HOOR-HIER!

Maart 2001: 42

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Alweer die eerste Herfsmaand van die jaar ... hier by ons! Gelukkig is dit nog heerlik warm - die aande selfs soel. Ek weet dat daar mense met dik jasse in ander dele van die wreld rondloop. Ek voel baie jammer vir hulle. Minus-temperature was nog nooit vir my bedoel nie. Maar laat ons in heerlik sappige Afrikaans mekaar warm praat en lekker saamkuier.

ARME CHARMAINE
(Nog 'n Lderitz-herinnering deur Susan Alexander)

Teen die middel van standerd vyf sluit Charmaine Steenkamp by ons aan. Dit is vir ons duidelik dat hierdie mooi ou meisietjie in 'n ander klas as ons beweeg. Sy lyk net gewoon mooier, beter versorg. Sy trek mooier aan. Die seuns se o peul behoorlik uit by die aanskoue van die eksotiese blom - uit Johannesburg, hoor ons mettertyd. Sy is baie vriendelik en maak gou met die hele klas vriende. Ek besef dat ek maar baie min van die lewe weet as ek in Charmaine se teenwoordigheid is. Maar sy behandel my net so vriendelik en stel haar glad nie aan nie.

As dit studietyd is, kan ons nie wag om te sien watter uitrusting Charmaine aanhet nie. Die meeste kinders is steeds in hulle skoolklere as hulle opdaag vir die een en 'n half uur studietyd - maar nie Charmaine nie. Sy dra die kortste rokkies wat ek nog ooit gesien het en haar bruin bene en slanke voetjies in fyn sandale laat almal eers vir minstens tien minute staar totdat die onderwyser wat toesig hou sy keel skoonmaak en almal besig raak met hulle skoolwerk.

Een middag nooi Charmaine my uit om die volgende middag na skool saam na haar huis toe te gaan. Ek is so opgewonde dat ek byna nie kan slaap nie. As Charmaine se ouers so welgesteld is as wat dit lyk, sal ek graag hulle huis wil sien. Ek bespreek my uitnodiging met Ma en sy stem in dat ek vir 'n rukkie kan gaan kuier. Ek kan nie verstaan waarom Ma so bekommerd lyk nie.

Die volgende dag draal verby. Ek trek my tweedebeste rok aan studie toe. Ek weet Ma sal nie daarvan hou nie, maar ek kan tog nie soos 'n regte japie by die ryk dogter se huis opdaag nie. Na studie stap ek en Charmaine stadig na hulle huis toe. Ek voel besonder trots want ek weet dat sy nog nooit een van die ander kinders na haar huis genooi het nie.

Toe ons in die straat indraai waar hulle huis staan, wys Charmaine die pragtige dubbelverdiepinggebou vir my. O Charmaine, dit is pragtig! bars ek uit. Dan skaam ek my effens vir myself. Maar die elegante huis met sy groot vensters en siersteenmure is werklik besonders. Toe ons met die trappies opklim, bars die voordeur oop en 'n korterige, blas man storm uit. Dit is asof hy my nie eens raaksien nie. Charmaine! Charmaine! Sy het dit alweer gedoen! breek die woorde oor die man se lippe.

Vir 'n enkele moment staan Charmaine in totale onbegrip langs my, dan bedek sy haar gesig met albei haar hande en begin met skor, rukkerige geluide huil. Nee! Nee!

Die man gryp Charmaine aan haar bo-arm en sleep haar half in die huis in. Hy klap die voordeur agter hulle toe.

Ek staan vir 'n paar minute verdwaas op die trappie. Dan draai ek maar om en stap baie stadig huis toe. By die huis skud ek net my kop heen en weer as Ma my uitvra oor my besoek.

Die volgende dag kom mnr. Pretorius peinsend in die klas ingestap. Kinders, julle nuwe klasmaat, Charmaine, sal vir 'n paar dae nie skool toe kom nie. Die kinders hou hulle asems op. 'n Baie tragiese gebeurtenis het by haar huis plaasgevind. Haar ma het gister probeer selfmoord pleeg. Daar sak 'n siek stilte oor die klas toe. Mevrou Steenkamp is in die hospitaal. Sy sal waarskynlik heeltemal herstel. Maar julle sal baie mooi met Charmaine moet werk as sy eers weer terugkom skool toe. Sy is baie geskok. Die dokter het vir haar kalmeermiddels gegee.

As ek later terugstap huis toe, dink ek aan ons ou eenvoudige Spoorweghuisie, die twee kombuisstoele en een appelkas langs die tafel. Ek dink aan ons dolos-etes en bredies met lang souse. Ek dink aan die grappies en gesels terwyl ons eet en skottelgoed was.

Nee - nie een van ons het nog ooit gedink die lewe is nie die moeite werd nie.

