HOOR-HIER!

Julie 2002: 58

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

 

Ons Huis

Susan Alexander

(Die tweede aflewering in hierdie nuwe verhaal)

Jacus maak die voordeur saggies oop. Dit is nog baie donker, maar hy weet dat daar binnekort 'n glimmering van lig in die ooste oor die see sal verskyn. Hy stoot die skuifdeure oop. Die wind gryp die dun ongeblykte linne-gordyne. Jacus sit 'n CD in die hoŽtroustel. Hy druk die oorfone se kabel in die speler en gaan lÍ op die mat op sy rug. Hy sleep een van die los kussings af van die bank en sit die oorfone op. Hy kry sy lÍ en druk die afstandbeheer om die musiek te begin. Hy steun sag en tevrede as die ligte barok en die wind van die see af oor hom spoel. Hy sink in 'n staat van niks dink en niks voel en niks beplan nie. Hy voel moeg en tevrede en ontledig van enige rusteloosheid. Dalk hou hierdie staat nie lank nie ... maar vir nou is dit genoeg. Jacus slaap. Hy weet nie dat die son opkom nie. Hy weet ook nie dat die musiek klaarspeel en ophou nie. As sy ma later in die vertrek instap en die oorfone versigtig van sy kop afhaal, weet hy dit nie.

Annatjie begin in die kombuis ontbyt maak. Sy meng meel en sout en eiers, water en bietjie olie. Terwyl die olie in die pan warm word, sit sy weer die CD-speler aan: Kenny G se Miracles. Sy neurie saam met die saksofoonklanke. Die plaatkoekies wat sy bak, stapel sy op 'n bordjie langs haar stoof. Oor die werksblad wat die kombuis en woonkamer van mekaar skei, hou sy haar seun dop. Hy lÍ steeds bewegingloos op die mat. Sy bruingebrande bene is uitgesprei, sy arms ontspanne langs sy sye. Sy kan die sand op sy bene en arms sien. Haar seekind. Haar see- en strandkind.

As Annatjie die laaste beslag in die pan gooi, word sy bewus dat iemand na haar kyk. Jacus het sy hande onder sy kop gekruis en hou haar dop. Hy praat nie. Hy kyk na die son wat op haar deurmekaar krulhare skyn; die kombuisdoek wat argeloos oor haar skouer hang - 'n vrolike ruitpatroon teen haar T-hemp. Hy kyk hoe sy die plaatkoekie met 'n paletmes omkeer en die pan 'n paar keer heen en weer skud om seker te maak die koekie sit nie vas nie. "Pastelle," sÍ hy. "Waarvan praat jy?" vra Annatjie. Jacus sit nou regop. "Ek wil Ma in pastelle teken - net daar voor die stoof, besig om plaatkoekies te bak." Annatjie lag. "Nou maar goed, sÍ wanneer jy dit wil doen, dan maak ek 'n reuse-beslag aan sodat ek genoeg het om te hou terwyl jy jou prentjie teken." Sy voeg die laaste plaatkoekie by die res. "Maar kan ons nou maar eers hierdie gaan opeet?" Sy sit die bordjie, servette, 'n bottel heuning en kaneel op 'n skinkbord. "Kom ons gaan sit buite."

Buite die skuifdeur is 'n stoep wat uitkyk op die see. Daar is geen heining om die huis nie - net 'n ongelooflike uitsig op die branders en die baai met die klein vissershuisies. Die seemeeue hang in die lug en duik nou en dan af as hulle stukkies aas en ander eetgoed sien wat die hengelaars soms daar los.

Annatjie balanseer 'n plaatkoekie op haar handpalm en smeer 'n dun lagie heuning oor. Sy byt deur die brosserige koekie en kyk hoe Jacus terselfdertyd twee plaatkoekies heuning smeer, kaneel oorstrooi en dan 'n soort toebroodjie maak. Hulle praat nie veel nie; sit net gemaklik en ontspanne weerskante van die klein houttafeltjie. Die sout seeluggie is nie te koud nie. Kenny G se klanke klim by die vensters en die skuifdeur uit. Jacus steun sag - "Die lewe is lekker. Hierdie plaatkoekies is onoortreflik. Alles is perfek." Annatjie glimlag net.

 

 

OUMA SE HOENDERS (Of: Het jy geweet dat sade uitswel?)

