HOOR-HIER!

Oktober 2001: 49

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

Mercia en ek

Mercia se hart is byna so groot soos syself. Haar hele, mollige lyf is vol lag en vrolikheid. Haar ma is 'n kwaai ou tannie; maar sy besluit vroeg al dat ek 'n kind na haar hart is. Sy noem my Susantjie Bombantjie en voer my van haar ongelooflike sjokoladekoek. As sy koek bak, loop jy op sokkies in haar kombuis. Jy tik nie teen haar mengbak nie en jy praat nie hard nie. Alhoewel ek dink dat dit tog seker bygeloof moet wees, is daar niemand wat soos sy kan bak nie.

Ek en Mercia luister in die middae na hulle plate. Hulle het 'n hele klomp Jim Reeves plate - stokoud maar pragtig. Mercia sing in 'n wonderbaarlike sopraanstem saam met Jim. Soms dans ek en sy in hulle sitkamer. Mercia dans - haar gewig ten spyt - so lig soos 'n donsie. Maar sy sweet soos 'n os. Na 'n dansie slaat sy neer op die sitkamerstoel. My o rek as die stoel gevaarlik kraak. Mercia lag net. Sy lag altyd. Niks kry haar onder nie.

Sy geniet die lewe en sy is gewild onder die kinders. Net nie onder die seuns nie. Maar ek het ook nie 'n krel nie, dus hou ons mekaar geselskap.

Naweeksaande kuier ons laat bymekaar. Dan stap ek saam met haar of sy saam met my eers huis toe. As die klein sprinkaantjies in die straatlampkol opspring, spring Mercia met 'n gil weg - lig en blitsvinnig.

Met ons matriekafskeid, kry ons ou tweetjies nie dates nie. Ons gaan saam met mekaar na die afskeid.

Ek het nou nog die foto van die ou twee muurblommetjies: die een met bolwange en onnutsige o; die ander een met 'n lang, ernstige gesig en 'n dikraambril. Die haartjies styf gedoen by die haarkapper, ooggrimering en lipstiffie.

Ja - ek en Mercia het lekker dae gehad.

LESERSBRIEWE

Ek kry van Gerhard Mynhard 'n E-pos - nog na aanleiding van die Haikoe-kompetisie wat einde verlede jaar in ons blaadjie was. Hy skryf:

Retseh la Grange, Gerhard Dreyer van Yzerfontein en ekke het saam 'n bundeltjie haikoes uitgegee. Ons het op 'n gereelde basis ons haikoes na die Nederlandse kwartaalblad, Vuursteen, gestuur en met elke uitgawe het hulle van ons pennevruggies gepubliseer. Verlede jaar is een van my haikoes as die beste winterbydrae bekroon. Dit was 'n toneeltjie wat ek waargeneem het, net anderkant Albertinia, op pad na Mosselbaai. Die koringland was reeds kaal gestroop...
          mistige weiveld
          koeikoppe naby mekaar
          warm asemwasem

En weer; een oggend deur die veld gestap toe ek die gevogelte sien:
          rooi strooitjiebeentjies
          slaap onder kiewietveertjies
          op spikkel-eiers

Ek stuur graag ook een van Retseh la Grange se skryfsels:
          grys hemel versink
          in gryser seemistigheid
          meeu se halwe skreeu

(Gerhard, ek verstaan so goed die knop in mens se keel as jy 'n mooi ding in jou moedertaal geskryf sien. Baie dankie! Red.)

 

DIE MEISIES MET DIE KAAL MMSIES

’n Modevertoning deur die oog van iemand wat eet

Nie ek f my geliefde hou daarvan om na modevertonings te kyk nie - nie op die televisie of in die hier en die nou nie. Ek vind die kleertjies verspot, onprakties en onelegant, en hy vind die kleertjies dito. Hy vind die meisies te maer (my geluk), en ek vind die meisies met die dun middeltjies, plat magies en ronde mmsies... Nou ja, miskien is ek jaloers. Ek is ni lank, met 'n dun middeltjie, plat magie en kom-hier mmsies nie. Ek is normaal. Ek eet elke dag. Siestog, ek kry die modelletjies altyd so jammer as hulle met hulle kameelstappies en honger uitdrukkings op die loopplank verskyn. Hulle moet die kinders kosgee, wat. Hulle kan mos vir kindermishandeling aangekla word!

In elk geval. Op 'n Saterdagoggend kom ek in die sitkamer en so uit die hoek van my oog sien ek dat daar 'n modevertoning aan die gang is waarna Geliefde gefassineerd kyk. Hoe dan nou? wonder ek verbaas. Voor ek kan navraag doen, kom ek agter hoekom Geliefde na die modevertoning kyk en dit geniet. Die meisies is almal bostukloos! Almal loop met oop mmsies! Miskien wou die modeontwerper materiaal spaar. Dis juis so duur. Aan die ander kant, die modeontwerpers rol almal in die Britse pond en hulle hoef nie te meet en pas as hulle 'n tabbertjie wil maak nie. Miskien probeer hulle die sensuurraad se siel vertoorn. Of nee wag, di ou dinosourus is op die meeste plekke deel van die geskiedenis. Kaput. Miskien probeer hulle 'n stelling maak met die kaal mmsies wat so wink, maar wat? Dalk s hulle (die mmsies nou) dis vrk warm in Italia en vrolike Parie vanjaar. Of... Ek weet: hulle doen dit om die belangstelling van niebelangstellendes soos my geliefde te lok. 'n Goedkop truuk. 'n Goedkoop honger truuk. Die doel heilig die middele.

