HOOR-HIER!

April 2002: 55

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

Ontgroening en eerstejaarwees

Daar gaan 'n sirene af in die koshuis. Onmiddellik daarna weerklink 'n stem oor die interkom: Aandag alle Eerstejaars! Julle het presies vyf minute om aan te meld in die ontspanningsaal!

Ek is in die proses om my klere en boeke uit te pak in die koshuiskamer. Ek los alles net so. Ek vind my kamersleutel, sluit toe en storm saam met die ander eerstejaars met die trappe af. Ek is op die sewende verdieping van die moderne gebou en het besluit dat ek van die begin af gaan trappe klim vir bietjie ekstra oefening. Op die oomblik is die hysbak in elk geval verbode vir die eerstejaars. Ek voel jammer vir die studente wat kamers op die elfde vloer het.

In die ontspanningsaal spring ons in reguit rye - elkeen in 'n spesifieke posisie. Ek loer net vlugtig links en regs na die meisies weerskante van my. Ja - ek is op die regte plek.

Al die lede van die huiskomitee verskyn. Hulle gaan staan in 'n ry voor ons op die verhogie. Doodstil. Die eerstejaar- studente roer nie. Dan kom die verwagte bevel: Nommer!

Die studente het in hulle posisies by die eerste bymekaarkoms 'n nommer gekry wat hulle moet uitroep as ons aantree. Een! Twee! Drie! Vier! Daar is 'n kort stilte. Vier en 'n half! Vyf! Nommer vier en 'n half was laat met die eerste bymekaarkoms en het onwetend van die orde en nommering tussen vier en vyf gaan staan. Sy is toe vier en 'n half gedoop.

Na die rolleessessie, bespreek die HK-lede die program vir die dag met ons. Ons gaan die middag fliek saam met die eerstejaars van een van die manskoshuise. Ons moet almal boksterte maak, ons vrolikste rokkies aantrek en 'n versierde skoendoos met wortels en gemmerkoekies saamneem. Die versnapperinge sal tydens pouse genuttig word.

Ek kan my ore nie glo nie: nie eens op skool moes ons sulke belaglike dinge gedoen het nie!

Alle eerstejaars skarrel om skoendose en die nodige eetgoed te kry. Ek bloos reeds in die alleenheid van my kamer toe ek na myself in die spieel kyk: my kort haarstyl met twee stokstywe bokstertjies en my versierde skoendoos.

Op die trappe - op pad af ondertoe is dit egter 'n gelag van 'n ander wreld. Gelukkig lyk almal ewe laf.

Voor die koshuis staan die bedremmelde eerstejaarmans van een van die manskoshuise. Hulle het T-hemde en strikdasse aan, onderbaadjies, kortbroeke en hulle is kaalvoet. Ons probeer om nie te uitbundig te lag nie, maar op die ou einde lag ons oor en weer vir mekaar. Die HK-lede is baie verontwaardig en betig ons vir ons ligsinnigheid op ons eerste afspraak. Stemmig stap ons saam met die mans fliek toe. Gedurende pouse sit ons buite op die gras en knabbel aan die koekies en wortels.

Van die fliek self onthou ek niks. Net my pynlike selfbewustheid oor my voorkoms en ongemak in die teenwoordigheid van die jong mans.

DIE VORSITZ

Neville Neveling

Dit was vroemiddag toe die drie van ons hier weg is. Die laaste stuiptrekkings van die winter en die eerste uitbundige bokspringe van die lente het teen mekaar gekompeteer, maar in my opinie het die lente hierdie rondte gewen.

"Ek het toe die manne van die sensus gebel. Ek gaan hulle help."

"O, dit klink goed. Wat gaan hulle jou betaal."

"Nee, ons het nog nie so gepraat nie. Hulle is eintlik vol, maar die man s daar word sommer gou-gou iemand siek en dan sal hulle my bel. Ek moet net gereed wees om dadelik te kan gaan."

'n Klomp speels gekleurde miershope - geel, pers, pienk en lemmetjiegroen flits aan ons regterkant verby. Nogal 'n treffende manier om aandag te trek.

Die pad raak kort met die praat in die bakkie. Daar word bespiegel oor die moontlikheid van daardie eland... die een wat van die berg af sal kom en sommer sal kom regstaan. Hulle is groot... en swaar... maar ai, die vleis is darem die beste.

