HOOR-HIER!

Maart 2002: 54

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

We are marching to Pretoria

My oom Attie en sy liewe vrou, tannie Jackie kom haal my op die Pretoriase stasie. Ek kyk verwonderd na die stasie wat ek sewe jaar laas gesien het. Toe was ek 'n bang kind. En nou? Ek voel eintlik ng vis ng vlees.

Ek moet 'n rukkie wag vir my trommel wat uit die bagasiewa gelaai moet word. 'n Kruier laai my ander bagasie op sy waentjie en stap vrolik na die parkeerarea.

Oom Attie praat aanmekaar op pad na hulle huis toe. Ek sal eers een nag by hulle slaap voordat hy my die volgende dag na die kampus neem om te registreer. Tannie Jackie stap saam met my na hulle gastekamer toe. Sy gaan sit op een van die gemakstoele in die kamer en wys vir my ek moet ook sit. Sy praat lank met my in haar sagte stem. Sy vertel my hoe trots hulle op my is omdat ek so hard gewerk het in die skool en dat ek altyd na hulle toe moet kom as ek probleme het. Vir die eerste keer voel ek 'n bietjie onseker. Ek antwoord nie, knik net my kop.

Oom Attie kom later by die kamer ingestap en s ek moet kom luister na sy nuwe langspeelplaat van Beethoven se Negende Simfonie. Hy het 'n nuwe hotroustel en ek sal nie glo hoe wonderlik die klank is nie.

In die sitkamer het oom Attie die stoele in 'n halfsirkel in die middel van die groot vertrek rangskik. Die luidsprekers is in die hoeke van die kamer gemonteer. Ek gaan sit en wag vir die aanvangsnote van die grootse simfonie. Oom Attie kom sit langs my. Sy gesig gloei en daar is 'n klein glimlaggie om sy mond. Hy skuif gemaklik in sy stoel en vou sy hande op sy maag. Hy maak sy o toe. Beethoven spoel oor ons. Ek voel half benoud met die sterk klanke voor en agter; links en regs.

Mettertyd ontspan ek. Ek sal regkom, dink ek. Ek sal oorleef.

LESERSBRIEWE

Dankie vir die volgende lesers wat briefies op die Besoekersboek van die Hoor-Hier! op die Net geplaas het die afgelope maand:

Ai, Daan Viljoen en Westdene - daar's nou vir jou stof tot heimwee. Ek was self in Daan Viljoen in juffrou Wetmar se gekombineerde klas. Ek onthou nog hoe ons Siembamba geluister het oor die klasinterkom - en die lang toer na onder andere Pretoria en die see. En ek onthou Kersfees in die klipkoppies rondom Keetmanshoop. Lui dit 'n klokkie by party lesers? Voorspoed met julle edele taak. Cornelius Petrus Jacobus Nel
          Sydney
          Oz

Ek moet s, vir 'n Namibir soos ek in Londen is dit nogal aangenaam om ook vir 'n slag iets ordentliks van my land en taal te lees. Hier waar die "Ingelse" oorheers, verlang mens maar na jou taal.
          Anton Burger

Baie dankie vir 'n pragtige tuisblad. Dit is verblydend om te sien dat Afrikaans regoor die wreld nog gepraat word. So sal ons taal nooit uitsterf nie, maar eerder wreldwyd versprei.
          Laetitia van Zyl

OM SIEK TE WORD VAN WUIWENDE GRASVELDE

Jens Friis

Somers en lentes veroorsaak hooikoors - 'n allergiese reaksie - by nagenoeg 5% van die mensdom. Hier's raad om minder dikwels 'n lopende neus en rooi o te h.

Met hooi het dit niks te maak nie en met koors ewemin. Die naam "hooikoors" is in 1928 vir die eerste keer deur die Engelse arts John Bostock gebruik. Dit het hom opgeval dat baie pasinte tydens oestyd las gekry het van tranende o, 'n lopende neus, niesbuie, benoudheid, keelpyn en 'n uitgeputte gevoel.

Anders as Bostock se waarnemings, kom die meeste gevalle van hooikoors in die lente en somer voor. Stuifmeelallergie sou 'n beter naam gewees het. In mediese kringe word dan ook daarna verwys as polinose (pollen > stuifmeel), want dit word veroorsaak deur die mikroskopies-kleine voortplantingselle van windbestuiwende grasse, plante en bome.

Die stuifmeelkorreltjies van populiere, magriete tot gras sweef in die voorjaar en die somer in ho konsentrasies deur die lug en dring die o en lugwe van mens en dier binne. Dit veroorsaak by ongeveer 5% van die bevolking 'n allergiese reaksie.

