HOOR-HIER!

Januarie 2001: 40

Redaktrise: Susan Alexander

Telefoon tuis: (061) 235757

Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Die Desembervakansie is verby; baie mense is reeds terug werk toe en onderwysers en skoolkinders betreur die feit dat lekkerkry maar net 'n vinger lank is. Aan alle Hoor-Hier!-lesers wil ek 'n baie voorspoedige nuwe jaar toewens. Onthou om vir my 'n briefie te skryf. Of 'n storie of 'n grappie. Dan deel ek dit met ons lesers en ons skep almal moed vir hierdie jaar.

HOOR-HIER GALORE! 2000
SPESIALE AANBOD

Baie dankie vir al die bestellings vir die Galore. Ek waardeer dit dat daar soveel positiewe kommentaar was. Dit lyk my ons sal ook 'n Galore 2001 kan bewerk!

Daar is nog 'n klompie Galore 2000-boekies beskikbaar teen die spesiale prys van N$30,00 (of R30,00 in Suid-Afrika.) Moenie wag om hierdie heerlik prettige leeservaring in jou hand vas te hou nie! Daar is gedigte en jagstories, resepte en illustrasies in hierdie publikasie. En alles in sappige Afrikaans - die taal van ons hart.

NOG LDERITZ-HERINNERINGE

Tannie Lenvia kom kuier

Ons kom een namiddag na studietyd by die huis. Ek en Boetie pak ons tasse reg vir die volgende dag. Hy maak daarna ons skoene skoon en ek gaan dek tafel.

Die kos wat Ma reeds die vorige aand halfpad gekook en in die yskas gebre het, haal ek uit en sit dit op die stoof op lae hitte. As Ma 'n rukkie later kom, lyk sy opgewonde. Tannie Lenvia kom kuier. Ek en Boetie spring rond en klap hande. Ag Mamma! Sy is ons liefste tannie!

Alhoewel tannie Lenvia by oom Joe-hulle sal slaap, sal sy baie vir ons kom kuier.

Ons ry saam as oom Joe vir tannie Lenvia by die stasie gaan haal. Sy lyk so pragtig soos altyd met haar spierwit krulletjies, 'n sagte pers tabbertjie, kouse en elegante skoene.

Ek en Boetie staan eers eenkant sodat die grootmense vir tannie Lenvia kan groet. Sy hou haar arms oop en ons storm teen haar skraal lyf vas.

Daardie aand sit ons almal by tannie Joekie se groot eetkamertafel aan. Daar is spesiale skaapvleisbredie met groente, geelrys en pampoen. Daar is ook tamatieslaai. Ek en Boetie s niks, ons verwonder ons net aan al die stories wat vertel word, die gelaggery en die grappies.

As ons later groet, spreek Ma en tannie Lenvia af dat sy die volgende middag by ons sal kom kuier.

Springbokradiostories

In die middae as ons van die skool af kom, is tannie Lenvia daar. Sy maak vir ons broodjies en gesels by die kombuistafel terwyl ons eet. Net voor halfdrie sit sy Ma se ou draadloos aan. Ons luister saam met haar na die advertensies en die kenwysies van die vervolgverhale. Tannie Lenvia ken elke karakter in elke storie. Sy praat oor hulle asof hulle regte mense is. Sy bekommer haar oor hulle lot en baklei soms oor die onregverdigheid van die lewe.

Ons leef ons in in die lewens van die mense in die radioverhale. Ek skryf selfs opstelle oor die karakters in die stories. Mnr. Pretorius lees verwonderd die vreemde, treurige opstelle oor mense se lotgevalle. Het hierdie dinge werklik gebeur, Susan? Ek dink lank na. Ek kan nie meer onthou nie, Meneer.

HAIKOE-KOMPETISIE!

Nog drie lesers het hulle hande aan die skryf van haikoes gewaag. Hulle ontvang almal 'n Hoor-Hier Galore! 2000. Die eerste gelukkige wenner is Fred Visagie van Swakopmund.
 

Blou lug met wolke
seker stort hul seewaarts neer
son en maan verdwyn.

Die son gaan onder
volmaan blink bo belowend
sonskyn weer eendag.

Die tweede wenner is Hetty Rose-Junius. Sy stuur saam met haar haikoes die storie wat aanleiding gegee het tot die gediggies:
   
Op Hazy Mount, ons wegbreek-plekkie langs die Gamsberg pad, kom die Dorsland Stappers vir 'n naweekkamp. Hulle slaan tent op langs die rivier en ek en Raymond kuier saans saam om die kampvuur.