'N PLUIMPIE VIR 'N HOOR-HIER

Liewe lesers,
Ek is geweldig trots om vir julle te vertel dat ons Hoor-Hier! vir die derde agtereenvolgende jaar 'n Pluimpie-Toekenning vir die beste publikasie in die ATKV-kompetisie in Namibi gekry het. Ek wil net baie dankie s vir al die bydraes en morele steun van ons lesers. Ek glo dat ek in die toekoms steeds daarop sal kan staatmaak.

LESERSBRIEF
(Tannie Mari D'Alton skryf 'n heerlike briefie uit haar jongdae uit)

Ek het maar net gewonder of daar van ons leseresse (of lesers, hoekom nie?) is wat nog kan onthou van seepkook? Toe ek nog 'n jonggetroude vroutjie was, het ek self seep gemaak vir wasgoed.. As daar bees geslag is, word seep gekook. As die seep opraak en dis nie beesslagtyd (Winter) nie, kon seep darem op kleinskaal gemaak word van skaap-hardevet wat van elke week se skaapslag bymekaar gemaak is.

Ek wou so graag toiletseep gemaak het, maar kon nooit die resep in die hande kry nie. Die persone wat wel gemaak en op skoue pryse gewen het, verseker my dat hulle die resep verloor het. Nouja, dis ook moontlik.

Gedurede die depressiejare kon ons resepte bekom van tuisgemaakte bakpoeier, ersatz koffie en ... nee, ek kan nie verder onthou nie, maar daar was baie planne om die groot tekorte die hoof te bied. Gedurende die Eerste Wreld oorlog het Moeder mieliepitte en dro ertjiepitte gebrand vir koffie. En hoor hier, dit was - nadat ons jongspan dit gewoond geraak het, nog lekkerder as die koffiebone wat ons vroer kon kry. Van sigorei wou Ma nie weet nie. As koffie reg gebrand is, is die smaak mos reg, was ons moeder se geloof. As moeder dink die koffiebone (of ersatz) wat sy besig is om in die groot ysterpot oor 'n vuurtjie te 'brand' is naasteby reg, moet een van ons regstaan en monsters daarvan gryp en in die kombuis gaan maal, terwyl die 'brandery' voortduur. Jy moet ook net jou spring ken, want die koffie kan, as jy sloer, verbrand. Sodra die regte stadium bereik is, moes iemand spens toe draf, 'n koppie suiker uit die sak skep en bring. Een van ons moet die vuur onder die pot uithaal voor moeder die koppie suiker oor die gebrande koffiebone strooi en vinnig roer, voor dit in 'n tameletjie saamkoek. Dan het ons mekaar by die meuletjie verdring om 'n beurt by die malery te kry. Nou's daar genoeg gemaalde koffie vir minstens 'n maand. En daar was nie veel tee in gebruik op Schoonspruit nie

HOOR-HIER GALORE! 2000
SPESIALE AANBOD

Daar is nog 'n klompie Galore 2000-boekies beskikbaar teen die spesiale prys van N$20,00 (of R20,00 in Suid-Afrika.) Ook hierdie publikasie het 'n ATKV-Pluimpie Toekenning ingepalm! Plaas u bestellings so gou as moontlik!

'N NUWE ONDERWYSBENADERING TOT VIGS-OPVOEDING

Die volgende berig volg na 'n E-posonderhoud van my met 'n goeie vriend en skrywer, dr. Lutz van Dijk. Die onderhoud het plaasgevind na die vrystelling van dr. van Dijk se roman, Stronger than the Storm. Hierdie teks spreek die probleme van Vigs aan.
Jens Friis

"Jongmense moet met hul vriende - en ook hul bedmaats - oor Vigs kan praat.

Dogters moet die vrymoedigheid h om nee te s. Seuns behoort hul manlikheid op ander wyses te kan toon.

Hiertoe kan storievertellings 'n leeue-aandeel h. Vertellings is diep gewortel in die Afrika-tradisie en is dus die ideale hulpmiddel om ruimte te skep vir nuwe onderwysmetodes."

So s dr. Lutz van Dijk 'n Nederlander wat - sover bekend - die eerste novelle in Suid-Afrika geskryf het oor 'n leerling wat Vigs opdoen en daarmee moet saamleef in 'n township.

Sy boek gaan nou deur die Departement van Onderwys ingespan word om Vigs op 'n nuwe manier te beveg.

"Verhale hou trots en tradisies lewendig in 'n diverse samelewing. Dit beaam gemeen- skaplike ervarings. Sodoende is dit makliker om met mekaar te praat - selfs oor onstellende dinge soos Vigs. Dit maak storytelling 'n mt in klaskamers."

Vigsopvoeding het immers so ver nog nie die vrugte afgewerp waarop gehoop is nie. MIV-syfers onder jong volwassenes skiet die hemel in.

"Nes onder Apartheid, dra die jeug die swaarste. In die struggle teen Vigs soek ek saam met opvoedkundiges na meer effektiewe maniere om dit te bekamp."

Hy glo dat die syfers en feite wat Vigs omring, eenvoudig t oorweldigend is. Leerlinge hoor, maar luister nie. Selfs al mag dit hul dood beteken.

"Literatuur bied 'n manier om di probleem te oorkom."

