HOOR-HIER!

Junie 2002: 57

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

Beste Hoor-Hier!-lesers

Hierdie klein rubriek sal vir u anders lyk as wat dit die afgelope paar jaar gelyk het. Ek beplan om elke keer 'n aflewering uit 'n langer verhaal te plaas. Laat gerus weet wat u dink!

Susan Alexander

 

Strand-sonate

Die strand is onskynlik mensverlate. Die volmaan agter flenterwolke gooi verwronge skaduwees wat deur die wind aangejaag word. Agter 'n ry spitsige rotse wat met laagwater uitsteek, is 'n figuur besig om met koorsige haas sand bymekaar te skraap met sy kaal hande. As die hoop sand na sy sin is, vorm hy groot en kleiner hompies en werk dit met sy handpalms, vingers, 'n skulpie af. As hy 'n meer definitiewe vorm soek, hardloop hy 'n end in die branders in en skep seewater met bak hande op, sprinkel die sand nat en vorm sy medium totdat hy tevrede is. Die sandskepping is 'n paar meter van die brekende branders af. Onverpoosd werk die vreemde figuur voort. Nou en dan gaan staan hy op 'n afstand en bekyk sy handewerk. Met die wolke voor die maan is die geheelindruk nie duidelik sigbaar nie. Hy bekyk sy skepping uit verskillende hoeke. Dan sak hy weer op sy knie neer en werk die beeld - byna liefderik - af. As hy uiteindelik klaar is, gaan staan hy twee meter ver weg en wag. Hy wag asof daar iets moet gebeur. Dan gebeur dit ook: die laaste wolke waai weg voor die maan. Die lig spoel oor die gedetailleerde beeld van 'n Afrika-Venus. Nie in 'n oop skulp nie, maar in die oopgebreekte peul van 'n kameeldoringboom - kompleet uitgebou in die sand. Die perfekte beeld van 'n Afrika-vrou ... dalk 'n Ovahimba met neergeslane o, die hooftooisel wat slegs jong, ongetroude meisies dra. Die skepper-kunstenaar se o ondersoek krities die hele beeld: van die trotse kop oor die smal skouers en gepunte borsies, oor die gladde maag en dye, lenige bene en kaal voete. Hy glimlag. Dan kyk hy op en sien die brander wat hy geweet het sal kom: die grote. Die water spoel oor Venus, ruk die jong man se bene onder hom uit en kruip nog 'n ent vorentoe oor die sand. Die kunstenaarkind spring op en lag diep uit sy maag; 'n vrolike, bevryde lag. Dan pluk hy sy hemp uit en hardloop die branders in. Hy duik en speel soos 'n jong otter. Na 'n lang ruk strompel hy uit op die strand en slaan soos 'n os neer. Hy hyg na sy asem. Hy draai op sy rug en kyk vir 'n lang tyd na die maan. Dan staan hy op en soek sy hemp. Hy stap stadig en afgemete weg; kyk nie eens een keer om na waar sy Venus gebou was nie.

 

Lesersbriewe

Ek het die volgende briewe van die Besoekersboek van die Hoor-Hier! op die Internet afgelaai. Baie dankie aan al die positiewe reaksie!

Bij toeval kwam ik op deze site "Hoor-Hier" terecht erg leuke taal. Zorg dat deze BLIJFT. Veel succes.
Leo Gouw

Hallo Susan!
Ek het vanaand die eerste keer op Hoor-Hier! afgekom toe ek na maande weer op Die Knoop oopgemaak het. Ek is ook 'n oud-Namibir - het op Usakos grootgeword en is nou 'n Pretorianer waar ek en my vrou Helma, bly, Drie van ons dogters en hul gesinne bly ook in Pretoria en die ander een, Willemien, woon met haar man en vyf seuns (2 tweelinge en enetjie) in Belville in die Kaap. Dit was regtig wonderlik om op hierdie blad af te kom, en ek sal nou gereeld hierheen kom om die heimwee te stil.
Ek is al baie jare 'n redaksielid van Landbouweekblad en was vroer ook redaksielid by die nou gestorwe Die Suidwester.
Liefde en groete en gaan so voort!
Jan Cilliers

Ek het so pas op Hoor-Hier! afgekom! Ek was aangenaam verras. Uitstekend! Hoor Hier, hou so aan! Ek het veral gehou van Jeffrey wat s: "Jullie hebben ecth een heel erg grappig taaltje." Ek en my man kyk op Dstv gereeld na die Nederlandse kanaal en ons vind weer hulle taal grappig!
Anna van der Baan

 

vakansies tart die noodlot

Wat begin het as 'n naweekuitstappie na 'n plattelandse gastehuis, het vir hul bloedig geindig in 'n hospitaal. JENS FRIIS vertel.

