HOOR-HIER!

Augustus 2002: 59

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

DAGSÊ VRIENDE

 

Besoek aan die graf

(Die derde aflewering in hierdie nuwe verhaal)

Sondagoggend vroeg trek Jacus sy stapklere aan. Annatjie sit reeds op die mat in die woonkamer met 'n koppie koffie. Jacus skink ook vir hom koffie. Hy drink dit swart en bitter soos sy ma. Hulle drink in stilte. Die koffiedrink is deel van 'n klein ritueel wat hulle elke Sondag volg. Annatjie staan op en sit die twee koffiebekers in die wasbak. Hulle sluit hulle huisie en begin stap. Hulle pad lei weg van die see af - in die rigting van die groot duin. Die hele duin is oorgroei met 'n soort vetplantgrondbedekker. Halfpad teen die duin op gaan staan Jacus en kyk terug op die baai, die huisies, hulle huis. Die see is 'n vreemde grysblou teen die vlieswolke. Hulle stap verder. Die uitgetrapte paadjie draai af na 'n soutpan, maar Annatjie en Jacus neem 'n ander paadjie; een wat slegs hulle gebruik. Hulle stapskoene maak 'n gedempte skuurgeluid op die wit sand. Die seelug is koel en souterig. Die geluid van die branders klink ver weg. Albei stappers is in hulle eie gedagtes teruggetrek. Jacus buk nou en dan en tel klein skulpskerfies, soms dryfhout of stukkies glas op. Hy druk dit in die groot sak van sy kakiebroek. Annatjie begin op 'n stadium neurie; 'n wysie wat sy in haar kop hoor - haar eie maaksel. Dit is nie treurig of vrolik nie; dis 'n neutrale, dralerige wysie - byna soos 'n slampamperliedjie.

Die laaste stukkie van die pad draai skerp regs en teen 'n klipperige koppie op. Halfpad teen die koppie is 'n skaduryke tambotie. Onder die boom is die graf: geen grafsteen nie, geen grafskrif nie. Die buitelyne van die enkelgraf is met gladde spoelklippies uitgepak. In die binnekant is daar 'n ingewikkelde mosaekpatroon met stukkies skulpies, glas en dryfhout. Jacus haal die optelgoed uit sy sak en bou stadig en nadenkend verder aan die patroon. Hy skuif enkele van die ander skulpies, blaas die sand af van die glasstukkies. Annatjie sit eenkant in die skaduwee op 'n sitklip. Sy kyk na Jacus se handewerk. "Waar gaan jy jou stukkies pak as die graf volgepak is?" Jacus se hande word vir 'n oomblik stil. "Ek dink ek sal begin om 'n patroon langs die graf te maak - daar waar ek en Ma eendag gaan l." Annatjie lag. "Ja - begin pak maar aan my patroontjie, maar jy en jou eie gesin sal dalk ander planne h." Jacus skud sy kop. "Ja, dit kan wees. Maar Ma weet dat ek net so lief is vir hierdie plekkie onder die boom en die uitsig op die berge en die stukkie see daar anderkant." "Ja," beaam Annatjie, "seker daarom dat dit nie vir my treurig is om na Pa se graf toe te kom nie. Ons het hier soveel lekker dinge saamgedoen - veral nadat jy gebore is en ons soms hier uitgekamp en sommer oorgeslaap het. Pa het dit ons eie stukkie hemel genoem."

Jacus sit lank stil. Hy probeer onthou hoe sy pa gelyk het. Later skud hy sy kop. "Ek kan nie meer onthou hoe Pa regtig gelyk het nie. Ma moet weer 'n foto wys as ons terug is by die huis."

Jacus skuif nog 'n rukkie aan die ingewikkelde patroon van optelgoed. Dan staan hy weg en kyk na die geheelindruk. Hy stap regs en dan na die linkerkant. Dan is dit asof hy belangstelling verloor. Hy stap na 'n rotsformasie 'n ent weg, klim daarteen op totdat hy 'n groter deel van die see te sien kry. Lank kyk hy: die skakerings van blou met die dun wit brandersoom; die sand en rotse; die afgewitte vissershuisies met grasdakke al langs die strand af. Hy kyk in tekstuur en lyn; in skakerings. Hy kyk in waterverwe.

