HOOR-HIER!

Julie 2001: 46

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

Die professor op die vullisblik

Die koshuislewe en die streng roetine is vreemd, maar maak dit op 'n manier ook makliker vir 'n mens. Jy hoef nie te veel te dink nie: as die eerste klok in die oggend lui, staan jy op. Jy het 'n halfuur om te was, aan te trek, jou bed op te maak. As die tweede klok lui, is daar 10 minute stiltetyd. Ek is nie gewoond aan die baie Bybellees en gebid nie. Ek raak meestal weer 'n bietjie aan die slaap op my knieŽ voor die bed, my kop op my arms.

Die derde klok beteken dat 'n prefek of die onderwyseres aan diens inspeksie sal kom doen om te kyk of die slaapsale netjies is. Elke meisie staan by die voetenent van haar bed.

Die ontbytklok laat klink die getrappel van al die koshuisgangers in die gange en teen die trappe af.

Na ontbyt is daar tien minute vir tande borsel en om die skooltasse wat die vorige dag reeds gepak is, te gryp en oor die straat te stap skool toe.

By die skool raak ek ook gou gewoond aan die rooster, klasse wissel, die nuwe onderwysers. Die senior leerlinge word nie toegelaat om die nuwelinge te ontgroen by die skool nie.

By die koshuis, word daar egter 'n bietjie grappies gemaak met die standerd-sesse. Een namiddag, net voor aandete, word ons in rye staangemaak buite die koshuis. Die seniors sit op die trappe by die sy-uitgang en juig die geringste poging van die onbeholpe leerlinge luidkeels toe.

'n Vullisblik is nader gesleep en elke standerd-sesser kry 'n geleentheid om op die blik te klim en 'n "item" te lewer. Die bydraes wissel van kleuterversies tot redelike vals liedere. As ek op die blik klim, wikkel die deksel gevaarlik. Ek kry my staan, sonder om die vaagste benul te hÍ van wat ek sal doen om ongeskonde hierdie oomblik van blootstelling te oorleef.

Meteens - 'n uitroep van heel agter uit die gehoor: Kyk net die wysheid wat straal uit die ou figuurtjie! En die ou brilletjie! 'n Ware professor!

Van Írens word 'n tydskrif opgetower en ek moet 'n lesing lewer. Wel, lees kan ek baie goed doen. Ek lees die grappieskolomme op 'n ernstige en gedrae wyse voor. My "studente" lÍ soos hulle lag. Ek word eerbiedig van die vullisblik afgehelp.

Op pad eetsaal toe, word ek deur 'n paar seniors as Proffie aangespreek. Ek bly Proffie tot aan die einde van my hoŽrskoolloopbaan.

 

’N HOPETOWN HERINNERING

Ouma Elsie Badenhorst

My niggie Ellen en ek het maar so saam groot geword en gedurende skoolvakansies het ek gewoonlik op hulle plaas, Smousdam, so 7 myl vanaf Hopetown gaan kuier. So het ons ontluik in twee vryerige tieners van sestien, sewentien jaar en natuurlik het ons elkeen 'n kÍrel gehad en nie bietjie verlief nie. Een langnaweek is ons plaas toe en ons vriende is saam. Toe ons die Sondagmiddag moet terug dorp toe, was my oom nie daar om ons te neem nie. Al genade was 'n donkiekarretjie van een van die plaaswerkers en die se seun om weer die vervoer terug te bring. Skaars het ons vertrek, toe wil die twee kÍrels leisels neem. Ellen en ek moet toe op die agterste bankie gaan sit met ons gesigte na agter. So 'n klein entjie van die dorp af vra ons toe baie mooi dat ons vriende ons tog net buite die dorp moet aflaai daar dit toe net die tyd is dat die kerk uitkom. Hulle belowe toe natuurlik hand en mond om dit te doen. Toe ons egter naby die kerk kom, steek hulle die donkies onder die sweep en ewe luidrugtig word Vaaltyn en sy maat aangemoedig om bietjie vinniger te draf, hoe ons ookal soebat dat hulle moet stilhou. Ek en Ellen het maar net ons koppe op ons knieŽ gedruk, hopende dat niemand ons sal herken nie. Met 'n swierige draai word ons voor ons huis afgelaai, ten aanskoue van al die kerkgangers wat toe op pad huis toe is.