Hoe ook al: Geliefde kyk sedertdien gereeld na die modevertonings op televisie. Die hoop beskaam mos nie. Ek kyk nou saam. Nie om die meisies te sien nie. Foeitog, die arme goed lyk nog steeds vir my uitgehonger en verhonger. Wat beteken geld in jou beursie as jy nie kos daarmee mag koop nie? Nee, ek kyk vir die seuns (iemand het eendag ges hulle is mans). Die hoop beskaam mos ook nie. Dalk sien ek ook iets moois, soos, soos, soos... soos.

Daar is di oggend 'n klomp seuntjies. Almal lyk bedonnerd. Siestog, as ek honger is, is ek ook bedonnerd. Die verskil is net, ek weet my toestand is net tydelik en ek kan iets daaraan doen. Brood eet of iets. Hulle, arme goed, lyk permanent soos hinas op jag. En hulle kan niks daaraan doen nie. 'n Vol beursie is 'n honger maag. Party van hulle is nogal mooi goedjies ook. Dis nou 'n jammerte dat dit so 'n pyniging moet wees om so mooi te lyk. Hoe het een van Geliefde se ou nooiens ges: "Beauty knows no pain." Of miskien glo hulle soos Cassius: 'n "hungry look" dn iets vir 'n man.

"Kyk net daai mopkop!" s ek katterig vir Geliefde. "Sy hare begin seker ook nou die le maag voel en rebelleer deur regop te spring. Sjeim Boetie," wonder ek moederlik, "weet jou mammie waar jy vanoggend is? Jy weet Seunie, mammie sal vir jou kos gee, veral as jy haar enigste ou seuntjie is. Hoekom gaan jy nie huis toe nie?"

Geliefde loop. Die seuntjies amuseer hom nie. Hy kyk nie na dieselfde goed as ek nie. Ander goed is vir hom mooi as vir my. Die probleem is net: ek sien ook nie die goed wat vir my mooi is nie. Nie toe nie en nie die res van die dag nie. Ook nie in al die modevertonings wat ek sedertdien hoopvol bekyk het nie.

Al wat ek sien, is honger seuntjies. Aangetrekte honger seuntjies.

 

 

EEN EL BY MY LENGTE

Elsa Minnaar

Om kort te wees is baie ongerieflik, al is jy 'n vrou. Tot in standerd drie was ek net so lank en selfs langer as my maats. In standerd vyf het die fout gekom: ek het ophou groei en hulle is by my verby, boontoe. In matriek was ek net so lank (of liewer krt) as in standerd vyf - soos tot vandag nog.

Aanvanklik het dit my nie gepla nie, totdat ek besef het: lank is sjiek en elegant en krt... kort is koddig en veral kort = maklik dik!

As ek klere (probeer) klaar koop, moet die romp korter kom, sonder afslag op die prys. Langbroeke se pype moet geamputeer word, want vir die "vloerwas-look" van opgerolde pype is ek te outyds.

Toe my kinders nog klein was, was dit lekker om so maklik tot hul vlak te daal, letterlik. Tot op 'n dag toe my seun my waterpas in die o gekyk het, toe wt ek: die bordjies is besig om te verhang, of te wel, p te skuif! Gou moes ek my meisiekind beveel om te sit as ek wil raas. Die ophou groei dertig jaar terug was sowaar 'n skade!

Ek het gou gewoond geraak aan my 'nuwe' lang kinders, dit is selfs lekker as dit by gloeilampe omruil, goed van ho kaste afhaal en bome snoei kom. Ek het begin vrede maak met die lengte in my lewe, of dan die krte in my karkas.

Daarmee saam kom die vrede oor die familieneus wat nooit aan 'n marmerbeeldjie sou kon behoort nie. Die halfpad grys steil haartjies dokter ons maar met 'perms' en 'palette.' Hulle sal nou nooit tuimelende goudbruin lokke wees nie, maar hulle keer darem dat die son my kopvel bykom.

Ek weet nou: om my oor al hierdie ou saaihede van menswees te bekommer is onnodig en onbelangrik. Solank elke 'fasiliteit' waarmee ek 'uitgereik' is, net sy werk kan doen, gaan dit goed. Solank ek net kan staan en loop, is spring en dans onbelangrik. Arms en hande moet kan vat en werk, vashou en troos; borduur en klavier is luukses.