Later stap Jacus en Annatjie stadig terug. Hulle praat nie. Hulle het nie meer nodig om te praat nie. Hulle is gemaklik by mekaar. Jacus voel 'n bekende soort rusteloosheid in hom roer; 'n ongedurigheid. Sy hande bewe effens en hy stap vinniger. By die huis skop hy sy stapskoene by die voordeur uit. Hy verdwyn in sy kamer en kom minute later met sy esel en kwasse uitgestap. Hy stap 'n entjie weg in die rigting van die see en stel sy esel op. Hy maak 'n groot vel wit papier vas op die plat oppervlak. Annatjie sit op die trappie by die klein stoep. Jacus kyk vlugtig na haar: "Daardie foto Ma, asseblief." Sy staan op en kom 'n rukkie later met 'n foto-album uitgestap. Jacus gaan sit langs haar op die trap en sy blaai rustig die blaaie om. Daar is enkele troufoto's van haar en haar man. Hy het dieselfde dromerige maar effens teruggehoue glimlag as Jacus; dieselfde grysblou o, windverwaaide kuif met sonstrepe. Jacus skud sy kop: "Hoe kan ek vergeet hoe hy lyk; ek lyk soos hy!" Annatjie skud haar kop. "Ja - elke dag meer en meer." Hulle blaai deur die album. Daar is familiefoto's met Jacus as 'n baba - laggend aan die hande van sy ouers. Die laaste bladsy van die album wys reeds die slopende effek van sy pa se siekte: hy is maer, maar die glimlag en vreedsaamheid steeds in die lyne om die mond en o. Jacus kies 'n foto van sy pa waar hy onder die tambotie - sy eie stukkie hemel - sit. Hy kyk onbevange en onselfbewus na die kamera.

Annatjie kyk hoe haar seun wegstap met die foto. Hy knip die foto vas in die een hoek van sy esel. Op 'n klein tafeltjie maak hy sy kwasse en verf staan. Hy kyk na die stuk wit papier en hy kyk na die foto. Dan staan hy weg en kyk na die see. Stadig en diep in sy gedagtes versonke, draai hy die botteltjies verf oop. Hy roer die verf met 'n klein stokkie. Hy doop sy kwas en begin verf - groot kwashale oor die hele oppervlak. Hy werk met 'n koorsigheid, intens, gefokus. Na 'n ruk staan hy bietjie weg; loop heen en weer en kyk. Hy vee sy hande aan 'n frommellap af en kies dan 'n fyner kwassie.

Annatjie staan stadig op en sleep 'n draagbare braai om die hoek van hulle huis. Sy pak 'n vuurtjie aan en steek dit op. Dan gaan sy in die huis in en kom na 'n ruk met twee bakke uit. In die een bak is 'n gevlekte kabeljou wat sy in jogurt en vars speserye gemarineer het. In die ander bak is aartappels in foelie toegedraai. Jacus het intussen sy hemp uitgetrek en hy staan in die stralende son en seebries. As Annatjie naderstap om te kyk na sy werk, gaan hy net voort. Later stap Annatjie terug na die braai. Sy krap die kole plat. Die rooster borsel sy af. Dan sit sy die kabeljou versigtig in die middel van die rooster. Die aartappels pak sy in 'n kring om die kole, draai hulle kort-kort. Later gaan sit sy 'n CD in die hotroustel se speler. Benda se Sinfonia no. 6 in E- mol kom saam met die wapperende gordyne by die woonkamer uit. Vrolike musiek. Jacus se hande word vir 'n oomblik stil. Hy draai sy kop net so effens in sy ma se rigting. Glimlag sy skewe glimlag en rek dan sy bruingebrande arms na weerskante uit. Skilder voort. Soms hoor sy dat hy saam met die musiek neurie; dan ophou en effens vooroor buig om naby die werkoppervlakte te kyk.

As die kabeljou byna gaar is, hou Jacus op. Hy stap weg van sy skildery af en kyk met gevoude arms na die oop gesig van sy pa onder die tambotie. Die lug agter die boom blou op blou skakering tot dit wegraak op die horison en die buiterand van die werksoppervlakte. Hy dra dan die esel met prent en al tot 'n end van Annatjie af. Hy sit dit neer en gaan sit langs haar. "Vanmiddag eet Pa saam met ons." Hy vee sy hande aan sy broek af, "En ek sal nooit weer vergeet hoe hy lyk nie."

