HOOR-HIER!

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

4

Desember 1997/Januarie 1998

Redaktrise: Susan Alexander

 

Telefoon tuis: 235757 in Windhoek
Faks: 212169 Windhoek
E-pos:  
susanalexander@mweb.com.na
Posbus 9677 WINDHOEK

 

 

 

Dagsê Vriend

Met my hernude belangstelling in Afrikaans, kry ek dit op 'n manier reg (met die hulp van my man) om op Internet te blaai deur al die interessanthede oor en in Afrikaans. Ontdek toe op die manier Die Knoop, wat deur Gerrie de Beer (ingenieur in Pretoria) georkestreer word. Hier word letterlik elke interessante Afrikaanse opmerking, grappie, artikel wat op Internet beskikbaar is saamgeknoop om dit vir die ywerige websnuffelaar maklik te maak om in die hande te kry. Die webadres is http://www.dieknoop.co.za.

In my onkunde en oorvloedige entoesiasme, ontdek ek toe een middernag die limerieke van ene Franz Dullaart. Sy webnaam: Franz se Houmpeitsjh. Ek vluglees toe deur hierdie heerlik prettige (dikwels onnutsige - soos dit nou maar met limerieke gaan) teksies en vind op die laaste bladsy die volgende vriendelike versoek: Teken asseblief my besoekersboek; wat ek toe doen. Die "besoekersboek" laat toe die moontlikheid om 'n E-posadres te laat - wat ek toe ook doen (alles in my onkunde van hoe die Internetsisteem werklik werk). Die volgende oggend voor ontbyt soek ek op die rekenaar vir nuwe boodskappe by my E-posadres. Sowaar: daar is 'n briefie van Franz Dullaart self én 'n kort briefie van 'n geďmmigreerde in Nieu-Zeeland wat skryf dat dit so lekker is om weer Afrikaans te hoor.

Hierdie soort reaksie op my onskuldige rondspelery op die rekenaar, het my net laat besef hoe klein ons ou węreldjie geword het!

Lesersbriewe

Ek ontvang gunstige kommentaar van Gerrie de Beer uit Pretoria: Hy skryf vir my 'n E-posboodskap: "Ek het jou blaadjies so 'n paar dae gelede ontvang - baie dankie. Ek hoop jou entoesiasme hou nog lank aan - dit lyk goed sover!" (Dankie vir die positiewe kommentaar, Gerrie! My entoesiasme sal hou solank die gesprek 'n tweegesprek bly! Red.)

Danie Martins (ook van Gauteng) skryf: "Ek hou van die blaadjie!"

(Baie dankie, Danie. Ook vir jou en Gerrie se aanbiedinge om my te help om die blaadjie op die Web te publiseer. Sodra die Hoor-Hier se bababeentjies fermer treë gee, praat ons weer! Red.)

Via vriend Johan Loubser wat op die oomblik 'n kursus in Vlaandere bywoon, "ontmoet" ek Johan Bollen (verbonde aan die Vrije Universiteit Brussel). Hy skryf vir my 'n lang E-posboodskap, onder meer:

"In je opdracht (in 'n digbundel wat ek vir hom saamgestuur het) stel je dat het goed is om te horen dat er op andere continenten mensen zijn die om Afrikaans geven. Wel, dat is ook zo. Ik hou heel veel van het Afrikaans. En dat geldt niet alleen voor mijzelf. Hier in Vlaanderen is en was de waardering voor het Afrikaans groot. Niet alleen omdat het zo 'n lekkere, snedige en moderne taal is die ons hier zo fris en hip in de oren klinkt, maar omdat jullie er blijkbaar in geslaagd zijn er zo veel interessante dingen mee te doen.

Ik herinner me zo nog de samenkomsten van onze jeugdvereniging. Leuk was die gezellige samenzang op mooie zomerse avonden bij het kampvuur. Op de liedjeslijst sonden steevast een paar Afrikaanse "klsssiekers", zoals "Die kat kwam weer" en "Sarie Marais". Ik herinner me nog de warme gevoelens en fascinatie die daar bestonden voor het Afrikaans. Wij verwonderden ons er allemaal over dat naaste familie van ons eigen Nederlands, een taal die wij eerder associeren met het koude, grijze en regenachtige klimaat in Vlaanderen en Nederland, helemaal op z'n eentje overleefde en bloeide, aan de andere kant van de wereld, in het warme, levendige Zuid-Afrika!

Het initatief voor je gespreksblad vind ik overigens een schitterend en heel erg sympathiek idee! Ik zou graag helpen door af en toe een kleine bijdrage schrijven over wat zich hier in Vlaanderen omtrent het Afrikaans en Zuid-Afrika/Namibië afspeelt, als je dat wil. Misshien vinden je lezers dat wel interessant?"

(Inderdaad sal ons dit interessant vind, Johan. Dankie vir die belangstelling en vriendelike woorde. Red.)

Krit

Hierdie literęre gespreksgroep begin in die nuwe jaar op 4 Maart met hulle bedrywighede. Enige belangstellende wat wil deelneem aan die gesprek rondom die Afrikaanse boek, kan met Susan Alexander skakel. (Telefoon-, faks-, posbus- en E-posnommer is op die voorblad.) Die gesprekke vind telkens plaas op 'n Dinsdagaand om 19:30 by die kantore van Windhoek Consulting Engineers (WCE), Bismarckstraat 44. Ons program vir 1998 lyk soos volg:

4 Maart:Slinger deur Francois Bloemhof
14 April:Uitreis deur Rina Sherman (dalk Julia se broer deur Annelize van Rooyen saam met hierdie roman)
23 Junie:Landskap met vroue en slang deur Lettie Viljoen
4 Augustus:'n Kas is vir klere deur Pieter Cilliers
22 September:In drie riviere deur Jaco Botha
27 Oktober:'n Staning onder sterre en Die Onderskepper, albei deur George Weideman. Hierdie bespreking sal gelei word deur Jean Lombard.

Enige navrae oor hierdie gespreksgroep, kan gerig word aan Susan Alexander.

LIESLAP

Wie bied jou die lieslap aan?

Monotoon swaaiend
voor die groot geslag:
geaar en kanaal,
gevul en belus,
tog, ingekerkte fallus.

Wie bied jou die lieslap aan?

Fyn gebrei tussen vingers,
sag soos die reuk
van 'n bok se pronk
wat ferm tabaksak
om jóú, die fantas,
se glo en wag.

Wie bied jou die lieslap aan?

           Lizanne Kruger

(Lizanne bly in Omaruru en stel baie in Afrikaans en die Afrikaanse boek belang. Ons hoop om nog heelwat van haar te hoor!)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Ek hoor graag van lesers - oor die ganse węreld heen: net solank dit mense is vir wie Afrikaans so lekker is soos vir my! Maak aanbevelings vir die Hoor-Hier, stuur gedigte, kort verhaaltjies, grappies, interessanthede wat in en om Afrikaans plaasgevind het.

Groete tot ’n volgende keer.

 


Volgende Uitgawe
Vorige Uitgawe
Tuisblad
Gasteboek

 

Die Knoop: Honderde Afrikaanse Bestemmings! Afrikaans oppie Net Afriklub