Marie Becker

Die feit dat sade uitswel as hulle nat word, is nie iets wat ek eers by my Wetenskaponderwyser in die skool geleer het nie - nee, veel vroeŽr en wel by my ouma se hoenders.

My ouma het in haar eie huis by ons op die plaas gewoon en haar hoenders was vir haar soos heiliges. Bedags het hulle buite die huiskamp vry rondgeloop en skrop, maar saans het sy hulle getrou met kossies in hul hok ingelok, waar hulle toegemaak is en nie gepla sou word deur groukatte en muishonde - diť soort trawante nie.

Die sak met die mielies was in die "kleinhuisie" gestoor, want dit was nie ver van die hoenderhok nie. Op 'n dag dryf die nood my na die kleinhuisie. My dom vingertjies kry nie die werwel mooi vasgemaak nie, en terwyl ek op die troon sit, kraak die deur stadig oop. Die hoenders staan hoopvol nader en bekyk my so skewekop. Skielik onthou ek die sak mielies. Ek begin vir hulle mielies gooi. Solank hulle pik gooi en en solank ek gooi, pik hulle. Later word die speletjie oninteressant en ek loop in die huis in.

Later - nadat ek en Ouma tee gedrink het, los ek haar by haar hekelwerk en gaan speel buite onder die bome. Toe sien ek dat al die hoenders oopbek gaap. Ek hou hulle 'n tydjie dop en toe die eerste een omval, besluit ek om Ouma in te lig. "Ouma, die hoenders is baie vaak" sÍ ek. "Hulle gaap almal en party het al begin slaap." Ouma hardloop buitentoe en storm terug in die huis in. Sy kom uit die badkamer - gewapen met 'n Minora-lemmetjie. Met raakvat vingers sny Ouma hulle kroppe oop en krap die mielies uit. Nou werk sy die kroppe weer toe met netjies stekies en smeer vaseline aan om seker te maak dat die water nie uitlek as hulle drink nie.

Ouma het my nie pak gegee nie. Sy't seker gesien dat ek so groot geskrik het, dat ek nooit weer so iets sal aanvang nie.

En die hoenders? Hulle het nog lank gelewe - tot die nag dat die groukat 'n inkomplek gekry het en hulle almal afgemaai het. Ouma was so hartseer dat sy byna al sestien haar kinders gebel het om hulle van die tragedie te vertel.

 

 

DIE TAAL WAT ONS PRAAT

ZanŤl van Rensburg

(Uittreksel uit ’n opstel wat hierdie Gr 12-leerling oor Afrikaans geskryf het)

Generaal Christiaan de Wet het gesÍ: "Ek is geen Engelsman, en ek is geen Duitser: ek is Afrikaner." Deesdae vind ek min mense wat sů trots is oor hul afkoms en taal. Moet ons Afrikaners bekommerd raak?

Nee, want die belangstelling in Afrikaanse boeke, musiek, kunstefeeste - en selfs die belangstelling in ons Nederlandse wortels - het die afgelope paar jaar 'n indrukwekkende toename gemaak. Dit is juis onlangs bevestig dat een-derde van die Suid-Afrikaanse bevolking Afrikaans as moedertaal praat. Afrikaners kan in die uithoeke van die wÍreld gevind word. Van Kanada tot Nieu-Seeland, Argentinia tot Brittanje. So ook Amerika, AustraliŽ, Duitsland, BelgiŽ en, natuurlik, Nederland.

Net interessandheidshalwe, Afrikaans het sy ontstaan van Nederlands. Sowat 300 jaar gelede het die Nederlanders in die Kaap geland. Hier is die Nederlandse taal gemeng met die matrose, slawe, inheemse volke en ook die EuropeŽrs se tale. Tog was Afrikaans nie as 'n volwaardige taal beskou nie, maar eerder as 'n "slang" van Nederlands. Hierdie minagting van Afrikaans was die rede hoekom so min mense in daardie jare trots was op hierdie nuwe taal.

Dog moes 'n passie vir die Afrikaanse taal iewers gebore word: Gedurende 1916 het 'n paar jong mans 'n debatsvereniging gestig. Sommer in die begin van hierdie vereniging het veertig of meer honger Afrikaners in Frans Hay of Christoffel Greeff se klein huisies bymekaar gekom en hulle liefde en trots gedeel.