 

Lesersbriewe

Ek plaas graag die volgende brief wat ek ontvang het van Hetty Rose-Junius. Baie dankie Hetty! Red.

Ek stap die naweek op die plaas en ek dink ek wil so ietsie vertel. 'n Groep stappers wat in 2000 op ons lappie aarde gaan stap het, het aan my en Raymond - my man - die boek Vols in Suider-Afrika van Sinclair e.a. (1997) gegee. En ek dink toe so ewe, ja, nou gaan ek darem ook leer vols kyk en identifiseer.

Ek kom toe agter dis glad nie vir sommer oornag volkenner word nie. Daar is 'n magdom tegnieke in die soort lekkerte om eers baas te raak. Die vols is gladnie so gretig om hulle te laat sien nie. Ek l soms ure so stil soos 'n mossie en luister na die getrirp of gesing of geroep uit die boomtakke. Ek sien fladderings, maar geen ordentlike kyk om te identifiseer en die boek ewe professioneel te raadpleeg, is my beskore nie.

Daar is so 'n blouswarte wat my besoek en tart, en ek dink: Ag loop. Jy is sommer 'n gewone kraai, al is jou glinsterende verekleed werklik mooi. Ek wil tog iets eksoties eien om oor te vertel - iets met 'n mooi naam soos 'n loerie, of 'n rare vink of 'n ding wat ek kan aanmeld. My eerste beskeie identifisering dus: Swartkraai, wetenskaplike naam, Corvus capensis. Die roep kan ek nog nie verduidelik nie, maar dit klink krasserig, soos ek dink 'n kraai moet maak. Ek luister en maak geluide na, en soek wyses om dit weer te gee. Die tortelduiwe, kwvols en snags die uile, is al wie se roep ek goed ken. Ek sal later hopelik in staat wees om meer te vertel oor my vols.

Ek wonder of daar tog nie volkykers is wat my 'n ding of twee wil leer nie.

Geveerde groete tot volgende keer.

Ontluikende volkyker.

Hetty

 

ENGELE-STORIES

Corn Dormehl-Walkinshaw het 'n inspirerende boekie, Daar's 'n Engel op my stoep, geskryf oor ingrypende situasies in haar lewe en hoe sy bemoediging gekry het onder baie haglike omstandighede.

In my lewe besoek baie engele my. Hierdie is net 'n handjievol stories van my engele. Party bly al my lewe lank by my, ander vertoef net 'n wyle, ander skuur net rakelings verby my. Sommige engele het vlerke, ander nie.

Ek het seker soms 'n bietjie meer engele nodig as ander. Gelukkig het ek 'n Vader wat dit weet en my mildelik sen met engelewerk.

Ek was sewentien toe my hele lewe vir ewig 'n onbeplande rigting ingeslaan het - onbepland deur my, maar soos ek later sou uitvind; heeltemal beplan deur my Vader.

Ek was betrokke in 'n motorongeluk. My regterarm was traumaties geamputeer en 'n rugbesering het permanente verlamming in my onderlyf veroorsaak.

My lewe as parapleeg en later as kwadrupleeg, het begin met geweldige ondersteuning van vriende en familie. Tog sou my lewe nooit weer dieselfde wees nie.

Die snelweg van my lewe het verander in 'n kronkelende voetpaadjie vol slaggate, steiltes en afdraendes. Met tye was dit so duister dat ek nie voor my kon sien nie. Dis juis dan wanneer God die Lig verskaf het om vir my die pad aan te wys.

Die donkerte kan nooit bly waar daar Lig skyn nie en daarom verdwyn die donkerte altyd en neem die Lig volkome oor.

Ek deel stories van engele wat God gestuur het om my pad te verlig. Ek glo dat hulle ook 'n paar skadukolle in u lewe kan verlig.

God het geweet my kronkelpaadjie lei na die Paradys van Lig. Ek leer nog hard oppad.

