HOOR-HIER!

September 2002: 60

Redaktrise: Susan Alexander
Telefoon tuis: (061) 235757
Vanaf SA: (0926461) 235757
Faks: 212169 Windhoek

Posbus 9677 WINDHOEK

E-pos:  susanalexander@mweb.com.na

Hoor-Hier!


Webadres:  
http://www.pro.co.za/hoorhier

KOM ONS SKRYF ÍN AFRIKAANS ÓÓR AFRIKAANS

 

Met hierdie uitgawe van die Hoor-Hier! is ons geselsblaadjie presies VYF jaar oud. Baie dankie vir al die ondersteuning van lesers en medewerkers die afgelope vyf jaar!

 

DAGSÊ VRIENDE

 

Skool

Jacus pak skons in 'n bakkie om skool toe te neem. Hy pak al die boeke, kunstoerusting en tydskrifte wat hy in die kunsklas gebruik in sy rugsak. Sy sketse word in 'n aparte kunslÍer gepak. Hy soen sy ma en stap by die skuifdeure uit. Dit is nog skemerdonker. Die mistigheid lÍ laag oor die strand en see. Jacus stap flink tot by die pad wat verby die skool gaan. Hy draai regs by die skool en gaan by 'n sy-ingang in sodat hy eers na die kunssentrum kan gaan. Mnr. Oberholzer is reeds daar. Hy lyk nie eintlik soos 'n tipiese kunstenaar nie. Hy dra altyd wit hemde en donkerbruin broeke. Agter die deur hang 'n oorjas wat hy aantrek as hy met verf begin werk. Hy kyk op as Jacus liggies aan die deur klop. "Aa! Jacus de Wet. Hoe gaan dit? Bietjie gewerk hierdie naweek?" Jacus glimlag. "Ja Meneer. Ek het gewerk. Ek kan nou nie te veel wys van wat ek gedoen het nie; maar ek het kosbare oefening gekry." Mnr. Oberholzer knik maar net sy kop. "Dis goed so. Ons sal sien of jou oefening sigbaar raak in jou werk."

Jacus bÍre sy lÍer, van die tydskrifte en kunstoerusting in sy persoonlike rakkie. Hy vroetel nog 'n bietjie rond totdat die klok lui. Hy stap uit, sit sy rugsak voor sy registerklas neer en gaan staan in 'n ry voor die saal. Daar is 'n saalbyeenkoms op 'n Maandagoggend. Jacus kyk na sy klasmaats wat ook nader slenter. Hy groet stil. Daar is nie een van die seuns met wie hy 'n hegte vriendskap het nie. Hy is beter bevriend met 'n paar meisies wat saam met hom kuns neem. Hy sien juis vir Anna-Mart. Sy het weer haar hare gekleur - 'n wortelrooi. Hy weet nie waarom die onderwysers haar haarstyle en kleure verduur nie. Seker omdat sy so 'n ongelooflike persoon is; vrolik en opgewek en vriende met almal. Sy stel haar oor niemand aan nie, en steek almal om haar altyd aan met haar optimisme en energie. Sy sien vir Jacus en waai oordadig in sy rigting. Sy wys met pieringoŽ in die rigting van haar kapsel en byt kamstig haar lip vas om oor die afstand tussen hulle te probeer sein dat sy sowaar in die moeilikheid sal kom. Jacus glimlag vir sy vriendin en skud net waarskuwend sy wysvinger in haar rigting.

Tydens die saalbyeenkoms dink Jacus aan die projek waarmee hulle besig is in die kunsklas. Sy gedagtes is ver weg toe die toon in die skoolhoof se stem hom terugruk aarde toe. Mnr. Coetzee klink ernstig. Sy stem het van 'n C-toonaard opgegaan na G-kruis. Jacus glimlag. Die res van die kinders sit vasgenael en tjoepstil. "Ek weet regtig nie hoe om hierdie saak te benader nie. Ons skool het 'n positiewe naam wat ons hoog moet hou. Watter leerling ookal hierdie graffiti aangebring het, het 'n ernstige verantwoordelikheid om na vore te kom. Tot dan, is elke leerling in hierdie skool potensieel die skuldige." Hy leun bietjie vorentoe. "Enigiemand wat iets weet of vermoed, moet met my of enige van die onderwysers gesels."