Soos jy kan verstaan, was ons woedend en het dit baie mooipraat gekos om weer die vrede te herstel!

 

LESERSBRIEWE

Ek deel graag 'n paar briewe van lesers wat die Hoor-Hier! op Internet gaan besoek en daarna 'n boodskappie by die Besoekersboek gaan laat het:

  • Ons woon hier in die berge van noordelike Georgia, Amerika. So in die laataand hunker ek soms terug na 'n stukkie regte Afrikaans oor regte mense. Dankie vir die blaadjie. Ek sal weer inloer. Wilhelm Smith

  • Baie geluk met 'n mooi webtuiste. SeŽnwense hier vanaf Kanada.South African Outreach Ministry

  • Ek vind die Afrikaans baie mooi en skoon. Maar ek het 'n probleem: ek wil die taal leren, alleen niemand die my helpt! NL: Misschien is er iemand die mij daarbij een helpende hand kan geven. Rien van Keulen

  • Dit is wonderlik om weer ietsie AFRIKAANS te lees en dan nog van NamibiŽ! Hou so aan.Sibylle in Engeland.

  • Susan, jy is 'n wenner ek ek is baie trots op jou. Baie interessant en heerlik om van al die mense oral te lees. Dankie vir jou insette vir Afrikaans in NamibiŽ.Groete van ons Afrikaanse onafhanklike skool in Swakopmund.

     

    MENS KAN NOOIT S  NIE

    Willie Erasmus

    Daardie dae toe ons nog in Gedulddorp, Springs, gewoon het, het my ma loseerders ingeneem om te help die pot aan die kook hou. Hulle was almal jong mans wat in die goudmyne gewerk het. "Gatgoggas" het hulle hulself genoem. Daar was geleerde manne tussen hulle, soos Noeks du Preez wat eintlik 'n gekwalifiseerde prokureur was. Tog sou mens kon dink - wanneer mens hulle hoor praat, dat hulle gladnie beskaafd was nie. Want, om in die myne te kom werk was daardie dae nie vir beskaafde mense nie. Daarom moes hulle hulle verleentheid maar agter onbeskaafdheid wegsteek, net soos party mense altyd 'n gesig trek wanneer hulle afgeneem word.

    Vrydagaande (Vrydag was paydag, onthou) wou hulle nooit hÍ dat my Ma vir hulle 'n groot ete kook nie want, sÍ hulle, dan kos dit te veel om lekker getrek te raak wanneer die hele spul van hulle by die hotel in die onderdorp bymekaarkom om die week se stampe en stote weg te drink. Dit het my Ma goed te pas gekom, want dan had sy tyd vir naaldwerk.

    Noeks het gedurig vir broer Louw aangepor om te baklei. Elke dag wanneer hy van die werk af kom wou hy by Louw weet; "Het jy vandag baklei?" As Louw dan "ja" sÍ, gee Noeks hom 'n tiekie. Met al die bakleiery om tiekies te verdien het Louw toe in 'n baasbakleier ontwikkel. So erg dat niemand van sy portuur by die skool meer sy uitdaging wou aanvaar as Louw vir hom vra "Bang jy my?" en hom dan 'n hou op sy bo-arm gee terwyl hy dreigend sÍ "Hier's jou cash!" Vir my het dit die nadelige gevolg gehad dat ek hom nie meer kon baasraak of boelie nie, en die beste wat ek voor kon hoop as ons 'n meningsverskil met die vuiste wou besleg, was 'n gelykop uitslag. Maar Noeks het my nooit 'n tiekie betaal as ek en Louw baklei nie. Wys jou net hoe onregverdig die lewe is, en hoe onbeskaafd Noeks was, al was hy eintlik 'n prokureur.

    'n Ander wilde karakter wat by ons loseer het, was Eddie Raper. Hy het so 'n groen 1936 Ford tweesitplekmotortjie gehad waarmee hy ongelooflike snelhede kon behaal. Ek onthou eendag het Ma saam met hom Nigel toe gery waar hy ander werk gaan soek het, en sy om daar vir 'n vriendin te gaan kuier. Toe hulle terugkom moes Ma in die kamer ingaan en 'n bietjie rooisel aan haar wange smeer om weer 'n effense kleur in haar gesig te kry. "Jinne," sÍ sy. "Die man ry dan heeltyd sestig!" Van toe af het ek en Louw altyd gesÍ "hy kom daar aangehardloop 'like sixty' as iemand baie vinnig hardloop.