Die Here wil nie h dat ek my oor hierdie 'buitenste dop' van my bakwerk moet bekommer nie. Solank hulle funksioneel is, kan een el by my lengte nie 'n rol speel in my werkverrigting in sy Koninkryk nie. Kyk tog maar verby die buitenste dop... na die binneste krop.

 

 

DE AAR

Alle paaie lei mos na De Aar...
is dit regtig waar?
Wat verwag 'n mens dan
met jou aankoms daar?

Waaraan dink jy
as jy so die niet in staar...
Onthou, jou lewe is verby
met die aankoms daar.

As alle paaie wel soontoe lei;
almal eendag saam op De Aar,
gaan jy daar jou siel verbly?
of gaan jy daar ly?

Lei alle paaie regtig na De Aar?
Is dit regtig waar?
Watter beheer het ons dan
oor ons omstandighede
met ons aankoms daar?

Daan Viljoen
 

 

SONDAGAAND

Marijke

Ek sien hom asof dit gister is. Hy sit in sy gunstelingstoel in die hoek van die sitkamer, sy linkerbeen oor sy regterbeen gekruis en, soos altyd, met 'n boek. Agter hom aan die muur hang Drer se Ruiter, en op die vloer staan 'n lang skemerlamp en die grammofoon langs hom, gereed met 'n langspeelplaat, want vandag is Sondag, en Sondagaand word daar klassieke musiek gespeel. Ek sien hy is diep ingedagte, want hy teken die patroon van die tapyt met die bokant van sy linkervoet na - 'n voortjie van konsentrasie tussen sy een oop en sy een toe oog.

Dis tyd. Die stukkie papier waarop 'n paar notas geskrywe is (daar mog nooit in 'n boek notas gemaak word nie), word in die boek geplaas en dit word liefdevol toegemaak, op die tafeltjie gesit en teer gestreel, asof hy die nie-bestaande kreukels op die stofomslag wegstryk. Die grammofoon word opgewen, die naald versigtig op die draaiende plaat geplaas. Hy gaan weer sit, kruis sy bene en maak sy o toe, vou sy hande in sy skoot sodat sy duime om mekaar draai. Die klanke van Mozart se klarinetkonsert vul die sitkamer soos feetjies wat skielik vrygelaat is, dartelend hier, dan daar. Die musiek is net luid genoeg om my ma te laat kom, want dit is haar gunsteling stuk musiek. Sy was heeldag bewolk in haar gemoed en my vader weet die musiek sal haar tot ruste laat kom.

Dit ren in my o want van die Sondagaande van musiek vir my vader is daar min oor. My ma weet dit nie, maar hy en ek weet...

 

DIE SUIDE SE STORIES

Soos elke deel van ons wonderlike land, het die Suide sy stories. Warmhartige stories van mense wat daar grootgeword, of wat hulle lewenswerk daar verrig het. Daar is verhale van swaarkry, pioniersdae, vreugdevolle dae, en van die verandering wat goeie ren oor die veld, diere en mense kan bring. Dit is ook die wreld waar Afrikaans se wortels baie lank reeds as inheemse taal van Namibi ingegroei het.

Is daar nie mense wat wil vertel van wat hulle self in di deel van die land beleef, of van wat hulle by Pa en Ma en die ouer geslagte gehoor het nie? Hoe het Warmbad gelyk toe hulle jonk was? Watter mense het op watter plase gewoon? Hoe was dit om op Keetmans of Aroab of Karasburg in die skool en koshuis te wees? En die predikante, onderwysers, boere en werksmense se maniere om dinge te doen? Of watter kinderspeletjies, spookstories, jagstories daar onder die kontrei se mense voorgekom het? Watter wyse woorde en gesegdes is daar gehoor? Hoe het die warmbronne van Ai-Ais vroer daar uitgesien? En nog sommer baie meer.

Miskien l daar nog 'n foto (kiekie) of 'n brief wat van vervlo dae se manier van lewe vertel. Wil u dit nie hier in Hoor-Hier! met ons deel nie?

(Hierdie wonderlike idee is geformuleer deur prof. Ernst Stals. Tydens sy omswerwinge in ons land het hy onder meer bewus geraak van al die stories wat net nog in die mond van baie Suide-mense lewe. Sommige van hulle is nie eens meer binne die grense van ons land nie. Saam met hulle kan 'n skat van stories verlore raak - behalwe as ons hulle opteken en vir ons nageslag bewaar. Stuur asseblief hierdie momente aan my. Moenie bekommerd wees oor die formaat of manier waarop u dit aanstuur nie: ek tik dit oor en redigeer indien dit nodig is. Redaktrise)

 

’N HONDE-HAIKOE

Koos van Ellinckhuizen

hond hurk sy koudsit
loop rondom sy instert om
so om sy hoop stoom
 

WORD RUSTIG VIR EEN MINUUT

Namakwaland deur D.J. Opperman

Op die groot saaidag van die heelal
het reeds 'n entjie duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
'n sakkie van die Heer se beste
saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval

Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


15 Jan 02 10:54:27 PM