Jacus voel die energie deur hom bruis. Daar het sowaar iets opwindends op hulle skoolgronde plaasgevind! Omdat hy nie van die begin af geluister het nie, fluister hy in die rigting van Bertus wat langs hom sit. "Waar is hierdie sogenaamde graffiti?" Bertus grinnik, "By die sportkompleks; ou Coetzee se trots en heiligdom. Hy het seker byna 'n gasket geblaas toe hy dit vanoggend ontdek." Bertus sit ewe vroom toe die skoolhoof 'n oomblik stilbly en sy oŽ oor die saal laat dwaal. "Ek is diep, diep teleurgesteld. Ek sien hierdie oortreding in 'n baie ernstige lig."

Na die saalbyeenkoms bondel die leerlinge by die deur uit en na hulle registerklasse. Jacus loop langs Bertus. "Hoe kan Coetzee seker wees dit is een van sy skool se leerlinge wat die graffiti aangebring het?" Bertus lig sy skouers. "Weet nie. Dink seker een van sy leerlinge het 'n aksie teen hom of die skool." Jacus tel sy tas op en stap by die klas in. Hy kan nie wag om die graffiti te sien nie. In die kunsklas stap hy na mnr. Oberholzer toe. "Dink Meneer nie dat ons as kunsstudente moet gaan kyk hoe lyk hierdie graffiti nie." Mnr. Oberholzer glimlag. "En watter rede is daar hoegenaamd vir kunsstudente om so 'n 'n versoek te rig en te verwag ek moet dit toestaan?" Jacus maak keel skoon. Die ander kunsleerlinge glimlag. Hulle weet dat Jacus sy kunsonderwyser om sy pinkie kan draai. "Meneer sÍ altyd ons moet ons waarnemingsvermoŽns opskerp en met nuwe oŽ alles om ons aanskou." Jacus praat met sy onderwyser se stem: "Beskou die hele wÍreld as julle inspirasieveld. Sien in elke objek 'n potensiŽle kunswerk." Nou lag die kinders openlik. Hulle maak klaar aanstaltes na die deur toe, want hulle sien die onderwyser is omgehaal om hulle op hierdie uitstappie te neem.

Dit is steeds koel en vars buite. Anna-Mart kom stap langs Jacus. "Jy het alweer daardie sjarme-krane wyd oopgedraai, of wat praat ek alles." Jacus glimlag vir sy vriendin met haar vreemde kleur hare. "Jy weet mos wat my lewensbeskouing is, Anna-Martini!" Sy kyk hom kastig boos aan, "Verwys jy met daardie naampie na my bedwelmende persoonlikheid of na die skakering van my kapsel?" Jacus skud onskuldig sy kop, hy praat laag en versluier sy oŽ onder sy wimpers, "Ek verwys na die verskuilde vuur in jou, my geheimsinnige vriendin." Anna-Mart se mond val oop. "My magtig Jacus, ek weet jy is 'n goeie kunstenaar, maar dit lyk my jy kan sowaar 'n verhoogkunstenaar ook word. Daai dramatics!" Jacus gooi sy kop skuins agtertoe. "Wat sal ek sÍ. As jy goed is, is jy goed!"

Die groepie kinders stap die laaste ent stil na die groot sportkompleks. Die rugbyvelde aan die eenkant is onlangs netjies gesny en die kantlyne oorgekalk. Die pawiljoen is leeg, verlate. Hulle stap verby na die tennisbane. Dit is waar die graffiti aangebring is. Daar is 'n onderdrukte opgewondenheid onder die kinders. Hulle stap effens vinniger.

(Lees in die volgende uitgawe oor die ontdekking wat die kunsklas maak!)

