HOOR-HIER!

November 2000: 38

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Dolosse

Ons is arm. Wragtig arm. Van die armste mense wat ek ken. Behalwe miskien Ester-hulle en die Mans-gesin. Die Manse is 'n groot gesin en die dominee gaan laai nou en dan kospakkies by hulle huis af. Hulle moet armer wees as ons want ons kry nooit kospakkies nie. Ons het ook nie kospakkies nodig nie, want ons het altyd genoeg kos. Ek weet nie hoe Ma dit regkry om met R64,00 'n maand vir my en Boetie te sorg nie. Seker maar genade (soos sy altyd self s).

Ma kook bredies met lang souse en ek en Boetie is nie vol fiemies nie. Die gesogste bredie, is die skaapvoorbeentjies met uie en klein aartappeltjies. Ons praat sommer van die dolosse. As Ma hierdie gereg voorberei het, sit ons elkeen met 'n natlappie aan tafel. Ma het nog nie behoorlik amen ges nie, dan val ons weg. Eet eers die rys met die lekker sous, gebluste aartappels en sagte vleisies wat afgekook het. Dan word die lymerige beentjies versigtig met fyn vingertjies opgetel, die vleis en lymerigheid afgesuig en murg uitgesuig. Dit is net die geluide van smakkende lippe en suigende monde wat die kombuis vul. Geen ander mens kan hierdie kos saam met ons eet nie: hy sal hom skaam aan die oordaad en oorgawe aan die vreugde van eet.

Koningskos, hierdie dolosse.

KRIT EN LEKKER BOEKE

Die laaste Krit vir 2000 vind plaas op 1 November. Dan is die lekker gesels rondom boeke eers verby tot volgende jaar. As enige boekliefhebber dalk 'n leeservaring met ons lesers wil deel, sal dit baie waardeer word.

Ek kry toevallig 'n paar dae gelede so 'n kykie in 'n Afrikaanse boek deur die o van Hetty Rose-Junius. Sy skryf:

Ek leen Elias Nel se boek, Iets Goeds uit Verneukpan by 'n vriendin en ek lees nagte deur. Ek lag alleen en hardop soos 'n mal mens, want Elias Nel vertel van die mense van Verneukpan wat met hul unieke humorsin en raakvat sgoed, kleur aan hulle dorre wreld gee. Nel se humor en eiesoortige manier van vertel, herinner sterk aan ons eie Jan Spies, wat nie meer met ons is nie. Ek wil aanbeveel dat di wat nog nie die boek gelees het nie, dit tog bekom. Ek noem net 'n paar terme en momente in die boek wat my bybly:

Elias vertel van Els Storm wat so 'n "aantreklike" mens was. In ons alledaagse begrip van die woord, is 'n aantreklike vrou of man, 'n aanvallige of mooi mens en salf vir 'n seer oog. Els Storm is egter iemand wat 'n kruis dra. Sy is, soos hulle s, met die helm gebore en haar ma vra: "Elsie my tjeent, ... vir wat staane trek jy vir jou die goed so aan? Jy moet die aantreklikgeit van jou af wegvee." Elsie ly onder die sienersblik, en daarom is sy so "aantreklik".

Dan is daar ant Poppie wat die woord vir die "amper-leeraart" (proponent) darem net nie kan verwerk nie. Dat hy darem nou as "poepelent" moet bekend staan, is vir haar een te veel en sy haal dit sommer op 'n vreemde besoeker aan haar huis uit, net om met ontnugtering te besef: "... jy s nie vir my jy is ons eie ou poepelentjie nie!"

(Baie dankie Hetty vir die kostelike momente uit Elias Nel se boek. In hierdie ernstige ou lewe het mens hierdie pragtig menslike ervaringe so bitter nodig. Laat hoor gerus van die ander stories waarmee jy so spog! Red.)

GROEP GAAN TOT UITERSTES OM TAAL TE BESKERM

JENS FRIIS het 'n paar maande gelede die bomontploffing in die Blah Bar in Kaapstad met enkele minute misgeloop.