Die liggaam van 'n hooikoorspasint beskou die stuifmeel as ongewenste indringers wat bestry moet word. Om hiervan ontslae te raak word buitengewoon baie histamiene gevorm wat die slymvliese irriteer, laat opswel en oormatige slym vorm.

Dis onbekend waarom die liggaam nie besef dat stuifmeel onskuldige indringers is nie. Met oorerflikheid het dit egter waarskynlik te doen. As 'n ouer hooikoors het is die kans 30 tot 50% hor dat 'n kind ook hiervan las sal h.

Hooikoors het ook te make met die omgewing. In berge, stede en by die see is minder stuifmeel en is hooikoors nie so 'n groot probleem nie.

Vanaf die 15de lewensjaar neem hooikoors toe, maar op latere leeftyd word dit minder algemeen.

Vir honderdduisende Suid-Afrikaners kan die warmer maande 'n nagmerrie wees wanneer hul dit die wysste ag om eenvoudig deure en rame te sluit.

Maar ander teenmaatrels is om kennis in te samel. Hoe word onderskei tussen 'n gewone verkoue en hooikoors? As dit jaarliks op dieselfde tyd gebeur is dit 'n aanduiding dat dit hooikoors is. Deur 'n bloedtoets kan ook bepaal word of dit om 'n allergiese reaksie gaan wat veroorsaak word deur watter stuifmeel.

Indien dit bekend is watter bome, plante en/of grasse die boosdoeners is, kan hul in die kritieke periode vermy word. Moet dus nie Februarie op 'n winderige dag langs 'n grasveld gaan tennis speel of in November onder 'n laan Jakarandas stap nie.

Volgens mnr. Abraham Tumo van Philippolis hou hy vensters op knip as dit ren. En dit maak sin. Wetenskaplikes vermoed dat 'n rede vir erge hooikoors n renbuie 'n lagie stuifmeelkorrels is wat op die grond l. As druppels die aarde tref hop di stuifmeelkorrels die lug in. "Stort en was jou hare voor slaaptyd", het me. Kitty van der Walt van Middelburg (Kaap) uit ervaring ges toe sy in haar jong dae aan erge hooikoors gely het. Vermy oop vensters as jy rondry. Hou so ver moontlik die ventilasiegate toe. Stuifmeel kan vasklou aan klere wat sondroog gemaak word. Dit kan help om 'n sonbril te dra wat goed om die o sluit. "Prikkelende stowwe soos uitlaatgasse, ammoniak, parfuum en chloor is 'n doodskoot," s mnr. Glenn Clavier van Montreal. "As dit eers my slymvliese geprikkel het, is die hooikoors wat ek gereeld kry veel intenser. Selfs as ek meel in 'n mengbak gooi moet ek op my pasoppens wees." Vermy heuning wat stuifmeel kan bevat - so ook kos wat histamiene in het soos varkvleis, garnale, sjokolade en spinasie. Suiker, kaas en koolsoorte bevorder die vorming van histamiene.

DIE KATTERMATTER

Anna-Marie Steenkamp

As afwisseling vir mensegeselskap - dis nou wanneer ek intelligente geselskap verkies - praat ek met my katte. Maar een ding wat ek tot dusver nog nie in Felix se mooi kop gekry het nie, is dat hy nie in kamers moet wegkruip waarvan ons die deure wil toetrek sodat hulle nie die alarm afsit nie. Met Katya het ons nie 'n probleem nie; as jy haar in 'n kamer toemaak, bly sy rustig daar en slaap. Nie Felix nie. Hy l 'n ruk en slaap, vind dan uit dat die deur toe is en dat hy niks kan doen om die deur oop te maak nie. Nietemin, besluit hy, 'n kat maak 'n plan, en die plan is onder deur die mat, deur die vloer en anderkant die deur uit.

Ongelukkig deug dit nie.

Die vloer onder die mat is in die pad en al wat gebeur, is dat Felix die mat flenters grou en dat die deur toe bly. Sien, die vloer wil nie meegee nie. Paniek!! Miaau! Miaau!! Felix het nie 'n keuse nie: hy moet in die kamer bly, stukkende mat en al.

Die krisis raak al erger, want as Oubaas by die huis kom, is die duiwel gewoonlik los - Felix se boude word warm gemaak, ek kan maar keer soos ek wil. Niks help nie. En Felix kan maar dikbek bly. Oubaas bly onvermurfbaar: Felix was stout.

Tot eendag.

Ek staan voor my klasdeur en bel gou huis toe. Geliefde behoort al by die huis te wees. Voor ek veel kan praat, s Oubaas: "Felix het weer weggekruip in ons kamer en die mat stukkend gegrou toe hy uit die kamer probeer kom het."

"En waar is my ou seuntjie nou?" vra ek benoud.

"Ek weet nie. Hy't geloop omdat ek sy boude warm gemaak het."