 

 

TOE EK NOG ’N KALFIE WAS

Hetty Rose-Junius

My oorlede pa onthou ek as 'n natuurliefhebber. Hy het byna elke storie - diť wat nie geestelik van aard was nie - oor zoemende bye, huppelende springbokke, jagtende jakkalse, pronkende poue en natuurlik oor die medisinale waarde van plante vertel. 'n Heel suksesvolle tuisdokter was pappie, wanneer hy uit die veld tuiskom met wortels en kruie. Hy het gesweer by die genesende krag van die kamaghoe en die koriewortel, die een so bitter soos die ander. Met kamaghoe - vandag op die mark bekend as "Devil's Claw" - kon hy 'n maagpyn byna wegtower. Dit was ook vir hoŽ bloeddruk, kanker, suikersiekte en na-operatiewe herstel, inwendig gebruik. Op sere wat traag genees het, was die gemaalde kamaghoepoeier "bobaas", soos pappie sou sÍ. Al was die medisyne bitterder as bitter, ons het onwrikbaar aan sy woord geglo en gesluk. Of dit werklik die medisynes was, of net bloot ons kinderlike geloof, maar genesing was seker.

Die sogenaamde koriewortel, is die meer bekende ouheip. My pa was goed met name gee vir alles wat hy nie kon of wou uitspreek nie. Oor die bitter worteltjie, kan ek boekdele skryf. Sy hoofdoel was die genesing van maandstondpyne. In 'n huis met 'n paar tienerjarige dogters en destyds 40 myl van die naaste dokter, moes daar raad en plan wees.

Maar dan was daar ook die veldkos wat vir ons altyd 'n baie spesiale traktasie was. Die droeta-tee geur heerlik uit die koppie, en as jy eers aan die smaak daarvan gewoond raak, loop jy ver ente om die tee te pluk.

Daar was volop uintjies, en die wilde aartappels was bekend as tgjabba. Waar die harde grond op 'n spesiale manier oopbars, daar grawe ons vir die ranke met die heerlike bruin kos wat byna soos die gewone aartappel lyk. Die gaarmaak is 'n proses, maar die gereg is voortreflik.

Op Karriekommassis, (Klein koeitjie), ons familieplaas, was ook 'n verskeidenheid eetbare kaktusse. Ek onthou die tjgaap en die tjgab-tjgabies. Eergenoemde lyk soos 'n groot, dik komkommer, oortrek met dorings. Dit groei in groepe regop onder bosse en het 'n frank, suur smaak. Die tjgab-tjgabies groei ook in die skadu van bossies, maar lyk soos 'n groep lang vingers, met minder prominente dorinkies. Hulle is ook suurderig, maar het 'n effense souterige smaak. Tsammas en wilde komkommers het wild gegroei op die plaas. Al hierdie plante het 'n hoŽ waterinhoud en was dikwels ons dorslessers tydens staptogte.

Die eetbare bessies is 'n belewenis. VoŽlent se rooi bessie was nooit baie gewild nie, want dis nie juis soet nie. Die ander twee bekendes was diť waar ons net die Nama-benaming gebruik het, naamlik die djnoenie-bessie, (Witgatboom) wat geel word wanneer dit ryp is. Dit het 'n soet, sappige rooi vlees, maar is weens die bitter nasmaak en die feit dat beide die pit en omhulsel uitgespuug moet word, minder gewild as die tjgnou-bessie (rooibessiebos). Laasgenoemde is 'n bloedrooi bessie. Dit word aan 'n bos gedra wat wild en welig groei, en ons kinders stap met drasakke veld toe om te gaan pluk. Daar is gevare ook en 'n gulsige eter kan maklik probleme optel as te veel pitte heel ingesluk word.

Ons het van kleins af geleer hoe om eetbare plante te identifiseer; hoe om te pluk om nie die takke te breek nie; om vir die diere ook kos oor te laat; hoe om beheersd en selektief te eet en om die natuur lief te hÍ en te respekteer. Dit was wonderlike lesse wat ons kinders vandag nog bespreek en met nostalgie aan ons kinderdae laat dink - Pappie sou sÍ: die dae toe ons nog kalfies was.

Ek wens ander NamibiŽrs wil oor hulle veldkos- en oorlewingsondervindinge vertel. Ons het byvoorbeeld geen kennis van sampioene of blomsoorte wat eetbaar en genesend is nie!

 

 

KRIT IN SEPTEMBER

Op 17 September 2002 bespreek Krit - die boekbesprekingsgroep wat reeds 21 jaar in Windhoek funksioneer - die nuutste digbundel deur Trienke Laurie. Uitroep is Trienke se derde bundel. Met haar eerste bundel, Skietspoel, verwerf sy in 1997 die Ingrid Jonker-prys. In dieselfde jaar publiseer sy haar histories-patriotiese bundel Ek sien 'n rooi bul storm, gegrond op Siener van Rensburg se profesieŽ en bedoel as 'n bydrae tot die herdenking van die Anglo-Boereoorlog.

