HOOR-HIER!

Mei 2001: 44

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier/

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS


DAGSÊ VRIENDE

Afskeid

Die einde van standerd vyf kruip nader. Ek ervaar 'n beklemming wat my naar maak. Daar is net 'n Duitse HoŽrskool op LŁderitz en dit is vir ons ou paar Afrikaanssprekende kindertjies glad nie 'n moontlikheid nie. Ons sal dus almal Keetmanshoop toe moet gaan, in die koshuis bly en slegs uitnaweke huis toe kom. Ek kan met niemand oor my vrese gesels nie. My klasmaats lyk so opgewonde oor die vooruitsig om die koshuislewe te belewe. Ek sidder.

Ma ervaar iets van my angstigheid en praat opgewek oor hoŽrskool, nuwe maats en nuwe onderwysers.

Na die eksamen is daar 'n afskeidsgeleentheid vir die standerd vyfs. Ek dra 'n pragtige pienk rok wat tannie Joekie se dogter vir my gegee het. Sy is wel ouer as ek maar omdat sy so klein gebou is, pas die rok soos 'n droom. Ek voel in my skik met myself en met my voorkoms as ek en Ma na die skool toe stap vir die geleentheid. Daar is 'n paar toesprake en koek en tee. Die twaalf leerlinge sit op die verhoog. Daar is 'n mooi tafel en 'n reusekoek met twaalf klein poppies op. Elke poppie is met 'n pragtige versiersuikerrokkie aangetrek: Groen vir die kinders wat in die somer verjaar, geel vir die herfskinders, spierwit vir die wintergeborenes en pienk vir die lente-babas. Ek kry 'n geel poppie.

Die atmosfeer is - die vrolikheid ten spyt - effens gedemp na die funksie.

Ek en ma stap stadig deur die mis huis toe. Ek dra die klein versiersuikerpoppie versigtig. Alles wat mooi is, gaan so gou verby. sug ek. Ja, my kind. Maar gelukkig gaan die dinge wat vir mens swaar is ook verby.

By die huis sit ek die poppie langs my ander kleinode op die spieŽlkas. Ek trek met 'n swaar hart my pienk rok uit en my slaapklere aan. Ja, dit mag so wees dat die dinge wat vir mens swaar is ook verbygaan - maar dit sal nie maklik wees nie. Mens moet wag en geduldig wees en ek het so min geduld!

LESERSBRIEWE

Ek kry 'n briefie van Riaan Badenhorst en hy vertel 'n lekker rugbystorie wat ek graag met ons lesers deel:

In 1962 word ou Billy Welworth - wat tans saam met my werk - verkies om as bestuurder die Suid-Afrikaanse Universiteite rugbyspan na Engeland te vergesel. Daar gekom, word hulle uitgenooi om by 'n ene Lord Hamilton te gaan eet. Fout! Met die instap in die deftige eetvertrek, word die span oorweldig deur die pragtige kristalglase, silwer eetgerei en al wat 'n mooi ding is op die grote tafel. Verstaan nou mooi: 'n student is 'n ander spesie Ö en hy wil mos altyd 'n ou soewerneertjie terugneem huis toe. Billy het sy manne maar te goed geken. Hy was egter in 'n verleentheid, want hoe kan hy die manne vermaan voor die Lord. Hy vra toe maar vir die Lord of hy - vir die manne se onthalwe, die tafelgebed in Afrikaans kan doen. Die Lord het geen beswaar nie en Billy bid: "Liewe Here - as een van hierdie manne vandag 'n ding vat en in hulle sakke steek, dan sal ek wat Billy is persoonlik met hulle afreken. Amen." En die Lord sÍ ook Amen.

Dankie vir die mooi storie, Riaan! Stuur gerus nog. Red.

