse was heeltemal voldoende om die naweek heel gesellig te maak. Nou moet ek eers verduidelik: in daardie jare kon 'n man nou nie drank vrylik koop soos vandag nie. Nee, jy moes 'n permit van die Landdros hÍ, wat uiteensit hoeveel drank jy per week of per maand mag aanskaf.

Die lang arm van die Gereg was nie heeltemal onbewus van die aktiwiteite van die vragmotor nie. Dit gebeur toe dat op 'n sekere Saterdagmiddag dat die vragmotor sy gewone draaie ry. Net so kort op sy hakke was die polisiemotor ook. NŠ so twee of drie voordeurstoppe was die getuienis oorweldigend en die smokkelaar is aangekeer en al die drank op die vragmotor gekonfiskeer. Nadat die oortreder behoorlik gevonnis is en al die formaliteite afgehandel is, lÍ die groot taak toe nou voor om die drank te "vernietig". Daar was kaste en kaste vol bier, sulke groot bruin kwart bottels. Daar was kiste en kiste vol wyn, brandewyn, whisky, likeurs en waaraan 'n mens nog kan dink.

Die vernietigingsproses het soos volg verloop. Daar was 'n reŽnwater-afvoersloot net so langs die gebou. Die sloot het nie na 'n behoorlike rioolstelsel, soos vandag gelei nie, maar na 'n naby-geleŽ riviertjie. Aan die einde van die sloot was daar 'n stuk geroeste pyp wat enige reŽnwater mooi tot binne in die riviertjie sal laat vloei. Na vele beraadslaging is daar besluit dat die derduisende bottels een vir een oopgemaak word en die inhoud in die reŽnwatersloot gegooi moet word. Dit sou voldoende vernietiging wees. En die taak is aan my opgedra. Alle beskikbare mannekrag is ingeroep, en die opdrag was baie duidelik: geen slukkie voordat die totale inhoud van elke bottel behoorlik uitgegiet is nie. Oompie Neelsie was ook een van die helpers en vroegoggend het die proses begin. Na so 'n halfuur se gietery het ek gemerk Oompie Neelsie is nie meer by ons nie. Ek reken toe maar ou Blommetjie het seker vroeŽr as gewoonlik opgedaag en dat hy nou met die melkery besig is.

Om so 'n paar duisend bottels oop te maak en uit te gooi, neem nogal 'n hele paar man-ure in beslag, en dit was al nŠ etenstyd dat die proses voltooi is. Tot my verbasing merk ek dat Blommetjie nog voor die kraal se hek staan en nog nooit gemelk is nie. Ek besluit om ondersoek in te stel, en sommer te gaan kyk hoe ver die riviertjie met sy kosbare vloed gevorder het. By die geroeste pyp gekom, merk ek twee blink geskropte emmers, van die soort wat die skoonmakers in die kantoor gebruik, tot oorlopens toe vol van bier gemeng met wyn, brandewyn, en wat ons nog daar in die sloot laat afloop het. Briljante idee, maar wie kon nou so vindingryk gewees het? dink ek by myself. Ek hoef nie lank te wonder nie, want so 'n entjie daarvandaan, onder 'n opgeskote doringbossie, lÍ Oompie Neelsie op die naat van sy krom ruggie met net skuimbolle om sy mond. Verder aan staan Blommetjie en bulk hartroerend. Sy is nog nooit gemelk nie. Daardie middag moes ek dit maar selwers doen!

(Die skets is in Monitor van Oktober 1996 gepubliseer.)

RUM- EN KRUIEKOEK OP SY BESTE

Ek ontvang die volgende resep van 'n rum-fynproewer en baasbakker:

Bestanddele:

     1 of 2 kwarte rum
     1 koppie botter
     1 eetlepel suiker
     2 groot eiers
     1 koppie droŽvrugte
     1 eetlepel koeksoda
     suurlemoensap en neute

Metode:

Voor u begin, probeer die rum vir kwaliteit. Nogal lekker, nŤ! Gaan nou voort. Neem 'n groot mengbak, maatlepels, ensovoorts. Maak weer seker van die rum. Dit moet net reg wees. Maak 100% seker dat die rum van die bes moontlike kwaliteit is deur een gelykvol glas te neem en dit vinnig te drink. Herhaal.

Met 'n elektriese menger, meng een koppie botter in 'n sponserige bak. Voeg een teelepel suiker by en meng weer. Maak intussen steeds seker dat die rum slegs van die beste gehalte is. Drink gerus nog 'n glas. Indien nodig, maak die tweede kwart oop. Voeg twee oot leiers en twee koppies gevoogde drugte by en meng op nommer dhrie. Indien drugte vashjsitin in die klitschers, vroetel losch met 'n draaiskroewer. Probeer weer die rum vir toksjiteit.

Sif nou drie koppies peper of sout (maak nie sjaak nie). Probeer weer die rum. Sif half pint sjierlemoensap. Vou dit by die gekapte botter en sponsjerige neute. Voeg een vreetlepel bluijn sjeiker - of wattel kleer jy kan kry - by. Geng moed. Smjier oond en draai koekpan na 350įC. Gooi in boond en ak.

Maak weer sjeker van rum en gaan sjlaap.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Die digter en skrywer, Thomas Deacon, laat praat vir Jacob Oerson in Griekwa-Afrikaans onder meer oor Dawid die oorlogsheld, maar ook Dawid die gevalle held:

Zoo geschiedde het tegen den avondtijd, dat David van zijn leger opstond, en wandelde op het dak van het koningshuis, en zag van het dak eene vrouw, zich wasschende: deze vrouw nu was zeer schoon van aanzien.

 

dawid was
an oorlogsman
hy't slingervel
gespan
toe klep se keend
sekuur gegooi
vir filistyn
gelůůi

maar dawid was an rŠmbokman
hy't slingervel
gespan
toe kleppiever
sy oog gegooi na waar an
wit-
bokooi
die bad se water
ůůplyf plooi

ja, dawid was
an mooiloopman
hy't kleppiever
gegooi
vir filistyn
op oorlogsveld
maar ok
vir bokooi
in die
kooi

(Gedig uit Die predikasies van Jacob Oerson, deur Thomas Deacon)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Met hierdie uitgawe is die Hoor-Hier! presies drie jaar oud. Dankie vir u troue steun. Stuur asseblief die ingeslote los briefie vir my terug sodat ek my administrasie ook kan regkry.

Groetnis!

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek