HOOR-HIER!

Oktober 2000: 37

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Toktokkiespeel op LŁderitz

Die huise in die strate naby ons huis is almal teen die straat met net 'n paar trappies van straatvlak af tot by die voordeur. Uitstekende toktokkiespeel-omstandighede.

Op loom somernaweeksaande loop ek en my maats in 'n lang ry, ingehak by mekaar, in die middel van die soutstrate af. Ons praat gedemp, lag net laggies. Daar is weinig verkeer, en as daar 'n motor aankom, gee ons net na die een of ander kant toe pad, hak dan weer in.

Die straatliggies het almal 'n stralekrans van die effense mis wat vroeg-vroeg opkom en deur die loop van die nag soos 'n donskombers op die klein dorpie kom lÍ.

Ons stap - byna in gelid - 'n soort opgewondenheid tussen ons. Dan - sonder dat ons dit werklik afspreek - sal die een op die punt wegbreek en vlugvoet by die een huisie se trappies optrippel. Die res spat in die teenoorgestelde rigting en gaan skuil agter die enkele bome en pilare. Die klop-klopper gee drie dringende kloppe op die verkose deur en soek vinnig 'n geskikte skuilplek. Almal probeer om te sien of die deur oopgemaak word en wat die reaksie van die bewoner is. Daar is nie 'n geluid nie - totdat die deur weer gesluit en alles veilig is. Dan sluit ons proesend en verlig by mekaar aan. Tot die volgende keer.

Een aand speel ons gesette klasmaat - Coenraad Beukes - saam. Dit is die eerste keer dat hy meemaak en hy moet eers onderrig word in die prosedures. Met die eers poging, slaag hy daarin om 'n geskikte skuilplek te vind. Toe ons verder stap, vee hy die sweet van verligting van sy voorkop af.

Ons is almal half onverhoeds betrap toe Coenraad self na 'n paar minute by 'n stel trappe opglip en hard aan die deur klop. Daar is maar min skuilplekke en ons bondel almal agter 'n geparkeerde motor 'n end verder. Maar waar sal ou Coenie skuil? Hy besef self sy dilemma toe hy die trappies afstorm en skuilplek soek. Maar hy is nie verniet 'n slim seun nie - hy draf 'n paar treŽ straat op, draai om en stap doodluiters en fluit-fluit terug verby die gemerkte huis. Juis toe gaan die buitelig aan, die voordeur oop en 'n ou Duitse omie met slaapklere en 'n slaapmus steek sy kop uit.

Ons kan nie hoor wat die oom vir Coenie sÍ nie, maar ons sien hoe Coenie sy arms opgewonde swaai en hoorbaar uitroep: Ja! Ek het hulle gesien, Oom! Hulle het nou net by daardie straat afgehardloop!

Ons het maar asems opgehou totdat die ontstoke omie sy deur gesluit en die buitelig afgeskakel het.

Coenraad! raas ek benoud, Dis die laaste keer dat jy saam met ons toktokkie speel. My hart het byna gaan staan!

Vir 'n lang ruk het ons nie weer in daardie straat toktokkie gespeel nie.

HULP OM TIENERTAAL TE VERSTAAN

Ek praat gewone, alledaagse Afrikaans en my dogters is ook so grootgemaak. Hier rondom twaalf jaar was hulle nogal goed daarmee. Hulle kon 'n interessante gesprek voer, moeilike vrae beantwoord en grappe vertel. Maar binne die bestek van 'n jaar het hulle oorgeslaan na tienertaal. In die begin maak sulke tienertaal nogal sin. Jy knik instemmend, glimlag en glo vas jy het verstaan wat so pas gesÍ is. Dis eers later dat jy agterkom jy het eintlik niks verstaan nie.