Stronger than the Storm is 'n storie oor Vigs, maar dit is ook meer as dit. Soos goeie literatuur, bied dit talle temas wat tot leerders sal spreek. Hieronder is vriendskap, liefde, familiewaardes, geweld en tradisies - en dan ook Vigs. Hoe staar jy di dodelike virus in die gesig om die beste van 'n slegte saak te maak?

Onderwysers van by die 100 skole sal deelh aan die eerste ronde seminare oor Stronger than the Storm. Die seminare word aangebied deur Van Dijk en me. Karin Chubb, skrywer van 'n bygaande onderwysershandleiding.

Die handleiding gee onder meer voorstelle vir kreatiewe skryfwerk en hoe die taalvaardighede van leerders verbeter kan word. Daar is talle ander idees oor hoe die verhaal gentegreer kan word in die kurrikulum.

As jong onderwyser in Europa is Van Dijk nie toegelaat om na Suid-Afrika te kom nie weens sy anti-apartheidsoortuigings. Sy eerste besoek was in 1997 nadat hy 'n Jeugliteratuurprys van Die Namibiese Kinderboekforum ontvang het vir 'n ander roman waarin 'n Namibiese kind die hoofrol vertolk het.

Ons land - waaroor hy dol is - het hy hierna telkemale besoek.

"Gebore en geto in Europa, is ek diep bewus van my beperkings om 'n storie te skryf vanuit die perspektief van 'n jong, township-dogter. Veral jongmense van Gugulethu het my egter aangemoedig om die verhaal van Thinasonke neer te pen. Dit is hul storie. Sonder noue samewerking sou die boek onmoontlik gewees het."

In Januarie het Van Dijk Xhosa-klasse by die Universiteit van Kaapstad se somerskool geneem.

"As ek langer as 'n paar weke in 'n land woon probeer ek om iets van 'n vreemde taal te leer. Taal is altyd meer as woorde en grammatika. Dit is ook kultuur. En om iets van 'n vreemde taal aan te leer is 'n teken dat jy daardie taal en sy sprekers respekteer."

Hy s dat Xhosa vir hom moeilik was, want alhoewel die grammatika absoluut logies is, is dit totaal verskillend van Wes-Europese tale. Hy is vlot in Duits, Nederlands en Engels en hy verstaan Afrikaans heel goed.

"Die Xhosa-mense wie ek ontmoet het, is geweldig gaaf. Dit bendruk my dat daar altyd gepoog word om eers gemeenskaplike grond te vind en dat dit as ongemanierd beskou word om iemand vinnig op sy of haar foute te wys. Dit is menslik. Hierdie karaktereienskappe kan 'n waardevolle bydrae lewer tot nasiebou."

Stronger than the Storm sal eersdaags in Xhosa, Zoeloe en Afrikaans vertaal word. Die Engelse-uitgawe bevat reeds 'n paar isiXhosa-frases.

Alle geld wat Chubb en Van Dijk uit die boek sou maak, gaan aan jeugprojekte vir die bekamping van Vigs.

Stronger than the Storm (ISBN: 0636-044769) is deel van Maskew Miller Longman se Young Africa-reeks. Dit kos R34,95 en is in Januarie 2001 gepubliseer. Begin-Maart sal die handleiding vir onderwysers beskikbaar wees teen R79,95. Vir meer besonderhede kontak Ann Steel by 021-5317750 of by die E-posadres:asteel@mml.co.za

KRIT

Die tweede Krit sal gewy word aan Antjie Krog se nuutste digbundel: Kleur kom nooit alleen nie. Di bespreking vind plaas op Dinsdag, 17 Maart om 19:30 by Windhoek Consulting Engineers se kantoor.

Die bespreking van tekste is baie informeel en selfs persone wat hulself nie as sogenaamd literr beskou nie, is baie welkom.

Enige belangstellende kan met Susan Alexander skakel by enige van die kontaknommers op die voorblad.

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Ek blaai toevallig deur 'n boekie wat my studente baie jare gelede vir my gegee het. By een spesifieke teks het ek met my eie handskrif geskryf: Dinsdag, 22 Maart 1988, 10:00
Ek het nie die vaagste idee waarom ek hierdie datuminskrywing gemaak het nie ... ek glo egter dat die teks op daardie spesifieke moment iets vir my beteken het. Ek deel dit graag met ons lesers:
 

Vandag is die dag
vir gelukkig wees!
Geen enkele dag
is jou gegee nie
anders as vandag
om voluit te leef
om bly en tevrede te wees!
Gister is jy kwyt,
mre moet nog kom.
Vandag is die enigste dag
wat jy in jou hande mag hou!
Maak daarvan jou beste dag nog:
Hrlik!
(Uit: Blomme van geluk moet jy self plant!
Deur Phil Bosmans)

LAAT ONS VAN JOU HOOR!

Liewe lesers - ek sien uit daarna om van julle te hoor.

Groete

 


         
Vorige Uitgawe   Volgende Uitgawe  
Tuisblad   Gasteboek