Ek l op die naat van my rug wagtend dat die son die nodig brons bring. 'n Swembad is byderhand om die hitte af te was. Die water is blinkblou. My vriend se maag gedefinieerd.

Hier in die agterplaas begin die vye lyf kry. 'n Swerm vols gaan sit asof in harmonie op die takke van 'n peperboom.

Dis drie-uur se koers. 'n Loom Saterdagmiddag wag. Iewers kraai 'n haan. Die kerkklok lui. 'n Motor ry verby.

Wat in die volgende breukdeel van 'n sekonde gebeur het, kan ek jou vandag - drie maande later en by die R20 000 verder - steeds tot die fynste detail vertel: My vriend verskuif die kampstoeltjie met die x-pote waarop hy sit.

Die een poot glip uit die gleuf wat dit stut.
Die stoel vou inmekaar.
Hy daarop.
Sy vinger daarin. Vasgeklem. Soos 'n guillotinelem wat geval het. Gekerf soos biltong.

"Dis erg, Jens!" onthou ek hom paniekerig uitroep. "Dit s erg!"

Die vingerafdruk van sy regterhand se wysvinger is heeltemal losgeruk. Dit hang net aan 'n stukkie vel. Daar's bloed. Die pappery dril soos 'n oester.

Leunend teen die muur probeer hy staande bly. Hy wieg. Sy wreld tol. Ek gryp toe hy val.

T veel. T vinnig. 'n Kortsluiting in die brein, besef ek nou. Om sin te maak het die liggaam 'n ekstra asemteug nodig. Maar my eerste gedagte t: Haal hy nog asem? Klop sy hart?

Die baas van die plaas is nie tuis, maar die huishoudster hoor my roep. Om te verduidelik is nie nodig nie. Met die sien, snap die arme Sotho-vrou die erns. Sy soek verbouereerd, gillend na die dokter se nommer, maar vind dit genadiglik gou. Die dokter sal ons by die hospitaaltjie ontmoet.

Die verpleegsters verroer nie 'n vinger toe hulle ons sien nie. Die bloed kol op die vloer, maar hulle is min geskeel. Om hulle koffiebreek te ontwrig, duld hul nie. Dis eers toe ek hard vra: "Waar kan hy l totdat die dokter kom?" dat een ons na 'n bed neem.

Om 'n lang storie kort te maak: sewentien steke later, na 'n operasie in Johannesburg deur 'n plastiese chirurg, en 'n weefseloorplanting vanaf sy heup, hoop ons dat my argiteksvriend nie die gebruik van sy vinger sal verloor nie. S ernstig is dit gelukkig nie dat genesing in amputasie l nie. Tog wil die gevoel nie terugkom nie en om de dood wil die vinger buig. Om 'n potlood normaal vas te hou is 'n onbegonne taak - vir 'n argitek uiteraard 'n erge las.

As daar 'n les is wat ek geleer het uit hierdie petalje, is dit om ltyd te weet waar jy 'n dokter kan vind as jy iewers uitspan. 'n Goeie mediese fonds is ook 'n mt. Net dwase steek landsgrense oor sonder behoorlike mediese versekering. As jy baie reis, is jy net gelukkig as jy dit ni nodig kry nie. Maar dit is ook omtrent nou maar die voorsorg wat jy kan tref.

Iemand het eens ges dis een van die grootste seninge van menswees dat ons nie weet wat die toekoms inhou nie. Di wete sou ons van ons koppe kon dryf. Nietemin bly dit ironies vir my dat ons blymoedig moet bly lf terwyl die sekondes tik ... Tik todat jou lewe eensklaps grou word.

Enige plek.
Enige tyd.
Maar veral op vakansies.

 

 

WASLAPPIES!

Johan Wentzel

Is dit nie eienaardig hoe min party mans van hulself dink nie, of moet ek liewer begin met: is dit nie eienaardig hoe veeleisend party vrouens is nie!

Ek praat natuurlik nou van getroude mense. Nie gebos, maar nie gekerk- getroudes, nie. Nie jong vryers nie. Nee, getroudes. Egtelik verbind so - true as nannies.