Uitroep bestaan uit sewe afdelings. Die eerste, Sossus, bevat 'n vyftal verse wat handel or die onherbergsame Namibiese landskap. Tematies sluit diť afdeling ten nouste aan by die slotafdeling, Stalagmiet. Albei bevat landskapsverse wat in hoofsaak die skepping se afhanklikheid van die Skepper beklemtoon. 'n Gedig soos "Kalahari-kopervlerkie" wys weer met sy speelse klankspel heen na die voorlaaste afdeling, Dier en Ster, waarin verse met 'n veel ligter aanslag gevind word. Daar word ook temas aangebied wat die klem hoofsaaklik laat val op die kwesbaarheid van die mens en die skepping. Die tweede afdeling, Uilvrou, bevat 'n viertal verse oor die legendariese Uilvrou, Helen Martins.

Die aangrypenste verse in Uitroep kom egter voor in die afdeling Kruik van ivoor. In hierdie verse tree Trienke Laurie nie net in gesprek met haar bekende pa (D.J. Opperman) nie, maar dig sy ook voort met temas en beelde soos deur hom ingegee. Die afdeling, Ma se laaste jare, bevat, soos die titel reeds aandui, verse oor haar moeder se afsterwe.

Die vyfde afdeling, Teenstem, beskryf in 'n groot mate wat Trienke Laurie in hierdie bundel doen: bied 'n stem aan wat inpraat teen ander stemme (digters, kunstenaars), wat 'n diskant sing teen die koorsang van bestaan en vergaan (mense, plekke, die natuur). Dis 'n stem wat uitroep en oproep, wat gesprek voer en inprent. 'n Stem wat sÍ van voorgangers (pa, ma) en digters (Opperman, Breytenbach, Schreck, Cloete, Holst) en gedigte; van kunstenaars en kuns maak (die Chagall-beeldgedig, die gedigte oor Helen Martins, Koos Malgas en die Uilhuis); van die aarde en die aardse.

(Uittreksels uit resensies deur Karen de Wet in die Beeld; Louis Esterhuizen in Die Burger en Lucas Malan in Rapport)

Namibse Kotiljons

As die suidwester waai
en die kameeldoringpeule
soos halfmaantjies aan die takke swaai,
loer die salmander uit sy gat
maar die kroes ou boomrot wieg
en slaap in sy stokkiesnes,
slaap sy middernagroes af
want hy bras op bessies en kerjakker
as die ander, die akrobatiese mese
en die wakker spreeus, insnoes.

(Uittreksel uit die gedig in die afdeling Sossus van Trienke Laurie se bundel, Uitroep.)

 

 

REIS IN AFRIKAANS

Ver moet jy soek om 'n behoorlike reisartikel of twee in Afrikaans op die net te vind. Dit is die doel van hierdie webblad om in hierdie nis te voorsien.

As (deeltydse) vryskut-joernalis is van my artikels/berigte op die webblad al gepubliseer waaronder Die Burger, Beeld en Volksblad, asook tydskrifte soos Huisgenoot, Rooirose en ander.

Die webblad sal elke paar weke opgradeer word. Indien jy hiervan wil weet, stuur 'n E-posboodskap na jejofr@hotmail.com

Vir terugvoer oor die blad kan diť E-adres ook gebruik word.

Lekker rondrits (in Afrikaans!)

Jens Friis

 

 

WORD STIL VIR ’N MINUUT

Vorie Jirre is alman gelyk,
of jy arm is of altemit ryk,
die Jirre het die hele mense
gekom maak:
Hy sallie selle agter alman kyk

(Uit: "Die Spreke van Salemo" in Hans du Plessis se bundel: Innie skylte vannie Jirre)

 


Vorige uitgawe Vorige Uitgawe
Tuisblad Tuisblad
Teken in op Hoor-Hier! Teken in op HOOR-HIER!
Besoekersboek Besoekersboek
Boekwinkel Boekwinkel
 
Internet-tuiste geborg deur

Die Knoop

Die Knoop: Duisende Afrikaanse Bestemmings!

 


14 Sep 02 09:30:48 PM