    Eendag, of moet ek sÍ een aand, het Eddie vir Noeks gekry om die Fordjie te bestuur sodat hy wat Eddie was saam met sy meisie vir die aand agter in die kattebak kon sit. Nou moet julle onthou dat 'n meisie wat daardie dae saam met 'n myner agter in 'n kattebak gery het, alles wat met haar gebeur, verdien het!

    Ma moes elke dag vir die spul loseerders toebroodjies vir middagete onder in die mynskag maak. Dit was vir jou 'n probleem om hulle almal tevrede te stel. Hierdie een eet nie dit nie en daardie een eet nie dat nie. Ma het ook net eenkeer Ouma se raad gevolg en vir hulle varkvet met stroop op hulle brood gesmeer, en daardie aand het Noeks ons vertel hoe hy rotte onder in die myn met hierdie brood gevang het. Hy het glo 'n korsie aan 'n lang stuk lyn vasgemaak en dit hier naby hom neergesit. Rotte het duidelik van die varkvet (of was dit die stroop?) gehou, want nie lank nie of 'n rot waag dit naby genoeg om die korsie te gryp en daarmee die loop te neem. Wanneer die lyn dan skielik styftrek, slaat die rot agteroor en Noeks lag hom kapot. Eintlik kon mens hom nie kwalik neem nie, want in die donker mynskag kon hy nie aan 'n meer beskaafde tydverdryf deelneem soos om van daardie kÍrel Hamlet wat die kopbeen vashou te lees nie. En dit kan seker baie vervelig wees om ure aaneen te sit en kyk hoe die mynwerkers die gouderts lospik en in die koekepanne laai. Ma sÍ toe dis 'n belediging om haar toebroodjies vir die rotte te voer.

    Ek onthou hulle het sulke blik-skofblikke gehad met een reguit kant en een halfmaan kant. Elke skofblik kon so ses snye brood hou, en net om die brood te sny was al 'n groot werk. Seker daarom dat Ma toe eendag vir broer Dan vra om solank die brood te sny. Hy sny toe die eerste ses snye en, soos so dikwels gebeur as mens met kos werk, kry hy toe self lus vir die brood. Ek kan getuig dat hy net daar en dan al ses snye self opgeŽet het, want ek het hom afgeloer en persoonlik die aantal snye wat hy opgevreet het getel sodat ek hom later daarmee kon afdreig. Van toe af moes Ma maar weer self die toebroodjies maak, want daar was net genoeg brood vir die ses loseerders, en daardie dag moes sy toe van vyf van hulle elkeen een sny afknyp sodat almal darem vyf snye kon kry.

    Op 'n kol het ek begin merk dat broer Dan altyd so 'n bietjie kos in sy bord laat agterbly. Vir iemand wat ses snye brood agtermekaar kon opeet, was so iets baie vreemd, het ek gedink. Een aand, terwyl ons seuns (dis nou ek en Dan en Louw) in die donker buitekamer lÍ en gesels vra ek vir Dan daarna. Gelukkig was dit donker toe Dan vir my vertel wat hy gesien het.

    "Jy weet ons kry nooit eiers om te eet nie. Ma ook nie. Net die loseerders, want eiers is duurder as mieliepap en buitendien kom jou maag makliker vol van pap as van hoendereiers." Ek het dadelik begin wonder waarom Ma dan elke oggend vir elkeen van die loseerders twee eiers vir ontbyt gee as dit nie hulle mae sou volmaak nie.

    "Nou die ander mŰre", gaan Dan voort, "het ek gesien Noeks los een eier in sy bord. Toe Ma die tafel gaan afdek, het sy Noeks se bord met die een eier ingevat om te gaan was. Ek sien sy kyk so vinnig rond, toe draai sy haar rug op my, net soos Ouma maak wanneer sy snuif, en sy vat sommer die eier met die hand en prop hom in haar mond. Seker die eerste eier wat sy in maande geŽet het. Ek kon verstaan, want ek het self gesien hoe lus mens vir kos word wanneer mens daarmee werk." "Maar waarom los jy dan altyd 'n bietjie kos in jou bord?" wou ek weet, al het ek toe reeds geraai waarom.

    "Wel," antwoord Dan. "mens kan mos nooit sÍ nie ..."