Dan kry ek ook 'n mooie briefie van oom Simon van Zyl van Walvisbaai. Hy skryf:

Ek word een van die dae 86. My ou vrou is tannie Alida en sy was al 83. Al wat ek graag doen, is om my herinneringe op skrif te stel, want niemand sal weer die voorreg hÍ om daardie tye te belewe nie. Hier is 'n uittreksel uit een van my sketse:

 

MŰre vroeg, voordag, word ingespannen. Die voordagskof word aangepak. Hier van die osse voor die wa kom nou en dan so 'n warm luggie van hulle lywe af. Hulle stap lekker vinnig en die wiele sny met so 'n gesuis deur die skilpadsand. Net voor sonop word uitgespan en nou word koffie en roosterbrood en braaivleis voorgesit. Ai! waar kan 'n kind lekkerder eet. Die mooi niggietjie daar oorkant jou hou jou so onderlangs dop en jy loer terug en as sy dan vir jou oogknip, dan voel dit vir jou jy is nou so na aan die hemel as wat jy hier op aarde kan kom.

Nou ja Susan, dit is darem maar lekker as mens mooi herinneringe het, iets wat niemand van jou af kan wegvat nie - solank as jy lewe. Ek bly hier in Huis Palm in die privaatdeel by nommer ses en twintig, en as jy hier sou kom, dan sal jy 'n lekker koppie boeretroos kry. Ek wens jou alle sukses toe met jou pragtige poging. Hartlike boeregroete. Tannie Alida en oom Simon.

Baie dankie vir die pragtige uittreksel oom Simon. Stuur asseblief nog van jou tekste. Jy is reg: julle het 'n tyd belewe wat ons geslag nie weer sal sien nie. Red.

DIE VALENCIA LEMOEN SE GESKIEDENIS

Baie dankie aan Johan Wentzel wat hierdie maand sy kennis oor hierdie interessante vrug met ons lesers deel.

Hierdie artikel is vir diegene, soos ek, wat waardering en belangstelling in die storie agter die plant het. Hopelik geniet u die artikel soos wat ek dit geniet het om dit saam te stel.

Die naam VALENCIA is so Spaans as kan kom. Dit is dus geen wonder nie dat algemeen aanvaar word dat die Valencia lemoen uit Spanje kom. Dit is egter nie waar nie. Die Valencia het oorspronklik sy bekendheid in die Azores verwerf en is feitlik ongetwyfeld van Portugese oorsprong.

Geen ander sitrusvariŽteit het die buitengewone geskiedenis van die Valencia lemoen nie. Dit is ook die belangrikste kommersiŽle lemoen ter wÍreld. Vroeg in die 1860's het Thomas Rivers, 'n tuinboukundige van Sawbridgeworth in England, 'n voorbeeld uit die Azores verkry. Toe was die naam van die lemoen nog EXCELSIOR. Rivers het die laat- rypwordingseienskap van die lemoen erken en gemeen dit is net die regte ding vir houerplante. Daardie jare was dit die "in"-ding by die plattelandse herehuise om n "Orangerie" te hÍ. Mnr. Rivers het op sy beurt weer Excelsior lemoene versend na S.B. Parsons in Long Island Amerika in 1870. Diť het weer op sy beurt in 1876 plante voorsien aan beide A.B. Chapman van San Gabriel Kalifornia wat dit River's Late gedoop het en in 1876 aan E.H. Hart van Federal Point Florida wat dit Hart's Late gedoop het.

In 1887 is Rivers Late herdoop na Valencia Late op aanbeveling van 'n Spaanse sitrus-kenner wat op besoek aan KaliforniŽ was. Hy het die ooreenkoms tussen die Rivers Late en 'n laat variŽteit wat in die Valencia streek in Spanje gekweek word, raakgesien. Dit was eers 10 jaar later dat kenners besef het dat die Hart's Late en Valencia Late in werklikheid presies dieselfde lemoen was.