Wnner nou selwers teen wie ek dit nou eintlik het. Die waslappie-mans f die jy-sal-maak-soos-ek-wil-h-wyfies. Tog snaaks hoe bang party mans vir hulle vrouens is. Julle weet mos. Daai ouens wat vir liefie (sic) s hy het lus vir 'n appel, dan s sy, a-nee-a goggatjie, jy is lus vir 'n peer. Dan eet goggatjie maar 'n peer. Einste di wyfies wat nie kan verstaan dat mans 'n bietjie spasie nodig het nie. 'n Op-my-eie-alleenigheidjie so dan en wan. Bietjie stilgeitperspektief kry. Die wyfies wat glo dat sulke mans hulle nie meer liefhet nie, of les bes, noodwendig 'n ander spykerplekkie soek!

Sien ek dit dan nie so om my raak nie ?

Hierdie soort wyfies is die "wat-kan-ek-bymekaarvee" wyfies. Die soort vrou wat eintlik nie 'n werkende man moes h nie. Wat sy eintlik wou h was 'n waslappie wat by die huis bly. Heeldag. Huis skoonmaak, kinders oppas, haar tien keer op 'n dag by HAAR werk skakel en les bes tweekeer per dag vir haar by HAAR werk kom spreek oor SY probleme. Ek kan my die prentjie na-ure by die huis ook goed voorstel. Mens hoef nie baie intelligensie te h om so 'n voorstelling te maak nie. Julle weet mos - saam bad - saam toilet toe - saam ? Die ek-is-met-jou-getroud-en-jy-sal-elke-oomblik-van-jou-dag-aan-my-bestee-of-ek-neem-seksuele-stappe-wyfies. Siestog, en dan is die arme drommel so bang sy gaan hom verlaat dat hy behoorlik amper in sy broek skeit!

Daai wyfiebesems wat spesiaal vriende nooi vir ete sodat sy (voor waslappie) vir hulle kan vertel hoe sleg haar man is. Hoe hy niks reg doen nie. Hoe hy net verkeerde besluite neem. Hoe hy haar nie lief genoeg het nie. Ek wnner of sy daaraan dink die volgende dag wanneer sy hom twintig keer by sy werk skakel. As hy dan nou so sleg is, hoekom soek sy by hom raad vir haar probleme? Sou sy nie beter af gewees het sonder sy nuttelose raad nie?

rens op 'n kol loer 'n mens so na waslappie en besef skielik maar hy is nie sommer enige waslappie nie. Julle weet mos, nie 'n Pepstores waslappie nie. Not-te-dm - hy is 'n Stuttafords waslappie. By nadere beskouing lyk die situasie wat besempie betref net anners om. Nou voel jy dof. Kan nie so lekker kloutjie by die oor kry nie. Dan hoor jy twee klinte gesels. Jy wil nie hoor nie, maar moet. Skielik besef jy in jou domgeit hulle gesels oor besempie. Dis net hier waar ek twee stukke dennebas in my se oorgate wil druk. Vraag die een die ander - "Ken jy haar ouers?"

"Mens, was eens op 'n tyd bure, as ek nou vir jou vertel daar is geld, bedoel ek soos in hulle ken nie die einde daarvan nie!" en sy rolllll die oge.

So liewe leseres, jy voel nou gekrenk? Hoe kan die bliksem so iets skryf? Jy is mos nie so 'n vrou nie - is jy? Jy skakel nooit jou man by die werk nie. Jy kraak hom nooit af voor ander mense nie. Jy laat hom nooit voel asof hy waslappie is nie.

Nee, ek stem volkome saam met jou. Godse geluk is daar ook ander vrouens - n ander mans.

 

 

Die lewe is Angelier-mooi

Elsje Alexander

'n Dowwe geklingel ruk hom uit sy slaap uit. Sy dom vingers voel-voel op die bedkas om die wekker dood te druk. Dit is vyfuur en vrekkoud. Versigtig kruip hy onder die sagte donskomberse uit en maak sy vrou weer lekker warm toe.

Saggies wikkel hy sy voete in sy twee verslete Ackermanns tekkies in en lig sy donkergroen woljas van die staander af met die verbyloop uit die kamer uit.

Die agterdeur kraak toe hy dit oopstoot. Daar l 'n digte mis oor Distrik Ses se woonbuurt en alles is stil, behalwe vir 'n deurmekaar haan wat nou en dan 'n verlore kraai gee.

Die man buk af en hurk langs sy netjiese tuintjie, oorlaai met rose, angeliere, affodille en klein, sagte wit blommetjies wat soos watte in die ligte windjie wieg. Een vir een knip hy van hulle met lang stele af en plaas hulle dan in emmers vol water in sy kruiwa. Nadat sy emmers vol is, lig hy die ou kruiwa op en stap by die tuinhekkie uit, al fluitend na die markplein toe.