Hy het gedink hy is veilig in Kanada waar hy studeer, maar twee bomme is onlangs sowat 50 m en 200 m van sy woonstel in Montreal gevind. 'n Derde het ontplof in die stad, skryf hy uit Montreal. Volgens die polisie is die hoofverdagte 'n ekstremistiese groep, La Brigade d'Autodefense du Francais (Die Selfverdedigingsbrigade van die Franse Taal). Di groep probeer veral om die Franse taal te bevorder in Quebec.

Verreweg die meeste inwoners van di provinsie is Franssprekend. Hoewel Engels en Frans die amptelike tale van Kanada is, geniet Frans voorkeur in Quebec. So moet aankondigings, name en so meer in Frans wees. Indien Engels ook aangebring word, moet die Frans eerste verskyn en twee keer so groot geset word.

Dikwels word tekens slegs in Frans aangebring. Waarskuwingstekens in sommige moltreine is soms selfs nt daarin. Hoewel STOP selfs in Frankryk gebruik word, word hier dikwels ARRET gebruik of STOP/ARRET.

'n Groot gros Franssprekendes glo dat indien hulle nie hul taal so drasties beskerm nie, sal dit deur Engelssprekende Kanada verdring word.

Die koffiewinkels waar die bomme gevind is, is aldrie deel van die Second Cup-groep. Die groep wat sy hoofkantoor in Toronto het, is vroer in die openbaar deur die brigade gedreig omdat hy 'n Engelse naam gebruik. Die Quebecse Franse-taaladviesliggaam het in September besluit dat Engelstalige handelsmerke soos Burger King en Second Cup nie hul name na Frans hoef te verander nie.

Die adviesliggaam het so besluit aangesien hierdie maatskappye oor die hele wreld ondernemings het en dit nie sou sin maak dat hulle in Quebec ander name moet h nie.

Die 43 Second Cup-kafees in Montreal word deur lede van die gemeenskap besit en verskaf werk aan meer as 600 inwoners van Quebec.

Aangesien misdaad in Montreal uiters laag is, het die gemeenskap met besondere ontsteltenis van die bomme kennis geneem - ook Franssprekendes.

Jens Friis studeer in Montreal. Die Second Cup in die woonbuurt Mont Royal is een van sy gunsteling-koffiewinkels. Hy stap daagliks hier verby na die moltreinstasie - soos ook die aand toe die bom hier gevind is.


HAIKOE-KOMPETISIE!

Daar is 5 Hoor-Hier Galore!-publikasies wat weggegee gaan word aan 5 gelukkige lesers wat hulle hand aan die pen wil slaan en 'n haikoe wil instuur. Die tema van die haikoe kan enigiets wees - maar daar moet getrou aan die vorm van hierdie gediggie gebly word.

Vir die lesers wat nie weet wat 'n haikoe is nie, het ek 'n kort omskrywing en voorbeelde ingesluit (aangepas uit P.J. du Toit se Teorie en Praktyk): Haikoe is 'n eeue-oue Japannese digvorm. Dit is 'n kort maar gekonsentreerde gediggie, waarin rym of metrum geen rol speel nie. Die gediggie bestaan altesaam uit 17 lettergrepe wat oor drie rels versprei is op die volgende manier:
     Rel 1: 5 lettergrepe;
     rel 2: 7 lettergrepe;
     rel 3: 5 lettergrepe.
Aangesien haikoe 'n uiters gelade gedig is, speel suggestie 'n baie belangrike rol. Daar is geen ruimte in die beskrywing vir emosie nie. Gevoel word slegs gesuggereer en die leser moet sy eie gevolgtrekking maak. Voornaamwoorde en lidwoorde word baie selde, indien ooit, gebruik.

Gewoonlik word die natuur in haikoe beskryf, maar die digter probeer om mr as net 'n mooi toneeltjie te skilder - hy probeer om deur die beskrywing van die natuur vir die leser 'n kykie in die aard en wese van die mens of van die lewe te gee.

Voorbeelde van haikoe wat deur leerlinge geskryf is:

Hoog deur die lug sweef
'n beangste muis aan sterk
kloue van 'n uil.
     Esta de Wet

Die groot eikeboom
loer vernaam onder sulke
kwaai wenkbroue deur.
     Corn Scholtz

Doudruppeltjies vang
sonstraaltjies met blink ogies
vir 'n spinnerak.
     Nathea Beukes

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Desember 2000. Die wenners se name sal in die Januarie 2000-weergawe van Hoor-Hier! bekend gemaak word en hulle pryse sal onmiddellik gepos word.