My vriende wie se kinders nou ambassadeurs en bankbestuurders is, verseker my dis van verbygaande aard. Maar tot en met daardie dag sal jy klippe kou. Hier is 'n paar leidrade om mede-lyers mee te help:

Die woorde wat tieners onder mekaar gebruik kan elkeen 'n verskeidenheid betekenisse hÍ. Om vas te stel watter betekenis op hierdie oomblik van toepassing is, moet jy fyn luister na die toon waarin die woord gesÍ word, die toonhoogte en hoe lank die woord gerek word.

Kom ons vat die geliefde Engelse woordjie "sure". Jy vra mooi dat die vuilgoedsak uitgeneem moet word. Die respons "sure" kan nou een van die volgende betekenisse hÍ: "Moenie my nou pla nie" of "Wat is verkeerd met Ma se bene?" of "Ek haat die gesag wat hier oor my uitgeoefen word, maar terwille van vrede sal ek die simpel ding uitvat." Of dit kan bloot net beteken: "OK".

En wat van die ewe gewilde woordjie: "Great!". Jy sÍ doodonskuldig iets en word gestraf met "Great!" Dit kan beteken:
"Tog nie al weer dit nie!" of
"Dis presies wat ek van ouer mense verwag!" of
"Nou is my lewe geruÔneer!"
Maar net voor 'n skuldige gewete jou pak, onthou jy dat "my lewe" slegs na die volgende 45 minute verwys!

Van al die tienerspraak is die woordjie "Oh-Oh!" die belangrikste. Hoe hoŽr en korter die uitspraak, hoe waarskynliker dat hier nou geld ter sprake is. Na 'n lang Saterdag van taxi-bestuurder speel, kom julle moeg by die huis aan en agter jou hoor jy: "Oh-Oh!" 'n Waarskynlike teksverklaring is: "My tekkies lÍ nog by die openbare swembad en dis reeds toe!"

Alledaagse tienertaal beteken 99,9% nie wat dit sÍ nie. "Ek het my kamer opgeruim" beteken "die gemors lÍ nie meer in die middel van die vloer nie, maar is na die hoeke toe verplaas." Nog een: "Sarie se ma sÍ dis OK," beteken "As Ma instem, kan ons Sarie se ma ook oortuig om in te stem!"

Stellings betreffende klere is veral misleidend:

"Ek het niks om te dra nie," beteken: "Die vuil wasgoed wat nou al twee weke lank rondswerf in my kamer en die res van die huis, is nou nÍrens te vinde nie!"

"Almal dra dit!" beteken "Ek het dit op die nuutste musiekvideo gesien!"

Pasop vir vrae oor die skool. "Hoe was skool vandag?" en die antwoord is "OK", kan die volgende beteken: "Moenie vra nie!" Verander jy jou sin en vra: "Wat het jy vandag gedoen by die skool?" is die antwoord altyd "Niks" en dit is die een keer dat tieners presies bedoel wat hulle sÍ.

Terwyl tieners probeer om twee keer hulle gewig te eet, is wat hulle oor die inhoud van die yskas sÍ dikwels verwring. "Daar is niks om te eet nie," beteken "Hier is geen gemorskos nie."

"Ek het vandag nog niks geŽet nie!" sluit die hamburger, tjips en melkskommel uit.

"Is dit al wat ons vandag eet?" beteken: "Groen goed is nie kos nie!"

Uitdrukkings soos: "Dis soos dit nou gedoen word" of "Ma sal nie verstaan nie" beteken nie veel nie. Dis 'n taktiek om jou oor jou ouderdom te laat nadink.

Soms glip tieners terug na alledaagse, gewone taal. Hulle doen dit om jou uit te vang. As hulle jou betrap dat jy 'n mening agter die mening soek, pleks van net te geluister het, is dit 'n geweldige oorwinning vir hulle. Dan slaan hulle jou tot stilswye met: "Ma luister ook nooit nie!"

Hierdie wyse raad kom van 'n ervare tienerma, Marieta Schwacke van Windhoek. Baie dankie dat jy die kodes so effe vir ons verklaar het!