Dit is al halfsewe toe al sy blomme netjies gerangskik in die verskillende emmers onder die klein sinkdak-afdakkie, langs ou mister Tailer se kafee is. Distrik Ses begin ontwaak en mans, vrouens en kinders waggel soos eendjies met dik baadjies en opgetrekte skouers in die strate op en af, f op pad skool toe, f op pad werk toe. Die man se gesig skitter soos hy vir elke deur-die-slaap gesiggie groet en glimlag en met bekendes gou 'n geselsie aanknoop.

Die dag vlieg verby en die man se hart jubel vir elke blom wat hy hier en daar verkoop kry. "Daffodills! Carnations! Roses! Maak haar hart bly met 'n roos vanaand, Meneer!" weergalm heeldag in die straat waar die klein blomstalletjie opgeslaan is.

Teen die tyd dat die ondergaande son die winkelgeboue van Distrik ses se vensters rooi verkleur, is die man totaal uitgeput. Hy pak versigtig die orige blomme in hul emmers terug in sy kruiwa en begin die tog huis toe. Hy stop by Mister Tailor se kafee en koop brood, melk en 'n suigstokkie vir elk van sy twee kinders met die karige bedraggie geld wat hy die dag gemaak het.

Op pad huis toe deel hy die orige blomme uit vir die mense wat met sleepvoete stap of met lang gesigte hom aankyk en lyk asof hulle regtig 'n blom in hul lewens nodig het.

Dit word donker en die man se fluit klink vrolik soos hy by sy tuinhekkie instap en deur sy kinders verwelkom word.

"Aai" dink die man hardop, "Die lewe is angelier-mooi."

 

 

Kitaar

Eensaam en alleen staan
my stowwerige kitaar
in die hoek...
Slegs een snaar kort,
maar steeds onbruikbaar!
Al is sy eienaar
onbeholpe kunstenaar
was die getingel en getokkel,
darem vir hm, aanvaarbaar!
Jaar-vir-jaar gaan die lewe spoedig verby
en soos sy kitaar word
die eienaar daagliks ouer,
stowweriger!
Sal ons ooit di snaar, wr, kry?

Mei 2002

Deon Viljoen

 

 

Bangbroek!

Anna-Marie Steenkamp

Daar is twee soorte dokters waarvoor ek vrek bang is: die een noem 'n mens nie in goeie geselskap nie; die ander is 'n tandarts (miskien moet 'n mens hom ook nie in goeie geselskap noem nie - die gate, jy weet). Eersgenoemde kan ek nog vermy (ek het 'n skattebol vir 'n huisdokter wat van tyd tot tyd by die eerste skarminkel kan oorneem), maar laasgenoemde moet ek van tyd tot tyd aandurf. En dan moet ek solo vlieg - niemand om my hand vas te ou nie. Op 'n dag word dit weer een van daardie tye.

Soos altyd raak ek angsbevange toe my tand begin pyn. En soos altyd probeer ek die pyn stilswyg. Ek verbeel my hy is prakties gesproke weg. Ja, ja, jy is. Nee, dit deug nie. Die pyn knaag aan my mond en siel. My tandpyn word al erger (in plaas van beter soos ek gedink ek voel). "As ek dan nou tandarts toe mt gaan, gaan ek na niemand anders as Chris toe nie," s ek vir Lewensmaat. "Maak nou nie saak dat H. s hy's duur nie. L. s hy is nie. Ek glo haar. H. is histeries oor pryse. Buitendien," besluit ek trots en op die ingewing van die oomblik "al is hy regtig duur, maak dit niks. Soos die L'Oral pop s: 'Ek is dit werd'!"

'n Dag of twee later weet ek: die skrif is nie net teen die muur nie; dis onuitwisbaar daar uitgebeitel: tandarts toe sal ek eenvoudig moet. Ek trek die telefoongids nader om 'n afspraak by Chris te maak terwyl die pyn nog net-net hanteerbaar is. Dis net die afgryse van kunstande wat my dryf om Chris se spreekkamernommer so vinnig moontlik te probeer opspoor.

Net hier maak ek en probleem 1 kennis met mekaar: ek kry nie die nommer nie. Ek mt die nommer absoluut kry voor my moed my begewe. Dan maar kortpad vat: bel navrae. Intussen bly ek so met my linkerhand deur die telefoongids blaai, ingeval, terwyl my regterhand die navraenommer skakel. Skielik staan probleem nommer 2 lewensgroot in my oor: Chris se besonderse van.