"Die kole-bedryf het gaan l. Die manne wil ook nie s waar hulle nou mark kry nie. Daar l nog klomp sakke daar wat reg is vir die mark. Miskien sal dit later beter gaan."

"Ek hoor die manne sukkel maar hierdie tyd van die jaar normaalweg met die kole. Glo die slegste van die maande, maar dit tel weer later op."

"Die veld waar ek gewerk het, is darem al mooi skoon. Meeste van die indringerbos is nou weg. Dis net die pad wat ons nou moet regmaak. Ek het verlede week so 'n bietjie gruis gaan laai by die grootpad en die pad is al klaar baie beter waar ek by die draai gewerk het."

Ons kom by die afdraai en luister na die temerige sang van die sonbesies terwyl die hek oopgemaak word.

"Ek sal later tip."

Ons wag vir die hek se toemaak.

"Dink jy ons sal dalk iets kry voor die kampplek?"

"Tja .. gewoonlik 'n klomp gemsbok daar in die eerste kampie teen die draad se kant."

"Vat dan maar die geweer en staan agter."

Ons vat die lang pad deur die klein kampie, verby die houtkappers se - nou verlate - kampplek. Ons o spits deur die digte veld om enige moontlike beweging op te tel. Ons kry nie iets nie.

"Ons maak gou reg - die tyd gaan verby, manne."

Elkeen vat die nodigste - drie plastiekstoele, biltong vir die lang sit en koeldrank met termosbekers wat dit lank koud sal hou. Ons ry nie nou ver nie. Staan gou eenkant sodat die wild nie enige mensruik kry nie en stap dan haastig na die water en die vorsitz toe. Ons pak vinnig uit en skuif die stoele reg. Die gaas word voor die uitkykgedeelte weggehaal.

"Nou kan ons wag vir daardie eland om te kom."

"Kyk jy doeikant toe. Wat drink julle? Die bekers is hier in die sak."

Ek haal solank die knipmes uit my sak uit want die kerwery l voor.

"Daar's 'n vlakvark."

Hy kom sku nader en kry eindelik koers na die krip toe. Die duiwe is deurentyd in die omgewing en 'n hele swerm tarentale maak ook hulle opwagting. Die veld is besig met sy eie melodie en ons luister in verwondering. Die son speel met die beligting van die toneel hier om ons en die kleure wissel van helder oranje na sagte perse en rooie. Die varke kom nou al hoe meer uit die veld na die water aangedraf.

"As daar nou een ding is waaraan jy nie tekort gaan h nie, is dit varke. Ek vermoed jy sal nog jare kan besig bly en dan sal daar steeds nog wees."

Die son wil nou kop wegsteek vir die nag en die wysie van die melodie is besig om te verander. Die verkyker word nou meer gereeld gebruik.

"Sit so 'n bietjie terug - daar is 'n groot gemsbok wat inkom."

Ek vat die verkyker en kyk.

"Dis 'n koedoe - groot bul, mooi."

Die skoot klap, die melodie is vir 'n wyle stil, die wreld om ons is in stilte en donkerte gehul.

"Kom ons gaan haal hom."

"Het jy 'n mes?"

"Toemaar, ek het my knipmes."

Ons kruip by die vorsitz uit, deur die drade en kom by die koedoe.

"Gaan haal jy gou die bakkie, jy kan sommer s omry, ek gaan maak solank die hek oop."

Die koedoe word met groot gesukkel gelaai en ons ry terug kamp toe. Die groot werk l nou voor. Ons slag en lag, gesels en werk en die vuurtjie knetter gesellig so 'n ent weg. Veel later sit ons moeg maar tevrede en wag dat die worsie moet gaar word.

Dis toe dat hy so in die vuurtjie kyk en opmerk:

"Aai hoe is dit dan - ek spandeer soveel tyd met die Here, en ek vra om te help dat ek werk kry, maar dis asof niks gebeur nie. Ek vra of daar nog iets is wat ek verkeerd gedoen het. Maar dis asof daar geen sen is nie. Wat kan verkeerd wees?"