    Durban Ses Demei 1999

     


     

    KOOS SE MOESIE

    Anna-Marie Steenkamp

    Eintlik is dit my moesie, maar Koos het sy neus so erg daarin kom steek dat hy die beheer en orkestrering daarvan oorgeneem het.

    Vandat ek kan onthou, het ek 'n klein moesie bokant my regteroog, nťt onderkant my wiesbraam gehad. Hy het niemand gepla nie, minste van almal vir my. Ma en pa het my met die moesie en al liefgehad en grootgemaak. My broer het my so deur die jare as verbale (en soms fisiese) skermmaat opgebruik - met die klem op die 'op'. My man het my so leer ken, so met my gevry, so met my getrou en so met my in die heilige eg geleef.

    En toe verskyn Koos op die toneel. Aanvanklik sÍ hy niks, maar later is hy tuis in ons huis en hy raak heeltemal uit sy kassie. Hy het die betekenis van vermetel gemunt. Kyk hy my een aand aan en sÍ: "Alistair kom oor 'n paar dae hiernatoe. Vra hy moet daai moesie vir jou uitsny." Ek dink onmiddellik naalde, messe (en steke?). Een ding flits in my brein: eina! "Se maai Koos!" sÍ ek pront. "Die ding pla my nie. Ook nie my man nie."

    "Ja," sÍ Koos tť voor op die wa vir so 'n maer man, "maar hy pla my."

    "Dis jou probleem," troef ek. "Moenie jou probleem my probleem maak nie."

    Einde van die storie. Einde van die storie?

    'n Ruk later kuier Koos weer by ons. Ons twee sit langs mekaar en nonsens praat. Skielik val hy my (sy?) moesie weer aan: "Ek wil jou graag skilder, maar ek gaan daai moesie uitskilder."

    Later diť aand kyk ek in die spieŽl na my gesig. Ek ignoreer al die goed wat my gewoonlik pla. Ek kyk nťt vir die moesie. Verbeel ek my of is die ding groter? Nee, dis net die lig wat so val.

    Toe ek die volgende oggend my oorlogverf aansit, vee ek die moesie met 'n grimeerborseltjie raak. Lyk die ding darem nie lelik nie?

    "Liefie," roep ek, "is diť moesie nie lelik nie? Is hy nie groter nie? Moet ek hom laat uitslag?"

    "Nee, ek sien hom nie raak nie. Ek het nog nooit. Maar noudat jy praat: hy lyk vir my groter as toe ek jou leer ken het."

    Soggens is daar nie tyd vir in-diepte besprekings oor enige saak nie en ek moet die kwessie daar laat. Maar die dessitse moesie bly my pla. Hy groei en groei. Elke keer as ek in die spieŽl kyk, het die ding 'n paar meter in deursnee toegeneem. Later het ek nie meer 'n gesig nie. My oŽ verdwyn. My neus verdwyn. Ek het darem nog 'n mond oor.

    Ek raak paniekbevange. SÍ nou die moesie groei oor my mond? Waarmee gaan ek dan praat?

    "Engel! roep ek. "Wil jy nie vir D. bel en 'n afspraak maak dat ons die moesie kan uitsny nie?"

    Koos, jou bleddie hel.

     

    WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

              Boerkind
    reŽn klop teen die ruite
    motors dreun verby
    alleen - hier in my woonstel
    kom herinneringe terug na my
    ek sien weer die lang string boekbokke
    'n slingerwit streep trek
    teen die helling van madoeraskop
    my hart se lieflingsplek
    ek kry weer die reuk van koeie wat lui-lui kraal toe kom
    ek voel die wind op my wange
    en ruik weer die soet aandblom
    ek sien weer my pa aan tafel
    die Bybel oopgemaak
    sien ons almal om die tafel
    hoor 'n 'bentwood'-stoel wat kraak
    die klank van boeretemme
    styg op in ou gesange
    ek hoor weer my ma se altstem
    en my hart brand van verlange

    (Uit: Ruikertjies vir ReŽndae deur Rachie Viljoen)
     



  • Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
    Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
    Tuisblad Tuisblad
    Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
    Besoekersboek Besoekersboek
    Boekwinkel Boekwinkel
     
    Internet-tuiste geborg deur

    Die Knoop

    Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

     


    10 Jan 02 12:31:14 AM