Die navraevrou is baie behulpsaam, maar die snaakse van sit haar koud. Toe ek in my mooiste Engels vir dr. De Chavonnes Vrugt se telefoonnommer vra, uil-eggo dit oor die telefoongolwe in my oor: "Whooo?" Ek herhaal my versoek. Die uil roep weer in my oor.

Ek raak moedswillig-moeilik (my tandpyn word al hoe erger) en s in 'n stylvol-goor stemtoon (en steeds in my mooiste Brits): "Madam, if you cannot help me, I'll understand if you tell me so." Sy is in haar innerlikste binneste gekrenk: sy wil my graag help, maar as sy nou nie kan hoor wat ek s nie, moet sy mos vra!

Goed, s ek. Ek sal 'n laaste keer herhaal: Ek wil asseblief die telefoonnommer van dr. Chris de Chavonnes Vrugt h. Vollediger kan dit nie. (Intussen het my linkerhand nog nooit opgehou om na Chris se telefoonnommer in die gids te soek nie. Ek kry dit ook. Net sleg gesoek die vorige keer.) Die vrou het steeds 'n probleem met die eksotiese van en vra dat ek dit vir haar spel. Uit die telefoongids spel ek die van vir haar. Sover ek spel, herhaal sy. Ek hoor hoe sy verkeerd afskryf. Maar ek help haar nie reg nie: n'importe pas; hakana matata - ek het die nommer mos opgespoor.

Ek moet wag, s sy, terwyl sy die nommer soek. Na 'n rukkie kom sy terug: Nee, sy kry nie so iemand se nommer nie. "Thank you very much," s ek steeds op Brits. Ek sit die telefoon neer, tel hom dadelik weer op en skakel Chris se nommer uit die telefoongids en maak vir my 'n afspraak.

 

 

Gevangene

Ek is 'n krygsgevangene
van jou oorlog
'n Gewonde van jou
leuenbestaan.
Maak tog vrede met jou tweespaltgees
voor ek ook
dood neerslaan!
     Johan Wentzel

 

KRIT: 25 JUNIE

Die volgende Kritgeleentheid vind op Dinsdag, 25 Junie 2002 om 19:00 by die Boekhuis langs die Nasionale Biblioteek op die hoek van Krner- en Eugn Maraisstraat plaas. Die naaswenner in die Sanlam/Insig/Kwla se Groot Romanwedstryd, Slagoffers deur Dine van Zyl, word bespreek.

 

WORD STIL VIR ’N MINUUT

’n Klein vreugdetjie

Knut Hamsun

Dit kan ren en die wind kan waai - dit is nie die dinge wat tel nie. Dikwels op 'n rendag kan 'n klein vreugdetjie s van 'n mens besit neem dat jy jou in 'n wreld van jou eie geluk terugtrek. 'n Mens staan voor jou en kyk en jy lag saggies terwyl jy af en toe omkyk. Waaraan dink jy nou? 'n Helder ruit in 'n venster, 'n straal sonlig op die ruit, 'n uitsig op 'n klein stroompie en miskien 'n stukkie blou lug daarbo. Dit hoef nie mr te wees nie.

 

'n Kabaret, Telraam van die Tyd word op Vrydag- en Saterdagaand, 28 en 29 Junie 2002 in die Ruimte-teater by UNAM op die planke gebring. Kaartjies kos N$20,00 per persoon en sal vanaf 10 Junie te koop aangebied word by Victoria Apteek, dr. Francois Burger se spreekkamer, Harvey World Travel en Bloomsbury's. Fondse gaan aan die Drama Departement van UNAM en aan DISCO (die jeuggroep wat dit gaan opvoer).

Skrywer/samesteller van die kabaret: Bettie Hough

Liewe Vriende
Ek beplan om gedurende Julie 2002 my orrelstudies in Brittanje voort te sit. Om genoeg fondse bymekaar te maak, beplan ek 'n musiekuitvoering met orrel en ander instrumente.
Gedurende die kort pouse sal daar ligte verversings beskikbaar wees. Kom kuier asseblief saam.
    Jacus Krige

Datum en tyd: Saterdag, 29 Junie 2002 om 18:30
Plek: Deo Gloria Sentrum in Pionierspark
Kaartjies: N$40,00 vir volwassenes en N$30,00 vir skoliere
Kaartjies is beskikbaar by die Kerkkantoor van die Gereformeerde Kerk Suid of by my. Skakel asseblief by 081 268 6996


Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


30 Jul 02 09:26:49 PM