Die hemelruim is oop en wyd en daar kan sowaar nie meer plek wees vir 'n enkele sterretjie aan die uitspansel nie. 'n Uil roep en Werner, 'n lid van die stappers, s dis al die derde soort uil wat hy vanaand hoor. Ek is natuurlik in ekstase, want die identifisering van vols op die plaas is vir my 'n saak van groot vreugde. Die Dorslanders is nie alleen ervare stappers nie, maar ook mense met kennis van, en 'n liefde vir die natuur. Hulle is ook lekker kuiermaats. Uit die naweek se ervaring en sommer weens my liefde vir die plaas, skryf ek 'n paar haikoes:
   

Stil, hoor, daar's dit weer!
'n uil wat roep na sy maat
'n non-ne-tjies uil!

Aan die hemeltrans
skitter wit die sterreprag
Dis God se skepping.

Vroeg in die oggend
Weifel die waas soos 'n kleed
wat die berg omvou.

Die akasias
met hul lowergroen toppe
wink stappers van ver.
  Hoor-hier groete, Hetty Rose Junius.

Maggie de Klerk van Oudtshoorn stuur ook 'n treffende haikoe. Dankie Maggie!
 

Tussen rots en sand
verrys bloedrooi spatsels kleur
van die kanniedood.

Daar is nog een Hoor-Hier Galore! 2000 wat 'n baas soek. Wie wil dit waag om vir ons 'n haikoe te skryf om hierdie publikasie te wen?

LESERSBRIEF EN 'N STORIE!

Willie Erasmus van Durban vertel my dat hy rondgesnuffel het op die Net en op die Hoor-Hier afgekom het. Hy skryf toe dadelik en stuur die volgende lekker storie met foto en al:

Karino, die eerste stasie op die Krokodilrivier anderkant Nelspruit is die plek van my vroegste herinneringe. Ek kan onthou toe my ouboet Daan die eerste keer skool toe is. As hy toe ses was moes ek vier gewees het. Ek kan onthou dat ek getjank het toe hy met die ou Chev-bussie met die laptent vertrek Witrivier-toe.

"Watse gegrens is dit met jou" wou Ma weet. "Julle baklei heeldag en nou wil jy oor Daan staan en huil."

Ek kan nie onthou wat my antwoord was nie maar ek weet mens het iemand nodig om mee te baklei ook. Wat ek wel onthou is dat ek en Robert die hele dag getreur het totdat Daan terug was. Ons was verlore, want ouboet Daan was altyd die voorbok, die plannemaker. En nie net dit nie, dis geen pret om iets aan te vang, iets te maak, as jy nie iemand het om dit voor te wys nie. Ek bedoel nou nie iemand soos Ma by die naaimasjien of Pa by die waterafleivoor nie, maar iemand wat tyd het om te kyk en om te verstaan, of om beter te doen sodat jy volgende keer weer harder probeer.

Mens kon nou wel agter Pa aandraf waar hy die tabakplantjies op die nuwe land troetel, maar die kluite is groot en die klonte bruin - amper swart - soos die suiker wat hy jou gee om te suig en dit maak mens weer so dors. En ou Robert loop ook net eenkeer saam. As hy agterkom dat jy weer met die volgende ry terugkom, dan gaan l hy wlaps! in die leivoor en wys sy tong aan die wreld. Dan gaan jy maar huistoe en kyk of Ma nie iets soet bak nie sodat jy die skottel kan uitlek, of so nie gaan kyk jy of die henne al gel het, maar niks is lekker as jy dit alleen moet doen nie.

Maar toe Daan uiteindelik die middag terugkom was daar fout - hy was nie meer dieselfde Ouboet nie. Met 'n tassie, 'n lei, 'n griffel en 'n leesboek was hy skielik in 'n ander wreld, op 'n ander planeet. Hy en Nonna, ons bure se dogter, had skielik veel meer belangrike dinge te doen as om vir Robert 'n tuig van bloekomboombas te maak of om 'n papaja aan repies te sny en op te hang om te sien of mens pawpaw-biltong kan maak.

Van toe af was dinge tussen my en Daan nooit meer dieselfde nie, en toe hy eers leer lees en die wonderwreld van boeke ontdek, was dit verby. Eers baie jare later, hier n 1939 - 1945 se oorlog, het ons mekaar weer gevind. Maar dis 'n ander storie.

Van die twee jaar of wat vandat Daan begin skoolgaan het en ek vir die eerste keer met dieselfde bussie Witrivier-toe is, kan ek bitter min onthou. Hier en daar so 'n raps, ja, soos die dag toe die kafferbul vir Moskou in die pens gestoot het dat sy derms uitpeul en Pa die lemetford kom vat het en Ma en tannie Maud hulle ore toegedruk het in die spens. Daarna het Pa vir 'n ruk lank probeer om 'n muil langs Pop te laat trek maar eendag het Tannie Irene sy oogklappe afgetrek voordat sy tuie afgehaal was, en dit was die einde van daardie stel tuie. Toe het Pa maar 'n spaaider gekry en Pop het alleen die spaaider getrek.