LESERSBRIEWE

'n Getroue leser van die Hoor-Hier! stuur 'n gedig wat jare gelede - toe dit Die jaar van die Bejaarde was - deur haar susterskind geskryf is. Die standerd agtdogter, Daleen de Villiers, het die eersteprys met haar gediggie losgeslaan:


    'n Hemelse skepping
Warm, swart tee en gemmerkoekies.
'n Blommetjiesrok, drukkies en soentjies.
Delft en silwer, klaviermusiek.

Breinaalde wat klik, brooddeeg wat rys.
Aarbeipoeding, aartappels en skaapvleis.
OŽ wat blink vir haar naaste:  Gelukbringers.
Grys, gepluiste hare:
    VERBODE VIR VINGERS!

'n Duik in Oupa se kosbare motor.
Hieroor, haar skaam glimlag, wyer en groter.
'n Blinkgepoetste koperdeurknop,
maar hy staan altyd oop, jy hoef nie te klop.

Sy's kort, maar sterk en skrik nie vir werk,
veral as dit haar familie betrek.
Sinoniem met liefde, iets waarna elke kind vra:
'n Hemelse skepping, of kort-om:  MY OUMA!

KRIT

Die literÍre gespreksgroep, Krit, vergader hierdie jaar vir die laaste keer op Woensdag, 1 November, om 19:00. Die Afrikaanse roman, Rookkringe deur Elsa van der Merwe - die eerste Afrikaanse publikasie in jare wat by 'n Namibiese uitgewery verskyn, word bespreek.

Ek haal graag vir u 'n uittreksel van die flapteks af aan:

Sewe dae sou dit vir Beth neem om haar sewe en dertig lewensjare in oŽnskou te neem. Sewe dae waarin sy en haar vriendinne die Kaap kinderlik opgewonde kon aandurf. Vir sewe dae soek hulle sin in die kabels waarmee hulle hulleself oor die jare onderskeidelik vasgebind het.

Beth se verhaal is aangrypend. Haar soeke na haarself op 'n brose lewenspad vat aan die hart. Dit weerspieŽl menswees in 'n tweestryd tussen eie identiteit en 'n lewenspatroon wat uitgelÍ is; die worsteling om die dood van 'n kind te verwerk en die twyfel oor haar keuse van 'n lewensmaat. Die verhaal word boeiend en eerlik vertel. 'n Meevoerende belewenis in 'n vrou se helingsproses.

Oor die skryfster vertel die flapteks die volgende:

Elsa van der Merwe is 38 jaar gelede op Vredendal gebore. Sy het 'n BA-graad en HoŽr Onderwys Diploma aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy het in 1984 op Swakopmund begin skoolhou en in 1986 na Windhoek verhuis waar sy, haar man Werner, en hul twee kinders steeds woon.

Enige persoon wat meer oor die boekgesprekke wil uitvind, kan skakel met Susan Alexander, telefoon 235757 in Windhoek.

E-BOEKE!

Donald Herman stuur vir my die volgende opwindende inligting:
Publiseer in Afrikaans op Internet! Verkry Afrikaanse boeke goedkoop, via Internet. Nou kan enigeen die kuberruim betree deur op Eboeke te publiseer. Afrikaanssprekendes kan boeke goedkoop via die Internet bekom.
Eboeke se leuse beskryf alles, t.w. Waar alternatiewe boeke en jou kom-vat-'n-traai ook welkom is.
Die volgende boeke is nou by www.eboeke.mysitepages.com beskikbaar (met opsommings):
∑ Ek vra na God (nie-fiksie)
∑ Weeshuis toe (fiksie)
∑ Eerste liefde (fiksie)
∑ Die kloof (fiksie)
∑ Grappe en jokes 2000 (nie-fiksie)
Heelwat meer titels sal in die nabye toekoms beskikbaar raak.
Navrae kan gerig word aan Donald Herman, by
dherman@iafrica.com
Tel. (011) 916-1007
Faks: (011) 893-1168
Posbus 12014, Elspark, 1418

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

'n Vriendin van my stuur 'n gediggie wat sy eenmaal op die begrafnisbriefie van 'n vierjarige seuntjie raakgeloop het. Is daar een van ons lesers wat dalk weet wie die digter is?