Indien u belangstel om hierdie boekie aan te skaf, kan u my kontak by die volgende kontakadresse:
Per E-pos: cornedormehl@yahoo.com
Per slakkepos: Posbus 6918, MIDDELBURG 1050
Telefoon: 015 781 2690

Die prys per boekie is R30,00 + Posgeld

 

 

EL TORO

Johan Wentzel
Duister Stormwind van
manlik spier
weerkaats met eie trots
die son se lig
met moedige mening
die skare in

Gille dawer bewend
van onderdrukte
emosie - rol soos branders
oor 'n strand
na benede waar Stormwind
vreesloos stof
opskop en spiere bult -
Wanhopig bult !

Met die grasievolle passie
van 'n danseres
rinkink matador vlinderagtig
- vreesloos magtig -
met sy skerppunt
skofhonger lans

Stylvol swierig dans
die lanse
gerangskik op 'n pragrooi skof
Ol... Ol... ol...

Rondom Stormwind l rooi rosies
plat, maar
pragtig in die sand
Ol... ol... ol...

 

 

PROBLEEMBESEMPIES

Johan Wentzel

Lewer iemand annerdag kommentaar oor my vorige ou geselsie, julle onthou mos, die WASLAPPIE-geselsie. Nou is dit mos so dat ek maklik "hond-se-gedagtes" kry. So 'n kroniese siektetjie sien. Kan blou-sweet-fennie-all aan gedoen word nie. Dokter seg dit is ongeneeslik. Nou leef ek maar saam daarmee. Selfs vrougoed aanvaar my so. Kinners sukkel maar bietjie daarmee. As my toestand problematies raak is hulle standaard antwoord op die vraag : "Is dit jo Pa ? " "Nee," sal my dogter s, "Ons ken hom maar net."

Elk geval, so met die vragie oor wie ek nou eigentlik in gedagte gehad het toe ek WASLAPPIES geskryf het, kry ek mos weer so 'n wrede aanval van "hond-se-gedagtes". Gee natuurlik die standaard antwoord : "Nee, vir gin spesifieke Besempie nie - vir enige Besempie wat voel die baadjie pas."

Maar "hond-se-gedagtes" is 'n vreeslike siekte. Jy antwoord met die mond, want die kop loop anner paaie. Dink ek so aan al die Besempies van die lewe. Wonnerlik hoe almal van hulle waslappies kry om mee te trou. Sulke Besempies is meestal (en ek seg meestal, nie altyd nie!) nie baie lekker hier bolangs nie. Kry sulke aanvalle sien. Die allervreeslikste siektes. Pyne op plekke waar geen anner mense plekke het nie, MAAR altyd op 'n plek waar die dokter nie maklik kan s dit is nie so nie. Wonnerlik n ! Ag, en kan hulle nie dramaties kreun, en gil en poep nie! Hulle is ook net siek wanneer dit hulle pas. Julle het dit tog sekerlik al self agtergekom. Dit pas hierdie Besempies ook besonners wanneer hulle weet dit pas Waslappie se skedule glad nie. OM DIE WAARHEID TE S, dit mag onner geen omstandighede Waslappie pas nie. Sodra Besempie agterkom dit pas hom, herstel sy gewoonlik baie vinnig en baie wonnerbaarlik van wat haar ookal op daai stadium makeer. Veral as sy 'n bietjie aandag soek van Waslappie of wil h mammie moet haar ou dogtertjie bejammer, dan kn sy darem siek word. Christen mens, selfs ek kan Besempie dan jammer kry so siek is ons!

Wat ek nou eigentlik by wil kom, is hoe sad dit is dat sulke "bo-langs-nie-te-lekker-Besempies" kindertjies groot-maak. Moenie fout maak nie. Ek s nie die besempies is dom nie. Not-te-dmn. Hulle is slim. Vrekslim. Bullshit 99,9% van die mense om hulle ( en die res maak hulle sielsongelukkige skepsels wat nie die hart het om hulle in hul moer te stuur nie). Maar nou ja. Ek is nie slim nie. Ek lei self aan ongeneeslike "hond-se-gedagtes-sindroom." Daar moet seker vars Waslappies grootgemaak word vir die volgende generasie Besempies, of hoe?

Ek wonner of die dominees altyd daaraan dink ?