Sy was 'n liewe ou perd; ek onthou Ma kon selfs alleen met haar winkel-toe ry. Vandag nog sien ek hoe die wit skuim onder die tuie begin vorm nadat die sweet eers in sulke klein straaltjies langs haar boude begin afrol het. Ek hoor nog die grrrr van die ysterwiele oor die gruispad en dan die skielike sssssss as ons deur 'n lappie sand ry.

Ma het haar eie taal met ou Pop gepraat. Met die wegtrek het sy die leisels so 'n klap op Pop se rug gegee, dan roep sy "Hait!". Pop l dan teen die tuie, en as die spaaider agternakom slaan sy op so 'n luilekker draffie.

Net om te wys wie's baas maak Ma so nou en dan 'n soort soengeluid met haar lippe of so 'n tl-klank na binne met haar tong. Dan draai ou Pop haar ore vir 'n oomblik agtertoe, net om darem die aansporing te erken, en draf dan ongestoord voort. "Nee, kom jou ou maaifoelie" s Ma dan en por haar met die punt van die sambreel teen die boude. Pa het altyd ges dis hoekom sy so baie spikkels op haar stre het dan s Ma "jy het seker malhondjies - kyk net waar het sy orals spikkels waar ek nie eens met die sambreel kan bykom nie."

As daar 'n perdehemel is, dan is ou Pop soontoe. Of nog beter, as ek eendag in die hemel kom en ek sien vir Pop daar, sal ek weet ek is regtig in die hemel.

Hoe sal ek dan vir Pop tussen al die ander perde uitken?

Aan haar spikkels, natuurlik!

Durban, 1998

LEESBOEK VOOR ZUID-AFRIKA,
IN ZES DEELEN
DOOR HUBERTUS ELFFERS

My skoonsuster stap in 'n antieke winkeltjie in Oos-London en kry hierdie kosbare boekie wat reeds in 1899 deur J.C. Juta & Co. gepubliseer is. Voor in die boekie het die eerste eienaar in sierlike handskrif sy naam geskryf: Herbert Vermaak, August 1900. Ek verwonder my toe nog aan die Engelse datum, toe lees ek die volgende oor die klein publikasie: Ingericht als vertaalboek. Ene mnr. Vermaak wou waarskynlik sy Afrikaans/Nederlands (?!) die begin van die vorige eeu probeer verbeter of ontwikkel. In my deurblaai en vluglees het ek op pragtige tekste afgekom. Ek deel graag een van die tekste met ons lesers. Let op die manier waarop die meerlettergrepige woorde verdeel is om die student (vermoed ek!) te help:

OP JACHT
Mijn neef wou eens gaan ja-gen, en ik wou mee. Ik kon slecht schie-ten en hij ook; maar hij dacht, dat hij het goed kon. Hij kleed-de zich net als een jager, nam zijn ge-weer on-der den arm, hing een groo-te tasch o-ver den schouder, en riep zijn hond, om met hem mee te gaan. Al gauw wa-ren we bij de ri-vier tus-schen het hoo-ge gras. "Nu stil, Jacob," - zei hij tot mij, - "hier zijn wil-de een-den! Wat zul je zeg-gen, als je er van a-vond een ge-bra-den krijgt?" - "Schiet hem maar eerst," - zei ik, - "vr je van bra-den praat; ik blijf hier." Mijn vriend ging ver-der. Daar vliegt een eend op vlak bij zijn voe-ten. De hond neemt een sprong, om hem nog te grij-pen; maar't was te laat. Het ge-weer komt! 't Wordt te-gen den schou-der ge-zet; het hoofd op zij ge-bo-gen! Maar waar bleef het schot? Ik werd on-ge-dul-dig en riep: "Zoek je mis-schien naar den trek-ker? Schiet toch, Pie-ter!" Bamm! - dr ging het af! De eend vloog rus-tig verder. "Goed zoo, Pie-ter! net ach-ter hem aan" - zei ik spottend. Pie-ter wou boos wor-den, maar hij moest toch ook la-chen. Hij sprak la-ter nooit weer van bra-den, vr hij ge-scho-ten had.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Ek kry 'n Griekwaweergawe van Psalm 42 in Die Taalgenoot van Januarie/Februarie 2000. S klink dit:

sos bokkietjies virrie water loop soek,
soek-soek ek die Jirre wat hulle s God,
nou trane is my kos:
hulle vra:  nou waas jou God?
die mense s:  nou wa bly di God?

nou hoe sal my siel dan nou sit kerm
diep innie dermtes van my gederm
assie Jirre nou sommer my ongeluk
kan sit omdraai innie grote geluk?

(Uit: Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt deur Hans du Plessis)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Liewe lesers - ek sien uit daarna om van julle te hoor. Stuur asseblief julle pennevruggies vir die Hoor-Hier! Groete.

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe  
Tuisblad   Gasteboek