Pos of faks of E-pos u bydraes na die adresse op die voorblad van die Hoor-Hier! aangedui. Onthou om u pos- of straatadres in te sluit sodat u prys afgelewer kan word! Sterkte en geniet dit!


BOERNEEF (Enkele verse uit hierdie digter se bundel:
Ghaap en Kambro)


Dis die bielie met die biesie op die bruidswa
suie op sy lippe vir die skimmels
trek die rieme en toor met die snare
kyk die son op die stang taat Briekwa
wit volstruisvere in die sterbande
Oudshoringse vere in die sterbande
bielie met die biesie daars doepa aan die snare
gooi die es meddie bieliebruidspare
die een bruidegom vryf aaneen sy hande
waars tog die ni meddie sweetvos hare

Waarom is die duiwel vir die slypsteen bang
en nie vir die pikswart verspoegslang
vra vir jou pa vra vir jou ma my basie
hoekom skrif hy vir 'n knapsak groot
is 'n mudsak sout konsuis sy dood
vra vir jou ma vra vir jou pa my basie
pa s dis praatjies vir die vaak
ma wil niks meer hoor
van die horingsmandraak

Dit spook maar woes met nuwemaan
maar kwaaier nog met donkermaan
drink die kruie sluk die als
maak jou reg vir die spokewals
hierbo by Orlandi se werf
waar Poljon saans sy twak sit kerf
word feesgevier tot daglumier
maar wie en wat op hoe 'n manier
sluk liewer nog 'n groot dop als
en maak jou klaar vir die wisselwals

LESERSBRIEWE

'n Leser stuur die volgende "opstel" in:

Laerskool Limpopo: Vraestel 1 van die Tweede Semester
Skryf 'n opstel oor die volgende vraag: "Wat is 'n krokodil?"
Gebruik drukskrif en skryf netjies. (20)

NAAM: Christiaan Janse van Vuuren
DATUM: Maandag 19 Februarie 2000

Wat is 'n krokodil?
Antwoord: Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer. Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande. Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die krokodil. 'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler. 'n Krokodil se lyf is oor getrek met handsakmateriaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly het. Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou kan eet. 'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense s nie, behalwe as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou krokodille suig hulle mense en bok wat hulle vang dood. As jy hm eet, is hy 'n krokosatie. 'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy stert. Die kleinboetie van die krododil is die likkewaan. Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies. Die moffiebroer van die krokodil is die daffodil. En dan het die krokodil nog 'n dooie boetie - die frikkidil.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Naas genade is tyd God se kosbaarste geskenk aan ons.
Tog verkwis ons albei so gruwelik.
Soos ons ons tyd gebruik, so is ons.
     Henry E. Manning

Die spreekwoord wat s: "Van uitstel kom afstel," is alte waar. Die wreld is vol mense wat pragtige bedoelings en brandende ideale het. Hulle is van plan om 'n ou en gewaardeerde vriend te besoek of iemand wat ernstig siek is - maar eers mre! Hulle is van plan om 'n bemoedigende brief te skryf aan 'n eensame persoon wat ver van die huis af is - binnekort! Hulle wil in aanraking kom met iemand van wie hulle vervreemd geraak het om versoening te bewerkstellig - sodra daar tyd is!

Klink hierdie voornemens vir jou bekend? Dit is maar net omdat ons almal op die een of ander tydstip 'n soortgelyke ervaring gehad het.

Net God weet wat die toekoms inhou. Geen mens weet eens wat mre op hom wag of op die persoon wat hy hom voorgeneem het om te skakel nie. Inderdaad, hy weet nie eens of mre vir een van hulle sal aanbreek nie. Dit is daarom van die uiterste belang dat ons onmiddellik doen wat ons van plan was om te doen - voordat dit te laat is!

(Uittreksel uit Van dag tot dag deur God gedra deur Solly Ozrovech)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe
Tuisblad   Gasteboek