Die Valencia se uitstaande kwaliteite is sommer gou agtergekom en kort voor lank het dit die tendens van sitrusproduksie dwarsoor die wereld vir altyd verander. Vandag is dit die leidende lemoen in die meeste sitrusproduserende lande van die wÍreld. Geen ander sitrussoort word so verspreid en op so 'n groot skaal as Valencia lemoene geproduseer nie. Die Valencia is die leier in ArgentiniŽ, AustraliŽ, KaliforniŽ, Florida, Marokko, Suidelike Afrika, Uraguay en verskeie ander lande. Spanje het oorspronklik min belangstelling in Valencia getoon, maar sedert die 1970's het belangstelling verhoog en teen 1990 was 15% van die land se boorde Valencia. Sedertdien het belangstelling daar weer afgeplat ten gunste van nuwer, later variŽteite.

In China is Valencia die vierde belangrikste sitrussoort en word ongeveer 100,000 ton produseer in die Chongqing, Sichuan en Guangxi provinsies.

Valencia bome is vinnig-, regopgroeiende groot bome met hoŽ produksie. Dit neig wel somtyds tot alternatiewelike drag, veral as die voedingsprogram afgeskeep word. Die hittetoleransie van Valencia is uitstekend en al die variŽteite behoort die nommer een keuse te wees vir SomerreŽnvalstreke met hoŽ dagtem-perature en lae lugvog.

Die vrugte is medium-groot tot groot, ovaal-rond, gladde goedgekleurde dun skil wat heelwat taaier is as die nawel se skil. Juis dit, tesame met die hoŽ sapinhoud, het die Valencia so gewild gemaak. Dit kneus nie so maklik soos die Nawel nie en het ook n beter raklewe.

Vriendelijke groetjes vanuit de Plantenfokkerij.

ONS TAAL IS NIE SOMMER MEE TE MORS NIE!

Gedurende die wedstryd tussen die Stormers en die Hurricanes (ons praat natuurlik Rugby hier, Super 12, niks minder nie) het die kommentators 'n pragtige Afrikaanse woord gebruik wat ek voorheen nog nie gehoor het nie - "vlugflou", of "vlugflouheid". Pragtig, dis natuurlik 'n eie woord vir die Engelse "jet lag". Hoe skerp kontrasteer dit nie met die slapgat "Afrikaans" wat gedurig misbruik word deur die omproeper van die beeldradioprogram "Voorblad" nie. "Dis eintlik 'n naais situasie", of "Is dit nie febulus nie?"

Dit herinner my aan 'n toespraak wat oud-minister Pik Botha eenmaal gemaak het. Ek weet, ek weet. Dit was jare gelede. Maar die indruk van wat hy gesÍ het sal my seker nooit ontgaan nie - "Daar moet 'n fyn lyn van distinksie getrek word . . ." Eina!

Afrikaans is nie 'n multiverdieping glas-en-aluminium konstruksie in Johannesburg se besigheidsdistrik waarteen elke rondloperbrak maar sy been kan oplig nie. Afrikaans is 'n statige herehuis met gewels en grasdak, geelhoutvloere en stormvensters wat trots waghou oor die ryk verlede en blink toekoms van diegene wat die taal wil gebruik omdat hulle trots is daarop.

Een van my handboeke op skool was "Afrikaans as Lewende Taal". Ek was trots op die boek en die titel. Van my klasmaats het spottend daarna verwys as die "Lewende Kwaal", maar diť spotnaam het nooit by my posgevat nie. Te veel mense sien hul taal as 'n kwaal, en sů word ons spreekwyse dan heel siek. Miskien is dit tyd dat meer mense begin genees aan ons taal: "Stadig buig die boompie sy stammetjie weer op". Hoeveel keer moet die wa hom dan vertrap?

     John D'Alton

NEDERLANDERS MINDER TALE MAGTIG WEENS TE MIN ONDERWYSERS

   Jens Friis

AMSTERDAM     Dat 'n Nederlander Nederlands, Engels, Frans en ook Duits kan praat is glad nie raar nie. Besorgde inwoners van hierdie veeltalige land spreek egter nou kommer uit dat 'n nuwe generasie se taalvaardigheid sleg gaan afsteek teen hulle s'n.