 

 

Vir party mense is die mooiste ding in hulle lewe 'n geheim.
Johan Wentzel, Augustus 2002

 

 

BLOU

Trix Pretorius

"Blou is nie 'n kleur nie, dis verlange." Ek het dit eenmaal gelees en my gees het in volle harmonie daarmee saamgestem. As ek eensaam of hartseer was, het ek die "blues" gehad, behoorlik. Alles om my het blou geword en ek het instinktief my blou "crimplene"-rok aangetrek en in 'n hor graad van droefgeestigheid ingeskuif, omdat ek so uit die mode was en tog so lief vir die ou rok. Dis seker waarom Blou Maandag sy naam gekry het. Nie om die blou van alles wat verkeerd gegaan het nie, maar om die blou van mistroostigheid omdat alles verkeerd gegaan het.

Blou is 'n snaakse kleur. Blou is sommer baie kleure blou. Dit kan geslagte van lank gelede in 'n paar o laat herleef. Ek loer nou die dag by die kinderwaentjie in, terwyl die trotse Marie besitlik glimlag en eenkant toe staan dat ek kan kyk. "Kyk, hy het m o." Twee ogies beloer my agterdogtig oor die wit babakombersie. Daardie blou het ek al voorheen gesien ...

Oom Daan de Lange op die voorstoep van sy plaashuis waar ek die naweek gekuier het en 'n boesemvriendin in Marie gevind het. Hy tuur na die noordooste, sy growwe plaashand bo die o om die son te keer. En ek sien sy o, op skrefies getrek, maar di fletsblou breek deur soos helder stukkies hemel ...

Marie se o is blou, maar nie s blou nie. Dis 'n anderste blou wat my oor die kombersrand l en betrag. Fletsblou. Daan de Lange-blou. Maar ek s niks. Marie sal later die stukkies hemel van haar pa in haar seun waardeer. Nou maak dit nie saak nie.

Waarom moet seuntjies blou aantrek en dogtertjies pienk? Snaakse tradisie wat al van oudsher aan die arme bloedjies opgedwing word. As die gewaande boetie dan 'n sussie blyk te wees by aankoms, dra sy maar die blou goedjies, of sy nou daarvan hou of nie. Maar was die geslag andersom, word die pienk kleertjies summier weggepak vir die volgende moontlikheid of aan 'n vriendin se dogtertjie gegee. Seuntjies mag nie pienk dra nie. As hulle hulself baie later in 'n netjiese pienk hemp wil klee, is dit hulle saak. Net nie pienk seuntjies nie. Nou wonder ek, waarom is blou manlik en pienk vroulik. Waarom is groen en geel of enige ander kleur nooit hierby ingesleep nie?

En toe kom Untag. Die Blou-pette. 'n Bystandsgroep wat vrede moet kom bewaar. Blou was nog altyd saam met sy stalmaat wit vir my 'n vredeskleur, al het ek my tranerige dae daarmee geassosieer. Ek was nooit bakleierig as ek hartseer was nie. Was dit ook die gedagte toe die Verenigde Volke vir hulle "assistance group" 'n kleur pet moes uitsoek?

Toe die Blou-pette ons land begin binnestroom het, het daar 'n vae onrustigheid in my posgevat. In my verbeelding het my wit-en-blou vredesduif die einders ingevlieg. Ek het skielik onthou van ander plekke in Afrika en oor die wreld heen waar Untag betrokke was ...

 

WORD STIL VIR ’N MINUUT

Al sallie doringse innie veld nie meer wil blommie
ennie wingerde oppie jaartse se troste willie kommie;
al sallie dadelse nou niks dadelse meer dra nie
en dit nie jelp om putse virrie water te gra nie;
al sal da nie meer skaap innie kampe in wesie,
innie krale is da nie meer bok, of eers 'n besie,
dan sal ek nog altyd innie Jirre sit jibbel en jyg,
want die Jirre red dies wat voor Hom byg.

Hy gjee my voete vanne gemsbok, die Kalarie l oop,
en ek sal nou veilig hie oppie hoogste dyne kan loop.

     Habakuk 3 uit: Innie skylte vannie Jirre
     Griekwapsalms en ander gedigte deur Hans du Plessis


Volgende Uitgawe Volgende Uitgawe
Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


14 Sep 02 09:07:40 PM