Vandag word ons taal uitgestoot deur die vermeerdering van Engelsmedium skole. Dan is daar die tegnologie wat ook nege-en-negentig persent van die tyd slegs in Engels vrygestel word. En dan sÍ baie mense ook dat jy jou makliker en duideliker in Engels kan uitdruk! Watwou! Afrikaans is een van dŪe lekkerste tale. Kyk byvoorbeeld na die woord wat die meeste anderstaliges aanleer: lekker. Dan is daar ook sulke interessante woorde soos troglodiet, geitjie en hotos. 'n Professor het gesÍ: "Vir Afrikaanssprekendes byvoorbeeld is daar gťťn belangriker kulturele waarde as taal nie." Afrikaans is 'n ontwikkelende taal, letterkundetaal, wetenskapstaal, maar bo alles, is Afrikaans 'n praattaal.

Dit word by die dag duideliker hoe ons Afrikaners ons taal koester. Meer en meer kunstefeeste word gehou, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in NamibiŽ en selfs in Europa.

Wat seker een van die wonderlikste eienskappe van ons taal is, is dat ons taal nie volgens klas gekarakteriseer word nie. Trots is natuurlik die hart en siel van Afrikaans. Dit word so pragtig uitgebeeld in N.P van Wyk Louw se drama Die pluimsaad waai ver. In die stuk sÍ Pieter (een van die karakters wat 'n jong onderwyser en Kaapse rebel is): "En ek het begin voel: hier is 'n nuwe soort Afrikaner. Nie net plat Boer, soos ons sÍ nie... waarom moet 'n Boer plat wees, waarom? Nie net eenvoudig, gelowig sterk, aartsvaderlik nie - laat ek uitpraat! Ek het gevoel: hier het die Afrikaner wysheid geword en intellek; gelyk of bo die Engelse se bestes, beskaafd; mťťr as hulle Milners en ander. Want ook nog goed van hart by die wysheid en verstand... En dis hiervoor wat ek moet gaan veg."

Daar het jy dit, Afrikaans is nie besig om uit te sterf nie, inteendeel, Afrikaans is besig om te groei met 'n ontsagtelike spoed. So 'n taal is net tť lekker om by die agterdeur uit te gooi. Niks sÍ dit soos Afrikaans nie!

(Baie dankie aan ZanŤl wat haar sů uitspreek oor Afrikaans. Is daar ander jongmense wat 'n stuiwer in die armbeurs wil gooi oor hierdie onderwerp? Skryf dan asseblief! Red.)

 

 

DIE LEGKAARTBOUER

Melinda Marť

Dit was asof 'n man van groot gesag
soos die kindergarten Cop
by my voetenent kom sit het
en vriendelik vir my gesÍ het:
"Jy word bedrieg in hierdie lewe deur almal,
selfs deur my!"
en die bodem van my bestaan het uitgeval
in die wete
mens kan niemand meer vertrou nie

En ek het begin om my kaarte uit te pak
en daar was swaarde en verraad
remineserende gliterati in ideŽverering
'n takbliksem van tuimelende gedagtes
die konflik maskerade van die jaar
kul jou hier, kul jou daar in 'n verrukking van sinne
die twee het een vlees geword in die breinstorm
en kyk daar was 'n miswolk voor die son

En ek het die kaarte weer geskommel en uitgelÍ
die keer was daar die geklank van geld
'n groot energieveld van semafore
'n verdeelde vrou met sterre in haar oŽ
in haar binneste die geklap van vlerke
die omwenteling van bloed na kapitaal
want spreker honderd wat die munte dra
gee die toon oor barbarisme aan

En die voorlaaste pak is uitgelÍ
daar was baie werk en maanoog kompetisie
die gisterkultus het op ander man se skande oorleef
professionele jaloesie die dryfspringstof
vir die parodie op die markplein
met die noorderson vertrek op 'n lunÍre baan
onder die invloed van die groeiende maan
La, la, luna, la luna, la luna

En kyk ek het die deurgestoke kaart laaste gespeel
'n emosiebelaaide fortuinvertelster
onder die bekoring van ingestudeerde divinasie
vasgekonsertina in sirkumpolÍre stofwisseling
die premonisie van die gesplete psigoskopie
met Latyns-Amerikaanse agtergrondmusiek
die opdrom van adrenalien vir astrale kaboeki
tombes de se qui veulent changer de roles

Die sesde sintuig het al die vibrasies opgevang
behalwe die tartende radioaktiewe kunsvlieg
in voorkennis Romani kamikaze uitgedos
die dertiental ontbreek aan telepatiese geloof
die vuurvlieg het die sterre vanuit limbo bestudeer
die harakiri-a-la-carte in volle swang
oor die parapsigoloog se gekuier in die vlei
ha-ham, ha-ham, ha-ham

 

 

Word jy ook soms
op 'n sprokie verlief
Dans jy ook by tye
met die sterre op
volmaan se strale ?