Dit beteken niks goeds in 'n globaliserende Europa nie.

In Nederland is daar 'n toenemende tekort aan gekwalifiseerde onderwysers wat vreemde tale aanbied by sekondÍre en tersiÍre instellings, berig die Windmill Herald.

Aangesien Frans en Duits nie meer verpligte vakke op skool is nie, word dit al hoe minder bestudeer. In ooreen-stemming hiermee, neem die vlak van onderrig ook af.

Alhoewel bywoning en onderrig in Engels heelwat beter daar uitsien, is die gebruik van Engels op sigself onvoldoende in die hedendaagse besigheidswÍreld. Daar word gereken dat Nederlandse sakelui $8 biljoen jaarliks in die water gooi omdat hulle nie met hul Franse eweknieŽ kan kommunikeer nie.

GRIESEL SE GRAPKAS

Griesel se Grapkas stuur een maal per week skoon grappies uit in Afrikaans en Nederlands (NIE in Engels nie!). Oorspronklike, skreeusnaakse grappies, heeltemal gratis! Gaan kyk gerus by http://www.geocities.com/grieselg of skryf aan Gerhard Griesel by: griesel@futurenet.co.za. Dankie!

KRIT

Die literÍre besprekingsgroep in Windhoek, Krit, bespreek op Dinsdagaand, 8 Mei 2001 om 19:00 Disgrace.

Hiermee 'n kort bekendstelling deur Jean Lombard wat dan ook die gesprek oor hierdie roman gaan inlei:

Met die roman Disgrace wen die Suid-Afrikaanse skrywer J.M. Coetzee in 1999 die tweede keer die gesogte Bookerprys vir Letterkunde, nadat hy dit in 1983 verower het met Life and Times of Michael K. Hiermee maak Coetzee geskiedenis, omdat hy die eerste skrywer word aan wie diť Britse prys vir skrywers uit die Gemenebes twee keer toegeken is.

Disgrace vertel die verhaal van 'n wit universiteitsprofessor, David Lurie, wat uit sy pos ontslaan word vanweŽ 'n verhouding met een van sy studente. Hy verlaat die stadslewe om 'n tyd lank by sy dogter op 'n plaas in die Oos-Kaap - wat sy self bestuur - deur te bring. 'n Nare voorval waarby rasse-geweld betrokke is, bring velerlei probleme in hul verhouding na vore. Die konflikte op persoonlike vlak reflekteer terselfdertyd die sosiaal-politieke dilemmas van 'n veranderende Suider-Afrika.

In 'n Internet-resensie verskyn die volgende opmerkinge: "Even the animals evidence psychological depth, and even they will not escape the rooted violence of African race relations. Coetzee seems too wary - or weary - for hope, but a sly ironic awareness in his voice often suggests otherwise. Despite its gravity, Disgrace is a sheer pleasure to read. He unites a novelist's sensitivity to the human condition with a poet's eye for detail, inflection, and shades of meaning; a combination that renders this tale convincingly."

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Ek deel graag hierdie gedig deur Maggie de Klerk van Oudtshoorn met ons lesers:

Wilgerboomles

Hul takke
soepel
buigsaam
ritmies swaaiend
heen en weer
storms
seisoene
dae
nagte
buig hul saam met die krag
van elemente
ongedwonge

laag gebuig
tot teen die
water
kry hulle weer
koele lafenis...

Sů moet die
mens ook
laag buig
want Lewe
knak
'n stywe nek

Ek het reeds 'n paar bydraes
gekry wat ek hou vir die

HOOR−HIER GALORE!   2001

Skryf bydraes vir hierdie
spesiale uitgawe:
gedigte, staaltjies, sketse, resepte

- ek wag in spanning!

Hoor-Hier! Redaktrise

 


Volgende Uitgawe
Vorige Uitgawe
Tuisblad
Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek
Boekwinkel
 

Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

Besoekersinligting
 
Disgrace
Op soek na Generaal Mannetjies Mentz