"Jong - ek kan nie die vraag antwoord nie, maar wat ek wel kan s is dat dit vir my lyk of die mense wat groot behoeftes het na aan die Here bly. Soos jy, wat gereeld tyd maak om te bid. Maar met diegene wat dit goed gaan, lyk dit vir my of hulle nie tyd kry om by die Here uit te kom nie. Miskien is jou posisie 'n bedekte sen. Jy het darem nog plek om te bly, jy het kos om te eet en jy kry darem 'n werkie hier en daar en daar is darem ook nog die kole wat kan draai. Maar die belangrikste is, jy weet waar jou hulp vandaan kom."

"Tsh .. ek het nou nog nie so daaroor gedink nie."

Die wors is reg en ons drie is maar honger. Ons vra die sen en eet so half in stilte verder. Die dag het lank geword en ons draai nie baie nie. So met die l-slag slaap ons al.

GEDIGTE-BYLAAG

Baie dankie vir al die Hoor-Hier-lesers wat gedigte ingestuur het! Dit is 'n wonderlike voorreg om 'n hele bylae met net gedigte te plaas!

Blommetjie klein
wat eensklaps groei
uit sielsverlore
gryse vlaktes
rondom my.
Hoe moet jy gedy ?
Ek staar in ongeloof na jou
en vra myself
vanwaar

Teen beterwete
koestertroetel
ek jou
Welwetend
van die rou
as - soos jy moet -
jy verdor
en ek weer
stokalleen
in my gryse vlaktes
staan.

Johan Wentzel


Die Losprys
Vandag, alweer, word ek onredelik beskuldig
van 'n onreg waarop ek onskuldig pleit.
Twee kosbare besittings, boeke asook musiek,
word as gyselaars gehou, totdat ek dit,
wat ek met onvoorwaardelike liefde gegee het,
dit, wat ek nie verwyder het nie,
as losprys terugbesorg.
Sentimentele waarde en ritueel
het onverklaarbaar verdwyn.
En 'n kosbare tyd van vriendskap en samesyn
het hy van sy kant ook sommer so laat verdwyn.
Ek is in my afwesigheid skuldig bevind, veroordeel,
gevonnis en verban - vir altyd.
Sy geloof aan ridderlikheid
het hier nie ter sprake gekom nie,
want daar is veroordeel sonder luister.
Al het ek om watter rede ook voor sy besem beland,
sal hy nooit naby myne wees nie.
My belofte aan hom, om nooit weg te gaan nie, bly,
tot die dood ons skei.
Al het die belofte sy betekenis vir hom verloor.

Anoniem
5 November 2001



Half onrustig, maak die vols hul gereed
vir hul voorwintervlug
Snak hul ook maar 'n onhoorbare sug
Herfs het hom teen ons sin, aan ons onthul
Met die verandering van die seisoen,
is ek en jy egter, geforseer
om die koue hier, half doelloos, te trotseer
Die ysige wind, moet ons maar met soen,
verwarmer en warm kombers aandurf

Kleurvolle bloeisels kondig trots die lente aan
Half versteek deur donderweerswolk,
tregter die maan
Met stortren is die somer weer
hier in volle glorie.
Stuks-stuks verskyn die vols
na 'n lange reis weer, teruggekeer
Bou gretig weer 'n nuwe nes, fluks

So sal ons nes die vols, jaar na jaar
maar elke keer weer en weer
die seisoene moet trotseer
Met liefde is dit egter maklik,
lekker styf,
teen mekaar

Deon Viljoen

Sielkunde
Ja
gebore is ek in
Afrika
Waar jy twyfel
kan jy my
vra
Die slagysters van die lewe
dit pla my
min
Waar dit in my pad l
trap ek
daarin.

Johan Wentzel

WORD STIL VIR ’N MINUUT

O God van vrede, ons draai ons rug op 'n onrustige wreld, soekende na rus vir ons gees en lig vir ons gedagtes. Ons bring ons werk sodat U dit kan heilig, ons wonde om genees te word, ons sondes om vergewe te word, ons hoop om vernuwe te word ... O Heilige in Wie daar harmonie is, trek ons na U toe, en maak stil die wanklanke van ons verspilde lewens.
          Augustinus, Belydenisse



Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


27 May 02 09:56:26 PM