Dan ken jy van
onvervulde drome
Hartseer en verlange
wat taan en herrys
soos maan se kwartiere

Johan Wentzel
4/06/02

 

 

Lena in my lyf

Elmari Briedenhann

Ek het 'n vyftigrand-noot wat weggesteek lÍ in een van die geheime afskortinkies van my beursie. Pienk, vars en in vier dele gevou.

Ek kan hierdie noot nie gebruik nie.

*

Ek is jonk, fiks, vinnig op my agtervoete en laat nie met my mors nie. Ek is alles wat deur my ouma se are pomp. Ek trek 'n sigaret soos net sy 'n stuk brooddeeg kon knie, met passie, en vee my af aan die owerheid wat benoud uitroep, "jongmens, jy is die toekoms!", ek is my eie toekoms weet ek. Niemand sÍ my hoe om te stap nie, ek loop hierdie pad al lank genoeg.

Ek draf deur die strate van my woonbuurt en spoeg op die sypaadjie soos net sy 'n stuk boudvleis kon opkerf, met oorwinning. Die keipie langs die pad skree, "djy, djy wat soe op my sidewalk spoeg, ek klap ve djou dat djouse kop vibrate, gehoor!", ek sÍ fokof en hou my kop hoog, want ek is wat ek is en ek is gelukkig.

Ek skryf stories wat mense draaie laat loop om my soos net sy haar Bybel kon lees, met absolute teerheid. Ek sleutel die letters van my nuutste intellektuele werk in en maak nie verskonings vir waarvandaan ek kom nie. Want ons weet van helderheid en ons ken die kwaad.

*

My ouma woon in 'n huis met vyf slaapkamers, 'n kombuis met 'n koolstofie, 'n sitkamer met 'n vuurherd wat toegemessel is, 'n eetkamer wat my grief en een badkamer wat eers later jare aangebou is. My ouma hou haar hand voor haar bors as daar 'n foto van haar geneem word en sy is myne.

Ek raak saggies aan die stekelrige krullers in haar silwerwit hare en soen die vel op haar voorkop wat styf span van die ingekrulde slierte.

Haar gene dwaal Írens in my bloed, al het ek niks van haar uiterlike geŽrf nie.

My ouma se groot ou huis in Langstraat op Riversdal staan vol antieke meubels waarvoor sy eens op 'n tyd moes sente omdraai. Haar sweetdruppels lÍ vasgevang in die ou oortreksels en haar trane lÍ gevlek tussen lae meubelpolitoer.

Partykeer gryp ek na my tekenpotlood en begin verwoed te krap in 'n poging om haar huis te teken, ek kan nie een weggesteekte hoekie vergeet nie en elke skaduwee moet perfek wees want haar huis is haar trots en ek wil haar in my lyf voel.

*

Ek het 'n flat in die alleenstrate van Kaapstad wat my asem is. In my sitkamer oftewel televisiekamer oftewel slaapkamer staan 'n rusbank en twee stoele. Dit is my ouma s'n, dit is myne, dit is wat ek van haar het. Die enigste materialistiese voorwerp waarop ek my binneste uitleef vir haar. Ek druk my gesig teen die growwe oortreksel wat ruik na iets ouds, iets ver en onverteld. My kaal vingers vryf oor die knoppiesrige materiaal en die tintelende gevoel van een gevoel, van oudwees, van half onwerklikwees oorval my en ek streel my pyn. Ek is onaantasbaar. Van kleins af kan ek net my vingers streel oor die knoppiesmateriaal en niemand kan my raak nie. Ek het my eie wÍreld waar die samelewing geen sÍ het nie. Ek ontsnap soos 'n besetene en leef volgens myself.

Ek is twee-en-twintig. Ek is skrywer/fotograaf en 'n beminde vir iemand. Dis ek.

Ek neem foto's wat skree. Swart en wit mense wat kreun van pyn, wat skyn van geluk, wat bekommerd staar op hoop na 'n beter iets. Ek neem foto's van items wat geen benul het van hoe ver weg hulle al in die proses van onstuitbare afbreking en hartseer is nie.

Ek vlug van kontinent tot godverlate kontinent op soek na die perfekte beeld wat my siel en brein sal laat rus. As ek net die een foto kan kry wat al die antwoorde bevat, kan ek begin skryf aan al die vrae en my intellek neerlÍ vir een oomblik van ewige rus.

*

My ouma is nie 'n kiekie-mens nie en het nog nooit daarvan gehou om op een te wees nie. Maar sy maak haar eie prentjies. Haar prentjies het kinders in wat lag en nooit honger ly nie. Haar prentjies is altyd streng. Almal in haar prentjies doen wat van hulle verwag word en sy is streng daarop om niemand te oordeel nie. Dis belangrik om te leef, my kind, en dis belangrik om te laat leef. My ouma se prentjies is altyd regverdig, elkeen kry sy regverdige deel en jou regverdige deel is altyd meer as wat jy verwag het. Dis net regverdig dat elke mens liefde kry en 'n paar hande wat help met alles. Dis regverdig dat jy warm slaap en jou bord oorloop met dit wat jou sterk maak.

My ouma se prentjies is vol van rondloperkatte en honde en weglÍhenne en oorgroot brode en pasteie. Elke wese het die reg om te leef en te weet dat hy ook nodig is. Elke prentjie is teer en sag. Ek onthou kiekies van my ouma hoe sy elke dag dorp toe stap en my hand vashou. Kiekies van hoe sy sorg vir die mense rondom haar. Ek onthou eintlik baie min, maar my kiekies van haar is ryk, nie van geld nie, maar van eenvoud en die geluk wat dit bring.

My ouma se prente is vol van lewe. My ouma se lewe loop oor van lewe.

*

Ek skryf my lewe lank al.

Interessante briewe en wegloopbriewe wat eintlik net smeek op 'n antwoord wat sal sÍ ek stel belang in jou.
Pateties.
Dagboeke wat sad stories vertel waarin niemand regtig belangstel nie.
'n Mors van tyd.
Gedigte, enkel versies wat iets moois of tydloos probeer vasgryp. Lang verhale met almal dieselfde tema wat skree vir aandag.
Ek moes Írens begin het.
Skoolopstelle wat probeer vermaak en groot woorde rondgooi waarvan niemand die korrekte betekenis ken nie.
Hou op kruip!
Intellektuele werke, soos ek dit graag noem, wat met selfs meer vreemde woorde werk aan 'n oplossing vir 'n eienaardige tipe van wÍreldvrede. Lang sinne wat oneindige verduidelikings gee omtrent onderwerpe waarin slegs 'n handjievol verveeldes belangstel.
Dit klink meer reg.
Kort reŽltjies wat mini-openbarings offer op 'n brandstapel van emosie.
Maar dis net vir myself.

Ek skryf verwoed aan 'n breinroman wat heel waarskynlik nooit sal klaar kom nie. Ek skryf eksamens wat hopelik my intellek op 'n stukkie nuttelose papier sal weergee. Ek skryfs sms'e om te laat weet dat my bestaan nog werklik is en die meeste van die tyd om net beleef te wees. Ek skryf en ek skryf en ek skryf tot my kop ontplof en vir wie weet wat. Net om eendag my plekkie te verdien in die mees vooraanstaande inrigting vir sielsiekes.

En ek vergeet om te praat.

*

Ouma skryf ook. In 'n fyn potloodhandskrif in 'n swart notaboekie sal jy al haar resepte kry. Netjies uitgeskryf, duidelik en heeltemal onverstaanbaar op haar eie geheime manier. Ek het dikwels hierdie boekie gesien, met my verjaarsdag en spesiale dae wat 'n ekstra besonderse maaltyd benodig het. Die probleem is net, presies hoeveel gram is een van ouma se handevol meel. En wat beteken dit as jy net 'n bietjie sout moet inmeng. Is groot-ouma Maggie se souserige bruin poeding dieselfde as 'n heerlike bruinpoeding en waar kry jy vandag 'n eetlepel vol boegoebrandewyn vir vinnige hoesmedisyne? En is vandag se eetlepel- en koppievol mates nog dieselfde as vyftig jaar terug s'n?

In my ouma se Bybel sal jy die uitgebleikte merkies kry waar sy met God gepraat het en vir Hom sÍ wat sy van die woorde dink en miskien waar sy vir haarself probeer verduidelik het hoekom dinge is hoe dit is en waar sy een van die baie antwoorde onderstreep het sodat sy dit kan opsoek die dag as sy die vraag gekry het.

My ouma skryf in tydskrifte, vul blokraaisels in en hoop om die dubbelbaliewasmasjien met outomatiese spin vir haar oudste kleinkind te wen. Sy sukkel ure lank om die mense in die fotoblokraaie te herken en skryf dan versigtig met 'n potlood wat nie die bladsy sal skeur nie die helde se name in. Sy weet dat 'n ander woord vir sies ga is en dat die ou met die sproete en rooi hare wat krieket speel, Shaun Pollock is.

My ouma maak kort, noodsaaklike winkellysies: pille, botter, meel, chocolate, koffie, swartgoed, stroop en 'n simpatiekaartjie vir Les. Die perfekte kombinasie vir 'n gelukkige hart.

My ouma praat nie vreeslik baie nie, maar as sy woorde agtermekaar sit en hulle versigtig vrylaat is dit met verstaan en sÍgoed wat meer as die helfte van die vrae en die antwoorde gee.

My ouma lag baie en lekker, dit maak saak. Meer as enige geskrewe woord.

*

Ek hyg en snak na my asem as ek my beminde sien.

My beminde behoort aan my, elke stukkie vlees los my in ekstase. Sy voete is my eenvoud en rus. Hy streel my teer vel en asem in my karakter tot perfekte aanvaarding. My beminde raak aan my lyf en soen my in die geheim, want die liefde wat ons het word net verstaan deur ons. Hy kyk in my hart. My liefde is my hart. En ek behoort aan my beminde.

My beminde se mond is 'n nessie vol voŽltjies al sal ek dit nooit vir hom sÍ nie. Ek is verslaaf aan sy lippe en vergeet van die wÍreld wanneer ek verdrink in die sagte warm holte van sy mond.

My beminde is my baba wat in my buik skop en keer teen die lig van die dag. My beminde is my engel wat my brein skoon en helder hou. Hy hou my vas en ek is veilig.

Ek vernietig gereeld my beminde se hart. Ek sluit hom uit en hardloop weg wanneer my lyf wil oopbreek van al die liefde. Ek is pateties sonder my beminde. Sonder my liefde, my beminde, verteer ek tussen ander. Elke oomblik van elke sekonde soek ek hom tussen skares onbekendes en as ek my beminde kry, is my lewe vol en rustig.

Wanneer hy slaap, kruip ek sag onder die slapende warm lyf in en stel my ritme volgens die vinnige hartklop en sus myself aan die slaap.

My beminde dra my, saam is ons simpel en soos kinders, dis beter dat dit net tussen my en hom bly.

*

My ouma was lief, nee is lief, vir baie mense, selfs die wat sy net vlugtig eendag ontmoet het, haar liefde was geduldig en sonder selfsug.

Ek onthou hoe my ouma klokslag elke oggend om sesuur opgestaan het om my oupa se ontbyt met sorg voor te brei, presies het sy alles gemaak wat sy dag reg sal laat begin. Teetyd het sy sy swart koffie in koppie en piering vir hom geneem waar hy by sy groot geel-en swarthout tafel gesit en blokkiesraaisels invul het. Middagete was gebalanseerd met alles waarvan hy hou, al was dit slegs 'n ete vir twee. Met aandete het sy die stukkie biltong fyn gekerf en versigtig op die stukkie brood gepak en dit op 'n skinkbord met sy Milo geneem sonder om hom te versteur waar hy in sy stoel gesit en nuus kyk het. In kort het my ouma haar lewe vir haar man gegee sonder om vrae te vra.

Haar sewe kinders was haar trots en vreugde. Na naweke by ouma het ek gesien hoe haar vaal oŽ vol trane ophoop as sy op die stoepie staan en waai. My ouma was die beliggaming van onvoorwaardelike liefde.

Party oggende het ek my wekker vir vyfuur gestel sodat ek die laaste uur van die nag in my ouma se bed kon gaan inkruip en in haar sagte holte vir net 'n wyle snoesig kon leef. Middae het ek haar sagte hande met die growwe lyne geneem en haar naels 'n helder vuilpienk geverf en hulle in stilte geseŽn. Saans neem ek haar voete en vryf die moegheid weg en wonder of ek ooit vir haar sal kan sÍ hoe bleddie baie ek vir haar lief is. Ek maseer haar skouers terwyl sy met toe oŽ luister na die stories wat ek opmaak soos die tyd verbygaan. Die krom rug en rimpelnek word my baken van hoop, die koue groot hande my uitkoms en die seer voete wat myle loop my lafenis.

My ouma is liefde. Dis al.

*

Dis vandag 22 April 2001. My ouma Lena is presies drie maande terug dood. Haar beroerte het soos 'n dief in die nag na haar toe aangekruip gekom en haar oorrompel tussen die mense wat vir haar lief is en vir wie sy lief was. Helfte van haar lyf het haar in die steek gelaat en inmekaar met 'n skewe gesig jaag iemand teen 180km/h met haar na die staatshospitaal op Riversdal.

In stadige aksie hardloop ek die wit hospitaalkamer binne en druk verwoed die oumenslyf wat diep in 'n koma rus na 'n ewige leeftyd. My warm souttrane was die spoeg wat by die pragtige skewe mond uitkom af en saggies trek ek my vingers deur die silwerwit hare en smeek vir 'n reaksie. Die warm lyf roggel in my arms op soek na die asem wat rustigheid sal gee. Die kateter, buis deur die keel en stil drup spreek vanself. Sy is klaar met hierdie wÍreld en verlang na dit wat mense deur eeue heen bespiegel.

*

Miskien is ek niks wat my ouma was nie, miskien het my gene en bloedgroep my in die steek gelaat en hoop ek net om iets van haar vasgevang te hÍ in my. Dit is in elk geval nie my plek om te sÍ of te verwag dat my ouma net myne is nie.

Ek wens partykeer dat ek net vir haar 'n boodskap kan stuur wat sÍ hoe baie nodig ek haar het en net om te sÍ dat ek nog steeds lief is vir haar. Dis al.

*

My familie is gewikkel in 'n twis oor alles wat aan Lena behoort het. Haar huis en tydlose meubels, wie kry wat en wat presies is regverdig? Die regverdigheid wat in Lena se huis was is besig om te kwyn en die liefde raak duister tussen skerp stemme wat almal woed om net iets te hÍ wat hulle vir ewig sal herinner aan Lena. Miskien sou dit beter wees as 'n mens se besittings saam met hulle kon verdwyn het van die aarde af. Saam met hulle verhuis na 'n vrede wat alles bedek en vertroos. Miskien sou dit beter wees as ons almal kon weet dat ons hartseer en verlies die grootste is en dat ons nie hoef te baklei oor wat oor is op die aarde om dit te wys nie.

*

Ek sit saam met my ouma op haar enorme bed in die halfdonker slaapkamer en streel haar sagte, geplooide, beeldskone gesig terwyl sy vroetel in haar handsak. Sy stop 'n vyftigrand-noot in my hand en vou my vingers om die pienk stukkie papier. "DŤ, dis nou joune, vir kersfees. Koop vir jou iets daarmee." Haar oŽ glinster in die skemer lig terwyl ek haar soen en blaas in haar nek. "Dankie Ouma, maar dit is nie nodig nie. Hou Ouma dit liewer vir Ouma se oudag want ek wil tog nie opgeskeep sit met 'n ou en 'n arm ouma nie!" sÍ ek spottend soos altyd. "Gods kind, nou ja toe hou jy dit maar, Ouma is lief vir jou ook."

Ek het 'n vyftigrand-noot wat weggesteek lÍ in een van die geheime afskortinkies van my beursie. Pienk, vars en in vier dele gevou.

Ek kan hierdie noot nie gebruik nie.

 

 

WORD STIL VIR ’N MINUUT

Want die blomme is ’n groot seŽning

Want die blomme is 'n groot seŽning.
Want die Here het 'n ruikertjie gemaak in die veld met sy dissipels en Hy het gepreek oor die lelie.
Want die engele van God het dit uit sy hand geneem en het dit na die hoogte gedra ...
Want daar is geen hoogte waar daar nie blomme is nie.
Want die blomme is 'n groot seŽning vir al die sintuie.

Christopher Smart

 


Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


13 Sep 02 10:05:33 PM