"Ag, my arme ou seuntjie," kerm ek (Geliefde s hoeka Felix is my witbroodjie.) "Jy moet hom gaan soek. S nou hy het geloop?"

"Ek gaan hom g'n soek nie. Hy sal terugkom; hy was stout."

Lank nadat ek by die huis gekom het, is Felix steeds soek. Ek raak al hoe bekommerder en Geliefde al minder boos. S nou die kat kom nie terug nie? Onthou, hy was nie op 'n skip op pad na Ceylon toe nie.

Teen die aand se kant kom Felix terug, maar hy is dikbek. Of as u wil: hy werp Geliefde 'n bose ysblou blik toe. Geliefde roep, maar Felix s in ysblou, platvoerse Afrikaans: "#$@@ jou!"

Later gaan l Felix in die sitkamer. Hy wil televisie kyk. Oubaas sluit hom by my aan. Ek purr tevrede, maar gaan dit nie vir hom wys nie; hy het my hard geslaan!

"Felix," flikflooi Oubaas.

"Gmmf! Hy gaan nog mooier vra. Ek vergewe nie so maklik nie."

In my binneste lag ek. Geliefde flikflooi darem nou erg by daardie kat. Mooi so Ounooi se Blou-oog!"

Toe die kat Geliefde vergewe het, loop ek en ek. Oubaas kan maar alleen verder televisie kyk.

Dit interesseer ons in elk geval nie.

Nie nou meer nie.

KRIT

Die volgende Krit-geleentheid vind plaas op 16 April 2002. Die plek van samekoms is dan vir die eerste keer: Die Boekhuis langs die Nasionale Biblioteek, oorkant die Multichoice Kantore. Omdat dit dan reeds wintertyd is, is die tyd: 19:00

Ek sluit 'n uittreksel in van die boek wat di aand bespreek word, nl. Voorvaders kan vlieg, s Delores deur Reinet Nagtegaal, die roman wat die debuutwenner in Sanlam/Insig/ Kwla se groot roman-wedstryd in samewerking met RSG, LitNet en Tafelberg was.

Ma glo dat 'n mens jou emosies moet temper om te kan oorleef. Sy werk geel knope aan al haar jasse om te wys dat sy optimisties is. Keuses, dril Ma haar kinders van kleins af. Alles gaan oor keuses. Jy kies om te huil of te lag. Jy kies vir of teen geluk.

Dis hoe Ma vir Delores se pa ook op 'n dag doodeenvoudig uitgeskop het. Ma het ges dat pyn so ryp kan word dat dit uiteindelik oopbars en uitloop in bevrydende etter. Delores geniet dit as Ma oorstuur is. Sy kan wonderlike beelde optower wanneer sy woedend is.

Delores is veertig en sukkel steeds om dit heeltemal te begryp. Hoe het Ma dit reggekry om haar geliefde n byna twintig jaar se deel van wasgoedmandjies en klein geheimpies uit te skop en in sy plek met die stilte en allenigheid te trou?

Ek sal nooit iemand kan verlaat nie, s Delores vir Ma.

Ma skud haar kop. Wees honderd maal eerder die een wat loop as die een wat agterbly, waarsku Ma.

Hoe weet 'n mens wanneer iemand nie meer die moeite werd is nie? vra Delores. Hoe moet ek weet wanneer om te loop? Hoe weet enigeen wanneer jy iemand uit jou hart moet skop?

Maar dis vanselfsprekend, het Ma ges. Jy raak te min stil om te dink. Jy leef te los van jou kop.

Mens moenie te veel dink nie, stry Delores. Dit gee kopseer. Om jou brein so heeldag in te span, is onnatuurlik. Ma s 'n mens moet ten minste 'n uur per dag in jou eie goeie geselskap deurbring, maar Delores reken vier en twintig is bietjie much.

Mens moenie te veel dink nie, stry Delores. Dit gee kopseer. Om jou brein so heeldag in te span, is onnatuurlik. Ma s 'n mens moet ten minste 'n uur per dag in jou eie goeie geselskap deurbring, maar Delores reken vier en twintig is bietjie much.

(Enige Krit-navrae kan gerig word aan Susan Alexander - kontaknommers voorop)

WORD STIL VIR ’N MINUUT

En jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat s: Dt is die weg, wandel daarop wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan. Jesaja 30:21

Napaaie is plapaaie
en ompaaie is dompaaie!
Al lyk sypaaie lekker rypaaie,
hulle s en bl paaie
wat uitloop in glypaaie.
Die REG loop sy weg -
al lyk dit ho sleg -
met manmoedige spore
REGUIT na vore ...

Jac. J.S. Botha in Daaglikse Brood



Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


12 Apr 02 08:40:36 PM