'n Aandster - nee twee - skitterblink daarbo
Die wag-'n-bietjiebos vervaag mos so!
elke doring en gebreekte tak
dwing ons om laag neer te sak ...

Die sigbare in die dowwe spieŽl
'n raaisel, sien ek nog die siel?
In die helder sterrekoor, verflou
'n snikkende klaaglied van rou

Martha en Maria
Dawid en Jonathan
die onbekende vrou by die put
het almal liefderyk by ons kom sit

In hierdie koelte-laning
staan ons 'n oomblik stil
bewonder ons u liefde
vir elke sterweling.

REANA NEL: ALGEHELE WENNER IN DIE ATKV CRESCENDO 2000

Reana Nel is in November 1981 in Windhoek gebore. Hier het sy grootgeword en skoolgegaan. Vanjaar is sy in Graad 12 in Academia SekondÍre Skool. Reeds as 'n jong dogtertjie het Reana 'n belangstelling in musiek getoon. Toe sy in Graad 5 was, het sy deelgeneem aan die NBC se 'Sunshine Club' sangkompetisie.

Reana het elke geleentheid gebruik om aan haar sangloopbaan te werk. Sy het by prysuitdelings, konserte, en op uitnodiging by skole en jeugorganisasies opgetree. In 1999 het sy in Windhoek in die voorprogram van die sanger, Philip Moolman opgetree. Hierdie konsert is deur die plaaslike ATKV-Damestak gereŽl.

Reana se pad saam met die ATKV begin reeds in 1998. Toe het sy aan Crescendo - 'n musiekkompetisie vir ligte Afrikaanse musiek - deelgeneem. Reana het as semi-finalis geŽindig met 'n eie kompetisie: Blouroos. In 1999 neem Reana weer deel aan hierdie kompetisie en eindig as 'n finalis met die komposisie, Glasruit.

Met volharding het Reana hierdie jaar weer deelgeneem met die komposisie: Ryg my lippe toe. Sy eindig as die algehele wenner. Baie geluk, Reana!

As deel van die Crescendo-prys, word daar tans 'n kompakskyf gesny met Reana se komposisies op. Ons sien uit daarna om hierdie musiek van 'n baie begaafde NamibiŽr op die winkelrakke te sien!

WINDHOEKER SE BESONDERE PRESTASIE IN DIE TAALBONDEKSAMEN

Geluk aan Janeke Kirchner met haar besondere prestasie in die afgelope Taalbondeksamen. Sy het Afrikaans en Engels albei met lof geslaag. Janeke het die tweede beste gevaar uit al die kandidate, vanuit NamibiŽ en Suid-Afrika. Ons is baie trots op jou! Janeke sÍ dat vanjaar 'n wonderlike taaljaar vir haar was. Behalwe die Taalbondprestasie, het sy ook een van Francois Bloemhof se kompetisies op Storiewerf ('n internetwebtuiste) gewen, en het sy ook 'n derde prys in die Literati kompetisie gewen. Sy is op die oomblik besig met afrondingswerk aan 'n jeugnovelle wat teen die agtergrond van die Amerikaanse saalperdbedryf afspeel. Haar toegewyde en inspirerende onderwyseres, mev. Christelle Oosthuizen en ook tannie Susan van Hoor-Hier is twee volwassenes wie se belangstelling in haar skryfwerk haar voortdurend motiveer. (BAIE geluk, Janeke ... ek wil graag jou handtekening hÍ! Red.)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Dankie vir al die lesers wat reeds hul inskrywingsfooi betaal het. Ingesluit by hierdie uitgawe is ook die inligting oor en bestelvorm vir die Hoor-Hier Galore! 2000. Oorweeg hierdie publikasie as 'n eg-Namibiese Kersgeskenk!

Groetnis!

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek